wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

               argief 1

                                                                                       argief 2

                 praagbesprekingslys op yahoogroups.com

                       word deel van die gesprek!  sluit aan by praag se gespreksgroep!  stuur 'n leë epos aan praag-subscribe@yahoogroups.com

of plaas 'n mening op ons gespreksforum

                                                               

Dis die Ingelse wat aangejaag het...

Geagte Doktor (of is't nou Dokter?),

Met respekte, wil ek net sê dat, tja, die geneuk oor Afrikaans en Afrikaanses in Die Burger se briewekolom lyk vir my al te veul na 'n argument in 'n blikbeeker. Ons mense aan die buitekant, wat daagliks die stryd moet aanvoer om die taaier aan die rol te hou het nie veul tyd vir skuldgevoelens, angste en nagtelike bedsweute of hul nou eintlik Afrikaanses of Afrikaners is nie. (Diegene weut ook nie wat 'n nagsweut is as jy malaria het nie, so terloops) Ek luister die mense so, maar ek wonder in my eenvoud hoe dit dan nou gekom het dat die Swartes die bes gevoede, bes geklede, gesondste, opgevoedste en rykste Swartes in Afrika was onder Apartheid? As ek die res van die ou speul so bekyk waar ek rondry hier bo in Afrika, neuk dit maar. Ek sien juis die Nig Malan uit Kenia skryf noudiedag hoe korrup die speul daar is in Die Burger. Sy het ook nou geleer hoe dit is en nie hoe dit behoord te weus nie. En so kom ek noudiedag in Maun in Botswana. Ontmoet daar twee Ingelse egpare. En wat ek nou vertel is die heilige waarheid. Die een egpaar is uit Suid Afrika en die ander egpaar moes so pas uit Rhodesië vlug en hulle plaas net so los. Die vroutjie verkoop nou gebraaide hoenders om te oorleef. Die man vertel my dat sy Swartwitpense wat hy vir meer as 'n miljoen aangekoop het, eerste opgevreet is. 

Hierdie Ingelse seg toe vir my 'n baie interessante ding: Kyk seg hulle, julle het 'n eie taal, eie kultuur, ja julle het selfs volkspele!. Wat het ons egter eie aan Afrika? Ons het altydeur aan die Ingelse tiet gesuig en dié het ons lankal verwerp. Dit het ons niks gehelp nie. Waar moet ons nou heen? Ek is natuurlik baie hartseer vir hierdie mense, want dis ordentlike Ingelse al behoord hulle aan 'n ander kerk. Baie van die mense wat deesdae so vir Die Burger skryf klink dan vir my al te veul nes hierdie Ingelse? So asof hulle 'n klomp stalperde is wat die toom afgehaal is en nou verskrik die veld ingeja is. Maar nouja, ons het elkeen mos maar sy duiwels wat ons moet mee stry en wil ek mos nou nie die slim mense te na kom nie. Mens moet respekte ook hê. 

Groete uit diep Afrika 

Kaspaas Kookwater Van der Walt. 

Naskrif. Ek sal weur vir jou skryf liewe Dokter of Doktor. Dis net dat die malaria hierbo nogal neuk. Maar ek sal ook berig oor onse mense se spore wat ek opgetel het in Kenia tot Angola. En glo my, waar ons ookal gegaan het in Afrika is daar niks maar niks waaroor ons hoef skaam te weus nie. Dis die Ingelse en ander wat aangejaag het.

Skryf gerus weer vir ons daar bo uit Afrika, Kaspaas - Red.

boontoe