praag.org Pro-Afrikaanse Aksiegroep

Pro-Afrikaanse Aksiegroep

Lidmaatskap

Nuusbrief 2, nr. 2, jaargang 11, 16 Februarie 2011

E-pos Afdruk PDF


Uitputtend maar waardevol: PRAAG se Amerikaanse besoek

Gister het ek en Hein Zaayman teruggekeer van ons Amerikaanse besoek aan Charlotte, NC, Memphis, Tenn., Washington DC en New York. Die doel daarvan was tweërlei: om inligting oor die haglike toestande in Suid-Afrika deur amptelike kanale in Washington te kommunikeer en om steun vir die Afrikaner se vryheidstryd by konserwatiewe groepe te werf.

In albei doelwitte het ons in mindere of meerdere mate geslaag. As 'n mens in die "ambassadestraat" van Washington, Massachusettslaan, af ry en verby die imposante SA ambassadegebou by nommer 3051, besef jy hoe ver ons geval het. Die ANC beset nou daardie gebou en niemand minder nie as Ebrahim Rasool is die ambassadeur te Washington, nadat die ANC natuurlik die mag in die Wes-Kaap afgestaan het. Ons moet egter besef dat die Afrikaner oor geen buitelandse verteenwoordiging meer beskik nie, want Rasool, die ANC se voormalige leier in die Wes-Kaap, gaan kwalik ons belange in die VSA bevorder.

Vandaar dus die uiters belangrike rol wat PRAAG reeds speel om die buiteland oor die lyding en verdrukking van Afrikaners in te lig. Sowel ons taal, kultuur en identiteit as ons persoonlike veiligheid word tans in Suid-Afrika bedreig.

Besoek aan senator Susan Collins en American Renaissance-konferensie in Charlotte, N.C.

Senator Susan Collins, Demokraat van die deelstaat Maine, is een van die twee Amerikaanse senatore wat met die voorkoming van volksmoord en etniese konflik elders ter wêreld belas is. Daarom was die besoek aan haar kantoor op Donderdag 10 Februarie van die uiterste belang. Haar personeel sal die Amerikaanse departement van buitelandse sake kontak vir verdere inligting en PRAAG sal ook verdere besonderhede oor plaasmoorde en geweld aan senator Collins stuur. Ons is bemoedig deur die oop deur wat die Amerikaanse senaat betref.

Ongelukkig is ons tweede afspraak met senator Rodger Wicker, Republikein van Mississippi afgestel weens die ongesteldheid van sy buitelandse raadgewer, Sarah Drake. Maar ons sal wel per epos verder met haar en senator Rodger Wicker kommunikeer.

Die bekende kongreslid van die Republikeinse Party, Ron Paul, kon ons nie te woord staan nie, maar hy is wel bereid om my boek, The Scourge of the ANC, te lees wat ons vir hom sal aanstuur.

Die geslote konferensie van die dinkskrum oor rasse-aangeleenthede, American Renaissance, in Charlotte, Noord-Carolina het goed verloop en vele deelnemers en kongresgangers het hul simpatie en steun vir die Afrikanersaak uitgespreek.

Die Vlaamse politikus, Filip Dewinter van die Vlaams Belang, was een van die genooide sprekers en hy het belowe om ons te help om die skending van Afrikanermenseregte onder die aandag van die Europese Unie te bring, onder meer deur ons te help om 'n inligtingsessie by die Europese parlement te organiseer.

In Memphis het ons 'n vergadering van die Sons of Confederate Veterans bygewoon, 'n organisasie met meer as 30 000 lede in die suide van Amerika. Ook hier het mense hul belangstelling en simpatie met ons situasie uitgespreek.





American Renaissance-konferensie in Charlotte, N.C.


Die geslote konferensie van die dinkskrum oor rasse-aangeleenthede, American Renaissance, in Charlotte, Noord-Carolina het goed verloop en vele deelnemers en kongresgangers het hul simpatie en steun vir die Afrikanersaak uitgespreek.

Die Vlaamse politikus, Filip Dewinter van die Vlaams Belang, was een van die genooide sprekers en hy het belowe om ons te help om die skending van Afrikanermenseregte onder die aandag van die Europese Unie te bring, onder meer deur ons te help om 'n inligtingsessie by die Europese parlement te organiseer.

In Memphis het ons 'n vergadering van die Sons of Confederate Veterans bygewoon, 'n organisasie met meer as 30 000 lede in die suide van Amerika. Ook hier het mense hul belangstelling en simpatie met ons situasie uitgespreek.

'n Wêreldwye Pro-Afrikaanse netwerk

My afspraak met die United States Institute of Peace op Vrydag 11 Februarie was teleurstellend aangesien dr. Smock my meegedeel het dat daar "nie genoeg Afrikaners doodgemaak word sodat die USIP daarin behoort belang te stel nie". Omdat dié liggaam, wat insgelyks volksmoord en etniese konflik moet voorkom, deur die kongres befonds word, sal ons verder die kwessie met die kongres opneem.

Ook Vrydag het ons CPAC, die Conservative Political Action Conference, bygewoon. Hierdie is 'n uiters belangrike jaarlikse konferensie wat al voorheen deur Ronald Reagan en George Bush toegespreek is. Ons het lede van verskeie organisasies daar ontmoet, onder andere die Youth for Western Civilization wat insgelyks hul steun en hulp vir die Afrikaner aangebied het.

PRAAG se onmiddellike plan, wat oor die volgende paar dae ook indringend bespreek sal word, is om 'n wêreldwye netwerk van Pro-Afrikaanse aktiviste te vestig, wat in die afwesigheid van 'n Afrikanerowerheid of -regering kan sorg dat ons belange sowel in die buiteland as in Suid-Afrika bevorder word. Veral die buitelandse been is geweldig belangrik aangesien bloedweinig Afrikaanse organisasies behalwe PRAAG hiermee besig is. Ons moet finansiële, morele en politieke steun vanuit die VSA en ander Westerse lande verkry. Die nodige internasionale netwerk hiervoor bestaan reeds in embrioniese vorm, maar moet uitgebrei word.
'n Gedagte wat ook geopper is, is dat ons 'n betoging voor die SA ambassade in Washington behoort te reël, iets wat binnekort aan ons Pro-Afrikaanse verteenwoordigers in daardie stad en elders in die VSA oorgedra sal word.

Tesame hiermee, sal gereelde mediaverklarings aan Amerikaanse media uitgereik word om hulle op hoogte te hou van die onhoudbare toestande vir Afrikaners in Suid-Afrika, asook selfbeskikking wat die enigste uitweg uit die huidige politieke doodloopstraat in ons land verteenwoordig.

Terwyl die land al verder in korrupsie en geweld versink en 'n tipiese mislukte Afrikastaat word, is ons oplossing eenvoudig: deur 'n kombinasie van plaaslike en internasionale druk sal die huidige grondwetlike bestel aangepas móét word om vir Afrikaners en ander minderheidsgroepe voorsiening te maak. Dit sluit outonomie en eie grondgebied(e) in. Ons sal egter net slaag deur vol te hou en mits ons oor die nodige geld beskik om ons strategie te ondersteun. Daarom kan die belangrikheid daarvan om maandeliks tot PRAAG se aksies, webwerf, publikasies en ander bedrywighede by te dra nie oorbeklemtoon word nie. In baie opsigte is ons organisasie die enigste hoop wat daar is. As u dit nie reeds gedoen het nie, klik op die onderstaande skakel en vul asseblief u besonderhede in.

Aansluitingsvorm
Laas Opdateer ( Woensdag, 16 Februarie 2011 10:58 )
 

Nuusbrief 1, nr. 1, jaargang 11, 5 Januarie 2011

E-pos Afdruk PDF


2011 gaan ‘n waterskeiding wees!

In 2011 vier PRAAG sy elfde bestaansjaar, maar ons gaan dit ook 'n waterskeidingsjaar maak vir Afrikanerregte met internasionale besoeke, betogings, hofsake en organisasie rondom veiligheid en weerbaarheid. Ons het 2010 met hoë momentum afgesluit en wil vanjaar vir die deurbraak sorg sodat daar verandering in die huidige politieke, ekonomiese en kulturele bestel kan kom wat besig is om die Afrikanervolk se ondergang te veroorsaak.

2010 eindig op 'n hoë noot met die volgende aksies:

Betoging by Johannesburgse Hooggeregshof

PRAAG besoek VSA vroeg in Februarie

'n Afvaardiging van PRAAG sal die VSA vroeg in Februarie besoek met die doel om menseregteskendings teen Afrikaners aan lede van die Amerikaanse senaat te kommunikeer. Dr. Dan Roodt sal ook 'n referaat by 'n kongres in Charlotte, Noord-Carolina lewer oor die tema van Westerse vrygewingheid teenoor die Derde Wêreld tydens die negentiende en twintigste eeue. Hy sal ook onderhoude met radiostasies in die Suide van Amerika voer ten einde steun vir Afrikanerbevryding in Suid-Afrika te werf.



Betoging op Koster

Toyota trek advertensie terug


PRAAG pak Unilever


PRAAG is steeds besig met 'n veldtog teen die aanhitsing van geweld teen blankes, ook in die advertensiewese. Ná ons suksesvolle aksie teen Toyota, het ons vandeesweek 'n skrywe aan Unilever Suid-Afrika gerig met 'n ultimatum waarin geëis word dat die Ola Cornetto-advertensie opgeskort word. In die advertensie word 'n jong blanke man telkens geslaan of verneder. Navorsing het bewys dat geweld in advertensies 'n beduidende invloed op kykers uitoefen, veral in 'n gewelddadige land soos Suid-Afrika.
Betoging in Tel Aviv

Betoging op Lindley

Word deel van die oplossing!


Terwyl die land al verder in korrupsie en geweld versink en 'n tipiese mislukte Afrikastaat word, is ons oplossing eenvoudig: deur 'n kombinasie van plaaslike en internasionale druk sal die huidige grondwetlike bestel aangepas móét word om vir Afrikaners en ander minderheidsgroepe voorsiening te maak. Dit sluit outonomie en eie grondgebied(e) in. Ons sal egter net slaag deur vol te hou en mits ons oor die nodige geld beskik om ons strategie te ondersteun. Daarom kan die belangrikheid daarvan om maandeliks tot PRAAG se aksies, webwerf, publikasies en ander bedrywighede by te dra nie oorbeklemtoon word nie. In baie opsigte is ons organisasie die enigste hoop wat daar is. As u dit nie reeds gedoen het nie, klik op die onderstaande skakel en vul asseblief u besonderhede in.

Aansluitingsvorm
Laas Opdateer ( Woensdag, 05 Januarie 2011 17:42 )
 

Nuusbrief 2, Maart 2009, 9de jaargang

E-pos Afdruk PDF

Ledetal groei met 20% binne eerste 3 maande van 2009
Werwingsveldtog werp vrugte af
Gedurende die eerste drie maande van 2009, het dr. Dan Roodt verskeie vergaderings toegespreek onder die tema "Dis nou Afrikanertyd!". Reaksie op PRAAG se standpunt oor Afrikanerselfbeskikking en die handhawing van die Afrikaanse kultuur en identiteit was deur die bank geesdriftig en ons ledetal in die geheel het met 20% in die eerste drie maande van die jaar toegeneem.

PRAAG-weerbaarheidsaksie
Veiligheidsinstrukteurs sluit by PRAAG aan
Sedert 2003 is PRAAG aktief betrokke by landwye veiligheidsaksies, in samewerking met ander Afrikaanse organisasies. Vanweë ons toewyding en erns oor veiligheid het 'n groep van veertig veiligheidsinstrukteurs onlangs by ons aangesluit en is ons besig om die 2 000 mense wat reeds by gemeenskapsveiligheidskursusse opgelei is op 'n databasis te plaas ten einde vanuit hierdie kerngroep 'n nasionale netwerk te vestig om ons mense te beskerm.

Die volgende kursus vind tydens die naweek van 17-19 April in die Krugersdorpomgewing plaas. Vir nadere besonderhede, stuur 'n e-pos aan Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien . PRAAG-lede ontvang 'n afslag op die baie billike kursusfooi wat opleiding, kos en verblyf insluit.

Petisie vir eie onderwysowerheid en Zuma-ontmoeting
Aanbieding sal aan aan die ANC-leierskap gedoen word op 2 April waarin vir 'n eie Afrikaneronderwysowerheid gevra word
'n Geskeduleerde ontmoet van Afrikaanse organisasies met die ANC-leierskap op 2 April 2009, waaronder mnr. Jacob Zuma, sal gebruik word om die petisie wat die afgelope maand op www.praag.org geloop is aan die ANC-president te oorhandig.

Dr. Dan Roodt van PRAAG sal ook 'n geskrewe voorstel vir 'n eie Afrikaneronderwysowerheid maak, tesame met 'n aanbieding aan alle aanwesiges waarin die saak bepleit word.

Facebookgroep
PRAAG op Facebook groei tot 1250 lede

Sedert die laaste nuusbrief het ons Facebookgroep ook met 500 lede toegeneem, wat insgelyks die gewildheid van PRAAG se boodskap aantoon. Talle lede van die Facebookgroep het intussen ook by die Aksiegroep aangesluit en ons geledere kom versterk.

Ontmoeting met Duitse skrywer
PRAAG ontmoet mnr. Hans-Joachim Löwer, wat 'n boek oor Suid-Afrika skryf

Vroeër vandeesmaand het ons 'n hele oggend deurgebring met mnr. Hans-Joachim Löwer, 'n invloedryke Duitse skrywer en joernalis wat besig is om 'n boek oor Suid-Afrika te skryf. Verlede jaar het mnr. Löwer 'n boek oor Zimbabwe, Im Land des Hasses (In die land van haat) vrygestel waarin die haglike toestande waarin blanke boere verkeer, uitgebeeld is.

Mnr. Löwer wil nou dieselfde soort boek oor Suid-Afrika skryf, net betyds vir die groot belangstelling wat daar in Suid-Afrika aanstaande jaar tydens die Wêreldsokkerbeker sal heers. Ons het hom reeds van die nodige kontakte in ons land verskaf sodat hy eerstehands inligting kan inwin oor die verval van infrastruktuur in Suid-Afrika, korrupsie, geweldsmisdaad, asook taal- en rassediskriminasie teen blankes en Afrikaners.

Mediese fondse deur PRAAG
PRAAG Verkry 'n mediese fonds deur PRAAG vanaf slegs R576 per maand per hooflid

Benewens ons ander voordele aan lede, kan u nou ook 'n mediese fonds deur PRAAG verkry, vanaf slegs R576 per hooflid (Medihelp-skema). Daar is ongeveer sestien verskillende mediese fondse om van te kies, waaronder Medihelp, Discovery, Bonitas, Fedhealth en ander bekende fondse. Vir verdere inligting, stuur 'n epos aan: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien .

Dr. Dan Roodt, direkteur

Nuusbrief van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep

Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien van hierdie lys

Ons poslysadres is:
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien

Copyright (C) 2007 PRAAG Alle regte voorbehou.
Laas Opdateer ( Sondag, 29 Maart 2009 16:38 )
 

Ledegeld en skenkings

E-pos Afdruk PDF

Ledegeld en skenkings direk na ons bankrekening:

Bankbesonderhede:

ABSA Fourways
Takkode: 632905
Rekeningnommer: 4052326604
Begunstigde: PRAAG

Voltooi asb ons Lidmaatskapaansoekvorm.

Laas Opdateer ( Woensdag, 19 Januarie 2011 13:32 )
 

Nuus Bulletin

Twitter

Jy is nou hier: Tuis Lidmaatskap