Die uitspraak van Lt.kol.
Mbulelo Kenneth Mandela in 'n militêre hof van die
"vigsweermag", die SANW, dat Afrikaans "walglik"
is, maak dit weereens duidelik hoe vyandig 'n Xhosa-oorheersde
Suid-Afrika teenoor Afrikaners en Afrikaans staan. Dit herinner aan
'n vorige mening van Hoofregter John Hlope van die Kaapse
Hooggeregshof wat 'n Afrikaneradvokaat as 'n stuk ontlasting wat
moet teruggaan Holland toe beskryf het.
Mandela mag Afrikaans
walglik vind, maar ons vind die totale Suid-Afrikaanse orde
afstootlik. Elemente wat ons walg, is onder meer die volgende:
-
Taaldiskriminasie en
xenofobie
-
Rassediskrimimasie teen
blankes in die vorm van "teregstellende aksie",
"swart bemagtiging", ens
-
Geweld en misdaad waar
ons mense summier uitgemoor of selfs tot die dood toe gemartel
word
-
Korrupsie en verkwisting
van staatsfondse op die uitspattige lewenstyl van die
Xhosa-"leiers"
-
Die oopstel van ons
grense sodat miljoene vreemdelinge ons land binnestroom (wat
boonop op grond van hul ras meer regte as Afrikaners
geniet)
-
Die aantasting van ons
eiendomsreg deur sogenaamde "grondhervorming" en ander
sosialistiese wetgewing
-
Die oprigting van lelike
en kitsch monumente wat skim-figure uit die geskiedenis
"vereer"
-
Ongemotiveerde
naamsveranderings
-
En so kan mens voortgaan
Die mooipraatjies oor die
Suid-Afrikaanse grondwet wat kwansuis taalgelykheid of gelykheid
voor die reg waarborg, is sinloos. Toenemend verval die land in
wetteloosheid en word Xhosa-haat vir die Afrikaner en Afrikaans,
soos in die huidige geval, tot wetlike maatstawwe verhef.
Ons is die slagoffers van
hierdie bose bestel wat óf ons taal beledig óf ons mense soos
honde op plase en in stede laat teregstel.
Die enigste moontlike uitweg
uit hierdie doodloopstraat is selfbeskikking en 'n onafhanklike
Afrikanerstaat waar geen militêre of ander regter Afrikaans
"walglik" sal vind nie. Dit dien geen doel om selfs
hierdie soort uitspraak te kritiseer nie, want dit verwoord bloot
die openbare onthulling van versweë amptelike beleid.
Binne enkele jare sal
Afrikaners oor 'n eie Afrikaanse Republiek beskik en sal die huidige
Suid-Afrika vir die meeste van ons 'n agtergelate nagmerrie
verteenwoordig.
Dis nou die tyd om die stryd
om selfbeskikking op alle vlakke met blymoedigheid en durf voort te
sit.
Soos die volksliedjie met
woorde deur Eitemal lui:
"Ons gaan saam die
donker toekoms in om as een te sneuwel of oorwin, met ons oog gerig
op jou, ons Oranje-blanje-blou!"