| wie
is ons?
tuis |
|
|
|
KOOP DIE BOEK NOU!
Outeur: Kleinboer. Titel: Kontrei. Fiksie/roman. Uitgewer: PRAAG. ISBN 0-9584635-4-9. Formaat: 205 x 140mm in sagteband, gestik op 90g houtvrye papier. Kleinhandelprys: R130, BTW ingesluit. Verskyningsdatum: 17 Desember 2003. Kontrei bied ’n ryk en onthutsende kennismaking met die werklikheid. Dit neem ons op ongekarteerde paaie in Afrikaans, na die nihilistiese wêreld van ’n seksmal hoereloper wat as blanke die geselskap van swart prostitute uit Mosambiek, Swaziland, Zambië en elders verkies. Hierdie is ’n meedoënlose relaas oor een man se behoefte aan gereelde seks in die bordele van Hillbrow en omstreke, maar word onderbreek deur mymerende herinneringe aan sy tipies Afrikaanse kinderdae, asook die mooiste versameling Bybelversies wat enigeen nog uitgesoek het. Is hierdie debuutroman satire, bedekte outobiografie of sosiale kommentaar op die nuwe Suid-Afrika? Hieroor sal die leser self moet besluit.
|