wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

 

 

 

Noord-Kaap toon perke van regsoptrede

MEDIAVRYSTELLING DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP) OP 25 OKTOBER 2005
 
Die uitspraak deur die Noord-Kaapse Hooggeregshof teen skole in die Kuruman-omgewing kom neer op die ontkenning van die reg op moedertaalonderrig in enkelmediumskole. Dit gooi koue water op die aanvanklike optimisme ná die Mikro-uitspraak dat 'n hofstryd, weliswaar teen enorme koste vir Afrikaanse skole en ouers, ons taalregte sou kon afdwing.
 
Soos ons al voorheen te kenne gegee het, spruit die huidige penarie waarin Afrikaans en Afrikaanse onderwysinrigtings verkeer regstreeks uit die verraad van FW de Klerk en Roelf Meyer, asook die Broederbond en die res van die Afrikaner-establishment wat sonder enige mandaat van gewone Afrikaners aan die ANC oorgegee het. Dit ly by ons geen twyfel dat die ANC geen steen onaangeroer sal laat om Afrikaans uit te roei, skole en universiteite te verengels en op die duur Afrikaners, hetsy onder te ploeg, hetsy uit die land te verdryf na die Zimbabwe-model nie.
 
Daarom sal ons mense hul naïwiteit en illusies wat deur die meeloper-media in stand gehou word, moet laat vaar en moet besef dat weerstand teen die ANC-orde met sy Afro-fascistiese optrede teen Afrikaans veel intenser gevoer sal moet word by wyse van lydelike verset, strategiese kommunikasie met die buitewêreld om die verdrukking en geweld waaraan ons blootgestel is, oor te dra, asook die uitdaag van staatsgesag op verbeeldingryke maniere deur die aftakeling van Afro-fascistiese simbole, ideologie en retoriek.
 
Ons doen ook 'n beroep op die totale Afrikanergemeenskap en alle Afrikaanse organisasies om dringend oor die toekoms van Afrikaanse onderwys, wat direk deur die Afro-fascistiese staat bedreig word, te besin. 'n Volkskongres met onderwys as hooftema behoort so gou moontlik belê te word om die verdomming en verengelsing van ons kinders te bespreek en altenatiewe onderwysmodelle soos privaat onderwys, tuisonderrig en mikroskole te bespreek. Slegs deur eendragtige optrede gaan die krisis waarin Afrikaanse onderwys reeds verkeer, afgeweer kan word.
 
Teenoor die Afro-fasciste wat ons toenemend oorheers, om nie van hul getransformeerde kangaroehowe met narre soos die sogenaamde hoof-regter John Hlophe te praat nie, wil ons sê dat julle nie sal slaag waar Milner, Kitchener en die Britse Ryk gefaal het nie. Ons weier om ons taal af te lê en ons geboorteland te verlaat soos julle kennelik vereis.
 
Intellektueel en kultureel verkeer ons volk reeds in opstand teen die onreg wat ons tans verduur. Die oorgrootte meerderheid Afrikaanse skrywers het hulle byvoorbeeld teen die verengelsing van Stellenbosch uitgespreek.
 
Die huidige uitspraak ten gunste van Engels op Kuruman maak ons bloot meer vasberande om ons opstand te verdiep en te bestendig. Elkeen wat Afrikaans praat of skryf of onderwys sondig teen die anglofiele orde van die Afro-fasciste.
 
Lank lewe Afrikaans! Lank lewe die Afrikaner!
 
Dan Roodt

boontoe