praag.org Pro-Afrikaanse Aksiegroep

Pro-Afrikaanse Aksiegroep

Ledegeld

Nuusbrief 2, nr. 2, jaargang 11, 16 Februarie 2011

E-pos Afdruk PDF


Uitputtend maar waardevol: PRAAG se Amerikaanse besoek

Gister het ek en Hein Zaayman teruggekeer van ons Amerikaanse besoek aan Charlotte, NC, Memphis, Tenn., Washington DC en New York. Die doel daarvan was tweërlei: om inligting oor die haglike toestande in Suid-Afrika deur amptelike kanale in Washington te kommunikeer en om steun vir die Afrikaner se vryheidstryd by konserwatiewe groepe te werf.

In albei doelwitte het ons in mindere of meerdere mate geslaag. As 'n mens in die "ambassadestraat" van Washington, Massachusettslaan, af ry en verby die imposante SA ambassadegebou by nommer 3051, besef jy hoe ver ons geval het. Die ANC beset nou daardie gebou en niemand minder nie as Ebrahim Rasool is die ambassadeur te Washington, nadat die ANC natuurlik die mag in die Wes-Kaap afgestaan het. Ons moet egter besef dat die Afrikaner oor geen buitelandse verteenwoordiging meer beskik nie, want Rasool, die ANC se voormalige leier in die Wes-Kaap, gaan kwalik ons belange in die VSA bevorder.

Vandaar dus die uiters belangrike rol wat PRAAG reeds speel om die buiteland oor die lyding en verdrukking van Afrikaners in te lig. Sowel ons taal, kultuur en identiteit as ons persoonlike veiligheid word tans in Suid-Afrika bedreig.

Besoek aan senator Susan Collins en American Renaissance-konferensie in Charlotte, N.C.

Senator Susan Collins, Demokraat van die deelstaat Maine, is een van die twee Amerikaanse senatore wat met die voorkoming van volksmoord en etniese konflik elders ter wêreld belas is. Daarom was die besoek aan haar kantoor op Donderdag 10 Februarie van die uiterste belang. Haar personeel sal die Amerikaanse departement van buitelandse sake kontak vir verdere inligting en PRAAG sal ook verdere besonderhede oor plaasmoorde en geweld aan senator Collins stuur. Ons is bemoedig deur die oop deur wat die Amerikaanse senaat betref.

Ongelukkig is ons tweede afspraak met senator Rodger Wicker, Republikein van Mississippi afgestel weens die ongesteldheid van sy buitelandse raadgewer, Sarah Drake. Maar ons sal wel per epos verder met haar en senator Rodger Wicker kommunikeer.

Die bekende kongreslid van die Republikeinse Party, Ron Paul, kon ons nie te woord staan nie, maar hy is wel bereid om my boek, The Scourge of the ANC, te lees wat ons vir hom sal aanstuur.

Die geslote konferensie van die dinkskrum oor rasse-aangeleenthede, American Renaissance, in Charlotte, Noord-Carolina het goed verloop en vele deelnemers en kongresgangers het hul simpatie en steun vir die Afrikanersaak uitgespreek.

Die Vlaamse politikus, Filip Dewinter van die Vlaams Belang, was een van die genooide sprekers en hy het belowe om ons te help om die skending van Afrikanermenseregte onder die aandag van die Europese Unie te bring, onder meer deur ons te help om 'n inligtingsessie by die Europese parlement te organiseer.

In Memphis het ons 'n vergadering van die Sons of Confederate Veterans bygewoon, 'n organisasie met meer as 30 000 lede in die suide van Amerika. Ook hier het mense hul belangstelling en simpatie met ons situasie uitgespreek.





American Renaissance-konferensie in Charlotte, N.C.


Die geslote konferensie van die dinkskrum oor rasse-aangeleenthede, American Renaissance, in Charlotte, Noord-Carolina het goed verloop en vele deelnemers en kongresgangers het hul simpatie en steun vir die Afrikanersaak uitgespreek.

Die Vlaamse politikus, Filip Dewinter van die Vlaams Belang, was een van die genooide sprekers en hy het belowe om ons te help om die skending van Afrikanermenseregte onder die aandag van die Europese Unie te bring, onder meer deur ons te help om 'n inligtingsessie by die Europese parlement te organiseer.

In Memphis het ons 'n vergadering van die Sons of Confederate Veterans bygewoon, 'n organisasie met meer as 30 000 lede in die suide van Amerika. Ook hier het mense hul belangstelling en simpatie met ons situasie uitgespreek.

'n Wêreldwye Pro-Afrikaanse netwerk

My afspraak met die United States Institute of Peace op Vrydag 11 Februarie was teleurstellend aangesien dr. Smock my meegedeel het dat daar "nie genoeg Afrikaners doodgemaak word sodat die USIP daarin behoort belang te stel nie". Omdat dié liggaam, wat insgelyks volksmoord en etniese konflik moet voorkom, deur die kongres befonds word, sal ons verder die kwessie met die kongres opneem.

Ook Vrydag het ons CPAC, die Conservative Political Action Conference, bygewoon. Hierdie is 'n uiters belangrike jaarlikse konferensie wat al voorheen deur Ronald Reagan en George Bush toegespreek is. Ons het lede van verskeie organisasies daar ontmoet, onder andere die Youth for Western Civilization wat insgelyks hul steun en hulp vir die Afrikaner aangebied het.

PRAAG se onmiddellike plan, wat oor die volgende paar dae ook indringend bespreek sal word, is om 'n wêreldwye netwerk van Pro-Afrikaanse aktiviste te vestig, wat in die afwesigheid van 'n Afrikanerowerheid of -regering kan sorg dat ons belange sowel in die buiteland as in Suid-Afrika bevorder word. Veral die buitelandse been is geweldig belangrik aangesien bloedweinig Afrikaanse organisasies behalwe PRAAG hiermee besig is. Ons moet finansiële, morele en politieke steun vanuit die VSA en ander Westerse lande verkry. Die nodige internasionale netwerk hiervoor bestaan reeds in embrioniese vorm, maar moet uitgebrei word.
'n Gedagte wat ook geopper is, is dat ons 'n betoging voor die SA ambassade in Washington behoort te reël, iets wat binnekort aan ons Pro-Afrikaanse verteenwoordigers in daardie stad en elders in die VSA oorgedra sal word.

Tesame hiermee, sal gereelde mediaverklarings aan Amerikaanse media uitgereik word om hulle op hoogte te hou van die onhoudbare toestande vir Afrikaners in Suid-Afrika, asook selfbeskikking wat die enigste uitweg uit die huidige politieke doodloopstraat in ons land verteenwoordig.

Terwyl die land al verder in korrupsie en geweld versink en 'n tipiese mislukte Afrikastaat word, is ons oplossing eenvoudig: deur 'n kombinasie van plaaslike en internasionale druk sal die huidige grondwetlike bestel aangepas móét word om vir Afrikaners en ander minderheidsgroepe voorsiening te maak. Dit sluit outonomie en eie grondgebied(e) in. Ons sal egter net slaag deur vol te hou en mits ons oor die nodige geld beskik om ons strategie te ondersteun. Daarom kan die belangrikheid daarvan om maandeliks tot PRAAG se aksies, webwerf, publikasies en ander bedrywighede by te dra nie oorbeklemtoon word nie. In baie opsigte is ons organisasie die enigste hoop wat daar is. As u dit nie reeds gedoen het nie, klik op die onderstaande skakel en vul asseblief u besonderhede in.

Aansluitingsvorm
Laas Opdateer ( Woensdag, 16 Februarie 2011 10:58 )
 

Ledegeld en skenkings

E-pos Afdruk PDF

Ledegeld en skenkings direk na ons bankrekening:

Bankbesonderhede:

ABSA Fourways
Takkode: 632905
Rekeningnommer: 4052326604
Begunstigde: PRAAG

Voltooi asb ons Lidmaatskapaansoekvorm.

Laas Opdateer ( Woensdag, 19 Januarie 2011 13:32 )
 

Nuus Bulletin

Twitter

Jy is nou hier: Tuis Lidmaatskap Ledegeld