Hiermee reik PRAAG, die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, die volgende persverklaring uit op Maandag 25 Maart 2002 om 15h00:
 
Ná vele persberigte, asook vermanings in verskeie hoofartikels van koerante soos Beeld en Rapport, is die Departement van Korrektiewe Dienste steeds besig om voete te sleep oor Afrikaans.  Studente word nog steeds op subtiele en minder subtiele wyses geïntimideer om hul aandrang op Afrikaans as eksamentaal te laat vaar.
 
Intussen verseg die Departement om die situasie reg te stel by wyse van 'n verklaring of om die studente gerus te stel dat hul taalregte eerbiedig sal word.  Na dae van vrugtelose oproepe aan die departement, sowel aan sy waarnemende kommissaris Tshisvase as aan die hoof van opleiding, dr. Govender, het PRAAG besluit om 'n regsgeding teen die DKD in te stel.
 
Mnr. Gerhard Painter van die Pretoriase firma Friedland en Hart sal optree as prokureur vir PRAAG en die studente van Zonderwater, terwyl advokaat Frans Barrie van die Johannesburgse balie die Hooggeregshofaansoek sal hanteer.  In terme van die stukke wat vanmiddag op die departement bestel word, het hy tot Woensdag 27 Maart om 12h00 om die situasie reg te stel.  Indien die departement steeds in gebreke bly om erkenning aan Afrikaans te verleen, sal 'n Hooggeregshofaansoek onmiddellik volg, met 'n versoek vir 'n kostebevel teen die DKD.
 
PRAAG eis dat die departement sy skending van Afrikaanse taalregte moet staak, en 'n onderneming moet gee dat alle studente wat dit verkies, toegelaat word om in Afrikaans hul eksamen af te lê.  Op Donderdag 28 Maart word 'n verdere eksamen afgelê te Zonderwater, en ons wil hê dat die departement hom reeds Woensdag verbind tot die enigste billike en wetlike uitweg, naamlik om die studente toe te laat om in Afrikaans te skryf.
 
PRAAG versoek insgelyks die departement om 'n verskoning aan te bied vir sy onbillike en ongrondwetlike gedrag tot dusver, asook die intimidasie en viktimisering van studente.  Ook die opmerking "Fok die Boere, julle tyd is verby" smeek om 'n dringende apologie van die departement.
 
Ons aksiegroep beskou hierdie as 'n toetssaak.  Daarom sal PRAAG nie rus voordat die departement gedwing is om volle erkenning aan Afrikaans as amptelike taal en as eksamentaal te verleen nie.
 
Kontakpersoon:  dr. Dan Roodt 082 490 1036
 
boontoe

PRAAG doen by wyse van hierdie mediaverklaring 'n dringende beroep op die NNP en mnr. Adriaan van Niekerk om hulle nie langer te bemoei met die taalstryd nie, en om op te hou om die Departement van Korrektiewe Dienste se disinformasie die wêreld in te stuur.
 
Gister het die NNP 'n gerug versprei dat die brandende taalgeskil by die DKD so te sê opgelos is deur 'n kompromie wat dié lafhartige hensopperparty met die Minister Ben Skosana sou aangegaan het.  PRAAG beklemtoon die feit dat die huidige taalaksie rondom die Zonderwater-opleidingsentrum van die DKD deur ons geïnisieer is op aandrang van die studente en ander betrokkenes wie se taalregte flagrant vertrap word deur die staat.
 
Duidelik tree die NNP hier op as handperd vir die ANC in 'n poging om die oplaaiende misnoeë onder Afrikaanssprekendes oor die onderdrukking van hul taal te probeer ontlont.  Dit verteenwoordig ook 'n kwalik bedekte poging om PRAAG en die taalstryders te ontmoedig in ons Dawid-en-Goliatstryd teen 'n verdrukkende staat wat om elke hoek en draai poog om Afrikaans af te skaal, af te takel en te misken.
 
Ons sê dus reguit aan mnre. Adriaan van Niekerk en Marthinus van Schalkwyk:  skoenmaker, hou jou by jou lees.  Speel liewer voetjie-voetjie met die ANC onder die tafel waarvoor u 'n natuurlike aanleg het, as wat u u bemoei met die Afrikaanse taal en kultuur waarvoor die NNP en sy voorganger, die NNP, sedert Verwoerd se onderonsie met NP van Wyk Louw oor Die pluimsaad waai ver, nog niks gedoen het behalwe om Afrikaanse boeke te sensureer, skrywers te intimideer, en die grootste lewende Afrikaanse digter, Breyten Breytenbach, in die gevangenis op te sluit nie.
 
Dat die NNP vandag in die bed is met 'n Afrikaansvyandige ANC verbaas dus nie.  Gisteraand op RSG, 'n Afrikaanse radiostasie, het Kortbroek van Schalkwyk vir sy tweelingbroer Thabo Mbeki verdedig, wie se klere al so skraps word dat hy binnekort as die Keiser sonder Klere bekend gaan staan.  Nie net het Kortbroek van Schalkwyk hom gevoeg by Mbeki en die res van die ANC in hul apologie vir die Mugabe-diktatuur nie, hy het dit boonop in Engels gedoen op 'n Afrikaanse radiostasie.  'n Jakkals verander van haar, maar nie van kleur nie.
 
Intussen eskaleer die taalstryd in die Departement van Korrektiewe Dienste, en is die ANC-staat op heterdaad betrap waar hy 'n jong student aan die Opleidingskollege fisiek geïntimideer het in 'n wanhopige poging om hom te laat afsien van sy voorneme om die eksamen in sy moedertaal af te lê.  Vanmôre voor die aanvang van die eksamen, is al die studente aan die Zonderwater-opleidingskollege byeengeroep en gewaarsku dat hul vraestelle nie gemerk sou word indien dit in enige ander taal as Engels beantwoord sou word nie.  Toe die eksamen begin, het 'n groot groep instrukteurs van die kollege rondom die tafel van die jong Afrikaner kom staan wat reeds weke lank op vriendelike dog ferm wyse daarop aandring om die eksamen in sy moedertaal af te lê.
 
Dit was 'n onverbloemde poging tot intimidasie om hom te weerhou daarvan om sy vraestel in Afrikaans te beantwoord.  In sy woorde, "het ek iewers, ek weet nie van waar nie, die krag gekry om in Afrikaans te skryf".  Hy het sy hele vraestel in Afrikaans voltooi, in weerwil van die dreigement vooraf dat dit nie gemerk sou word nie.
 
By die aanhoor hiervan, het dr. Dan Roodt van PRAAG kort na die eksamen vanmôre aan die jongman gesê, "Mazeltov!  Jy is 'n Christiaan de Wet vir Afrikaans!  Nou gaan ons die DKD in elke hof in die land beveg om daardie Afrikaanse antwoordstel gemerk te kry.  En al moet ons nou die saak tot in die Konstitusionele Hof vat, of tot in die Wêreldhof in Den Haag, gaan lê sal ons nie."
 
PRAAG se regsverteenwoordigers is reeds besig om alle aspekte van die saak te ondersoek, en 'n verskeidenheid van regstappe gaan volg, ongeag of die vraestel gemerk word of nie.  Die taalbeleid soos dit tans in die Departement toegepas word, is onwettig en ongrondwetlik, en 'n bevoegde hof sal dit tersyde moet stel.  PRAAG was reeds in verbinding met PANSAT en 'n klagvrom word tans voltooi oor die aangeleentheid.
 
Die moontlikheid bestaan dat die eksamen nietig verklaar sal word as gevolg van die intimidasie vóór, en tydens, die eksamen.  Sodra PRAAG se advokaat klaar die saak bestudeer het, sal verdere aankondigings volg aangaande die prosudures wat teen die DKD ingestel gaan word.
 
PRAAG doen verder 'n beroep op alle Afrikaanssprekendes, wit en bruin, om nie toe te gee teenoor die golf van taaldiskriminasie wat Afrikaans op die oomblik tref nie.  Kom ons staan saam vir ons taal, ons tradisie en geskiedenis van verset teen koloniale moondhede wat ons van ons erfenis wou beroof.
 
PRAAG gaan ook 'n protesoptog reël vanaf Kerkplein tot die Pointinsgebou waar die hoofkantoor van die DKD geleë is teen die einde van aanstaande week of vroeg in die daaropvolgende week.  Die taalaksiegroep doen 'n beroep op almal om op te ruk na dié geleentheid, ten einde solidariteit met die eensame stryd van die jong Afrikaanse taalheld in die departement te toon en 'n duidelike boodskap aan die ANC-regering oor te dra.  Hierdie boodskap is:  ons laat nie verder met Afrikaans mors nie!  Ons laat ons ook nie langer intimideer nie!
 
Lede van die publiek wat wil bydra tot die komende taalstryd in die howe, kan gerus vir PRAAG kontak by nommer 011 469 0292.  Andersins kan die publiek direkte skenkings aan PRAAG maak deur geld te deponeer by ABSA, Fourways, takkode 632905, rekeningnommer 4052326604 in die naam van "PRAAG".
 
Lank lewe Afrikaans!
 
Kontakpersoon:  Dr. Dan Roodt, 0824901036.

boontoe

Hiermee reik PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) die volgende mediaverklaring uit om 11h30, Vrydag 14:
 
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het op 21 Februarie 2001 geantwoord op 'n klag wat deur mnr. Fanie van Heerden gelê is oor die gebruik van die frase "Kill a Boer, kill a farmer".  In sy wysheid het die MRK bevind dat hierdie woorde, soos gebruik deur openbare figure en dienende lede van die ANC soos byvoorbeel mnr. Peter Mokaba, nie "haatspraak" verteenwoord nie, maar blote "vryheid van spraak".
 
Hierdie uitspraak het pas vandag aan die lig gekom toe die bevinding van die MRK op die PRAAG-gesprekslys gepubliseer is (sien hieronder).  Hoewel die kwessie dus 'n jaar oud is, toon dit nogtans baie duidelik aan dat die hele grondwetlike stelsel in Suid-Afrika in ernstige gevaar verkeer, en wel om die volgende redes:
 
Nie net spreek PRAAG hom sterk uit teen die Menseregtekommissie se belaglike en bevooroordeelde bevinding oor "kill a Boer, kill a farmer" nie, maar ons vra die bekommerde vraag:  waarheen is ons pad met logika soos dié?  Is daar een stel reëls vir swartmense en regeringslede, en 'n ander vir minderheidsgroepe en nie-lede van die regering?
 
Oor die afgelope enkele dae is PRAAG oorval deur klagtes van taaldiskriminasie in openbare instellings.  In die geval van me. Jeanette Barnard het sy 'n tweetalige vraestel aan die Pretoriakollege in Afrikaans beantwoord, maar agterna is die vraestel nooit gemerk nie.  Sy het 'n eksamenpunt van nul ontvang, en omdat haar jaarpunt eenvoudig deur twee gedeel is, het sy die kursus gedruip.  Ná bewerings dat sy nie die eksamen geskryf het nie, het die Pretoriakollege nou onderneem om haar diploma aan haar toe te ken, dog steeds sonder 'n eksamenpunt!
 
Iemand kan dus 'n diploma ontvang sonder 'n eksamenpunt, maar nie sy vraestel gemerk kry nie omdat dit in die "verkeerde taal", Afrikaans, sou wees.
 
Soos in die geval van die MRK, is hier 'n vreemde logika aan die werk waar
Die vraag bestaan of die Suid-Afrikaanse regstaat wat in 1994 na alle bevolkingsgroepe uitgebrei is in 'n een-mens-een-stemdemokrasie nie reeds ernstig bedreig word deur lakse en bevooroordeelde interpretasies van regte nie.
 
Dan Roodt kontaknommer 082 490 1036
PRAAG
 
----- Original Message -----
From: Fanie van Heerden Verwoerdburg Suid-Afrika
To: praag@yahoogroups.com
Sent: Thursday, March 14, 2002 10:40 AM
Subject: [praag] Foefies vir die vaak.

Telephone: 27 11 484 8300 Fax: 27 11 4847149 Fax Commissioners:
27 11 484 8403
Fax Advocacy and Research:
2711 4847146 Fax Legal: 27 11 4841300

SOUTH AFRICAN HUMAN RIGHTS COMMISSION
Entrance 1
Wilds View
Isle of Houghton                       Private Bag 2700
Boundary Road                      Houghton
Parktown, Johannesburg              2041
21 February 2001
Mr Fanie van Heerden
PO Box 2418 ROOIHUISKRAAL
0154
 
Dear Mr van Heerden
RE: YOUR COMPLAINT
We refer to the complaint you lodged with us, and would like to apologise for the delayed response which was occasioned by a shortage of resources on our part.
Please note that the Commission has previously dealt with complaints concerning allegations of hate speech by some political activists and\or public figures. After conducting an investigation into these allegations, the Commission reached a finding that such statements as 'Kill the boer, Kill the farmer' fall within the category of the freedom of expression and do not constitute hate speech as described in section 16(2) of the Constitution.
Nonetheless the Commission believes that public figures have a responsibility to promote the spirit of the Constitution, tolerance between communities, human dignity and respect for the law. It will thus continue to monitor their conduct with the view to ensuring that their public utterances are of such that they do not unnecessarily offend sections of South African population.

Do not hesitate to contact the Commission should you have complaints of human rights violations in future. Under the circumstances we are closing our file.

M C MOODLIAR HEAD: Legal Services
The United Nations Decade for Human Rights Education 1995 - 2005 Chairperson SE Mabusela; Deputy Chairperson J Kollapen; Commissioners CRM DIamini, K Govender, Z Majodina, T Manthata C McClain, J Nkeli, L Wessels; Chief Executive Officer L Mokate

boontoe

MEDIAVERKLARING UITGEREIK OP SONDAG 3 FEBRUARIE 2002 DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP)

Die beoogde naamsveranderings in die Noordelike Provinsie wat aangekondig is deur die regerende ANC is niks minder as toponimiese etniese suiwering nie.  PRAAG doen hiermee 'n beroep op alle Afrikaanse organisasies en individue, asook simpatiekgesinde anderstaliges, om naamsveranderings met hand en tand te beveg.

Die lasterlike gelykstelling van alle Afrikaanse name met "apartheidsname", en die gepaardgaande behoud van Britse koloniale name deur die ANC, het nou al soveel keer voorgekom dat dit al 'n patroon uitmaak van anti-Afrikaanse xenofobie.  Hierdie anti-Afrikaanse xenofobie is ook teenwoordig in die filistynse en inderdaad barbaarse skending en verwydering van kunswerke wat deur Afrikaners geskilder is, of wat verwys na historiese Afrikanerfigure.

Terwyl die ANC versoening predik, is hy besig om met die beoogde naamsveranderings die pad van 'n kulturele oorlog, wat reëlreg teen Afrikaans en die Afrikaanse erfenis gemik is, in te slaan.  Ook wat die anti-Afrikaanse aggressie van staatsdepartemente aanbetref, is daar meer as honderd uitstaande klagtes by die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad vir skending van die Grondwet waarvan die meeste teen die Staat self gelê is.

PRAAG steun alle aksies, ingesluit belastingboikotte, om die betrokke munisipale owerhede te dwing om af te sien van hul xenofobiese anti-Afrikaanse beleid van naamsveranderings.  Ons herinner die ANC dat die betrokke dorpe van Pietersburg, Warmbad, Ellisras, Nylstroom, Potgietersrus, en ander aangelê is deur Afrikaners.  Hulle is historiese name wat wêreldwyd bekend is en deel vorm van 'n Afrikaanse en Suid-Afrikaanse identiteit.  Enige skending of vernietiging van hierdie name kom neer op 'n verwerping van Afrikaans en Afrikaners, en is inderdaad Mugabeagtig.

PRAAG doen verder 'n oproep op alle inwoners van die Noordelike Provinsie om protesvergaderings te hou, en op elke moontlike manier hul teenkanting hierteen uit te spreek.

PRAAG is ook reeds in kontak met verskeie plaaslike aksiegroepe om die idee van 'n gekoördineerde betoging teen naamsveranderings en anti-Afrikaanse xenofobie te bespreek.

Kontakpersoon:  dr. Dan Roodt, 0824901036

boontoe

Brief aan Thabo Mbeki

President Thabo Mbeki

Die Presidensie

Uniegebou, Wesvleuel

Goewermentslaan

Pretoria

Per faks na nrs. 0123238246 en 0214642217

                                                                                                            5 April 2002

Geagte president Mbeki,

Verval van Afrikaans as amptelike taal

Op 7 Desember 1999 het ek ‘n skrywe aan Minister Kader Asmal gerig waarin ek die verengelsing van Suid-Afrika en van ons opvoedingstelsel betreur het.  In sy antwoord op 14 Januarie 2000 het hy my die volgende versekering gegee:  “Die Grondwet skep ‘n basis vir die samewerking tussen die verskillende taalgemeenskappe in die oorkoepelende omgewing van ‘n veeltalige realiteit in Suid-Afrika.”

Sedertdien het die situasie merkbaar versleg.  Vir alle praktiese doeleindes is Afrikaans nie meer ‘n amptelike taal van Suid-Afrika nie, en die meeste van u staatsdepartemente soos Justisie, Openbare Werke, Verdediging en tans Korrektiewe Dienste, ignoreer die Grondwet en dan veral artikel 6 (3) (a).  Soos u weet maak hierdie artikel voorsiening vir elf amptelike tale en verplig dit elke staatsdepartement en elke provinsie om ten minste twee amptelike tale te gebruik.

Die Departement van Korrektiewe Dienste het sopas, volgens ‘n “uitvoerende besluit” van 18 Maart 2002, sy taalbeleid bekend gemaak waarin slegs Engels vermeld word as voertaal.  Studente aan die Zonderwater-opleidingskollege is insgelyks onlangs verbied om vraestelle in Afrikaans te beantwoord, en is selfs gedreig en geviktimiseer hieroor.  Asof dit nie erg genoeg is nie, is etnies kwetsende taal gebruik teenoor Afrikaanse studente, asof die staat hul vyand geword het.  Hierdie aangeleentheid is tans die onderwerp van ‘n dringende aansoek voor die Hooggeregshof in Pretoria.  Die Departement van Openbare Werke slaan reeds vir bykans ‘n jaar geen ag op ‘n bevinding van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad wat in die Staatskoerant gepubliseer is en waarin dié departement beveel word om Afrikaans tot sy vorige posisie te herstel nie.

Na my beskeie mening bestaan daar reeds ‘n grondwetlike krisis rondom die taalkwessie in Suid-Afrika.  Namens die 5,5 miljoen Afrikaanssprekendes in hierdie land, wat verenig is in hul begeerte om Afrikaans as ampstaal erken te sien, beroep ek my op u as een van die beskermhere van ons Grondwet, om dringend in te gryp en Afrikaans tot sy vorige posisie as amptelike taal wat sedert 1925 gegeld het, en ook in die huidige Grondwet vervat is, te herstel.

Nie lank gelede nie het u in New York aangekondig dat die Suid-Afrikaanse regering geld bewillig het vir ‘n museum in Mali wat manuskripte wil bewaar.  Graag bring ek dit onder u aandag dat daar ‘n soortgelyke krisis in ons eie land bestaan waar vele museums en gedenkwaardighede wat die Afrikanergeskiedenis uitbeeld, bedreig word weens ‘n gebrek aan fondse en personeel.  Tans word daar ‘n Afrikanererfenisstigting opgerig in ‘n poging om van hierdie kultuurgoedere te red, en ons hoop dat die staat soortgelyke finansiële steun aan

hierdie bewaringspoging sal verleen as wat aan ‘n buitelandse instansie elders op ons kontinent geskenk is.

Ek herinner u daaraan dat die onderdrukking van Afrikaans, waarmee omtrent elke staatsdepartement tans in een of ander vorm besig is, ‘n lang geskiedenis het wat terugstrek tot die Tweede Britse Besettting van 1806.

Die Afrikaanse gemeenskap is oor die algemeen vredeliewend en verdraagsaam.  Ons word nie maklik opgerui nie, en glo dat redelikheid behoort te seëvier in Suid-Afrika.  Ons glo ook in die regstaat en dat elkeen, staatsdepartemente hierby inbegrepe, die wet behoort te respekteer en na te kom.  Die staat is immers ‘n geregtelike skepping en sonder gehoorsaamheid aan sy eie reëls kan daar net wanorde en anargie ontstaan.

Ek en elke Afrikaanssprekende vertrou dus dat u Afrikaans so spoedig moontlik sal herstel tot amptelike taal van ons pragtige land.

Hoogagtend die uwe,

Dr. Daniël François Roodt

Direkteur, PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiegroep)

Kopié aan:  Mnr. Bheki Khumalo 0123236080  

boontoe

Subject: Ultimatum aan Korrektiewe Dienste

Aandag alle media, ons bring dit onder u aandag dat die DKD op terme gestel is (sien brief hieronder).  PRAAG wil voor een-uur vandag 'n bevestiging uit die Departement van Korrektiewe Dienste hê dat die studente môre in Afrikaans hul vraestelle mag beantwoord.
 
Dan Roodt, PRAAG, kontaknommer:  082 490 1036
 
Kommissaris Mti

Korrektiewe Dienste

Pointinsgebou

H/v Schubart en Kerkstraat<?xml:namespace prefix = o ns = "urn:schemas-microsoft-com:office:office" />

Pretoria

                                                                                                            14 Maart 2002

DRINGENDE FAKSBOODSKAP AAN NR. 0123212460, VIR AANDAG:  JACKIE

Geagte Kommissaris,

Afrikaans by Zonderwater-opleidingsentrum

U word hiermee dringend versoek om die studente aan die Zonderwater-opleidingsentrum te verseker dat hulle tydens ‘n eksamen wat môre, d.w.s. 15 Maart, gehou sal word, hul vraestelle in Afrikaans mag beantwoord.

Soos u weet, is Afrikaans een van die elf amptelike tale van Suid-Afrika en, benewens Engels, ‘n voertaal van u Departement.  Artikel 6, sub-artikel 3 (a) van die Suid-Afrikaanse Grondwet 108 van 1996 bepaal dat elke staatsdepartement “minstens twee amptelike tale moet gebruik”.  Tans is daar instrukteurs in u Departement by die Zonderwateropleidingsentrum wat slegs een taal, te wete Engels, afdwing, en sodoende die sukses van die betrokke studente benadeel.

Omdat Afrikaans die moedertaal van die studente is, asook die taal waarin hulle hul skoolopleiding geniet het, dring hulle daarop aan dat hulle die eksamen in Afrikaans sal beantwoord, wat die enigste billike en wetlike uitweg is.

Hierdie saak is reeds met verskeie amptenare in u departement, o.a. dr. Govender, die hoof van die Opleidingsentrum, opgeneem en daar bestaan klaarblyklik onsekerheid oor wat presies die taalbeleid van die departement sou wees.

Gegewe die dringendheid van die situasie, in die lig van ‘n eksamen wat môre-oggend afgelê gaan word, word u hiermee in kennis gestel dat indien u nie binne die volgende vier ure, d.w.s. vóór 13h00 vandag reageer om die studente gerus te stel dat hulle wel die eksamen in Afrikaans sonder benadeling mag aflê nie, dan onderneem PRAAG om:

·         die nodige regstappe teen u, dr. Govender, asook alle ander betrokkenes, gesamentlik en afsonderlik in te stel;

·         die plaaslike en internasionale media in kennis te stel dat die Departement van Korrektiewe Dienste ná verskeie dae van klagtes en selfs hoofartikels in die pers (sien vandag se Beeld), steeds in gebreke bly om die Grondwet en alle reëls van billikheid en ordentlikheid na te kom deur onsekerheid te saai rondom die status van Afrikaans as eksamentaal in u departement;

·         ‘n klag teen die Departement van Korrektiewe Dienste in te stel by die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PANSAT);

·         verdere klagtes teen u Departement te bring vir crimen injuria en oortredings van relevante wetgewing weens die onwelvoeglike, kwetsende en rassistiese taalgebruik wat deur een van u instrukteurs teenoor die Afrikaanssprekende studente gebesig is, te wete:  “Fok die Boere.  Julle tyd is verby.  Hierdie departement is nou net Engels. ”

Ons vertrou dat u so gou moontlik, en vóór 13h00 vandag, die nodige regstelling sal doen en die amptelike status van Afrikaans as eksamentaal in u departement sal bevestig ten einde die studente wat erg op hul gejaag is deur die onaangename gebeure, in kalmte te laat voorberei en te laat eksamen skryf.

Hoogagtend die uwe,

Dr. Dan Roodt

Direkteur, PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiegroep)

******************

Wat is PRAAG?

PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) beywer hom vir die erkenning van taalregte binne die verband van 'n meertalige Suid-Afrika.

PRAAG is gekant teen enige vorm van diskriminasie op grond van taal, ras, geslag, afkoms, godsdienstige of politieke oortuiging, asook seksuele voorkeur.

PRAAG staan moedertaalonderrig op alle vlakke voor, hetsy voorskools, primêr, sekondêr of tersiêr.

Die voertaal van PRAAG is Afrikaans.

PRAAG stel hom ten doel om met verteenwoordigers van ander taalgroepe wie se tale bedreig word, saam te werk ten einde die beginsel van demokratiese veeltaligheid te laat seëvier.

PRAAG beskou meertaligheid as 'n ekologiese beginsel en spreek sy kommer uit oor die plaaslike en internasionale neiging tot talige monokultuur.

PRAAG ondersteun die bemagtiging van die armes, met dien verstande dat dit in die moedertaal en deur moedertaalonderrig geskied. Ons maak Afrikaanssprekendes daarop attent dat hulle 'n spesiale verantwoordelikheid het teenoor hul eie taalgemeenskap en sover moontlik enige opheffingsprogramme op hul eie taalgenote behoort toe te spits. Dit geld ook vir Afrikaanse sakeondernemings, universiteite en ander instellings.

PRAAG ondersteun die Asmara-verklaring oor tale en letterkundes in Afrika, en verwelkom die beginsel wat voortaan in Afrika toegepas behoort te word, naamlik om mense in hul eie tale te bemagtig, pleks van die koloniale tale.

PRAAG sal jaloers die reg van mense om hul eie tale te gebruik, hetsy in die openbaar, hetsy by hul werkplek, of op enige ander terrein, bewaak en verdedig met al die middele tot ons beskikking.

PRAAG bepleit taalgelykheid en vra alle instansies, publiek en privaat, om hierdie gelykheid te handhaaf in hul kommunikasie met die burgers van Suid-Afrika.

boontoe

PRAAG, die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, reik hiermee die volgende mediaverklaring uit om 10h45 op Dinsdag 12 Maart 2002:
 
"Fok die Boere!  Hulle tyd is verby - dit is nou net Engels in hierdie departement." - Departement van Korrektiewe Dienste
 
Sedert verlede week voer Afrikaanssprekendes 'n stryd vir die behoud van Afrikaans as opleidingstaal in die Departement van Korrektiewe Dienste.  Gister het ons verneem dat een van die instrukteurs by die Zonderwater-opleidingsentrum sou gesê het:  "Fok die Boere!  Hulle tyd is verby - dit is nou net Engels in hierdie departement."
 
Eerskomende Vrydag op 15 Maart word 'n belangrike eksamen by Zonderwater afgelê.  Bruin en wit Afrikaanssprekendes het eenparig daarop aangedring dat hul taal- en Grondwetlike regte gerespekteer word en dat hulle toegelaat moet word om die eksamen in Afrikaans af te lê.  Tot dusver is hierdie redelike versoek van die hand gewys.
 
PRAAG se advies aan die Afrikaanse studente by Zonderwater is om te weier om die eksamenvraestel in Engels te beantwoord en dit in hul moedertaal en taal waarin hulle tot dusver opgelei is, Afrikaans, te doen.  Indien die Departement van Korrektiewe Dienste nie bereid is om vraestelle in Afrikaans te merk nie, gee PRAAG by wyse van hierdie mediavrystelling die Departement kennis dat ons 'n dringende interdik sal aanvra teen die Departement, mnr. Govender, asook die opleidingsentrum, sodat 'n bevoegde hof hulle kan gelas om die vraestelle te merk, sonder benadeling of viktimisering van die betrokke studente.
 
Afrikaans is hul moedertaal, asook die taal waarin hulle hul skoolopleiding geniet het.  Gegewe hul jeug en hul onafdoende kennis van Engels as tweede taal, sou hul kanse op sukses benadeel word indien hulle die eksamen in Engels moes aflê.  Omdat 'n aanstelling by die Departement afhang van sukses in die eksamens, is hulle hele toekomstige loopbaan as jongmense op die spel.
 
Veral die bruin Afrikaanssprekendes, wat uit byna eentalig-Afrikaanse dele van die land soos die Wes- en veral die Noord-Kaap afkomstig is, sou baie ernstig benadeel word deur die hardvogtige, uitdagende en byna kriminele standpunt wat die Departement by monde van sy Opleidingsdirekteur, mnr. Govender, ingeneem het.
 
Die jongste vuige uitlating oor die Boere en hul taal, is die laaste strooi sover dit die geduld van die Afrikaanssprekende gemeenskap met taalonderdrukking betref.  Die toestand van Mugabe-agtige ongrondwetlikheid in 'n hele aantal staatsdepartemente soos die Departement van Korrektiewe Dienste, asook Openbare Werke, korreleer goed met ondoeltreffendheid en korrupsie, want beide departemente is twee jaar gelede uitgesonder vir hul swak finansiële bestuur, asook klagtes van korrupsie deur die Ouditeur-Generaal.  Veral in die Departement van Korrektiewe Dienste is 'n kommissie aangestel om 'n hele aantal gevalle van vervalsde kwalifikasies te ondersoek, maar tot dusver het daarvan dadels gekom.  'n Besoekende span Amerikaanse deskundiges oor korrektiewe dienste, het die Suid-Afrikaanse tronke beskryf as die "swakste ter wêreld".  Staatsdepartemente wat dus taalregte skend, is ook geneig tot korrupsie, wanbestuur en ondoeltreffendheid.
 
Die keiser het nie meer klere aan nie.  Enige twyfel dat die staat onverdraagsaam teenoor die Afrikaanssprekende minderheid sou wees, is deur hierdie jongste insidente uit die weg geruim.  Die ANC-regering het 'n taaloorlog teen wit en bruin Afrikaners verklaar.
 
Oor die afgelope week of twee het ons verdere treurige nuus oor die status van Afrikaans in ons land verneem:
 
Afrikaans veg met sy rug teen die muur op alle terreine van die samelewing.  Die kultuurtaal wat oor die afgelope honderd-en-dertig jaar tot stand gekom het, word ernstig bedreig.
 
PRAAG doen 'n beroep op alle Afrikaanse kultuurorganisasies, die Afrikaanse media, kerke en ander instellings om die taalstryd hoog op hul agenda te plaas.  Veral die koerante, radiostasies en ander media moet prominent oor die taalkrisis berig, en die bevolking mobiliseer om dit af te weer.
 
Dit is vyf voor middernag vir Afrikaans.  Kom ons ondersteun die moedige studente van Zonderwater-opleidingsentrum in hul eensame stryd om maar net in hul moedertaal te mag eksamen skryf.  Kom ons staan saam, wit en bruin, vir ons taal.
 
Wys jou staal vir jou taal!
 
Kontakpersoon: Dr. Dan Roodt 082 490 1036
N.B.  Sirkuleer hierdie persverklarings so wyd as moontlik, ook vir u vriende en kollegas.

boontoe

Hiermee reik PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) die volgende mediaverklaring uit op Woensdag 6 Maart 2002:

Die Dept. van Korrektiewe Dienste het hom verbind tot 'n ongrondwetlike en diskriminerende taalbeleid deur alle opleiding by die Zonderwater-opleidingsentrum te verengels.  Terwyl die eentalige opleiding reeds strydig is met elke moontlike begrip van taalregte, het die Departement selfs verder gegaan deur te weier dat studente hul vraestelle in Afrikaans beantwoord.
 
Hierdeur word die studente regstreeks benadeel en hul kanse op sukses bederf.
 
PRAAG spreek hom ten sterkste uit teen hierdie blatante taaldiskriminasie en eis dat die situasie onmiddellik reggestel word deur:
 
- gelyke behandeling aan Engels en Afrikaans te gee;
- die studente sonder verwyl toe te laat om hul vraestelle in Afrikaans te beantwoord, asook lesings in Afrikaans by te woon.
 
PRAAG spreek ook sy misnoeë uit jeens dr. Govender, die betrokke Opleidingsdirekteur, omdat hy ons telefoonoproepe nie beantwoord nie of die telefoon onhoflik in ons ore neersit.  Ons eis 'n onmiddellike onderhoud met dr. Govender ten einde die voortdurende skending van die Grondwet te besleg.
 
Hiermee voeg die Departement van Korrektiewe Dienste hom by die Openbare Werkedepartement in sy blatante skending van die Grondwet.  Ons vestig die aandag van die publiek daarop dat daar meer as 100 uitstaande klagtes by PANSAT bestaan, wat duidelik toon dat die huidige Grondwetlike bedeling sover dit taalbeleid betref, besig is om in duie te stort.
 
PRAAG roep alle Afrikaners met Afrikaanse harte op tot die taalstryd en vra dat protesfakse aan dr. Govender, Direkteur van Opleiding, Dept. van Korrektiewe Dienste gestuur word by die volgende faksnommers:  012 323 5666 of 012 321 2579.  Boodskappe van protes kan ook deurgebel word of per SMS versend word aan dr. Govender by selfoon 0824678257.
 
Kontakpersoon:  dr. Dan Roodt 082 490 1036
 
boontoe

Hiermee reik PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) die volgende mediaverklaring uit, 27 Februarie 2002, om 11h45:
 
Dit wil vir ons voorkom asof die onlangse naamsveranderings bedoel is om die politieke toekoms van bepaalde individue binne die ANC te verseker wat binne hul eie party onder skoot gekom het.  Afrikaners en Afrikaanse plekname word nou die slagoffers van interne magstryde binne die regerende party.
 
PRAAG het reeds voorlopige regsadvies ingewin, ingevolge waarvan die hele proses van naamsveranderings ongrondwetlik geskied het.  Ons is tans besig met 'n verdere regsondersoek, en indien gronde vir 'n regsgeding bestaan, sal ons in die Hooggeregshof en/of Grondwetlike Hof 'n aansoek bring teen die Premier van Limpopo (oud-Noordelike Provinsie), asook die ANC-regering, om die naamsveranderings ongedaan te maak.
 
Onses insiens is hierdie naamsveranderings onwettig en ongrondwetlik omdat:
Afhangend van die advies wat PRAAG ontvang, sal daar voortgegaan word met 'n aansoek teen die Premier van Limpopo (oud-Noordelike Provinsie), asook die President van Suid-Afrika, om die naamsveranderings tersyde te stel.
 
Kontakpersoon:  Dr. Dan Roodt 0824901036

boontoe

MEDIAVERKLARING UITGEREIK OP SONDAG 3 FEBRUARIE 2002 DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP)
 
Die beoogde naamsveranderings in die Noordelike Provinsie wat aangekondig is deur die regerende ANC is niks minder as toponimiese etniese suiwering nie.  PRAAG doen hiermee 'n beroep op alle Afrikaanse organisasies en individue, asook simpatiekgesinde anderstaliges, om naamsveranderings met hand en tand te beveg.
 
Die lasterlike gelykstelling van alle Afrikaanse name met "apartheidsname", en die gepaardgaande behoud van Britse koloniale name deur die ANC, het nou al soveel keer voorgekom dat dit al 'n patroon uitmaak van anti-Afrikaanse xenofobie.  Hierdie anti-Afrikaanse xenofobie is ook teenwoordig in die filistynse en inderdaad barbaarse skending en verwydering van kunswerke wat deur Afrikaners geskilder is, of wat verwys na historiese Afrikanerfigure.
 
Terwyl die ANC versoening predik, is hy besig om met die beoogde naamsveranderings die pad van 'n kulturele oorlog, wat reëlreg teen Afrikaans en die Afrikaanse erfenis gemik is, in te slaan.  Ook wat die anti-Afrikaanse aggressie van staatsdepartemente aanbetref, is daar meer as honderd uitstaande klagtes by die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad vir skending van die Grondwet waarvan die meeste teen die Staat self gelê is.
 
PRAAG steun alle aksies, ingesluit belastingboikotte, om die betrokke munisipale owerhede te dwing om af te sien van hul xenofobiese anti-Afrikaanse beleid van naamsveranderings.  Ons herinner die ANC dat die betrokke dorpe van Pietersburg, Warmbad, Ellisras, Nylstroom, Potgietersrus, en ander aangelê is deur Afrikaners.  Hulle is historiese name wat wêreldwyd bekend is en deel vorm van 'n Afrikaanse en Suid-Afrikaanse identiteit.  Enige skending of vernietiging van hierdie name kom neer op 'n verwerping van Afrikaans en Afrikaners, en is inderdaad Mugabeagtig.
 
PRAAG doen verder 'n oproep op alle inwoners van die Noordelike Provinsie om protesvergaderings te hou, en op elke moontlike manier hul teenkanting hierteen uit te spreek.
 
PRAAG is ook reeds in kontak met verskeie plaaslike aksiegroepe om die idee van 'n gekoördineerde betoging teen naamsveranderings en anti-Afrikaanse xenofobie te bespreek.
 
Kontakpersoon:  dr. Dan Roodt, 0824901036

boontoe

Mediaverklaring uitgereik deur die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG) op Dinsdag 22 Januarie 2002:
 
Hiermee wil PRAAG almal gelukwens wat deelgeneem het aan die aksie om die Nederlandstalige BVN-kanaal na Suid-Afrika te bring.  Ons wil ook ons dank uitspreek teenoor die Nederlandse en Vlaamse regerings wat gehoor gegee het ons oproepe om BVN (Beste van Vlaandere en Nederland) plaaslik beskikbaar te stel.
 
Die kanaal sal vanaf 1 Februarie beskikbaar wees op DSTV as deel van die standaard-boeket, betyds om die Nederlandse koninklike huwelik op 2 Februarie in direkte uitsending mee te maak.  Mev. Van Assum, ambassadrise van Nederland in Suid-Afrika, het in 'n verklaring gesê dat sy "verheug" is oor die verwikkeling.
 
Mnr. Luk van Nieuwenhuysen, Ondervoorsitter van die Vlaamse Parlement, het die kwessie verskeiere kere in die Vlaamse Parlement geopper.  PRAAG self het tydens twee besoeke aan die Lae Lande, in November 2000 en in September 2001 'n pleidooi gelewer teenoor die Nederlandse Taalunie, asook politici, dat Afrikaanstaliges behoefte het aan 'n alternatief vir die Engelse kanale en programme waarmee hulle oorspoel word.  Plaaslik in Suid-Afrika is samesprekings gevoer met M-Net ten einde hul belangstelling in die projek aan te wakker deur mnr. Carel van der Merwe van PRAAG.
 
Weer eens het PRAAG getoon dat taalaksies nie vergeefs is nie, en dat die haglike situasie waarin Afrikaans hom bevind, omgekeer kan word mits Afrikaanssprekendes betrokke raak om hul taal te verdedig en te bevorder.  Veel groter betrokkenheid is nodig om binnelandse miskenning en vertrapping van Afrikaans, beide van die owerheid en die privaatsektor, uit die weg te ruim.
 
Tydens die 350-jarige herdenking van Van Riebeeck se koms na die Kaap, sal dit gepas wees vir Afrikaanssprekendes om hul kulturele bande met Nederland en Vlaandere te versterk.  Dit is ook nodig dat Afrikaanse TV-programme opgeneem word in BVN, sodat die wisselwerking tussen Nederlanders, Vlaminge en Afrikaners nie net in een rigting plaasvind nie.
 
Die  bestuur van BVN het die volgende verklaring uitgereik:
 
Lodewijk Bouwens, voorzitter van BVN-TV, is tevreden over de voorspoedige distributie van BVN-TV: "BVN-TV is nu al te ontvangen in meer dan 100 landen in Europa, Noord Afrika, het Midden-Oosten, de Antillen en Aruba, de Verenigde Staten en Zuid-Amerika. Ook hopen wij binnenkort de distributie van BVN-TV in Canada definitief te maken."  BVN-TV is een samenwerkingsverband van de NOS, de VRT en de Wereldomroep. Nederlandstaligen in het buitenland kunnen via BVN-TV televisieprogramma's van de Nederlandse en Vlaamse publieke omroepen ontvangen, waaronder nieuws, actualiteiten, kinderprogramma's, sport en documentaires. BVN-TV zendt in Europa uit via de Astra 1G en de Eutelsat Hotbird 3, op de Antillen en Aruba op de diverse kabelnetten en in de Verenigde Staten via Dish Network. In Zuid-Amerika kan BVN-TV worden ontvangen via de Telstar 12.
 
Kontakpersoon:  dr. Dan  Roodt 082 490 1036

boontoe

MEDIAVERKLARING:  NEDERLANDSE TV-KANAAL VIR SUID-AFRIKA
 
Danksy bemiddeling deur PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiegroep), asook die Vlaamse Parlementslid mnr. Luk van Nieuwenhuysen, kan Suid-Afrikaners binne die afsienbare toekoms 'n Nederlandse televisiekanaal te wagte wees.
 
Die kanaal heet BVN, ofte wel Beste van Vlaandere en Nederland, en saai 'n verskeidenheid Vlaamse en Nederlandse programme van hoogstaande gehalte uit, afkomstig van die ses TV-kanale in die Lae Lande.  Hoewel die kanaal per satelliet gebeeldsaai word, is daar geen maandelikse subskripsiekoste daaraan verbonde nie, aangesien dit gesubsidieer word deur die Nederlandse en Vlaamse regerings.
 
Volgens die Vlaamse minister belas met die media, mnr. Van Mechelen, word daar binnekort 'n nuwe "beheersooreenkoms" tussen die Vlaamse Gemeenskap en BVN afgesluit vir die twee jaar vanaf 1 Januarie tot 31 Desember 2002.  In die begroting is 'n krediet van 50 miljoen frank (ongeveer R10 miljoen) vir BVN opgeneem wat van Vlaandere afkomstig is.  Volgens die minister "is die bedoeling om die geografiese bereik prioritêr na Suid-Afrika uit te brei".
 
Die kwessie van BVN-uitsendings na Suid-Afrika is vir die eerste keer deur PRAAG geopper tydens 'n besoek aan Nederland en Vlaandere in November 2000.  Hierna het mnr. Luk van Nieuwenuizen die saak opgeneem in die Vlaamse Parlement, en daar is ook briewe aan die betrokke owerhede in Vlaandere gerig.  Tydens 'n opvolgbesoek van PRAAG in September vanjaar, is die kwessie weer eens te berde gebring tydens 'n inligtingsessie met Vlaamse Parlementslede in die Vlaamse Huis in Brussel.  Ook mnr. Roger Bryssinck van die Vriende van Zuid-Afrika in Vlaandere het druk op die Vlaamse regering geplaas om Suid-Afrika te oorweeg vir die volgende fase van uitbreiding vir BVN.
 
Volgens dr. Dan Roodt van PRAAG is hulle in hul noppies met die ontwikkeling.  "Sover, so goed," sê hy.  "Die nuus is vir ons baie bemoedigend, want dit verskaf aan Afrikaanstaliges, asook miljoene ander mense in Suid-Afrika, nog 'n toeganklike alternatief vir die oorwegend Angel-Saksiese TV wat ons in Suid-Afrika sien.  Dit behoort ook hegter bande met Vlaandere en Nederland te smee, wat broodnodig is tans waar Afrikaans om oorlewing veg in Suid-Afrika."
 
Mnr. Luk van Nieuwenhuysen het gemeen hy "wil nie te vroeg oorwinning kraai nie, maar dit lyk tog asof BVN kort voor lank in Suid-Afrika bekyk sal kan word."
 
Kontakpersoon: Dr. Dan Roodt 011 325 0817  sel 0824901036
 
boontoe

PRAAG-MEDIAVERKLARING:  REAKSIE OP DA-DEBAKEL

PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) is by uitstek ‘n kultuurpolitieke groepering wat nie regstreeks by die partypolitiek betrokke is nie.  Nietemin kan ons nie anders as om ons kommer uit te spreek oor die huidige wanorde in die Opposisiepolitiek nie.

Omdat Afrikaanssprekendes toenemend in die visier van die regerende party is as ‘n sogenaamd “bevoordeelde” groep met ‘n Westers-georiënteerde waardestelsel, kan hul verdere politieke marginalisering met die induiestorting van die Demokratiese Alliansie nie anders as om funeste gevolge te hê nie.

Ná die verwagtinge wat geskep is met die totstandkoming van die Demokratiese Alliansie, kon die huidige gebeure nie op ‘n slegter tyd gekom het nie.  Die effek daarvan is nie net demoraliserend vir opposisiekiesers nie, maar vir almal wat gehoop het dat Suid-Afrika die status van ‘n de facto eenpartystaat gaan vryspring.  Mnre. Tony Leon en Marthinus van Schalkwyk het met hul kleinlike stryd om leierskap en status binne die DA meer gedoen om die land nader te bring aan ‘n opposisielose eenpartystaat as enigeen in die regerende ANC.

Die gerugte dat mnr. Marthinus van Schalkwyk reeds samesprekinge met dieANC gevoer het ten einde ‘n NNP-ANC-alliansie te skep, sou, indien dit gefundeer blyk te wees, neerkom op verraad teenoor sy eie kiesers.  Dit is sekerlik nie toevallig dat mnr. Van Schalkwyk as ‘n reël nooit Afrikaans praat nie, want hierdie ontkenning van sy eie afkoms pas inderdaad goed by die werklikheidsontkenning van sy huidige politiek.

Dog mnr. Tony Leon en die kultus wat hy voortdurend poog om rondom sy eie persona te skep, is ewe skuldig as Van Schalkwyk as dit kom by die huidige skipbreuk van die opposisie.  Nie net openbaar hy ‘n sonderlinge gebrek aan nuwe idees nie, maar dit wil voorkom asof hy die land deur die oë van Houghton sien en asof die DA steeds oorheers word deur die ou PFP-kliek wie se mees kenmerkende eienskap nog altyd was dat hulle neergesien het op almal in die land behalwe gegoede Engelssprekendes in die stedelike gebiede.

Dit is dringend nodig dat ‘n alternatiewe opposisieparty of –alliansie tot stand kom wat gebaseer sou wees op die volgende:

Die hele Suid-Afrikaanse politieke landskap word gekenmerk deur ‘n byna volslae gebrek aan leierskap.  Mbeki kan kwalik ernstig opgeneem word as die president van ‘n land met ‘n redelike groot ekonomie en infrastruktuur, gegewe sy vele flaters oor VIGS en ander kwessies, maar ook sy nostalgiese napratery van die mees uitgediende begrippe van die pan-Afrikanisme en swart nasionalisme.  Sy statuur sou veel meer gepas gewees het vir ‘n land soos Zambië wat van donateursfondse afhanklik is, eerder as Suid-Afrika vir wie hy ‘n konstante verleentheid is.

Onses insiens is die situasie nie so hopeloos as wat die meeste mense dit voorstel nie, en kán die mag van die ANC by die stembus of by die onderhandelingstafel gebreek word.  Dit sou egter ‘n kombinasie van verbeeldingrykheid, nuwe idees en politieke onverskrokkenheid verg waaroor die huidige geslag opposisiepolitici kennelik nie beskik nie.  Die mees kommerwekkende gedagte van byvoorbeeld mnr. Van Schalkwyk se ouvertures in die rigting van die ANC is dat hy handel in eiebelang, en nie in dié van sy kiesers nie.  Ook mnr. Leon is meer begaan oor sy eie magsposisie binne die party as om samehorigheid en konsensus te bevorder.

PRAAG doen ‘n beroep op alle belanghebbendes om ernstig te besin oor die krisis wat Suid-Afrika in die gesig staar met die opposisie wat soos ‘n sandkasteel wegsmelt.  Sonder sterk en doeltreffende opposisie het ons geen toekoms nie.

Kontakpersoon:  Dr. Dan Roodt 011 325 0817 (kantoorure) of 082 490 1036

boontoe

Mediaverklaring uitgereik deur die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG) op Dinsdag 22 Januarie 2002:
 
Hiermee wil PRAAG almal gelukwens wat deelgeneem het aan die aksie om die Nederlandstalige BVN-kanaal na Suid-Afrika te bring.  Ons wil ook ons dank uitspreek teenoor die Nederlandse en Vlaamse regerings wat gehoor gegee het ons oproepe om BVN (Beste van Vlaandere en Nederland) plaaslik beskikbaar te stel.
 
Die kanaal sal vanaf 1 Februarie beskikbaar wees op DSTV as deel van die standaard-boeket, betyds om die Nederlandse koninklike huwelik op 2 Februarie in direkte uitsending mee te maak.  Mev. Van Assum, ambassadrise van Nederland in Suid-Afrika, het in 'n verklaring gesê dat sy "verheug" is oor die verwikkeling.
 
Mnr. Luk van Nieuwenhuysen, Ondervoorsitter van die Vlaamse Parlement, het die kwessie verskeiere kere in die Vlaamse Parlement geopper.  PRAAG self het tydens twee besoeke aan die Lae Lande, in November 2000 en in September 2001 'n pleidooi gelewer teenoor die Nederlandse Taalunie, asook politici, dat Afrikaanstaliges behoefte het aan 'n alternatief vir die Engelse kanale en programme waarmee hulle oorspoel word.  Plaaslik in Suid-Afrika is samesprekings gevoer met M-Net ten einde hul belangstelling in die projek aan te wakker deur mnr. Carel van der Merwe van PRAAG.
 
Weer eens het PRAAG getoon dat taalaksies nie vergeefs is nie, en dat die haglike situasie waarin Afrikaans hom bevind, omgekeer kan word mits Afrikaanssprekendes betrokke raak om hul taal te verdedig en te bevorder.  Veel groter betrokkenheid is nodig om binnelandse miskenning en vertrapping van Afrikaans, beide van die owerheid en die privaatsektor, uit die weg te ruim.
 
Tydens die 350-jarige herdenking van Van Riebeeck se koms na die Kaap, sal dit gepas wees vir Afrikaanssprekendes om hul kulturele bande met Nederland en Vlaandere te versterk.  Dit is ook nodig dat Afrikaanse TV-programme opgeneem word in BVN, sodat die wisselwerking tussen Nederlanders, Vlaminge en Afrikaners nie net in een rigting plaasvind nie.
 
Die  bestuur van BVN het die volgende verklaring uitgereik:
 
Lodewijk Bouwens, voorzitter van BVN-TV, is tevreden over de voorspoedige distributie van BVN-TV: "BVN-TV is nu al te ontvangen in meer dan 100 landen in Europa, Noord Afrika, het Midden-Oosten, de Antillen en Aruba, de Verenigde Staten en Zuid-Amerika. Ook hopen wij binnenkort de distributie van BVN-TV in Canada definitief te maken."  BVN-TV is een samenwerkingsverband van de NOS, de VRT en de Wereldomroep. Nederlandstaligen in het buitenland kunnen via BVN-TV televisieprogramma's van de Nederlandse en Vlaamse publieke omroepen ontvangen, waaronder nieuws, actualiteiten, kinderprogramma's, sport en documentaires. BVN-TV zendt in Europa uit via de Astra 1G en de Eutelsat Hotbird 3, op de Antillen en Aruba op de diverse kabelnetten en in de Verenigde Staten via Dish Network. In Zuid-Amerika kan BVN-TV worden ontvangen via de Telstar 12.
 
Kontakpersoon:  dr. Dan  Roodt 082 490 1036

boontoe

MEDIAVERKLARING N.A.V. KLAGTES OOR ENGELSE SENSUSVORMS
 
Na verskeie klagtes oor Engelse sensusvorms wat aan Afrikaanssprekendes gegee is tydens die huidige sensus, het PRAAG navraag gedoen by Statistiek Suid-Afrika.
 
Volgens SSA is slegs 600 000 Afrikaanse vorms gedruk wat hoofsaaklik in die Noord-Kaap en Wes-Kaap versprei is.  Elke streek beskik egter oor Afrikaanse vorms wat op aanvraag beskikbaar is.
 
PRAAG doen hiermee 'n beroep op elke Afrikaanssprekende om geen sensusvorm in te vul, tensy dit in Afrikaans beskikbaar gestel word nie.  Daar is vyf en 'n half miljoen Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika, teenoor drie miljoen Engelssprekendes, en dié feit dat daar so min Afrikaanse vorms gedruk is, spreek van 'n provokatiewe graad van burokratiese vermetelheid.
 
Die hovaardige manier waarop Statistiek Suid-Afrika besig is om die land te oorspoel van Engelse vorms, o.a. in die Vrystaat waar Afrikaans steeds die lingua franca is, asook in Gauteng waar Afrikaanssprekendes 20% van die bevolking uitmaak, is maar net nog 'n voorbeeld van die Afrikaansvyandige beleid van die huidige bewind.
 
PRAAG wil dit ook onder die aandag van die Afrikaanse publiek bring dat die gegewens van die 1939 Sensus in Nederland deur die Nazi's tydens die Duitse Besetting gebruik is om die Jode te vervolg.  Besonderhede wat op die huidige vorms verstrek word, mag in die toekoms onder 'n geradikaliseerde Afrikanistiese bewind soos dié van Robert Mugabe gebruik word om etniese en ander vervolging moontlik te maak.  Dit is dus vir elke Afrikaanssprekende om te besluit of hy of sy hom/haar aan dié risiko wil blootstel.
 
Kontakpersoon:  Dr. Dan Roodt 082 490 1036
PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) distansieer hom hiermee van die verklaring wat vandag deur die Aksiegroep vir Hoër Onderwys (AHO) uitgereik is ná sy ontmoeting met die Gerwelkommissie.  Ons deelname aan die AHO word hiermee tot verdere kennisgewing opgeskort.
 
PRAAG, anders as die AHO, het beginselbesware teen die Gerwelverslag, ongeag die "bewoording" waarmee die AHO blykbaar 'n ongemak het.  Hierdie besware kom kortliks neer op die volgende:
 
PRAAG betreur die kruiperige houding wat die AHO teenoor die Gerwelkommissie inneem, en glo dat solidariteit tussen Afrikaanse organisasies nie nagestreef kan word ten koste van Afrikaans en die uiteindelike doelwit nie.
 
PRAAG sal voortgaan om Afrikaanse studente in te lig aangaande hul internasionaal-erkende taal- en kultuurregte.  Ons doen verder 'n beroep op alle studente en jongmense om 'n stryd vir Afrikaans te stry daar waar die ouer geslag reeds in 'n groot mate gekapituleer het en steeds kapituleer soos blyk uit die ontmoeting tussen die AHO en die Gerwelkommissie.
 
Kontakpersoon:  Dr. Dan Roodt 082 490 1036 of 011 325 0817

boontoe

Hiermee reik die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG) die volgende mediaverklaring uit oor die Gerwel-kommissie se verslag op Vrydag 7 September 2001 om 10-uur vm.:
 
Die aanvanklike vrees wat PRAAG uitgespreek het, naamlik dat die Gerwel-komitee gelaai was met mense wat in die totalitêre dampkring van ANC- en SAKP-denke verkeer, blyk gegrond te gewees het deur die verslag self wat wemel van ideologiese aannames wat die oplossing van die taalvraagstuk aan Afrikaanse universiteite onmoontlik maak.
 
In die eerste instansie word Afrikaanse studente beskou as "setlaar-koloniste" wat dan sou impliseer dat swart studente wat meesal Engels as onderrigtaal verkies "meer inheems" as Afrikaanse studente sou wees.  Dit skep 'n rangorde van regte wat die Afrikaanse student in 'n tweedeklasposisie plaas waarbinne sy taalregte wat veronderstel is om in die Grondwet verskans te wees, effektief skaakmat gestel word.
 
In reaksie op die aanspraak deur die Gerwelkommissie dat swart Engelse studente - waarvan sommige afkomstig is uit lande buite Suid-Afrika en waarvan die ouers nog nooit 'n sent bygedra het tot die fiskus nie - "meer inheems" is as Afrikaanse setlaar-koloniste, herinner PRAAG graag die Gerwel-kommissie daaraan dat die teenwoordigheid van sprekers van Bantoe-tale wat tans boonop pretendeer om Engelssprekend te wees, antropologies resent is in Suider-Afrika.  Die waarheid is dat swartmense, net soos Afrikaners, "setlaars" in Suid-Afrika is wat oor die afgelope paar honderd jaar veral die KhoiSan-volkere van jagter-versamelaars uit hul tradisionele grondgebied verdryf het.  Indien enige rasse- of etniese groep in Suid-Afrika sou moes aanspraak maak op inheemsheid, sou dit die KhoiSan moes wees.
 
Toevallig is Afrikaans ook die opvoedkundige taal van die nasate van die KhoiSan.  Dat Afrikaans nou as "setlaarsdialek" gesien word deur die Gerwel-kommissie beteken dus dat die omgangstaal van die "eerste mense" van Suid-Afrika nou beskou word as uitheems terwyl Engels, 'n imperiale en koloniale taal wat in Suid-Afrika met wapengeweld en selfs volksmoord gevestig is, die voorkeurtaal van die "inheemses" geword het.  Hierdie gedagte is so absurd dat net uitgedink kon gewees het deur 'n komitee met as hoof iemand wat steeds weier om die kommunistiese goelag te erken vir die misdaad teen die mensdom wat dit was.
 
PRAAG, asook die Afrikaanse studentebevolking in sy geheel, verwerp die tipering van Afrikaners en Afrikaanssprekendes as "setlaar-koloniste" met die minagting wat dit verdien en eis 'n verskoning van die Gerwel-komitee vir hierdie afstootlike en rassistiese benaming wat ontleen is aan die Afrikanistiese delirium van 'n Robert Mugabe.  Sulke taal is enige ministeriële kommissie onwaardig.
 
Dieselfde geld die gedagte dat Engels 'n "bindingstaal" is, en nie Afrikaans nie.  In die woorde van Jan Rabie is Afrikaans die "enigste geslaagde veelrassige projek in Suid-Afrika"; meer mense van alle rassegroepe praat Afrikaans as enige ander taal.  Dit is ook by uitstek die taal wat aan Suid-Afrikaners 'n spesifieke identiteit gee wat verskil van die res van Afrika waar Engels, Frans en Portugees as omgangstale gebruik word.
 
Die gedagte dat Afrikaans, soos dit in die verslag gestel word, "vir die meerderheid Suid-Afrikaners waarskynlik in die eerste plek en bowenal assosiasies van diskriminasie, verdrukking en die sistematiese vernedering van ander oproep" word insgelyks verwerp as propagandisties, anti-Afrikaans en gebaseer op bourgeois Engelse stereotipes wat ter bevordering van Engels versprei word.
 
Teenoor die enkele faux pas wat 'n regse Minister van Bantoe-Onderwys, mnr. Andries Treurnicht, in 1976 begaan het, moet die tweehonderdjarige verdrukking en marginalisering van Afrikaans onder opeenvolgende Engelse en imperiale bewinde - die huidige comprador Engelse bewind met sy eentalige koloniale Onderwysminister hierby ingesluit - gestel word.  Teenoor die "regse kolonialisme" van 'n honderd jaar gelede soos dit bedryf is deur die Victoriaanse Tories, staan die "linkse kolonialisme" van die huidige bewind wat Engels inderdaad meer aggressief bevorder as enige historiese Britse bewind.  Die verdere gepoogde stigmatisering van Afrikaans deur die Gerwel-kommissie toon die vooroordeel en vyandigheid van die komitee teenoor die taal, en is nog 'n blyk van die ontoepaslike en inkompetente samestelling daarvan.
 
Die praktiese voorstelle van die komitee, in terme waarvan Afrikaans uit stedelike universiteite gedryf sal word om hoofsaaklik in twee landelike universiteite gedoseer te word, spruit uit sy ideologiese, rassistiese en etniese vooroordeel teenoor Afrikaans in terme waarvan Engels as "bindingstaal" bevorder moet word.  Die Universiteit van Pretoria, met 16 000 Afrikaanse studente - wat dit die grootste Afrikaanse universiteit in die land maak - word nou amptelik as 'n "Engelstalige universiteit" gesien deur die komitee.  In dié verband is onlangse voorstelle om die naam daarvan te verander na "Tshwane University" veelseggend.
 
Volgens persberigte werk die verslag verdelend in op die vyf Afrikaanse universiteite, omdat Potchefstroom en Stellenbosch daardeur bevoordeel word.  Alle verwagtinge is dat Afrikaanse studente "met hulle voete gaan stem" en die drie universiteite wat in effek vir verdere verengelsing gebrandmerk is, in groot getalle gaan verlaat.
 
PRAAG doen hiermee 'n beroep op die rektore, dosente en studente om groter solidariteit te toon in die aangesig van 'n ernstige bedreiging vir Afrikaans as wetenskaps- en opvoedkundige taal wat deur die Minister se Afrikaansvyandige uitlatings ontketen is.  (Die Gerwel-kommissie is immers aangestel vanweë die ontsteltenis wat die Hoër Onderwysplan onder Afrikaanssprekendes ontketen het.)  Nou is die tyd vir alle Afrikaanse instellings, kultuurorganisasies en die breë Afrikaanse publiek om saam te staan en ons kultuurerfenis te verdedig teen 'n vyandige en koloniale bewind.
 
In die voorlegging van PRAAG aan die Gerwel-kommissie is dit pertinent gestel dat die enigste langtermynoplossing vir die taalkrisis in die hoër onderwys, maar ook in die skole, die oprigting van 'n outonome Afrikaanse Onderwysdepartement is wat naas die huidige Engelse departement kan funksioneer.  Die hovaardige ordening van Afrikaanse instellings deur 'n Engelstalige minister met min of geen begrip vir die probleme van die Afrikaanse kultuurgemeenskap nie, druis reëlreg in teen internasionaal aanvaarde norme van demokrasie en kulturele outonomie.
 
Eerder as wat die Gerwel-kommissie 'n oplossing gebring het vir die taalkrisis aan ons universiteite, het dit dit vererger met sy links-koloniale uitsprake oor Afrikaans en verdeel-en-heers-strategie teenoor die universiteite.  Ons doen 'n beroep op alle belanghebbendes om te agiteer vir kulturele outonomie en inspraak in ons eie instellings ten einde die huidige taaloorheersing te beëindig.
 
Uitgereik deur nasionale PRAAG, asook die volgende kampusverenigings:
PRAAG-Tuks
PRAAG-RAU
PRAAG-Potch
PRAAG-Bloemfontein
 
Kontakpersone:
Nasionale PRAAG:  Dr. Dan Roodt 0824901036
PRAAG-Tuks:  Hanlie van Jaarsveld 0829035746
 
boontoe

MEDIAVERKLARING GERWELVERSLAG 7 SEPTEMBER 2001

Hiermee reik die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG) die volgende mediaverklaring uit oor die Gerwel-kommissie se verslag op Vrydag 7 September 2001 om 10-uur vm.:

Die aanvanklike vrees wat PRAAG uitgespreek het, naamlik dat die Gerwel-komitee gelaai was met mense wat in die totalitêre dampkring van ANC- en SAKP-denke verkeer, blyk gegrond te gewees het deur die verslag self wat wemel van ideologiese aannames wat die oplossing van die taalvraagstuk aan Afrikaanse universiteite onmoontlik maak.
 
In die eerste instansie word Afrikaanse studente beskou as "setlaar-koloniste" wat dan sou impliseer dat swart studente wat meesal Engels as onderrigtaal verkies "meer inheems" as Afrikaanse studente sou wees.  Dit skep 'n rangorde van regte wat die Afrikaanse student in 'n tweedeklasposisie plaas waarbinne sy taalregte wat veronderstel is om in die Grondwet verskans te wees, effektief skaakmat gestel word.
 
In reaksie op die aanspraak deur die Gerwelkommissie dat swart Engelse studente - waarvan sommige afkomstig is uit lande buite Suid-Afrika en waarvan die ouers nog nooit 'n sent bygedra het tot die fiskus nie - "meer inheems" is as Afrikaanse setlaar-koloniste, herinner PRAAG graag die Gerwel-kommissie daaraan dat die teenwoordigheid van sprekers van Bantoe-tale wat tans boonop pretendeer om Engelssprekend te wees, antropologies resent is in Suider-Afrika.  Die waarheid is dat swartmense, net soos Afrikaners, "setlaars" in Suid-Afrika is wat oor die afgelope paar honderd jaar veral die KhoiSan-volkere van jagter-versamelaars uit hul tradisionele grondgebied verdryf het.  Indien enige rasse- of etniese groep in Suid-Afrika sou moes aanspraak maak op inheemsheid, sou dit die KhoiSan moes wees.
 
Toevallig is Afrikaans ook die opvoedkundige taal van die nasate van die KhoiSan.  Dat Afrikaans nou as "setlaarsdialek" gesien word deur die Gerwel-kommissie beteken dus dat die omgangstaal van die "eerste mense" van Suid-Afrika nou beskou word as uitheems terwyl Engels, 'n imperiale en koloniale taal wat in Suid-Afrika met wapengeweld en selfs volksmoord gevestig is, die voorkeurtaal van die "inheemses" geword het.  Hierdie gedagte is so absurd dat net uitgedink kon gewees het deur 'n komitee met as hoof iemand wat steeds weier om die kommunistiese goelag te erken vir die misdaad teen die mensdom wat dit was.
 
PRAAG, asook die Afrikaanse studentebevolking in sy geheel, verwerp die tipering van Afrikaners en Afrikaanssprekendes as "setlaar-koloniste" met die minagting wat dit verdien en eis 'n verskoning van die Gerwel-komitee vir hierdie afstootlike en rassistiese benaming wat ontleen is aan die Afrikanistiese delirium van 'n Robert Mugabe.  Sulke taal is enige ministeriële kommissie onwaardig.
 
Dieselfde geld die gedagte dat Engels 'n "bindingstaal" is, en nie Afrikaans nie.  In die woorde van Jan Rabie is Afrikaans die "enigste geslaagde veelrassige projek in Suid-Afrika"; meer mense van alle rassegroepe praat Afrikaans as enige ander taal.  Dit is ook by uitstek die taal wat aan Suid-Afrikaners 'n spesifieke identiteit gee wat verskil van die res van Afrika waar Engels, Frans en Portugees as omgangstale gebruik word.
 
Die gedagte dat Afrikaans, soos dit in die verslag gestel word, "vir die meerderheid Suid-Afrikaners waarskynlik in die eerste plek en bowenal assosiasies van diskriminasie, verdrukking en die sistematiese vernedering van ander oproep" word insgelyks verwerp as propagandisties, anti-Afrikaans en gebaseer op bourgeois Engelse stereotipes wat ter bevordering van Engels versprei word.
 
Teenoor die enkele faux pas wat 'n regse Minister van Bantoe-Onderwys, mnr. Andries Treurnicht, in 1976 begaan het, moet die tweehonderdjarige verdrukking en marginalisering van Afrikaans onder opeenvolgende Engelse en imperiale bewinde - die huidige comprador Engelse bewind met sy eentalige koloniale Onderwysminister hierby ingesluit - gestel word.  Teenoor die "regse kolonialisme" van 'n honderd jaar gelede soos dit bedryf is deur die Victoriaanse Tories, staan die "linkse kolonialisme" van die huidige bewind wat Engels inderdaad meer aggressief bevorder as enige historiese Britse bewind.  Die verdere gepoogde stigmatisering van Afrikaans deur die Gerwel-kommissie toon die vooroordeel en vyandigheid van die komitee teenoor die taal, en is nog 'n blyk van die ontoepaslike en inkompetente samestelling daarvan.
 
Die praktiese voorstelle van die komitee, in terme waarvan Afrikaans uit stedelike universiteite gedryf sal word om hoofsaaklik in twee landelike universiteite gedoseer te word, spruit uit sy ideologiese, rassistiese en etniese vooroordeel teenoor Afrikaans in terme waarvan Engels as "bindingstaal" bevorder moet word.  Die Universiteit van Pretoria, met 16 000 Afrikaanse studente - wat dit die grootste Afrikaanse universiteit