chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Dan Roodt

2 Februarie 2006 

Selfbeskikking is enigste hoop vir Afrikaans

Die uitspraak van Lt.kol. Mbulelo Kenneth Mandela in 'n militêre hof van die "vigsweermag", die SANW, dat Afrikaans "walglik" is, maak dit weereens duidelik hoe vyandig 'n Xhosa-oorheersde Suid-Afrika teenoor Afrikaners en Afrikaans staan. Dit herinner aan 'n vorige mening van Hoofregter John Hlope van die Kaapse Hooggeregshof wat 'n Afrikaneradvokaat as 'n stuk ontlasting wat moet teruggaan Holland toe beskryf het.

Mandela mag Afrikaans walglik vind, maar ons vind die totale Suid-Afrikaanse orde afstootlik. Elemente wat ons walg, is onder meer die volgende:

  • Taaldiskriminasie en xenofobie 

  • Rassediskrimimasie teen blankes in die vorm van "teregstellende aksie", "swart bemagtiging", ens 

  • Geweld en misdaad waar ons mense summier uitgemoor of selfs tot die dood toe gemartel word 

  • Korrupsie en verkwisting van staatsfondse op die uitspattige lewenstyl van die Xhosa-"leiers" 

  • Die oopstel van ons grense sodat miljoene vreemdelinge ons land binnestroom (wat boonop op grond van hul ras meer regte as Afrikaners geniet) 

  • Die aantasting van ons eiendomsreg deur sogenaamde "grondhervorming" en ander sosialistiese wetgewing 

  • Die oprigting van lelike en kitsch monumente wat skim-figure uit die geskiedenis "vereer" 

  • Ongemotiveerde naamsveranderings 

  • En so kan mens voortgaan

Die mooipraatjies oor die Suid-Afrikaanse grondwet wat kwansuis taalgelykheid of gelykheid voor die reg waarborg, is sinloos. Toenemend verval die land in wetteloosheid en word Xhosa-haat vir die Afrikaner en Afrikaans, soos in die huidige geval, tot wetlike maatstawwe verhef.

Ons is die slagoffers van hierdie bose bestel wat óf ons taal beledig óf ons mense soos honde op plase en in stede laat teregstel.

Die enigste moontlike uitweg uit hierdie doodloopstraat is selfbeskikking en 'n onafhanklike Afrikanerstaat waar geen militêre of ander regter Afrikaans "walglik" sal vind nie. Dit dien geen doel om selfs hierdie soort uitspraak te kritiseer nie, want dit verwoord bloot die openbare onthulling van versweë amptelike beleid.

Binne enkele jare sal Afrikaners oor 'n eie Afrikaanse Republiek beskik en sal die huidige Suid-Afrika vir die meeste van ons 'n agtergelate nagmerrie verteenwoordig.

Dis nou die tyd om die stryd om selfbeskikking op alle vlakke met blymoedigheid en durf voort te sit.

Soos die volksliedjie met woorde deur Eitemal lui:

"Ons gaan saam die donker toekoms in om as een te sneuwel of oorwin, met ons oog gerig op jou, ons Oranje-blanje-blou!"

 

boontoe