4 Junie 2002, Asmal is 'n vyand van Afrikaans
MEDIAVERKLARING UITGEREIK DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP) OP DINSDAG 4 JUNIE 2002:
MEDIA RELEASE ISSUED BY PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP) ON TUESDAY 4 JUNE 2002 (ENGLISH UNDERNEATH):
Minister Kader Asmal is 'n openlike vyand van Afrikaans en die Afrikaner. Nadat hy iets meer as 'n jaar gelede verklaar het dat Afrikaanse universiteite nie vinnig genoeg verengels nie, het hy pas aangekondig dat hierdie universiteite nou alle tegniese studierigtings ook in Engels moet aanbied.
Indien Afrikaanse studente van dieselfde stoffasie was as hul eweknieë in Soweto, sou hulle lank reeds hul eie kampusse afgebrand het. Enkele dae gelede het studente aan die Universiteit van die Noorde juis die Soweto-opsie geneem en 'n gebou afgebrand omdat die rektor, prof. Fitzgerald, nie R300 000 aan hulle beskikbaar wou stel vir 'n verwelkomingspartytjie vir eerstejaars nie.
Ná afloop van die honderdjarige viering van die Vrede van Vereeniging, is dit duidelik dat Afrikaners vandag te staan gekom het voor 'n Nuwe Engelse Fascisme wat soos dié van 'n eeu gelede, ten doel het om hul taal en identiteit te vernietig en hulle te onderwerp aan 'n eerlose assimilasie.
Volgens 'n berig in The Citizen, het ook President Mbeki sy stem gevoeg tot die aftakeling en onderdrukking van Afrikaanse skole en universiteite. Sy steun vir Engelse fascisme moet saamgelees word met sy steun vir Mugabe se rasgebaseerde etniese suiwering, en hiermee hou Mbeki ewe lekker handjies vas met die volksmoordenaars Kitchener en Milner as wat hy dit onlangs gedoen het met die diktator Mugabe.
PRAAG doen 'n beroep op alle Afrikaanse studente, intellektuele, skrywers, en gewone mense om weerstand te bied teen Asmalisme en Nuwe Engelse Fascisme. Voorskrifte aan universiteite om parallel-mediumonderrig te verskaf, mag nie net aan Afrikaanse universiteite opgedring word nie, maar moet ook op Engelse universiteite van toepassing wees. Tot dan behoort die Afrikaanse universiteite Asmal se bevele met minagting te verwerp.
Wat die Gerwel-verslag betref, is dit ook duidelik dat Lord Asmal geen bedoeling gehad het om hom hoegenaamd daaraan te steur nie, en dat hy onversetlik voortgaan met die eliminering van Afrikaans uit die hoër onderwys.
Die totalitêre neigings van die ANC-bewind wat allerweë gevrees is in die dae toe dié organisasie nog die goelags van Oos-Europa ondersteun het, word vandag die duidelikste gemanifesteer op die gebied van sy taalbeleid en benadering tot die Afrikaanse universiteite.
Alle metodes is geoorloof om die onderdrukking van Afrikaans teen te staan. Die enigste manier om Afrikaanse Hoër Onderwys te bevry uit die wurggreep van Asmalisme, is om alle Afrikaanse onderwysinstellings te plaas onder 'n onafhanklike Afrikaanse onderwysministerie soos wat dit in Vlaandere, Quebéc, Katalonië en elders die geval is. Suid-Afrika sal slegs kan pretendeer om demokraties te wees indien daar 'n einde gemaak kan word aan die neo-koloniale onderdrukking van minderheidstale.
PRAAG roep alle Afrikaners op tot die stryd om hulself te handhaaf teen die Nuwe Lords en hul aanslag teen die taal.
Kontakpersoon: Dr. Dan Roodt 0824901036
* * *
Minister Kader Asmal is a self-declared enemy of Afrikaans and the Afrikaner. After he had announced a year ago that Afrikaans universities were not anglicising quickly enough, he has just announced that all technical fields of study at these universities should also be presented in English.
If Afrikaans students had been made of the same material as their colleagues in Soweto, they would long ago have burnt down their campuses. Only a few days ago did students at the University of the North exercise the Soweto option and burn down a building because the rector, prof. Fitzgerald, had refused to make available R300 000 for a welcoming party for first-year students.
Having only just celebrated the centenary of the Peace of Vereeniging, it has become clear that Afrikaners are now faced with a New English Fascism that, like the one a century ago, has as its object the destruction of their language and indentity, as well as subjecting them to an assimilation without honour.
According to a report in The Citizen, President Mbeki has also added his voice to the eradication and repression of Afrikaans schools and universities. His support for English fascism must be read together with his support for Mugabe's race-based ethnic cleansing, and accordingly Mbeki is holding hands with the genocidal murderers Kitchener and Milner to the same extent as he has recently done it with the dictator Mugabe.
PRAAG calls upon all Afrikaans students, intellectuals, authours and ordinary people to resist Asmalism and New English Fascism. Prescriptions to universities to provide parallel-medium education, may not just be imposed upon Afrikaans universities, but should equally apply to English universities. Until such time Afrikaans universities should reject Asmal's orders with contempt.
Regarding the Gerwel report, it has also become clear that Lord Asmal never had any intention to pay attention to it, and that he is set on eliminating Afrikaans from higher education.
The totalitarian tendencies of the ANC régime which everyone feared in the days when that organisation supported the gulags of Eastern Europe, are today manifesting themselves in the clearest way in relation to its language policy and approach to the Afrikaans universities.
All methods are justified in opposing the oppression of Afrikaans. The only way to liberate Afrikaans Higher Education from the deathly embrace of Asmalism, is to create an indenpendent Afrikaans education ministry as is the case in Flanders, Quebéc, Catalonia and elsewhere. South Africa will only be able to pretend to be democratic once an end has been made to the neo-colonial oppression of minority languages.
PRAAG calls upon all Afrikaners to join the struggle to maintain Afrikaans against the New Lords and their assault on die taal.
Contact person: Dr. Dan Roodt 0824901036