Vandag vier ons weereens
die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners 131 jaar
gelede in 1875. In weerwil van feitlik 200 jaar van konstante
onderdrukking deur Engelsgesinde bewinde in Suid-Afrika, het
Afrikaans sy naam gestand gedoen en daarin geslaag om te groei tot
die belangrikste inheemse kultuurtaal in Afrika.
Met die onlangse verengelsing van die SA staat - asook die handel
wat vanuit Johannesburg, die eertydse uitlanderstad, oorheers word
- kry Afrikaans al weer die wind van voor. Ons kan die GRA se
spreuk van destyds vandag effens wysig, maar dit bly geldig:
"Daar is drie soort Afrikaners: Afrikaners met Engelse harte,
Afrikaners met Afrikanistiese harte en Afrikaners met Afrikaanse
harte."
Vanweë politieke oorheersing deur die Xhosa-gedomineerde ANC-alliansie
het ons oor die afgelope aantal jare gesien hoe veral die
Afrikaner-elite rondom Johannesburg en Kaapstad hulself tot Engels
gewend het en ook stelselmatig begin het om hul kinders te
verengels deur hulle na Engelstalige skole te stuur. Terselfdertyd
het 'n groot deel van die vorige Broederbond-NG Kerk-Nasionale
Party-establishment hulself tot Afrikanisme bekeer en word die
leerstellinge van Kwame Nkroema, Steve Biko, Thabo Mbeki, Robert
Mugabe en ander Afrikaniste deur hulle met godsdienstige ywer
gepredik. Hierdie meelopers verteenwoordig die "Afrikaners
met Afrikanistiese harte". Hulle poog ook om ons mooi taal
wat in die eerste vyftig jaar van sy bestaan gestandaardiseer is,
te vernietig deur negatiewe taalbeplanning en die grootskaalse
invoer van Engelse woorde. Negatiewe taalbeplanning is
veronderstel om Afrikaans se status te verlaag sodat dit finaal
uit die skole en universiteite verdryf kan word en tot 'n
kombuistaal gereduseer kan word.
Gelukkig bestaan daar die derde kategorie van ware Afikaners met
Afrikaanse harte wat onverpoos stry om Afrikaans weer in ere te
herstel, wat weier om voor die Xhosa-vedrukker met sy Engels te
buig en wat die Afrikanistiese meelopers met die minagting wat
hulle verdien, bejeën.
Die Afrikaanse tradisie wat sedert 1875 gevestig is, is
onvernietigbaar. Selfs al verbrand die Xhosa-verdrukker elke
Afrikaanse boek in elke openbare biblioteek en vernietig elke film
in elke videoteek van die SAUK of elders, sal die Afrikaanse
tradisie steeds bly voortleef in mense se huise, by kerkbasaars,
boereverenigings, kusntefeeste en elders. 'n Nuwe geslag sal
daardie tradisie herontdek en dit sal weer bloei soos gras na 'n
veldbrand weer groei.
Die aanslag op Afrikaans is fel: nie net word elke moontlike
Afrikaanse instelling wat vorige geslagte met bloed en sweet
opgebou het, afgetakel nie, maar ons plekname word ook verander
sodat ons soos vreemdelinge in ons eie land moet voel. Een van die
instellings wat geheel en al deur die Xhosa-verdrukker vernietig
is, is die voormalige kunsterade. TRUK, KRUIK, NARUK, SUKOVS EN
SWARUK was die uitvloeisels van Anna Neethling-Pohl en André
Huguenet se teatergeselskappe wat in die dertiger- en
veertigerjare deur die land getoer het.
Toe die kunsterade deur die Xhosa-verdrukker tot niet gemaak is,
is Afrikaanse teater geprivatiseer in die vorm van kunstefeeste.
Hoewel dit geen vrye instellings is nie - want dikwels afhanklik
van erg polities korrekte borge - het hierdie kunstefeeste nogtans
'n uitlaatklep vir die onderdrukte Afrikaanse tradisie geskep.
So pas egter het die ANC-verdrukker by monde van die burgemeester
van Potchefstroom, 'n stad wat binnekort na die sorghumbier Tlokwe
vernoem gaan word, aangekondig dat die bestaan van 'n Afrikaanse
kunstefees soos Aardklop nie toelaatbaar is nie.
Afrikaans is tot staatlose taal gemaak en die kunsterade is
afgeskaf. Maar ook privaat mag ons nie Afrikaanse teater bedryf
nie, want dit pas nie die Afrofascistiese bewind van Mbeki nie.
Dat die Xhosa-verdrukker hiermee 'n bespotting van menseregte en
internasionale verdrae oor die regte van individue en volkere maak,
het by die meelopers verbygegaan.
Op hierdie 14 Augustus sê elke Afrikaner met 'n Afrikaanse hart
vir die Xhosa-narre wat ons regeer: gaan vlieg! Ons en ons taal
het Lord Somerset, Lord Milner en die ander Britte oorleef. Ons
sal Lord Thabo en sy "Engelse" lakeie ook oorleef.
Die stryd gaan voort! Mag die taal van Van Wyk Louw wat ondanks
onderdrukking en teenstand so 'n voortreflike tradisie kon
produseer, nog lank bly leef en gedy. En mag ons bevryding gou kom
sodat ons nie langer bevele hoef te neem van Mugabe se dissipels
in Suid-Afrika nie.
Net as die Afrikaner vry is, sal Afrikaans eindelik vry wees.