chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Donny Marx

7 Oktober 2003 

Die lieg en bedrieg van Sensus 2001

Afrikaans lê nou in die derde plek, na Zulu en Xhosa, as die mees gebruikte taal in Suid-Afrika. Natuurlik is dit vir Afrikaners ‘n belangrike saak want die stukkie inligting word gebruik om te bepaal watter tale op skool geleer gaan word as tweede of derde taal, hoeveel tyd en geld Afrikaans kry vir radio en televisie en in watter taal die rugby uitgesaai sal word. Die vraag is egter: Is dit waar? Is dit waar dat Afrilcaans nie meer Suid Afrika se mees gebruihte taal is nie? Is Afrikaans aan’t sterwe? Die antwoord 1ê in die geloofwaardigheid van die sensus van 2001 wat deur Statistiek S.A. vertolk is. Met ander woorde, kan die restiltate van die laaste sensus geglo word? Miskien nie.

In 1996 het 22.6% van die bevolking ‘n graad 12 (soos matriek) gehad, teen 2001 het 28.8% graad 12. Dit lyk mos goed. Wat die statistiek nou nie verduidelik het nie is dat 3.7 miljoen moes matriek geskryf het in net vyf jaar! Sewe honderd en veertig duisend matrieks per jaar. Met ‘n bevolkingsgroei van 840 000 per jaar is dit ahsoluut ongelooflik veral as in ag geneem word dat 17% van die bevolking geen onderrig ontvang het nie. So uit die 697 000 wat onderrig ontvang, slaag 740 000 matriek. Ons moet voorwaar die slimste mense in die wereld wees. Dis behalwe vir die blankes waar die persentasie wat nie laerskool kan deur nie gegroei het van 1,7% tot 2.5% van die blanke bevolking. Sies vir die wittes.

Nou vertel Statistiek S. A. ons ook anner mooi stories. Huise met elektrisiteit het gegroei van 58% tot 70%. Mooi so Eskom, of is dit? Voor 1996 bet die inwoners van Alexandra omtrent 4 sent per eenheid betaal vir elektrisiteit. So bietjie meer as wat Eskom van besighede vra. Teen 2001 is 60% van alle huise oorgeskakel na voorafbetaalde kaarte toe. Die kaarte kos meer as 40 sent per eenheid. ( ‘n Sandton inwoner betaal omtrent 24 sent. Die armes finansier die rykes. ) As die ding omgereken word na waarde vir geld beteken dit dat 58% in 1996 voIle elektrisiteit gebruik gehad het maar dat dit nou onder 40% is. (Hoekom bet Eskom soveel kragstasies toegemaak?)

Telkom haal meer telefone uit as wat hulle insit maar huishoudings met telefone bet glo gegroei van 29% tot 42%. Dis selfone, sê Statistiek S.A. Waar kry die armes al die selfone? Die regering is ‘n groot aandeelhouer in Vodacom en MTN. Diefstal het vir die regering ‘n statistiek gegee wat hom laat goed lyk. Tog jammer die armes kan nooit iemand bel op hulle selfone nie want dis te duur. As Sensus 2001 beskikbare selfoontyd getel het dan soo daardie 29% tot onder 20% geval bet.

Dieselfde stories met water; die regering het niemand water gegee nie. Dis ‘n Franse firma met die naam. Suez wat geheime kontrakte het met die munisipaliteite wat nou water voorsien. Munisipaliteite sny sommer maklik water af as hulle nie betaal word nie. As Pres. Mbeki dan in die buurt kom kuier, sit hulle die water gou aan vir die dag en dan juig al die mense oor hulle water. Dan dink Pres. Mbeki hulle juig vir hom.

Statistiek S.A. reken werkloosheid staan op 42% (1996 = 34%) maar as ‘n mens werk definieer as ‘n funksie om na jouself en jou familie te kan omsien (werk, soos werk verstaan word in Amerika) dan lyk die syfer meer na oor die 60%. Die regering sê dit is so laag as 29% wat absolute nonsens is. Werk net om te oorleef is nie werk nie, dis slawerny.

Ons het glo in 2001, behalwe inflasie, 7% meer as vyf jaar tevore verdien. (Dit is nieteenstaande die geweldige groei in werkboosheid. ) As ‘n gesin ‘n inkomste van R1000 gehad het in 1996 dan het hulle teen 2001 ‘n inkomste van R1900. Met 30% meer huishoudings beteken dit Suid-Afrikaners het hulIe inkomste met 147% verhoog, ‘n 29% per jaar groei. Malligheid.

Persentasies kan net soos hier gedoen is, gebruik word om enige iets te bewys. Die regering het die hele Sensus 2001 as ‘n politieke winsmakery gebruik en niks kan geglo word wat daarin staan nie. Die blaam hiervoor lê egter nie by die regering nie (regerings reg oor die wêreld lieg dat dit bars) maar by joernaliste wat nie dink nie en blatante gemors publiseer as nuus.

Daar is ten minste ‘n miljoen Afrikaners wat nooit in 2001 getel is nie. Die vraag is: was dit doelbewus?

 

boontoe