Ons verwelkom die feit dat
daar oplaas gehoor gegee word aan PRAAG se oproep
van vier jaar gelede dat 'n eie Afrikaanse rugbyspan op die been
gebring word. Die huidige inisiatief deur TABOK wat 'n nasionale
Afrikaanse rugbyspan wil oprig, verdien die steun van alle
Afrikaners, hetsy spelers, hetsy ondersteuners.
Sedert mnr. Louis Luyt by SARVU uitgewerk is, is dit duidelik dat dié
liggaam 'n politieke speelbal in die hande van die ANC geword het.
Soortgelyk aan die voormalige totalitêre bewinde in Oos-Europa soos
bv. die DDR (Duitse Demokratiese Republiek), sien die Xhosa-regime
in rugby bloot die voertuig om sy rasserevolusie te bereik. Die
oogmerke van daardie revolusie, oftewel "transformasie"
, geniet voorrang bo meriete of kriteria wat normaalweg in sport
geld.
Die ruggraatlose rugbyadministrateurs wat ná dr. Luyt gekom het, verdien gedeeltelik die blaam vir die
haglike toestande in rugby, vanweë hul meelopery en klakkelose
aanvaarding van die ANC-regime se rasselogika, waaronder kwotas,
beskuldigings van "rassisme" en alles wat daarmee saamhang.
Ook Rian Oberholzer se anti-Afrikaanse opmerkings waarin hy
rugbyondersteuners as "boerse brandewyndrinkers" uitgekryt
het, het dit duidelik gemaak dat SARVU sy rug op die publiek wil
keer en eerder na die regime wil vry.
Soos ons insgelyks vier jaar gelede gesê het, verteenwoordig die
blatante miskenning van Afrikaans by rugbywedstryde 'n verdere steen
des aanstoots. Afrikanerspelers word gereeld verneder deur hulle
onder dwang te laat Engels praat en as figurante by die
Afrofascistiese regime se pseudopatriotiese klugspele te laat optree.
Dat sulke spelers verder onder die afstootlike vlag van die
eilandrepubliek Vanuatu bekers moet ontvang of veral nie moet
ontvang nie, verteenwoordig verdere vernedering en verguising wat
hulle aan die hand van die ANC-regime moet verduur.
TABOK het gelyk as hy sê dat daar vandag teen die Afrikanerspeler
gediskrimineer word as dit by die samestelling van spanne kom. Ook
om daardie rede is dit geregverdig om so gou moontlik 'n nasionale
Afrikaanse span saam te stel waarna elke speler op skool- of
klubvlak mag aspireer.
Geen normale sport is moontlik in hierdie abnormale samelewing waar
minderheidsgroepe konstante diskriminasie op grond van ras en taal
moet verduur nie. Hoe gouer die nuwe span teen oorsese spanne kan
begin deelneem, hoe beter.
Soos dit is, het die huidige span met sy rekordneerlae teen Australië
en ander lande die trotse rekord van die Springbok vir altyd bederf.
Laat daar van nuuts af aan gebou word aan 'n rugbyspan wat die
publiek kan ondersteun sonder dat hulle - soos tans die geval is -
aan 'n Stalinistiese sportcharade hoef deel te neem.