MEDIAVRYSTELLING
OP 2 MAART 2006
ANC
IS MEDEVERANTWOORDELIK VIR PRAAGSE BLOEDVERGIETING
MEDIAVERKLARING
DEUR PRAAG (PRO-AFRIKAANSE AKSIEGROEP) OP 2 MAART 2006
Die
president van Rusland het so pas sy "morele verantwoordelikheid"
erken teenoor Tsjeggië betreffende die onderdrukking van die Praagse
Lente-opstand van 1968 waarin 100 mense gesterf het.
Die
ANC het ten tye van die Sowjet-inval in 1968 sy uitdruklike steun daaraan
verleen en dra daarom insgelyks 'n morele verantwoordelikheid vir die
bloedvergieting wat plaasgevind het.
Toe
die Pro-Afrikaanse Aksiegroep ses jaar gelede gestig is, het ons spesifiek
die afkorting PRAAG gekies omdat ons die ANC aan sy vergrype en aandadigheid
aan die Oos-Europese verdrukking wou herinner.
Gegewe
president Putin se verklaring, verwag ons van die ANC dat hy insgeslyks om
verskoning sal vra vir sy totalitêre verlede toe hy kop in een mus met die
Stalinistiese verdrukking in Oos-Europa was.
boontoe