chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Dan Roodt

4 Maart 2006 

ANC se spandabelheid ken geen perke

Skaars was die nuus oor Phumzile Mlambo-Ngcuka se uitspattige vlug na Doebai koud, of dit word bekend dat die Nasionale Erfenisraad onder leiding van Sonwabile Mancotywa nie minder nie as R4,5m op kultuurtoerisme na Ghana uitgemors het.

Dieselfde Sonwabile Mancotywa het nie lank gelede nie 'n oproep om "kulturele revolusie" en die "massiewe heropvoeding... van ons samelewing in die beginsels en patrone van Afrikabeskawing" gedoen.

Hierdie soort taal herinner aan dié van Pol Pot, Mao Tsetoeng en Josef Stalin. As deel van Mancotywa se "kulturele revolusie" is Ghana gekies om as voorbeeld vir Suid-Afrika te dien, waarskynlik omdat dit die eerste Afrikaland was om onder Kwame Nkroemah onafhanklikheid van die Weste te verkry.

Wat ook al die meriete van die Erfenisraad se belangstelling in Ghana - wat kwalik as 'n voorbeeld van goeie administrasie en staatsbestuur voorgehou kan word - is dit nodig om die hele personeel ten duurste in besigheidsklas na die land te vervoer en boonop in luukse hotelle tuis te gaan?

Soos ons al voorheen gesien het, beskou die ANC-bewind belastingbetalersfondse as syne om te vermors op uitspattige reise en ideologiese propagandaprojekte soos Freedom Park.

Dis hoog tyd dat belatingbetalers in opstand kom teen die onophoudelike verkwisting wat deur ministers en staatsdepartemente gepleeg word. Die R4,5m kon veel beter aangewend gewees het deur byvoorbeeld vertalings van Afrikaanse boeke te subsidieer. Terwyl ons Afrikaners rekordbedrae belasting aan die ANC-regime betaal, ontvang ons niks in ruil nie en word ons kultuur doelbewus agtergestel terwyl die mislukte Afro-sosialisme en Afrosentrisme van Kwame Nkroemah in die naam van kultuur "bestudeer" word.

 

boontoe