wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 


MEDIAVRYSTELLING OP 1 NOVEMBER 2005

RASPAIL EN DIE WÊRELDWYE STRYD TEEN SENSUUR

Die Paryse hof het op Vrydag 28 Oktober die klag van "aanhitsing tot rassehaat" wat teen die Franse romanskrywer, Jean Raspail, gelê is, verwerp, maar die uitspraak self is nog nie beskikbaar nie.

Raspail is deur die Internasionale Liga teen Rassisme en Anti-Semitisme (LICRA) aangekla omdat hy verlede jaar op 17 Junie 2004 'n artikel in Le Figaro gepubliseer het onder die titel, "Die vaderland deur die republiek verraai". In dié artikel spreek die skrywer sy kommer uit oor die demografiese ineenstorting van Europa en die gevolglike dreigende oorname van Frankryk deur Derde Wêreld-immigrante vanuit Afrika en Asië.

'n Volledige weergawe van Raspail se stuk is op die Praagwebwerf www.praag.org beskikbaar. Raspail het in die sewentigerjare roem verwerf met 'n kultusboek, "Omsingel die laer van die heiliges", waarin die komende ondergang van die Weste oor 'n tydperk van drie dae beskryf word soos wat 'n vloot skepe vol armes uit Indië vertrek om Frankryk permanent te gaan beset. Die boek is so pas in lowende terme in die Frankfurter Allgemeine Zeitung in Duitsland bespreek as 'n profetiese werk wat die dilemma van Europa en die Weste baie goed opsom.

Die Raspail-saak is vir ons in Afrikaans van belang omdat beskuldigings van "haatspraak" en "rassisme" ook gedurig teen Afrikaanse skrywers en intellektuele gemaak word. By gebrek aan enige logiese of feitelike argumente, verlaat die voorstanders van Afrikanisering, die verdrywing van blankes uit Suider-Afrika à la Mugabe, asook die vyande van die Afrikaanse taal en kultuur, hul op die irrasionele en emosionele aanklag van "haatspraak" en "rassisme".

Hierdie soort Inkwisisie wat daar teen denkende mense gevoer word, is deel van 'n wêreldwye neiging. Daarom is dit so verblydend dat 'n Europese hof 'n ooglopend belaglike saak van "aanhitsing tot rassehaat" teen 'n gerespekteerde Franse skrywer uitgegooi het.

Die vraag is egter: hoe lank nog voordat "anti-rassistiese rassisme" gaan seëvier en die mensdom van vooraf uitgelewer gaan wees aan dwepery en heksejagte teen skrywers en denkende mense?

Alle skrywers, maar veral die Afrikaanse skrywer wat deur Afro-Saksers oorheers word, voer vandag 'n nuwe stryd teen sensuur wat met die tyd van die Spaanse Inkwisisie of die vele kommunistiese en fascistiese regerings van die twintigste eeu vergelyk kan word. Indien ons hierdie stryd verloor, sal ons letterlik terugkeer na die Donker Eeue want die wetenskaplike en kulturele prestasies van die Weste sal stelselmatig deur Islamitiese en Afrikanistiese fundamentaliste afgebreek word en ons onderwerp aan 'n vorm van gelykheidsdwang en ideologiese konformisme wat kommunisme na 'n vulletjie sal laat lyk.

Daarom kan ons net aan Jean Raspail en sy regspan sê: Chapeau! Vir die oomblik is ons veilig...

boontoe