chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Dan Roodt

8 November 2005 

In SA is dit elke dag 1 April

Sedert die ANC aan bewind gekom het, het Suid-Afrika gewoond geraak aan een absurde nuusitem na die ander. Die jongste berigte oor die naamsverandering van Bloemfontein en die toepassing van rassekwotas selfs op die toeskouers van rugby, stel egter nuwe standaarde wat geen malhuis sal oortref nie.

Trouens, in Suid-Afrika is dit elke dag 1 April, oftewel Gekkedag. Waarom anders sou daar 'n voorbladberig wees dat Bloemfontein se naam na dié van 'n perd verander gaan word? Keiser Nero het sy perd as lid van die Romeinse Senaat aangestel, daarom is daar seker 'n presedent vir hierdie soort eer wat aan viervoetiges toegeken word.

Maar terselfdertyd wonder 'n mens: gaan die volgende dorp in die Vrystaat na 'n hond of 'n kat vernoem word? Moontlik sal Brandfort voortaan "Wagter" heet en Kroonstad "Kietsie", of wat ook al die gebruiklike hond- en katname in Suid-Sotho sou wees.

Asof die arme rugbyspelers nie al genoeg onder rassepolitiek deurgeloop het nie, is die jongste nuus dat sowel die spelers as die toeskouers binne tien jaar "demografies verteenwoordigend" moet wees. Indien my hoofrekene my nie in die steek laat nie, sal die gemiddelde span slegs een blanke lid mag hê, want blankes verteenwoordig slegs 9% van die bevolking.

Maar hoe gaan dit vir toeskouers werk? Gaan elkeen 'n DNS-toets van sy ras moet voorlê alvorens hy 'n kaartjie vir 'n wedstryd mag bekom? Met slegs 9% van kaartjies wat vir blanke ondersteuners beskikbaar is, sal hulle seker voor elke wedstryd teen hoë pryse opgeveil word, terwyl swart kaartjies feitlik verniet weggegee sal word.

Die ANC kan net sowel nou al 'n totale verbod op blanke bywoning by rugbywedstryde plaas, want die effek van toeskouerkwotas gaan dieselfde wees.

Wie weet, miskien word Johannesburg een van die dae na Winnie Mandela se parkiet vernoem... of marmotjie. Net nie 'n witmuis nie, want dit sal teen die kwotas sondig.

boontoe