Die
Springbokrugbyspan het so pas die grootste neerlaag in sy
geskiedenis teen Australië gely met 'n telling van 49-0. In
rugbygeledere gaan stemme reeds op dat die span se afrigter, Jake
White, moet bedank.
Sedert
die ANC en SAKP in die vroeë jare sestig op hul sogenaamde "gewapende
stryd" van stedelike terreur besluit het, was SA sport en veral
rugby in hul visier. Met die Wêreldbeker in 1995 het Nelson Mandela
die patriotiese gevoelens van blankes en veral Afrikaners
skaamteloos uitgebuit deur hom as 'n ondersteuner van die span voor
te doen.
Sedertdien
het die ware aard van die ANC se sportpolitiek na vore getree in die
vorm van rassetransformasie, spelers wat nie meer Afrikaans mag
praat nie, beskuldigings van rassisme teen Geo Cronjé en ander
spelers, asook die politieke aanstelling van rugby-administrateurs.
Rugby,
en in 'n mindere mate krieket, is net gebruik om die afskuwelike
onderbroekvlag wat met dié van die Stille-oseaaneiland Vanuatu
ooreenstem, te vestig. Noudat rugby sy doel gedien het, gaan die
sport soos 'n uitgesuigde lemoen weggesmyt word. Daar loop reeds
gerugte dat die stadions wat deur rugby-ondersteuners gebou is, in
die toekoms vir sokker gebruik gaan word.
As
ons eerlik is, moet ons erken dat Springbokrugby soos ons dit geken
het, tot die verlede behoort. Die dae van Frik du Preez, Mannetjies
Roux en ander legendes, maar ook die beginsel dat spelers op meriete
gekies word, is verby solank as wat die ANC hierdie land gaan regeer.
Afrikaners
moet die moontlikheid ondersoek om hul eie internasionale span op
die been te bring, wat selfs iewers in die buiteland geregistreer
mag wees.
Ons
boodskap aan die ANC behoort te wees: transformeer die span sommer
nou, voor die pad vol duwweltjies word! Laai dit met 80% swart
spelers sodat SA rugby tot die dieptes van SA sokker kan daal.
Verander gerus die naam van die Springbokspan na die AmaGazelles of
iPlayers of watter ander naam ook al.
Naamsveranderings
is mos hoog mode, nie waar nie?
Die
positiewe sy van verloorrugby is dat die ANC van een van sy
belangrikste ideologiese wapens ontneem is: daar bly geen opium vir
die volk meer oor nie. Met die Springbokspan uit die pad, sal ons
mense se oë moontlik begin oopgaan vir dinge soos geweldsmisdaad,
taaldiskriminasie, korrupsie, rassebevoordeling, kortom, vir die
werklikheid.
Hopelik
hou die Springbokrugbyspan aan met verloor totdat iets nuuts in die
plek daarvan kom, verkieslik 'n Afrikanerspan wat ons eie nasionale
identiteit kan uitdruk. Rugby mag nie langer 'n speelbal in die
hande van ANC-politici soos die sluwe Mandela wees nie.