|
Dan Roodt 10
November 2005 Hoe
gemaak met "sensitiewe gebiede"? |
Die afgelope twee weke se
onluste deur swart en veral Arabiese jeugdiges in Frankryk het vir 'n
nuwe eufemisme gesorg: "sensitiewe gebiede". Toe die onluste
begin, het die Franse polisie eenvoudig na hul landkaart gekyk en elke
buurt met beduidende getalle Arabiese en swart immigrante as
"sensitief" gemerk.
In dele van Parys is daar
ander gebiede wat grootliks deur Viëtnamese en Chinese immigrante
bewoon word. Hierdie gebiede is egter nie sensitief nie en geen
onluste het daar voorgekom nie. Dieselfde geld werkersklasgebiede waar
dikwels werklose Franse in groot getalle saamdrom. Veral in die noorde
van die land is werkloosheid onder blanke Franse nog hoër as onder
immigrante in "sensitiewe gebiede".
Oor die afgelope dag of twee
het brandstigting ook in Suid-Afrika voorgekom. In sowel Vereeniging
as Soweto is treine deur passasiers verbrand. Soweto is natuurlik by
uitstek 'n "sensitiewe gebied" waar skole en
administrasiegeboue in 1976 op 'n groot skaal afgebrand is. Toe is die
brandstigting aan "apartheid" toegeskryf.
Deesdae, tensy die ANC so 'n
beleid in die geheim beoefen en ons nie daaroor inlig nie, is daar nie
meer apartheid nie. Nogtans het Soweto 'n sensitiewe gebied gebly.
Enkele jare gelede is die
Pretoriase stasie, 'n nasionale monument, deur passasiers afgebrand
omdat hul trein laat was.
In Europa reis miljoene mense
elke dag per trein. Soms kom daar ook stakings van spoorwegbeamptes
voor wanneer treine ongereeld en oorvol is. Nietemin word sulke treine
nooit aan die brand gesteek nie, want hul passasiers is nie van die
"sensitiewe" tipe nie.
Wat is uiteindelik die
definisie van 'n "sensitiewe gebied"? Ongeag sosiologiese
kwessies soos inkomste en werkloosheid, gaan dit oor gebiede met groot
getalle "sensitiewe" inwoners. Wat maak die inwoners so
"sensitief"?
Die hedendaagse politiek,
hetsy in Frankryk of die VSA, hetsy in Suid-Afrika, draai om dié
sensitiewe vraag...
boontoe
|