Slegs eie
staat sal Afrikaans red
Kas
Landman probeer in Beeld
die werklikheid ontken deur te dink dat mens "in die groot
Suid-Afrika dinge vir en in Afrikaans moet doen". Nie net het
die "groot Suid-Afrika" onder die ANC van Afrikaans 'n
staatlose taal gemaak nie, maar ons belastinggeld word ook gebruik
om ons eie taal te ondergrawe en globale Engels te bevorder.
Vandaar
dus die "oranje" strategie: om vryheid vir onssself in
'n eie staat te verkry. As die oranje-blanje-blou eers wapper sal
ons Afrikaans juis in die groot Suider-Afrika en in die groter wêreld
kan bevorder, met beheer oor ons eie belastings en Afrikaans
as enigste amptelike taal. Alle maatskappye in Suid-Afrika sal
Afrikaans op hul produkte hê, want daarsonder sal hulle nie die
mark 'n welvarende en suksesvolle Afrikaanse Republiek wat deur
oranje Afrikaners bewoon word, mag betree nie.
Die
oranje opsie is dus 'n "wen-wen oplossing", om 'n
gangbare gemeenplaas te gebruik. Daarsonder gaan Afrikaans nie
oorleef nie, want ons skole en universiteite word onder
staatsdwang verengels, ons museums en erfenisterreine word
verwaarloos en ons verarm of moet emigreer as gevolg van
rassekwotas in die ekonomie. Dan praat ons nie eens van
geweldsmisdaad, grondonteiening en swak munisipale dienste nie.
Al
wat ons nodig het, is 4% van die landoppervlak van Suid-Afrika,
oftewel 30 000 kilometer, die grootte van België. Net soos die
Belge sal 'n paar miljoen oranje Afrikaners in hul Afrikaanse
Republiek meer produseer as die 40 miljoen inwoners van groot
Suid-Afrika of die 600 miljoen in die baie groot Afrika suid van
die Sahara saam.
Victor
Hugo het gesê: "Sterker as 'n weermag is 'n idee waarvoor
die tyd aangebreek het."
Dan
Roodt
Antwoord op dié
brief deur 'n epos te stuur aan: inlig@praag.org
boontoe