wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

               argief 1

                                                                                       argief 2

                 praagbesprekingslys op yahoogroups.com

                       word deel van die gesprek!  sluit aan by praag se gespreksgroep!  stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com

of plaas 'n mening op ons gespreksforum

                                                               

Wat van die Moffia?

As daar een verbasende aspek van die Laurie Gaum-herrie is, is dit hoe die meeste briewe en kommentare in koerante 'n ultraliberale standpunt ten gunste van die gay predikant inneem. Vandag se Rapport het selfs 'n volbladonderhoud met Gaum waarin hy as 'n onskuldige slagoffer van heteroseksuele wreedheid voorgestel word. Die Burger het tot 'n vlak van oordrywing gedaal waar die voorwaardelike skorsing van Gaum deur die Ring van Kaap van Goeie Hoop met openbare teregstellings gelyk gestel word! Ene Pieter Oberholzer skryf in gister se Burger onder die opskrif (bid jou dit aan) Hoeveel lyke wil julle nog sien voordat julle verander:

"Hierdie veroordelende en liefdelose daad is niks minder as geestelike moord nie. Dit herinner my aan die twee jong Iranse seuns wat op 19 Julie in die openbaar in Iran tereggestel is omdat hulle gay is. Mahmoud Asgari, 16 jaar oud, en Ayaz Marhoni, 17 jaar oud, is volgens menseregtegroepe deel van die meer as 4 000 gay mense wat die afgelope 25 jaar in Iran deur die fundamentalistiese Islamitiese regering vermoor is. Ná die uitspraak oor Laurie moet die NG Kerk nou sê: Wat maak hom anders as die Iranse regering?"

Die Burger het selfs 'n foto van die openbare teregstelling in Iran geplaas, om die parallel met Laurie Gaum grafies te maak! (Sien hieronder.)

Hierdie styl van oordrywing is tipies van die ekstremisme wat ná 1994 van oorsee af na die land oorgewaai het. Te oordeel aan wat mens in die Afrikaanse koerante lees, is die meeste mense en selfs predikante in die land gay en is hierdie feit tot dusver net van ons weerhou deur enkele ou heteroseksuele fossiele in die NG Kerk wat nog Die Bybel lees en dit boonop nie volgens die ANC se grondwet interpreteer nie.

Nou het 'n joernalisvriend in my oor gefluister dat daar blykbaar 'n ongeskrewe beleid in ons perswese posgevat het dat soveel gays moontlik, sowel manlik as vroulik, as joernaliste aangestel moet word. Dit werk glo so: gay persone behoort tot 'n gefrustreerde minderheid en koester reeds 'n wrok teen veral heteroseksuele blanke mans. Hulle leen hulself dus geredelik tot die propagadaveldtog wat daar teen die laaste oorblyfsels van die Afrikanervolk gevoer moet word. Oorwegend verkeer hulle aan die linkerkant van die politieke spektrum, ondersteun die ANC of SAKP, en omdat hulle reeds die nie-gay meerderheid verafsku, neem hulle met oorgawe deel aan sowel die staat as Groot Besigheid se wens om alle reste van Afrikanerskap, Afrikanerwaardes, die Calvinistiese godsdienssiening, Afrikanerkultuur en, ja ook, die Afrikaanse taal, finaal te begrawe.

Tel maar ook gerus hoeveel gays te vinde is onder die sepiesterre, in die letterkunde, aan die universiteite, by die SABC, ens., en jy kom onder die indruk dat bewerings van 'n "Moffia" nie so vergesog is nie.

Waarom word Marlene van Niekerk so opgehemel en ontvang sy die maksimum publisiteit vir haar boeke wat veral die heteroseksuele Afrikaner as 'n soort swaksinnige aftakel of op wit skuld inspeel? Indien sy nie gay was nie, sou sy nog soveel aansien geniet het? Interessant is dat tydens die Braam Fischer-debakel, 'n lesbiese student aan Stellenbosch, Yvonne Malan, insgelyks die voortou geneem het. Ook tydens die meer onlangse (mislukte) veldtog teen Dan Roodt se deelname aan die Woordfees, het sowel Yvonne Malan as Marlene van Niekerk 'n leidende rol gespeel.

Maar benewens die Moffia, is daar nog dieper sosiobiologiese kwessies rondom die skielike opwelling in simpatie vir ds. Laurie Gaum, hoe Moffia-georkestreer daardie simpatie ook al mag wees. Dit bevestig naamlik die toestand van oorheersing waarin ons verkeer. Die model van manlikheid in die land is die swart, viriele, Xhosa- of Zoeloeman wat regeer en toegang tot die maksimum aantal vroue het. Kyk nou maar na Jacob Zuma met sy vier vroue, wat tot onlangs ons adjunk-president was. Max du Preez het enkele jare gelede bekend gemaak dat Mbeki self 'n rokjagter van formaat sou wees.

In primaatsamelewings soos onder die sjimpansees word die minder suksesvolle en aggressiewe mannetjies uit die trop uitgeskuif, waarna hulle sogenaamde "vrygeselbendes" vorm. Omdat hulle geen toegang tot die wyfies het nie, daal hul testosteroonvlakke tot op vlakke waar homoseksuele gedrag begin intree. Pleks van die gewone aggressie en mededinging wat verhoudings tussen mannetjies kenmerk, begin hulle tekens van onderlinge aangetrokkenheid openbaar. Sulke vrygeselsjimpansees is bekend daarvoor dat hulle óf self mastubeer, óf mekaar masturbeer. Daar is 'n teorie dat sulke masturbasie juis plaasvind om die afskeiding van testosteroon te stimuleer vir geval hulle weer 'n kans by die wyfies sou kry ná 'n geveg met een van die huidige alfamannetjies. Hoe dit ook al, sy by primaatmannetjies is homoseksuele gedrag dus tipies van "verloorders".

Daar is selfs studies wat beweer dat vroue wat in oorloë verkrag word vanweë die angs en vrees wat daarmee gepaard gaan, agterna 'n hoër aantal seuns baar wat geneig sou wees om homoseksueel te wees. As ons dink hoeveel Afrikanervroue sedert 1994 verkrag of seksueel aangerand is tydens die huidige misdaadvlaag, asook die vrees vir geweld waarmee meeste vroue saamleef, dan begin dit sin maak dat ons vroue ook toenemend gay-seuns gaan begin baar. Ook by manlike sportspanne wat verloor het, daal die testosteroonvlakke na 'n wedstryd terwyl dié van die wenners weer styg en hulle meer aggressief, selfvoldaan en viriel voel.

As ek dus so na die Laurie Gaum-debakel kyk, dan is dit vir my tekenend van verloordergedrag. Die meeste briefskrywers in Die Burger en op LitNet is besig om vroulike eienskappe soos liefde, sorg, verdraagsaamheid, sagte emosies, ens., te beklemtoon terwyl tipies manlike attribute soos aggressie, mededingendheid, viriliteit, maar ook wetmatigheid (die fameuse Vaderlike Wet waarvan Freud praat) afgewys word. Die konstante aanvalle op die kleiner wordende groep Afrikanermans wat nog hier en daar tekens van viriliteit, vaderlikheid, mededingendheid of aggressiwiteit wil hê dat sulke eienskappe met wortel en tak uitgeroei moet word. Praat van "die kastrasie van die blanke Afrikaanse man"!

Alles in ag genome, sien ek dus die werkinge van sowel die Moffia as die Afrikaner se verloorderstatus in die huidige bestel.

Die vraag is nou of meer viriele Afrikanermans na vore kan tree om ons uit dié moeras te lei en weer die meer vrugbare model van heteroseksuele voortplanting kan begin propageer.

Wat ons ook al oor gay-seksualiteit mag dink, dit is letterlik onvrugbaar. Enige samelewing waarin dit die norm word, móét per definisie uitsterf. Hopelik slaag die Moffia nie daarin om dit tot norm vir die Afrikaner te verhef nie.

Markus Sadie

Wil u hierop reageer? Klik op die skakel na ons geselsforum waar 'n debat hieroor aan die gang is.

boontoe