chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Dan Roodt

7 Februarie 2006

Die ANK se grondroofprogram

Die aankondiging deur die Hoof-GEK (Grondeisekommissaris), mnr. Tozi Gwanya, dat plase van blanke boere van Maartmaand af onteien gaan word, mag die vonk in die kruitvat wees wat Suid-Afrika op dieselfde pad gaan plaas as Zimbabwe, die Ivoorkus en ander Afrikalande wat deur etniese konflik geteister word.

Die onteienings druis geheel en al in teen die sogenaamde demokratiese grondwet waarin privaatbesit erken word. Dit maak ook 'n bespotting van die sogenaamde "wonderwerkooreenkoms" van 1994 omdat dit 'n duidelike aanval op Afrikanerteenwoordigheid in die landbou en op plase verteenwoordig.

Swart Suid-Afrikaners besit of beheer reeds 50% van die land se landbougrond as die semi-woestyngebied van die Karoo uitgesluit word. Met die hoeveelheid staatsfondse tot die ANK (Afro-Nasionale Kongres) se beskikking, sou sodanige swart landbougrond in die voormalige tuislande en elders in 'n lushof omskep kon word. Desnieteenstaande verkies mnr. Gwanya om spesifiek die produktiewe plase wat in blanke en veral in Afrikanerhande verkeer, te onteien. Die vele ongelukkige verhale van "grondhervorming" wat tot dusver in die media ter sprake gekom het, dui op 'n enkele uitkoms vir grondeiening: 'n daling in voedselproduksie en die risiko van hongersnood in die land.

Mnr. Tim du Plessis van Rapport en ander leef in 'n gekkeparadys as hulle dink dat alle voedsel na Suid-Afrika toe ingevoer sal kan word. Gegewe ons hawens wat reeds onder kwaai druk vanweë stakings, swak bestuur en gebrek aan kapasiteit verkeer, is dit nie 'n uitgemaakte saak dat voedsel op 'n groot skaal ingevoer kan word selfs al is die buitelandse valute beskikbaar nie.

Mnr. Gwanya se verklaring moet daarom gesien word as 'n uiters radikale wending in ANK-beleid en 'n finale afstanddoening van enige versoening tussen Afrikaners en die Xhosa-oorheersde ANK.

Ons doen 'n beroep op alle Afrikaanse organisasies om hul onvoorwaardelike steun aan ons boere en hul reg op grondbesit toe te sê.

In die eerste instansie sal grondonteiening in die Grondwethof getoets moet word. Indien die Grondwethof die staat gelyk gee en beslis dat arbitrêre grondonteiening à la Zimbabwe toelaatbaar is, sal dit 'n duidelike teken wees dat Suid-Afrika nou volledig verafrikaniseer is en dat ons standaarde van regspleging tot op die vlak van Zimbabwe s'n gedaal het.

Grondonteiening soos mnr. Gwanya dit beoog sal noodwendig tot binnelandse konflik lei omdat boere met geweld van hul eiendom verwyder sal moet word. Stedelike Afrikaners sal hulle gereed moet maak om hul plattelandse familie en volksgenote te ondersteun in die moeilike tyd wat voorlê, al is dit net om onderdak te bied aan mense wat oornag haweloos en werkloos gaan wees omdat hulle hul enigste bates en produksiemiddele deur die staat ontneem is.

Dit is ook duidelik dat hierdie radikale stap deur die ANK op die hoogste vlak gesteun word, want president Thabo Mbeki het uitdruklik in sy onlangse toespraak verklaar dat daar met die "gewillige koper-gewillige verkoper"-beginsel weggedoen gaan word. Hiermee het Mbeki ook sy hand gewys en is hy besig om tot die offensief oor te gaan sover dit die eeue-oue teenwoordigheid van Afrikaners op plase oral in die land betref.

Gewone Afrikaners, ook in stede, sal hulle gereed moet maak vir alle gebeurlikhede want die rasse- en etniese polarisering wat mnr. Gwanya se grondroofprogram gaan veroorsaak, sal gewis ook na stedelike gebiede oorspoel, soos die Zimbabwiese presedent reeds aangetoon het.

Antropoloë en politieke wetenskaplikes sal kennis neem van die simboliese aard van hierdie handeling deur die ANK. Net soos elders in Afrika is daar geen rasionele ekonomiese of selfs politieke logika ter sprake nie; dit gaan egter om die diepgesetelde minderwaardigheidsgevoel van die Afrikaan wat oorkom moet word. Die onlangse mislukkings van swart boerderye voed hierdie minderwaardigheidsgevoel en verhoog die haat en nyd teenoor suksesvolle blanke en Afrikanerboere. Soos in Zimbabwe kan die Afrikaan se minderwaardigheidsgevoel slegs oorkom word deur wraak op en 'n simboliese vernedering van blankes, ongeag die ekonomiese of politieke gevolge.

Afrikaners sal 'n fout maak indien hulle deur 'n hoë aandelebeurs en die aanskyn van tydelike welvaart in die land mislei word om die fundamentele problematiek van Afrika en sy simboliese behoefte aan magsvertoon deur blanke vernedering mis te kyk.

Sedert 1960 was daar een "grondhervorming" op die ander wat oral op ons kontinent plaasgevind het en vandag ontvang die meeste state voedselhulp van die Weste en van die VN. Gaan dit binnekort ook Suid-Afrika se voorland wees?

 

boontoe