MEDIAVERKLARING
OP 2 FEBRUARIE 2006
SELFBESKIKKING
IS ENIGSTE HOOP VIR AFRIKAANS
Die uitspraak van Lt.kol.
Mbulelo Kenneth Mandela in 'n militêre hof van die "vigsweermag",
die SANW, dat Afrikaans "walglik" is, maak dit weereens duidelik hoe
vyandig 'n Xhosa-oorheersde Suid-Afrika teenoor Afrikaners en Afrikaans staan.
Dit herinner aan 'n vorige mening van Hoofregter John Hlope van die Kaapse
Hooggeregshof wat 'n Afrikaneradvokaat as 'n stuk ontlasting wat moet
teruggaan Holland toe beskryf het.
Mandela mag Afrikaans walglik
vind, maar ons vind die totale Suid-Afrikaanse orde afstootlik. Elemente wat
ons walg, is onder meer die volgende:
-
Taaldiskriminasie en
xenofobie Rassediskrimimasie teen blankes in die vorm van
"teregstellende aksie", "swart bemagtiging", ens
-
Geweld en misdaad waar
ons mense summier uitgemoor of selfs tot die dood toe gemartel word
-
Korrupsie en verkwisting
van staatsfondse op die uitspattige lewenstyl van die
Xhosa-"leiers"
-
Die oopstel van ons
grense sodat miljoene vreemdelinge ons land binnestroom (wat boonop op
grond van hul ras meer regte as Afrikaners geniet)
-
Die aantasting van ons
eiendomsreg deur sogenaamde "grondhervorming" en en ander
sosialistiese wetgewing
-
Die oprigting van lelike
en kitsch monumente wat skim-figure uit die geskiedenis
"vereer"
-
Ongemotiveerde
naamsveranderings
-
En so kan mens voortgaan
Die mooipraatjies oor die
Suid-Afrikaanse grondwet wat kwansuis taalgelykheid of gelykheid voor die reg
waarborg, is sinloos. Toenemend verval die land in wetteloosheid en word
Xhosa-haat vir die Afrikaner en Afrikaans, soos in die huidige geval, tot
wetlike maatstawwe verhef.
Ons is die slagoffers van
hierdie bose bestel wat óf ons taal beledig óf ons mense soos honde op plase
en in stede laat teregstel.
Die enigste moontlike uitweg
uit hierdie doodloopstraat is selfbeskikking en 'n onafhanklike Afrikanerstaat
waar geen militêre of ander regter Afrikaans "walglik" sal vind
nie. Dit dien geen doel om selfs hierdie soort uitspraak te kritiseer nie,
want dit verwoord bloot die openbare onthulling van versweë amptelike beleid.
Binne enkele jare sal
Afrikaners oor 'n eie Afrikaanse Republiek beskik en sal die huidige
Suid-Afrika vir die meeste van ons 'n agtergelate nagmerrie verteenwoordig.
Dis nou die tyd om die stryd
om selfbeskikking op alle vlakke met blymoedigheid en durf voort te sit.
Soos die volksliedjie met
woorde deur Eitemal lui:
"Ons gaan saam die
donker toekoms in om as een te sneuwel of oorwin, met ons oog gerig op jou,
ons Oranje-blanje-blou!"
Dan Roodt Skrywer, uitgewer,
en direkteur, PRAAG
boontoe