|
Dan Roodt 9
Desember 2005 Korrupsieklag:
FW se orde stort in duie |
Die aankondiging dat die ANC
beplan om 'n grootskaalse korrupsieklag wat die jare 1976-1994 sou
dek, teen die kabinette van PW Botha en FW de Klerk aanhangig te maak,
kelder die orde wat FW de Klerk tot stand gebring het finaal.
In feite het die ANC nooit die
propaganda-oorlog teen die vorige bewind, asook die Afrikaner self,
gestaak nie. Omdat die party aan bewind deesdae kwaai kritiek kry oor
korrupsie en die vinnige miljoene van swart bemagtiging, wil hy die
aandag aflei deur die "apartheidsbewind" nog verder holrug
te ry.
Maar vir FW de Klerk self moet
dit as 'n groot skok kom dat die orde wat hy sedert 1994 tevergeefs
aan 'n ontnugterde Afrikaner- en blanke bevolking probeer afsmeer nou
finaal teen hom gedraai het. Van sogenaamde "versoening" kan
daar geen sprake meer wees nie.
De Klerk probeer homself in
versigtige terme teen die ANC se hernieude propaganda-aanslag
verdedig. Dat die honde op hom losgelaat gaan word, lyk gewis.
Weens sy onnoselheid en
verraad jeens die Afrikaner verdien De Klerk die heksejag wat nou teen
hom voorberei word.
boontoe
|