wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 


MEDIAVRYSTELLING OP 16 AUGUSTUS 2005

PRAAG VERWERP ANC-AGTERBAKSHEID OOR AFRIKAANS

 

Terwyl ons jammerlike skoothondjiemedia die gebeurtenis verswyg het, het www.praag.org op Sondag 14 Augustus 2005 die 130ste verjaardag van Afrikaans as geskrewe taal aangekondig. Miskien lees die ANC ons webwerf, want tot ons uiterste verbasing het die regerende African National Congress 'n lagwekkende, agterbakse verklaring uitgereik waarin "verjaardagwense uitgedeel word aan die Afrikaanse taal".

Ons lag saam. Sedert die verraderlike stommerik FW de Klerk die mag sonder die beloofde tweede referendum aan die ANC oorhandig het, het elke Afrikaner en elke Afrikaanssprekende die slagoffer van sistemiese rassediskriminasie, taaldiskriminasie en terreur geword. Net enkele weke gelede op 15 Julie 2005 is 'n Afrikaner-motoris van Vereeniging, mnr. Hennie Olivier, deur die ANC se polisie op straat doodgeskiet. In April 2002 het Wesley Barnard, 'n student aan die opleidingskollege van die Departement van Korrektiewe Dienste, doodsdreigemente van amptenare ontvang omdat hy en 80 ander studente hul eksamens in Afrikaans wou aflę. Terwyl die Afro-fascistiese ANC gereed maak om miljarde rande van ons belastinggeld aan sy "susterbeweging", Mugabe se ZANU-PF, te skenk, word R500 000 per jaar van die Afrikaanse Woordeboekprojek weerhou waarsonder die woordeboek - daardie monument aan ons taal waaraan reeds sedert 1925 gewerk word - nie voltooi kan word nie. Kosbare Afrikaanse boeke en tydskrifte in openbare versamelings wat oor dekades en eeue opgebou is, word deur gevoellose amptenare verwaarloos en selfs verpulp. In onlangse tye het hierdie vyandige owerheid wat niks minder as 'n besetter is nie, vele Afrikaanse name sonder oorleg en met matelose arrogansie verander. Selfs die naam van Pretoria is in sy anderhalwe eeufeesjaar gewysig!

In die lig hiervan, verwerp ons die ANC se verklaring met die minagting wat dit verdien. Soos ons voorgangers, die Genootskap van Regte Afrikaners, sien ons vandag drie soorte Afrikaners: daar is Afrikaners met Engelse harte, daar is Afrikaners met globale harte en daar is Afrikaners met Afrikaanse harte. Die laaste noem ons regte Afrikaners en dié veral roep ons op om aan ons kant te kom staan."

Oor die afgelope 130 jaar moes daar oor en oor vir Afrikaans baklei word omdat ons volk en sy kultuur nog altyd bedreig is, hetsy deur die Britse Ryk, hetsy deur die Engelstalige Afrika-empaaier van Mugabeki en die ANC. In hierdie donker dae van verdrukking, haat en geweld wat op ons volk en sy taal uitgegiet word, put ons inspirasie uit die stryd en die oorwinnings van ons voorgangers.

Die huidige taal- en opvoedingskrisis is bloot 'n simptoom van die groter politieke krisis waarin die Broederbond en die Nasionale Party in sy doodsnikke ons gedompel het. Die enigste blywende oplossing vir hierdie krisis is 'n eie staat vir Afrikaners, in die gees van ons tyd waar kleiner volke węreldwyd stelselmatig vryheid en selfbeskikking verkry. Slegs 'n eie staat waarin Afrikaans die enigste amptelike taal sal wees, sal ons taal oor die lang termyn teen stelselmatige verengelsing en veronregting beskerm.

Die stryd vir Afrikaans hang daarom saam met ons politieke bevryding vanuit hierdie rassistiese bestel met sy daaglikse verdrukking van ons volk, ons kultuur, taal, geskiedenis en identiteit. Geen agterbakse geveinsdheid van die ANC sal ons van ons koers laat afwyk nie.

Die stryd gaan voort, al 130 jaar lank.

Lewe alle regte Afrikaners! Lewe Afrikaans!

boontoe