Marietjie Luyt, 02/02/2002: Karel Schoeman oor M.T. Steyn
Hallo
Peter
Johannes Meintjes het 'n lang biografie in Engels oor
President Steyn geskryf, en 'n verkorte weergawe van
die boek is in Afrikaans uitgegee. My swaer sit nog
met die Engelse weergawe in sy besit; sodra ek dit uit
hom uit kry, sal ek die volledige verwysing kan gee.
Karel Schoeman se boek oor Steyn - In Liefde en Trou -
is myns insiens een van die mooiste boeke wat nog ooit
in Afrikaans geskryf is. Dit bevat nie net briewe van
MT aan Tibbie en andersom nie, maar ook talle briewe
van die Vrystaatse burgers aan hul president. Daaruit
blyk hul liefde vir die president op ontroerende wyse.
Ek meen die boek het in 1984 verskyn. Dit is, sover ek
kan agterkom, heeltemal onverkrygbaar, maar dit bly
die moeite werd om daarna te soek.
Marietjie Luyt