wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 


MEDIAVERKLARING UITGEREIK DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP) OP 21 MEI 2004

PRETORIABOMKRANSLEGGING OP 22 MEI 2004

PRAAG, asook die Volksversetaksie, 'n groepering van Afrikaanse organisasies het vir burgemeester Smangaliso Mkhatshwa van Pretoria gevra om 'n gedenkteken op te rig vir die slagoffers van die Kerkstraatbom (sien onderstaande brief).

Ook gaan 'n kranslegging ter nagedagtenis van die slagoffers môre op 22 Mei in Kerkstraat om 14.00 voor die Pointinsgebou plaasvind waar die bom ontplof het op 20 Mei 1983 . Negentien mense is in daardie ontploffing dood en meer as 200 beseer.

Die munisipaliteit het reeds toestemming geweier vir enige optog om in Kerkstraat plaas te vind, maar daar is besluit dat individue in groepe van minder as 15 sonder enige plakkate of vlae vanaf die Ou Raadsaal op Kerkplein sal beweeg na die plek waar die bom ontplof het om daar klippe te stapel, asook blomme en kranse te lê. Sodoende word die wet op byeenkomste nie oortree nie en sal niemand gearresteer word nie.

In die oggend vind 'n vergadering van die Konfederale Afrikanerforum in die Ou Raadsaal plaas, vanaf 9.00. Die kranslegging sal dus na afloop daarvan geskied, vanaf 14.00.

Kontakpersoon: Dan Roodt 0824901036

Afskrif van brief aan burgemeester:

Burgemeester Smangaliso Mkhatshwa

Munisipaliteit van Pretoria

Munitoriagebou

Pretoria

                                                                                                            20 Mei 2004

PER HAND GELEWER

 

Geagte Burgemeester,

Monument vir slagoffers van Kerkstraatbom

Soos u waarskynlik weet, herdenk ons vandag die ontploffing van die Kerkstraatbom in Pretoria op 20 Mei 1983 waarin 19 mense dood en 200 beseer is. Hierdie insident was die ernstigste voorval van stedelike terreur in die land se geskiedenis.

Ons wil 'n beroep op u doen om, soortgelyk aan die monument wat opgerig gaan word vir die slagoffers van die World Trade Centre-aanval op 11 September 2001, ook 'n monument op te rig ter nagedagtenis aan die onskuldige voetgangers wat op 20 Mei 1983 die lewe gelaat het tydens die Kerkstraatbom.

Verlede jaar het die dagblad Beeld 'n spesiale bylaag aangebied by geleentheid van die twintigste herdenking van die Kerkstraatbom. Die foto's en berigte het wye reaksie ontlok van Pretorianers, asook Afrikaners van regoor die land.

Dit sou 'n gepaste en versoenende gebaar van u kant af wees om 'n gedenkteken op die sypaadjie te laat oprig op die plek waar die bom ontplof het met die name van hulle wat in dié aanval vermoor is.

PRAAG, asook 'n aantal ander Afrikaanse organisasies, is van plan om gereeld jaarliks 'n kranslegging te doen op die plek waar die bom gestel is, om te toon dat Pretoria nie die grusame dood wat die twintigtal mense gesterf het, gaan vergeet nie. Ook die beseerdes wat lewenslank hierdeur vermink is, moet die vertroosting ontvang dat hulle onderskraag word deur hul medeburgers.

Ons vertrou dat u gehoor sal gee aan hierdie redelike versoek om reg te laat geskied aan die nagedagtenis van die Kerstraatbomslafoffers, en hoop om binnekort 'n antwoord van u te ontvang.

Hoogagtend die uwe,

Dr. Dan Roodt

Direkteur, PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiegroep)

boontoe