chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Dan Roodt

7 Augustus 2006

Afrikaanse rugbyspan: 'n idee waarvoor die tyd ryp is

Ons verwelkom die feit dat daar oplaas gehoor gegee word aan PRAAG se oproep van vier jaar gelede dat 'n eie Afrikaanse rugbyspan op die been gebring word. Die huidige inisiatief deur TABOK wat 'n nasionale Afrikaanse rugbyspan wil oprig, verdien die steun van alle Afrikaners, hetsy spelers, hetsy ondersteuners.

Sedert mnr. Louis Luyt by SARVU uitgewerk is, is dit duidelik dat dié liggaam 'n politieke speelbal in die hande van die ANC geword het. Soortgelyk aan die voormalige totalitêre bewinde in Oos-Europa soos bv. die DDR (Duitse Demokratiese Republiek), sien die Xhosa-regime in rugby bloot die voertuig om sy rasserevolusie te bereik. Die oogmerke van daardie revolusie, oftewel "transformasie" , geniet voorrang bo meriete of kriteria wat normaalweg in sport geld.

Die ruggraatlose rugbyadministrateurs wat ná dr. Luyt gekom het, verdien gedeeltelik die blaam vir die haglike toestande in rugby, vanweë hul meelopery en klakkelose aanvaarding van die ANC-regime se rasselogika, waaronder kwotas, beskuldigings van "rassisme" en alles wat daarmee saamhang. Ook Rian Oberholzer se anti-Afrikaanse opmerkings waarin hy rugbyondersteuners as "boerse brandewyndrinkers" uitgekryt het, het dit duidelik gemaak dat SARVU sy rug op die publiek wil keer en eerder na die regime wil vry.

Soos ons insgelyks vier jaar gelede gesê het, verteenwoordig die
blatante miskenning van Afrikaans by rugbywedstryde 'n verdere steen des aanstoots. Afrikanerspelers word gereeld verneder deur hulle onder dwang te laat Engels praat en as figurante by die Afrofascistiese regime se pseudopatriotiese klugspele te laat optree. Dat sulke spelers verder onder die afstootlike vlag van die eilandrepubliek Vanuatu bekers moet ontvang of veral nie moet ontvang nie, verteenwoordig verdere vernedering en verguising wat hulle aan die hand van die ANC-regime moet verduur.

TABOK het gelyk as hy sê dat daar vandag teen die Afrikanerspeler
gediskrimineer word as dit by die samestelling van spanne kom. Ook om daardie rede is dit geregverdig om so gou moontlik 'n nasionale Afrikaanse span saam te stel waarna elke speler op skool- of klubvlak mag aspireer.

Geen normale sport is moontlik in hierdie abnormale samelewing waar minderheidsgroepe konstante diskriminasie op grond van ras en taal moet verduur nie. Hoe gouer die nuwe span teen oorsese spanne kan begin deelneem, hoe beter.

Soos dit is, het die huidige span met sy rekordneerlae teen Australië en ander lande die trotse rekord van die Springbok vir altyd bederf. Laat daar van nuuts af aan gebou word aan 'n rugbyspan wat die publiek kan ondersteun sonder dat hulle - soos tans die geval is - aan 'n Stalinistiese sportcharade hoef deel te neem.

 

boontoe