chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Dan Roodt

5 Augustus 2005 

Opstand is noodsaaklik

N.P. van Wyk Louw word allerweë beskou as die grootste digter wat Afrikaans nog opgelewer het. Maar ook as denker en aktivis het Louw 'n groot bydrae gelewer.

Een van sy beroemdste stellings is: "Opstand is net so noodsaaklik in 'n volk as getrouheid. Dit is nie eens gevaarlik dat 'n rebellie misluk nie; wat gevaarlik is, is dat 'n hele geslag sonder protes sal verbygaan."

Elke Afrikanerstudent behoort hierdie woorde uit te knip en in sy dagboek of op sy badkamerspieël te plak. Want die krisis wat ons vandag beleef, gaan nie oorkom word sonder opstand en protes nie.

Die ANC-bewind, uitgesonderd dié van Robert Mugabe, is tans die mees rassistiese en onverdraagsame regering ter wêreld. Jong blankes word toegang tot werksgeleenthede en selfs studie op grond van hul ras geweier. Toe Hitler se Nazi-bewind in die 1930s dieselfde soort beleid teen Jode toegepas het, is dit as 'n misdaad teen die mensdom veroordeel.

Die huidige rasse- en taaldiskriminasie waaronder ons gebuk gaan, is niks minder as 'n misdaad teen die mensdom nie. Maar waarom sê niemand dit nie? Waarom aanvaar soveel Afrikaners hierdie onregverdige stelsel?

Waarom berus ons daarin dat plaasboere en stedelinge vermoor word, dat ons vroue en meisies verkrag word, dat ons in groter vrees moet leef as elke moltreinpassasier in 'n terreur-geteisterde Londen?

Ongelukkig het 'n vorige geslag Afrikaners, dié van die stommerik Roelf Meyer, asook sy verraderlike baas F.W. de Klerk wat ons aan die ANC-geweldenaars uitverkoop het, protes vir gatkruip verruil. Vandag se geslag sal weer moet rebelleer. Om dit nie te doen nie, sal inderdaad gevaarlik wees.

Hierdie mening het vroeër in die Pretoriase studenteblad, Dexter, verskyn

 

boontoe