chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Dan Roodt

15 November 2005 

Frankryk se Chirac kapituleer

Gisteraand het president Jacques Chirac van Frankryk 'n lang TV-onderhoud toegestaan waarin hy die onluste wat deur Arabiese en swart jeugdiges in sy land gepleeg word, bespreek het.

'n Mens sou gehoop het dat die Franse wat al dikwels in die verlede moedige standpunte verdedig het, die eerste Westerse moondheid sou word wat sy voet neersit oor geweldpleging deur immigrante op eie grondgebied en 'n duidelike boodskap sou uitstuur dat hy nie afgepers kan word om nog meer toegewings aan oproeriges te maak nie.

Helaas het Chirac van 'n sterk standpunt weggeskram en met 'n tipiese benadering van "wit skuld" en "wat kan ons doen om dinge vir julle nog aangenamer te maak" gekom. Dit kom daarop neer dat hy voor die petrolbomme van die jong onlusmakers gekapituleer het.

Die universele slagkreet van "rassisme!" het ook sy tol op die Franse president geëis, want in 'n emosionele betoog het hy die multikulturalisme besing deur te sê: "Ek wil aan die kinders van die probleembuurte sê, wat ook al hul oorsprong, dat hulle een en almal dogters en seuns van die Republiek is."

In die aangesig van Frankryk se beleid van "integrasie", oftewel verfransing, wat nie werk nie, het Chirac weereens beter middele en meer geld belowe om die gewraakte beleid te maak werk. Dat daar toenemend rassekwotas in Frankryk op alle gebiede toegepas gaan word, kan mens reeds met stelligheid voorspel.

Intussen het die steun vir die nasionalistiese mnr. Jean-Marie le Pen wat allerweë as "verregs" bestempel word, maar wat hom nogtans streng by die reëls van die demokrasie hou, tot 25% gestyg. Een uit elke vier Franse, oftewel 13 miljoen mense, wil dus hê dat immigrasie gestaak moet word en selfs dat Derde Wêreld-immigrante na hul lande van oorsprong teruggestuur behoort te word. Dit is die hoogste mate van steun vir 'n nasionalistiese party in die Westerse wêreld wat daar sedert die Tweede Wêreldoorlog behaal is en dui op die intensiteit van die krisis wat hom in Frankryk afspeel.

Die Franse onluste het opnuut die internasionale debat oor multikulturalisme, enersyds, maar ook die behoud van Westerse nasionale identiteite, andersyds, gestimuleer. Hoewel die SA situasie in baie opsigte anders is omdat Westerlinge hier in 'n minderheid verkeer, is die basiese argumente oor kunsmatige bevoordeling van dikwels gewelddadige "agtergeblewenes" wat deur regstellende aksie en ander maatreëls bevoordeel moet word, dieselfde.

Chirac het gisteraand teruggedeins van 'n moeilike werklikheid wat radikale besluite aan hom opdwing. Die Afrikaner, wie se voortbestaan op die Afrikakontinent meer as ooit tevore bedreig word deur geweld, taaldiskriminasie en demografiese agteruitgang, het nie meer die Franse luukse om die probleem aan 'n volgende geslag oor te laat nie. By ons sal die ideëbotsing tussen multikulti en voortgesette volkskap met meer moed en insig gevoer móét word.

boontoe