chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Buks van Rensburg

2 Maart 2005 

Hoekom het dit 10 jaar geneem?

Ek lees nou net in Beeld Ferdi Greyling se Forum-artikel (hieronder verskyn 'n aanhaling daaruit). Daarin skryf hy dat "Transformasie is dus om van wittes ontslae te raak" (met verwysing na sportspanne).

En ek wonder hoekom dit 10 jaar geneem het voor Ferdi (of Beeld) dit begryp het? Luister mense nie as die ANC praat nie? Hulle stel dit al onomwonde in soveel woorde dat veral wit Suid-Afrikaners nie welkom is, hetsy in sportspanne, hetsy in die regering, of in Suid-Afrikaanse instellings nie. 'n Ou skoolvriend van my het in 1995 geëmigreer, en vertel my dat die besluit baie maklik was: Ná die ANC-oorname sit hulle (hy was 'n hooggeplaaste staatsamptenaar) in die eerste vergadering met die nuwe heersers. Die ANC-lid kyk hulle glo deur en die eerste woorde wat geuiter word is: "There are too many white men around this table". Net daar, vertel hy my, besef hy dat veral Afrikaners nie in die langtermynplanne van die ANC enige rol speel nie.

Die jaar was 1994.

Waarom is dit nou eers dat Beeld begin om so hier en daar hieroor te skryf?

Hoekom neem dit 10 jaar van geweld en moord op Afrikaners, diskriminasie onder RA en BEE, dreigende grondonteiening, en veral uitspraak na uitspraak oor transformasie, voor die boodskap begin insink? Hoekom wil figure soos Max du Preez en publikasies soos Beeld dit nie besef nie?

Dink hulle dat om dit te ignoreer dit sal verhoed?

Ek dink nou die dag aan 'n land waar iets net gebeur as iemand hardop sê dat dit gebeur.

Die resultaat is 'n gemeenskap waar niemand iets slegs wil sê nie om te verhoed dat slegte goed gebeur.

En as iets slegs gebeur, wel dan moet dit wees omdat iemand iets slegs gesê het.

Dit pas so in by die Dan Roodt-Stellenboschdebat. As almal sou ontken dat Afrikaners onder geweldsmisdaad deurloop, dan gebeur sulke misdade skynbaar nie.

As daar teen Afrikaners misdade gepleeg word, as Afrikaanse skole onder druk is, as transformasie afgedwing word, dan moet dit wees omdat 'n Afrikaner êrens iets skeefs gesê of geskryf het.

En die koor daar in Stellenbosch, asook Max du Preez, wil die Afrikaners wat hieroor praat laat les opsê.

Dit is mos onmoontlik nie die ANC wat agter transformasie, BEE, en RA is nie? Of hoe?

* * *

Beeld-forum: Komphela wys ANC se kleure 

Ferdi Greyling

 

http://www.news24.com/Beeld/Rubrieke/0,,3-66_1669746,00.html

Ná 'n onderhoud wat mnr. Butana Komphela, die voorsitter van die parlement se sportkomitee, die naweek aan die Sunday Times toegestaan het, is daar dalk 'n bietjie meer duidelikheid oor wat die inhoud van transformasie vir die ANC-regering is.

'n Mens is aangewese op sulke afleidings omdat die regering self nie sy beleid wil verduidelik nie.

Dit lyk asof dit eenvoudig beteken dat wit Suid-Afrikaners moet padgee uit sportspanne, afrigtersposte en besture en dat hulle deur swart mense vervang moet word.

Komphela antwoord onder meer só op van die vrae: Vraag: Jy sal nie gelukkig wees totdat daar 'n meerderheid van swart spelers in ons spanne is nie? Antwoord: Ek sal nie gelukkig wees nie. In alle sporte. Op 'n verdere vraag: Dink jy nie afrigters sal hul beste spelers kies nie, ongeag kleur? Antwoord: Nee. Ek dink nie so nie. Hulle kies aspris nie swart spelers nie. Vraag: Selfs afrigters soos Jake White en Ray Jennings? Antwoord: Enige wit afrigter.

Transformasie is dus om van wittes ontslae te raak.

 

boontoe