Minister
Pallo Jordan se uitroep dat "net wittes kla oor
Afrikaans" verskaf juis die rede waarom ons klagtes met
groter erns bejeën moet word.
Nou
die dag was ek in 'n munisipale kantoor waar 'n gesette swart
vrou inmekaar gesak het en stuiptrekkings begin kry het tydens
'n epileptiese aanval. Daar was ongeveer tien swart omstanders,
asook die swart munisipale amptenare agter hul toonbanke.
Wie
ontferm hom oor die vrou? Die tien swartes wat 'n opwelling van
ubuntu gevoel het? Nee! 'n Enkele jong witman was die enigste
wat haar te hulp gesnel het, noodhulp toegepas het en gepoog het
om mediese hulp te ontbied.
Volgens
onlangse statistieke publiseer blankes 97% van alle
navorsingsartikels in Suid-Afrika, al verteenwoordig ons slegs
9% van die bevolking. Is daardie navorsing minderwaardig omdat
dit "net deur wittes" geproduseer word? Uiteraard nie.
Dr.
Chris Landsberg het onlangs beweer dat bruines nie oor die
toekoms van Afrikaans besorg is nie omdat hulle reeds een keer
hul moedertaal, Khoisan, afgelê het en Afrikaans bloot as 'n
soort lingua franca praat.
Feit
is dat Afrikaners, dus wittes, al duisende jare Wes-Germaanse
dialekte wat as "Afrikaans" gestandaardiseer is,
praat. Met ons instinktiewe sin vir bewaring en versorging, voel
ons sterk oor ons taal.
Indien
besorgdheid, hetsy oor mense, hetsy oor taal, 'n "wit"
eienskap is, vra ons nie om verskoning daarvoor nie.
Net
soos wat ons wetenskaplike en akademiese navorsing wêreldwyd
erkenning geniet, moet daar gehoor gegee word aan ons redelike
en wettige eis om ons moedertaal en kultuurerfenis in stand te
hou.