MEDIAVERKLARING DEUR DIE KONFEDERALE AFRIKANERFORUM OP SONDAG 6 JULIE 2003
VRYSTELLING: ONMIDDELLIK
 
In teenstelling met 'n klomp ander groepe het die Konfederale Forum wat gister in die Ou Raadsaal, Kerkplein, vergader het, president George W. Bush van Amerika verwelkom deur die volgende resolusie aan te neem:
 

Ons, individue en verteenwoordigers van Afrikaanse organisasies wat vandag hier vergader is as Konfederale Afrikanerforum, verwelkom President George Bush en sy afvaardiging in Suid-Afrika en spreek ons teenkanting uit teen ongasvrye en vyandige betogings wat bedoel is om verhoudinge tussen Suid-Afrika en Amerika te vertroebel.

As Afrikaners wat insgelyks ‘n nuwe staat met ‘n Protestantse etos opgerig het buite Europa waar ons vandaan kom, voel ons ‘n besondere band met Amerika en die waardes van demokrasie, vryheid, republikanisme, die regstaat, vryemarkstelsel en geloofsvryheid wat daardie land verteenwoordig.

Ons ondersteun die Amerikaanse standpunt oor Zimbabwe soos uiteengesit deur mnr. Colin Powell ten volle en doen hiermee ‘n beroep op beide die Amerikaanse en Suid-Afrikaanse regerings om insgelyks druk op Zimbabwe te plaas om terug te keer na demokrasie, vrye verkiesings, respek vir eiendomsreg en ‘n einde te maak aan aan anti-blanke rassisme en grondroof.

Kontakpersoon: Lydia van Eeden 0829250294, Skakelbeampte Konfederale Afrikanerforum