Thabo
Mbeki is glo hoogs tevrede met die toestand wat hy by Tukkies
aangetref het. Daar is reeds 40% swart studente (43% nagraads) en
hulle is onstuitbaar op pad om die meerderheid op die kampus te
vorm.
Ons
weet ook dat Afrikaans die afgelope jare aan die UP geweldig
agteruitgegaan het. Selfs in die Afrikaanse departement word 75% van
alle lesings deesdae in Engels aangebied onder leiding van die
departementshoof, prof. Hein Willemse. Dat Afrikaans aan die
Universiteit van Pretoria kwyn, verskaf sekerlik verdere vreugde aan
die ANC-president.
Die
ANC se langtermynplan met Tukkies is deursigtig en word reeds
openlik gepropageer: om van die universiteit 'n sogenaamde
"Afrika-universiteit" te maak. Diegene wat enigiets van
universiteite elders in Afrika weet, sal besef dat gehalte van
opleiding of hoë standaarde gewoonlik nie met
"Afrika-universiteite" geassosieer word nie. Veel eerder
dien Afrika-universiteite die ideologiese doeleindes van
Afrika-regerings en word sulke plekke dikwels met burgerlike onrus
en opstokery geassosieer. Vele rebellebewegings het al hul oorsprong
op die kampusse van Afrika-universiteite gehad.
Moontlik
het ons reeds die begin hiervan in die onlangse betogings by Tukkies
waar slagspreuke soos "Maak al die wittes dood!" geskree
is, gesien.
Binne
die groter prentjie weet ons dat die ANC nog altyd Pretoria en
omgewing as 'n vyandelike vesting gesien het en stelselmatig besig
is om sy ondersteuners daar in te voer. Deur die UP te verswart,
word verseker dat die omgewing ook met tienduisende jong swartes
bevolk word wat vorentoe sy politieke hegemonie in die gebied sal
verseker. Die naamsverandering verteenwoordig nog 'n element wat
moet verseker dat blanke Afrikaners uit Pretoria verdryf word en met
rasbewuste swart ondersteuners van die ANC vervang moet word.
Hoe
het dit gebeur dat Tukkies eenvoudig maar boedel oorgegee het? Die
huidige geslag akademici moet in 'n groot mate die skuld hiervoor
kry. Sedert Johan van Zyl die rektor van die UP was, is daar
stelselmatige verraad jeens die Afrikaanse en blanke student gepleeg
deur die invoer van geheime rassekwotas, die afskaling van
Afrikaans, bedekte of onbedekte rassediskriminasie teen blanke
studente, inmenging in die studentepolitiek deur die
universiteitsowerheid, en so meer.
In
enige plan om Pretoria en sy naam te red, sal die posisie van die
universiteit ook sorgvuldig oorweeg moet word. Afrikaners sal ook
die groep akademiese verraaiers wat hul eie neste uitveer deur ons
jongmense namens die ANC van hul kampus te verdryf, moet begin
teiken vir openbare kritiek.
Ons
mag nie toelaat dat Mbeki vir altyd so ingenome met ons ondergang
bly nie.