chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Anton Barnard

30 Augustus 2006 

Jeug steun VF+

Die onlangse steun vir die VF+ onder Kovsie-studente, asook op die Tukkie-kampus en in Londen, is beduidend en baie interessant.

Tradisioneel is "regse" partye se steunbasis as oumense gesien. Die VF+ lyk my word toenemend as 'n tipe Afrikaner-protespar ty gesien, 'n boodskap wat aanklank by studente en jonges vind.

Veldtogte soos die een om jonges vry te stel van regstellende aksie is gewaarborg om hul gewildheid te verhoog. Ook protesaksies teen Potchefstroom se naamverandering.

Die VF+ se beeldpoetsers sou slim wees om 'n beeld van rebelsheid en protes bietjie aan te blaas. Hou byvoorbeeld volgende keer 'n verkiesingsvergader ing in Bloemfontein se Mystic Boer.

Tree in gesprek met Anton Barnard op die geselsforum.

boontoe