Tans woed daar in
die VSA 'n polemiek rondom 'n professor van etniese studies aan die
Universiteit van Colorado, Ward Churchill. Hy gee voor om iets
te wees wat hy nie is nie en maak gereeld anti-Amerikaanse en
anti-blanke uitsprake waarin hy geweld teen sy eie land bepleit.
Churchill
geniet die steun van sommige intellektuele aan die ekstreem-linkse
kant van die politieke spektrum, soos byvoorbeeld die radikale
taalkundige Noam Chomsky.
Churchill
doen homself as 'n Indiaan voor, maar is van blanke afkoms.
Aanvanklik het hy beweer dat hy oor een-sestiende Indianebloed
beskik, toe is dit afgewater na een-vier-en-sestigste en tans sê hy
bloot dat sy Indiane-afkoms "nog altyd 'n bekende feit in sy
familie" was.
Die
punt aangaande dié onsekere afkoms, is dat Churchill kennelik 'n
geweldige identiteitskrisis beleef, 'n identiteitskrisis wat aan die
wortel van sy anti-blanke en anti-Westerse uitsprake lê. Volgens
hom was Christopher Columbus die "Eichmann van Amerika"
wat die Indianebevolking uitgeroei het.
Dit
klink asof Churchill 'n goeie lid van ons Lieg-en-biegkommissie sou
kon gewees het, want sy talent vir onredelike oordrywing as dit by
die geskiedenis van Amerikaanse rasseverhoudinge kom is
buitengewoon. Alle blankes is Nazi's omdat hulle oor die afgelope
paar eeue die minder ontwikkelde volke van die wêreld verower,
uitgebuit en uitgewis het.
Die
aanval van 11 September 2001 op die World Trade Centre het hom
verheug en hy het dit gesien as die begin van weerwraak op Amerika
vir al haar wandade. Nie net sien Churchill uit na die uitwissing
van 'n groot deel van sy landgenote nie, maar hy is ten gunste van
die verowering van die hele Noord-Amerika om blankes daar te
verdryf.
Churchill
word in die VSA beskou as een van die mees radikale intellektuele
omdat hy 'n voorstander is van anti-blanke geweld. Hiervoor kom hy
dan ook tans onder skoot. Maar sulke uitsprake beskou hy as
beoefening van vrye spraak.
Met
die grootskaalse oorwinning van Links in Suid-Afrika oor die
afgelope tien jaar, het soortgelyke anti-blanke en anti-Westerse
radikalisme by ons skerp toegeneem. Enkele jare gelede was daar die
polemiek oor "subliminale rassisme" wat deur die
sogenaamde Braude-verslag van die SA Menseregtekommissie ontketen
is. Dieselfde Menseregtekommissie het aanvanklik bevind dat die
slagspreuk "kill a Boer, kill a farmer" nie haatspraak
verteenwoordig nie, maar vryheid van spraak.
Wie
is die leidende anti-blanke blankes in Suid-Afrika, soortgelyk aan
Churchill? Onwillekeurig dink mens aan die skryfster Marlene van
Niekerk wat tydens 'n lesing verlede jaar aan Wits 'n pleidooi vir
"bloed" gelewer het om "die onregte van die
verlede" te reinig. Haar kollega aan Stellenbosch, Yvonne
Malan, wat insgelyks 'n veldtog teen blanke mans voer - met die
uitsondering van kommunistiese blanke mans soos Braam Fischer - sou
'n ander kandidaat wees vir insluiting in die Suid-Afrikaanse klub
vir anti-blanke radikaliste. Die joernalis van Rapport,
Annemarie Mischke wat deesdae maar stillerig is, is insgelyks bekend
om haar haat vir alles en almal wat wit en Afrikaans is.
In
joernalistieke geledere wemel dit eintlik van ons eie Ward
Churchills. Die redakteur van Die Burger, Arrie Rossouw, het
'n tyd gelede beweer dat "apartheid Vigs veroorsaak het"
en sy kollega Tim du Plessis van Rapport het 'n paar jaar
gelede in Beeld insgelyks alle blanke Afrikaners met Nazi's
vergelyk.
Vergelykings
met Adolf Hitler en die Nazi's is die standaardargument by
anti-blanke blankes, as 'n mens dit 'n argument kan noem. Ook Ward
Churchill is voortdurend besig om alle blanke Amerikaners met Nazi's
gelyk te stel.
Volgens
dié anti-Westerse radikaliste sou Afrika 'n beter plek gewees het
sonder enige Westerse invloed en verdien die kontinent se huidige
blanke inwoners om óf verdryf óf uitgewis te word. Sulke mense
verteenwoordig in Suid-Afrika maar 'n baie klein persentasie van
alle blankes. Omdat hulle so goed aan die universiteite en in die
media ingegrawe is, oefen hulle egter groot invloed uit as dit kom
by die propagering van anti-blanke haat.