Die
voortslepende debakel rondom die Universiteit van Pretoria se
taalbeleid is besig om absurde afmetings aan te neem. Die
vise-rektor van die universiteit, prof. Chris de Beer, het
vandeesweek aan studente gesê dat hulle kan kies tussen 'n UP wat
oornag verengels en een wat geleidelik verengels.
Die
minagting waarmee die huidige bestuur die Afrikaanse studentekorps
behandel, kom daarop neer om die Afrikaner te tart. Oor feitlik 'n
eeu heen het Afrikaners in die noorde van die land hul geld en
arbeid in die Universiteit van Pretoria gestort om dit een van die
voorste opvoedkundige instellings in die land en in die wêreld te
maak.
Vandag
laat prof. Chris de Beer, asook die rektor, prof. Calie Pistorius
die Afrikanerstudent op die kampus onwelkom voel. Boonop word 200
miljoen rand se beurse elke jaar aan anderstaliges toegeken wat
regstreeks of 0nregstreeks deur die betalende Afrikanerstudente
befonds word.
Dit
is 'n aanduiding van Afrikaner-ordentlikheid dat De Beer en
Pistorius nog nie aangerand is of dalk iets erger oorgekom het nie.
In enige ander land en in enige ander gemeenskap sou sulke
uittartende gedrag lank reeds deur meer ekstremistiese studente of
dalk hul ouers met geweld beantwoord gewees het.
Dat
die Afrikaanse studente aan die UP reeds moedeloos raak, blyk uit
vandeesweek se besetting van die hoofbestuur se kantore.
Sowel
die rektor van Tukkies as sy bestuur moet weet dat 'n hele volk se
oë vandeesweek op hulle gerig is in die samesprekinge rondom die
taalkwessie wat met studente moet volg. Die universiteit moet weet
dat indien hy gaan aanhou om bloot die ANC-regering terwille te
wees, hy toenemend in konfrontasie met die groot aantal Afrikaners
in Pretoria en die ou Transvaal gaan tree.
Tot
dusver het die universiteit hom op sy minste verraderlik gedra sover
dit Afrikaanse taalbelange betref. Maar ook die onverkwiklike
toepassing van rassekwotas t.o.v. die mediese en ander
studierigtings, maak dit baie duidelik waar die bestuur se
lojaliteite lê.
Veral
die taal wat De Beer vandeesweek teenoor studente gebruik het, is so
vermetel dat hy die Afrikaner 'n verskoning skuldig is.
Dit
is hoog tyd dat ons moderne hensoppers met dieselfde minagting
behandel word as wat hulle kennelik vir hul eie mense voel.
29/09/05 03:09