Die
nuus
dat R100 miljoen aan 70 mislukte
"grondhervormingsprojekte" slegs in die Noord-Transvaal
(tans "Limpopo") bestee is, bevestig dat Suid-Afrika
besig is om Afrika se mislukte rasgedrewe kollektiwisme te
herhaal.
Toevallig
het die BBC se Afrika-radiodiens onlangs 'n program uitgesaai
waarin die vraag gevra word: "Waarom kan die kontinent nie
homself voed nie?" Deel van die antwoord sou wees: omdat daar
eers in Zimbabwe en nou in Suid-Afrika "grondhervorming"
toegepas word.
Selfs
onder normale omstandighede verteenwoordig die tipe eksperimente
in grondhervorming en kollektiwisering van landbou wat tans deur
die dept. van grondsake toegepas word, bedenklike en rassistiese
beleid. Gegewe die omstandighede van grootskaalse hongersnood in
Suider-Afrika, kom dit egter op waansin neer. In feite is die
Suid-Afrikaanse bewind besig om belastingbetalersgeld aan te wend
om bestaande boerderye wat deur blanke boere bedryf word, te
vernietig.
Diegene
wat glo dat die ANC onder invloed van liberale demokrasie en die
vrye markstelsel sy oorspronklike revolusionêre projek laat vaar
het, hoef maar net te kyk na wat op landbougebied gebeur om onder
'n ander indruk te kom.
Thoko
Didiza en haar amptenare is vasbeslote om 'n Zimbabwe in
Suid-Afrika te laat gebeur en die R100 miljoen wat in die
Noord-Transvaal verkwis is, is maar net die begin van die
vernietigingsproses.