chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Jaco Strauss

23 Februarie 2005 

Max? Max wie?

Johan Pienaar se noodkreet opskrif "MOENIE ONTTREK NIE, MAX!" het my lekker laat glimlag in die wete dat ek gelukkig nooit so desperaat sal wees om hulp uit daardie patetiese oord hoef te ontbied nie. Pine en sy trawante moet regtig reeds deur die bodem van die pot wees as hul enigste hoop nou op Mad Max rus. Die laaste positiewe ding wat ek oor daardie selferkende bleeksiel gelees het was toe die Essybiesie hom die trekpas gegee het!

Nou het Max pas sy politieke onopvoedbaarheid onderstreep deur aan sy nemesis beter publisiteit te gee as waarvoor dié ooit sou kon hoop. Ek skat die tydgleuf met Dan se deelname (wie is die ander sprekers nou weer?) is reeds volgeboek. Wanneer laas het Max 'n vol saal vir enigiets getrek?

Maar laat dit wees soos dit wil, gesonde debat is wat 'n Universiteit behoort te bevorder en vryheid van spraak is 'n fundamentele liberale beginsel. "Liberalisme" is dan ook 'n term wat wild en wakker deur Pine rondgegooi word terwyl dit duidelik is dat hy nie die eerste ding daarvan verstaan nie. Het Voltaire dit nie vir ons so mooi opgesom toe hy gestel het dat hy die reg tot vryheid van spraak, van selfs diegene met wie hy verskil, met sy lewe sou verdedig nie? Pine bejammer eerder homself met 'n klaaglied van Dan "kan nie meer gekeer word nie".

In sy smeekbrief verwys Johan Pienaar ongelukkig deurgaans na Max as 'n "liberaal" terwyl niks in Max se nuutste lafaardsdans enigsins 'n greintjie liberalisme openbaar nie. Max het nie eers die oortuiging, wat nog te sê die moed of substansie om met Dan in debat te tree nie. Nou probeer hy eerder ander nuttige idiote openlik aanhits om vir Dan "met dade stil te maak." Hoe interpreteer die Pinkos daai wekroep? Neo-Liberalisme? Klink vir my baie meer na goeie ou outydse Bruinhemp-fascisme!

Dis spoorbyster fasciste soos Max en Pine wat Liberalisme 'n slegte naam gee!

 

boontoe