chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Karin Roodt

7 Maart 2004 

Die Aristide-tameletjie

Die tameletjie wat Aristide vir Suid-Afrika veroorsaak, is komieklik. Chris Landsberg van die Sentrum vir Beleidstudies beweer dat die ontsetelde president deur "'n staatsgreep van buitelandse magte" daartoe gedwing is om die land te verlaat en Tom Wheeler van die SAIIA meen dat daar geen menseregteskendings deur die president gepleeg is nie.

Garth Le Pere, Instituut vir Globale Dialoog, sê selfs dis moontlik dat Aristide weer binnekort na sy land kan terugkeer. 'n Mens wonder na wat? Daar is nie geloofwaardige instellings wat wet en orde kan afdwing meer oor nie, danksy Aristide.

Die VN se Menseregtekommissie se verslag oor Haïti dui aan dat die "demokratiese" en mislukte staat se eerste growwe mistasting reeds was dat amnestie aan veroordeelde menseregtemisdadigers verleen is, en dit deur die president self. Dit is eweneens 'n bekende feit dat regters gereeld gedreig is en dat hulle nie ongehinderd met hul taak kon voortgaan nie. Daar heers tans, volgens die verslag, algehele wetteloosheid in Haïti.

Die 600 ander misdadigers wat benewens die vrygelatenes en masse uit tronke ontsnap het, is gelate deur die president gade geslaan en nie een keer het hy hom bekommer of uitgelaat oor die betrokke direkteur-generaal se versuim nie.

Terwyl die VN-vredesmag die eiland  ná 1994 beset het, het Aristide toegekyk hoe die soldate, hoofsaaklik uit Bangladesh, hul wapentuig fluks aan die plaaslike bevolking verkoop.

Dit is nog behalwe die feit dat Chimères-bendeleiers hul loon sommer direk by die president gaan afhaal het.

 

boontoe