Markus Sadie, 31/01/2002:  Wilhelm Jordaan se Hottentotvoorskootjie

Beeld se rubriekskrywers is verreweg die irriterendste van enige koerant in die land, nee, ter wêreld, sou ek sê.  As dit nie Tyrone Seale is wat vir ons vertel Zimbabwe onder Mugabe is dieselfde as apartheid onder Verwoerd nie, dan is dit Charles Naudé wat vir ons wysmaak hoe positief "witmense" daaroor voel om die ANC te help om die swart skole te verf en reg te maak, dit wat die onderwysdepartement self nie so goed regkry nie.  Soos 'n onderwyseres-vriendin van my al opgemerk het toe sy gehoor het van die idee om swart skole te "help":  "As ons draers van parasiete was, dan sou ons katte en honde gewees het."

Teenoor Tyrone Seale kan 'n mens opmerk dat die pap minder skaars was onder apartheid as onder Mugabe, maar dit is nie die punt nie.  Want indien Tyrone Seale, Hein Willemse en Charles Naudé net irriteer, is Wilhelm Jordaan in staat om mens tot raserny te dryf.  Jordaan is nou die voorste pleitbesorger vir die Nuwe Parasitisme, en Kampioen van die Kampioene.  Kampioen van wat?  Wel, Kampioen van die SMEGMAs oftewel die Skuldige Middeljarige Gekastreerde Manlike Afrikaners.

Indien Jordaan nog 'n bleeding heart liberal was, sou mens hom dit iewers kon vergewe het.  Maar sy liberalisme of filantropisme of medelye, bejammering, dwepery, wat mens dit ook al noem, pas meer by 'n SMEGMA:  dit is nie iets wat bloei nie, maar wat uitskei.  So 'n uitskeiding was daar weer gister in Beeld, oor die onderwerp van Saartjie Baartman, ook genoem die Hottentot Venus.

Saam met al wat SMEGMA is, moet ons nou skuldig voel omdat die Europeërs graag na Saartjie se Hottentot-voorskootjie wou kyk, en ook daarvoor betaal het.  Saartjie is hier weg saam met 'n Brit uit haar eie vrye wil, en het opgeëindig in Parys, Frankryk, waar Cuvier so gefassineer was deur haar anatomie dat hy ná haar dood 'n gipsafdruk van haar liggaam gemaak het, en van haar organe, o.a. die voorskootjie, in formalien bewaar het.  Vir diegene wat nie weet nie, verwys die Hottentotvoorskootjie na die besonder groot skaamlippe waaroor sommige van die Khoivroue beskik het, en wat vir die Europeërs 'n groot bron van fassinasie was, veral dan anatomici soos Cuvier.

As mens nou vir Wilhelm Jordaan, kampioen van die SMEGMAs kan glo, "moet Saartje Baartman huistoe kom, na ons almal".  Die Franse Senaat het intussen gestem dat die "oorskot" van die Hottentot Venus soos sy in Frankryk bekendheid verwerf het, aan Suid-Afrika terugbesorg gaan word, en 'n mens kan glo dat enige aantal middelklas bruin politici wie se voorouers van Mauritius of Maleisië of Eldoradopark afstam, gaan baklei vir die reg om die skelet en dergelike wat in die Franse Musée de l'Homme bewaar is, te begrawe.

SMEGMA-denke is egter nie bekend vir die samehangendheid daarvan nie, en van die Hottentot Venus (circa 1820) spring die man sommer na die "lyding van swartmense in die konsentrasiekampe" waarvan ons dan so krimineel "vergeet" het.  Wie vir hierdie lyding verantwoordelik was, kan mnr. SMEGMA nie goed onthou nie, want hy het dit teen "die gevaarlike nuwe etniese absolutismes" wat 'n "selektiewe geheue van 'n gedeelde geskiedenis" kan ontketen, iets wat ook nie "nasieboubelange" dien nie.

"Nasiebou" is natuurlik by uitstek die obsessie van alle SMEGMAs, van Marthinus van Schalkwyk tot Wilhelm Jordaan.  My ietwat kru onderwys-vriendin sou miskien kon opmerk dat, by 'n volslae gebrek aan ballas, en die vermoë om meer kinders te kan maak, hulle die nasie wil bou in abstraksie.  Miskien daarom dat die Hottentot Venus se groot boude en voorskootjie by die man spook:  daardie twee groot vleesballe is sekerlik elke SMEGMA-gatkruiper se droom.

Markus Sadie

boontoe