MEDIAVRYSTELLING
OP 4 NOVEMBER 2005
ANC-BESETTER
VERVREEM PRETORIANERS MET BOIKOT
Die
minagtende besluit van die sogenaamde Tshwane-metropolitaanse raad om die
Pretoria 150-vieringe te boikot kom kort op die hakke van die ewe
provokatiewe en ongewilde naamsverandering vir Pretoria wat deur
"burgemeester" Smangaliso Mkhatshwa afgekondig is.
Namens
die Pretoria bly Pretoria-aksiekomitee, asook die Pro-Afrikaanse Aksiegroep
(PRAAG) wil ons die geagte "burgemeester" die versekering gee dat
dié klap in die gesig nie ongemerk verbygaan nie. Tienduisende mense word
aanstaande Saterdag 12 November by die Voortrekkermonument verwag wat die
bestaan van Pretoria vir anderhalf eeu gaan herdenk. Die feesgangers sal
daarop attent gemaak word dat die ANC-besetter in die stadhuis van Pretoria,
wat sy huidige oorheersing deur geweld en intimidasie soos die Kerkstraatbom
bereik het, tevrede is om hul belastinggeld in te oes en op sy eie
propagandasirkusse te verkwis, maar nie bereid is om die minste erkenning
aan die geskiedenis van Pretoria te verleen nie.
Ons
doen 'n beroep op die publiek om aanstaande Saterdag se Pretoria-karnaval by
die Voortrekkermonument in groot getalle by te woon, ten einde aan die
ANC-besetter te toon dat ons nie bereid is om te emigreer of uit die land te
verdwyn soos hy blykbaar van ons vereis nie. Dog ná afloop van die huidige
vieringe, sal al die inwoners van Pretoria dringend by die Pretoria bly
Pretoria-trust moet registreer om maandeliks hul belasting- en dienstegeld
in een bedrag aan die stadsraad oor te betaal. Dit sal Pretoria die nodige
beheer oor sy finansies gee ten einde met die ANC-besetter te kan
onderhandel oor die verkwisting en wanbesteding van munisipale finansies,
soos byvoorbeeld op die ongewenste naamsverandering.
Trouens,
die naamsverandering van Pretoria is 'n duidelike voorbeeld van
Afro-fascisme, in die styl van Afro-diktators soos Robert Mugabe, Mobutu
Sese Seko, Idi Amin Dada en ander. Hoe gouer Pretorianers wys dat hulle nie
langer met sulke absurditeite gediend gaan wees nie, hoe beter.
Die
anti-Afrikaanse en anti-blanke houding van die "burgemeester" en
sy sogenaamde "metroraad" was reeds voorheen bekend. Deur sy
jongste stap het die ANC-besetter hom nog verder van Pretoria en sy groot
Afrikanerbevolking vervreem.
Dat
Pretoria al hoe meer die lokus van stryd tussen die plaaslike bevolking en
die sentrale regering gaan word, is gewis.
boontoe