wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

Hoeveel Saan- en Khoekhoegowabsprekers is daar huidiglik in suidelike Afrika?

Daar word beraam dat daar 80 000 Saansprekers in suidelike Afrika is. In die 1991 sensus in Namibië het 27 000 Namibiërs dit as hul eerste taal aangegee; die ander Saansprekers is versprei deur Botswana (waar hulle amptelik bekend staan as die Barsarwa), suidelike Angola en Suid-Afrika.

Die aantal Khoekhoegowabsprekers in suidelike Afrika tel meer as 180 000 waarvan 175 500 in Namibië woonagtig is, met kleiner groepies in suidelike Angola,.Suid-Afrika en Botswana. In Namibië is dit die eerste taal van die Namas en die Damaras. Volgens opnames in 1980 word die taal ook verstaan deur 55% van die Rehoboth Basters in Namibië  wat van Europese/Khoekhoe afkoms is en wat Suid-Afrika in 1868 verlaat  het om hulle in 1870 in Rehoboth te vestig.

 

 

  Die woorde Saan en Khoekhoe

Die Khoekhoe werkwoord vir “versamel” of “bymekaarmaak” is să en die meervoud is săn, wat dan ook “versamelaars”of “kossoekers” beteken. As die woord nie met ‘n nasale a uitgespreek word nie, kan dit die betekenis van “deugniet” of “vabond”dra. Die woord “Boesman” word nie meer of minder neerhalend as San ervaar nie en word weer al hoe meer gebruik. Die Saan het geen beskrywende naam vir hulself as ‘n groep nie. Die woord !Kung beteken “persoon” of ”mens”.

KhoeKhoe (voorheen Khoikhoi) beteken “mens-mens” afgelei van die Khoekhoegowab woord “khoe”of “mens”. Dit woord “khoi” is vervang deur die taalkundiges omdat daar besluit is dat diftonge nie in die taal bestaan nie, maar die uitspraak bly dieselfde. Khoekhoegowab is die taal wat die Khoekhoen (meervoud) praat. Daar word ook die betekenis “menslike mens” of “werklike mens” aan die naam Khoekhoe geheg.

Die woord Khoesaan (voorheen Khoisan) is dus ‘n kunsmatige samevoeging van rwee Khoekhoegowab woorde.  


Boontoe