chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Dan Roodt

31 Julie 2005 

ANC radikaliseer oor grondbesit

Die pas afgelope nasionale grondberaad in Johannesburg het duidelik getoon watter radikalisering daar in ANC-geledere rondom grondbesit in die land aan die gang is. Markbeginsels, asook die gedagte van "vrywillige koper, vrywillige verkoper" het algemeen onder skoot gekom van die adjunk-president, Phumzile Mlambo-Ngcuka, asook verskeie ministers en senior party-amptenare.

Die ANC se planne met "grondhervorming" moet uiteraard teen die agtergrond van sy volgehoue steun vir die Mugabe-bewind gesien word. Selfs die minister van finansies, Trevor Manuel, wat soms as 'n gematigde in die ANC-kabinet gesien word, het vandeesweek 'n pleidooi gelewer dat Suid-Afrika vir Zimbabwe finansieel behoort by te staan ten einde nie 'n "mislukte staat" op ons grense te hê nie.

Die invloed van Afronasionalisme met sy slagspreuk "Afrika vir die Afrikaan" is besig om sterker in die land te word. Tydens die grondberaad is blanke verteenwoordigers van die landbou-unies deur die swart beraadgangers uitgejou en uitgelag. Verlede jaar het 'n groot deel van Suid-Afrika se swart elite ook vir Robert Mugabe op die grasperk van die Uniegebou toegejuig vanweë sy sterk anti-blanke en anti-Westerse beleid.

Afrikaners - en blanke Suid-Afrikaners in die algemeen - sou naïef wees om nie die skrif aan die muur te lees nie. Indien die ANC daarin slaag om blanke boere van hul grond af te sit soortgelyk aan wat Mugabe in Zimbabwe vermag het, sal ander sektore van die ekonomie waarskynlik kort daarna aan die beurt kom.

Kortom, Suid-Afrika staar 'n grondkrisis in die gesig. Dit is nóú die tyd vir Afrikanerorganisasies en nie net landbouverenigings nie, om saam te staan en 'n verenigde standpunt oor grondbesit en eiendomsreg in te neem.

Indien ons die geveg rondom grondbesit verloor, is daar min kans dat daar nog hoegenaamd vir ons 'n toekoms onder 'n toenemend radikale swart-nasionalistiese regering gaan wees.

 

boontoe