"Ons,
individue en verteenwoordigers van Afrikaanse organisasies wat vandag hier
vergader is as Konfederale Afrikikanerforum, vestig die węreld se aandag
daarop dat ‘n volksmoord besig is om in Suid-Afrika plaas te vind waar veral
landelike Afrikaners aangeval, gemartel en vermoor word op grond van hul ras,
taal en etniese afkoms. 1500 Boere het reeds omgekom in hierdie tweede
volksmoord wat binne ‘n eeu op Afrikaners uitgevoer word. Volgens dr.
Gregory Stanton van Genocide Watch het die tweede volksmoord teen Boere reeds
fase 5, naamlik poloarisering, bereik en word ons volksgenote reeds gefolter
en tereggestel as verontmenslikte voorwerpe van geweld.
Die
vergadering bedank die joernalis Susan Puren en die Carte Blanche-span van
M-Net vir hul onverskrokke blootstelling van hierdie skokkende feite tydens
‘n televisie-uitsending verlede Sondagaand en vra dat die ware feite
aangaande die tweede volksmoord internasionaal bekend gemaak word deur alle
menseregte-aktiviste en –organisasies. Ons spreek ons steun uit vir Malcolm
Wren, die Britse aktivis wat van 27 Julie tot 7 Augustus ‘n staptog deur die
suide van Engeland organiseer om aandag te vestig op die volksmoord in
Suid-Afrika, en vra dat plaaslike aktiviste, menseregte- en
landbou-organisasies op 27 Julie landwyd soortgelyke aksies sal onderneem, dat
kerke verootmoedigingsdienste sal hou vir die duisende Boere en hul werkers
wat reeds vermoor of beseer is, en dat elke Afrikaner voortdurend in woord en
daad sal protesteer teen hierdie onhoudbare etniese suiwering.
Ons
verwerp insgelyks etniese reiniging deur naamsveranderings soos dit onlangs in
daardie terme aangekondig is deur die ANC-bewind.
Die nuwe Menseregtekomitee gaan klagtes aanhangig maak by die VN in Genčve n.a.v. die volksmoord op landelike Afrikaners, en internasionaal steun werf teen volksmoorde in Afrika.
Verder het die vergadering president George W. Bush en sy afvaardiging in Suid-Afrika welkom geheet en sy steun toegesę aan die Amerikaanse beleid oor Zimbabwe wat aandring op demokratiese verkiesings en die bedanking van Mugabe.
Die onderwyskrisis en die ideologiese indoktrinasie van Afrikaanse kinders deur die Suid-Afrikaanse onderwysdepartement is onder die loep geneem, en sal verder aandag geniet tydens volgende vergaderings waarheen skoolhoofde en ander belanghebbendes uitgenooi sal word.
Dr. Chris Jordaan van die Stigting vir Minderhede het beklemtoon dat dit broodnodig is dat Afrikaners hul eie beleid sal formuleer oor sake wat hulself raak, soos bv. onderwys, kultuur, taal, landbou en veiligheid. Daar is tans geen liggaam wat sodanige Afrikanerbeleid ontwikkel nie, en daar heers groot verwarring by gewone mense oor hoe hulle behoort te reageer op die aftakeling van Afrikanerbelange.
Die Forum gaan poog om die oprigting van Afrikaanse ondernemings te bevorder om werk te verskaf aan die vele werklose Afrikaners wat slagoffers is van afdankings en regstellende aksie.
Die volgende vergadering in die Ou Raadsaal sal op 2 Augustus gehou word waar die oprigting van die Afrikanerraad weereens aandag sal geniet ná wye oorlegpleging met ander Afrikaanse organisasies wat nog nie deelneem aan die Forum nie. Binne die volende jaar of twee moet 'n demokratiese Afrikanerverkiesing gehou word waartydens die lede van 'n Afrikanerraad deur die volk self aangewys sal word. Die gedagte is deur dr. Dan Roodt geopper dat alle Afrikaners behoort te registreer met die betaling van 'n nominale registrasiefooi om die administratiewe koste van 'n transnasionale volksregister vir alle Afrikaners te dek. Elkeen wat op die volksregister verskyn, sal 'n stemgeregtige wees tydens die verkiesing van die Afrikanerraad.
Die vergadering het 'n resolusie aangeneem wat enige poging om 'n nie-verteenwoordigende liggaam voor te hou as spreekbuis vir Afrikaners, verdoem. Dit is nog geen uitgemaakte saak dat die Konfederale Forum of die uiteindelike Verteenwoordigende Afrikanerraad sal deelneem aan die artikel 185-kommissie nie, aangesien die gevoel bestaan dat daardie kommissie nie reg laat geskied aan die regte en aspirasies van Afrikaners nie en 'n blote foefie mag wees. Die kwessie van deelname, aldan nie, aan die kwessie sal by 'n volgende vergadering gedebatteer word.
Die vergadering van die Konfederale Forum is voorafgegaan deur 'n voorlesing uit N.P. van Wyk Louw, en is afgesluit met die sing van "Die hoogland is ons woning" oftewel "Oranje-blanje-blou". In navolging van die twee vergaderings tot dusver, sal elke toekomstige byeenkoms geopen word met 'n kulturele bydrae en afgesluit word met die sing van 'n patriotiese lied uit die skat van Afrikaanse liedere.
Kontakpersone:
Lydia van Eeden, sameroepster loodskomitee 0829250294
Dr. Dan Roodt, lid van die loodskomitee, 0824901036