chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Rubens Ricupero | Prof. Anthony Melck
Verlyn Klinkenborg | Eberhard Hofmann
Johann Wingard
|Dan Roodt

Johann Wingard:  Sekelbos, Mbeki en Vigs

Johann Wingard:  Strategiese flaters

Lize de Ridder:  Belydenis van 'n amptenaar

Ockie van Schalkwyk:  Afrika in 'n staat van chaos

Karin Roodt:  9/11 en die definisie van vryheid 

Johan Willemse:  Gedenkpilare vir plaasmoordslagoffers

 

Johan Willemse

Gedenkpilare vir plaasmoordslagoffers

Gelewer tydens die Rapportryersberaad te Kimberley, Oktober 2002

Geagte Rapportryers, raak die landelike veiligheidsituasie ons as ‘n kultuur-organisasie ? Dit het betrekking op sekuriteit, polisiëring en wetstoepassing en mag dalk as ‘n landbou aangeleentheid gesien word.  Kultuur is tog totaal in ‘n ander kategorie,  of is dit ?

Kultuur kan kortliks omskryf word as ‘n Beskawingstoestand.  Dit omhels die totale menswees van enige gemeenskap van die spesie Homo Sapiens.  Kultuur is ‘n mens se verhouding tot sy kultuurgroep, sy taal, godsdiens, moraliteit, ekonomie, opvoeding sedes en tradisies.  Dit is die mens binne sy Volkereverband.  Derhalwe is die landelike veiligheidsituasie vir ons wel van belang.  Waar die landelike areas bedreig word,  is dit ‘n bedreiging teen ‘n geselekteerde sektor van ‘n bepaalde kultuurgemeenskap,  te wete die Afrikanervolk.  Uiteraard is hierdie bedreiging ook tersake ten opsigte van mense in die landelike omgewing,  anders as die Afrikaner.  Boere [landbouers] van ander volke en kultuurgemeenskappe,  asook arbeiders,  besoekers en toeriste,  staan ook onder die swaard van anargie in die Landelike Areas.

Die vraag is, hoe veilig is die landelike areas van Suid-Afrika ?  Soek ons amptelike syfers dan loop jy jou vas teen ‘n muur van rompslomp en disinformasie.  Die SAPD het op navraag verklaar dat geen statistieke aangaande die landelike veiligheidsituasie of moorde op boere beskikbaar gestel mag word nie.  Gelukkig is gegewens beskikbaar vanuit die geledere van  Georganiseerde Landbou asook verskeie plekke op die Internet.  Hier is inligting van die VSA se Buro vir Ondersoeke,  asook veral Nederlandse nuusnavorsers se web-bladsye van groot nut.

Kom ons wees reguit:   Die tendens van moorde op die Suid-Afrikaanse landbousektor is die hoogste teenoor enige sektor van die bevolking in enige plek op aarde,  wat nie in ‘n direkte oorlogsituasie betrokke is nie.   Tot Desember 2001 is reeds 1288 erkende ongevalle aangeteken.  Hierdie syfer mag hoër wees indien die SA Polisiediens statistieke beskikbaar sal stel.   Die frekwensie is 274 ongevalle per 100 000 van die bevolking.   Die sektor in die globale bevolking wat naaste hieraan kom,  aldus INTERPOL se gegewens,  is die SAPD wat sowat ‘n derde van die landelike sektor beloop.

Dames en here,  voormelde in ag genome is my vraag aan u,  is hierdie nie ‘n  Volksmoord wat plaasvind nie ?   Volgens omskrywings van die Verenigde Volke Organisasie,  asook die Internasionale Geregshof,  voldoen Plaasmoorde in Suid-Afrika onder meer aan die internasionale kriteria wat ‘n Volksmoord defineer.

Ondersoeke is gedoen rakende die oorsake en beweerde oorsake van die Moordveldtog op die Boere.   Een van die mees intensiewe ondersoeke is deur Technikon SA gevoer waar twee swart nagraadse dames-studente die projek hanteer het.  Direkte vrae is gevra maar geen indringende gesprekke is gevoer nie;  gevangenes kon ook nie onder kruisverhoor geneem word nie.   Waar beskikbaar is hofrekords nagegaan en slegs kontrolevrae is,  nadat die betrokkenes vooraf oor die ondervraging ingelig is,  gestel.   Nogtans het dit duidelik na vore gekom dat jong Swart mans die aanvalle uitgevoer het.   Hulle het mekaar selde vooraf geken.   Die aanvalle is deeglik beplan en tot vier weke observasie is gehou alvorens die aanslag uitgevoer is.  Geen erkende politieke opset is vermeld nie.  Diefstal het onlangs eers ‘n element tot die aanvalle geraak en hoofsaaklik wapens word geroof.

Word die totale prentjie deeglik ontleed,  kan die volgende vermeld word:

Daar is verseker ‘n georkestreerde aanslag op die Afrikaner-boeregemeenskap aan die gang.

            Veral bejaardes word geteiken.

Plase wat nie streng veiligheidsmaatreëls in werking het,  en dit deurlopend toepas nie,  staan ‘n groter kans om aangeval te word.

Verkenning word lank voor die tyd deur die aanvallers gedoen en oplettende boere kan die tekens gewoonlik vroegtydig waarneem.

Rooftogte word die laaste tyd verbind met aanvalle maar dit skyn ‘n rookskerm te wees.

            Verkragting en wreedaardige aanrandings vorm gereeld deel van die aanval.

            Die Regering van die Dag ontken enige politieke aanspreeklikheid

            Die gewapende magte tree redelik doeltreffend op,  nadat hulle ingelig is.

            Die regstelsel is nie ge-rat vir hierdie tipe en volume van misdaad nie.

Die gevolgtrekking waartoe dan gekom word,  is die volgende:

Die ANC gee klaarblyklik nie self of direk opdrag vir die aanvalle nie.

Daar is wel ‘n politieke onderstroom;  dit mag AZAPO, die PAC, die SAKP of enige splintergroep van Umkontwe of die ANC wees.

Dit kan afgelei word dat verwagtinge by meeste Swart Suid-Afrikaners geskep is gedurende die 1994-verkiesing,  wat deur die onvermoë, nalatigheid of onbevoegdheid van die ANC nie uitgevoer kan word nie,  of waaraan weens verskeie wettige en beweerde redes nie aan voldoen is nie.  

Hierdeur word ‘n frustrasievlak geskep wat uiting vind in “aksie” teen die “Regering”.  In die onderbewussyn van meeste Swart Suid-Afrikaners is die blanke egter steeds die regering ;   derhalwe is aanvalle op blankes eintlik aanvalle op die Regering.

Ongeag die oorsaak,  dit is die Grondwetlike plig van die Regering van die Dag om sy Burgers te beskerm.  Plaasaanvalle en die onveilige toestand in die Landelike Omgewing is direk terugvoerbaar na die Regering.  Die ANC moet pa staan vir al die aanvalle en moorde.

Die vraag is nou egter wat staan ons te doen.  Moet ons dit ignoreer;  moet ons daaroor praat;  moet ons aksie neem,  en indien wel,  welke optrede is toepaslik. 

Dames en here,  deur die probleem te ignoreer sal dit nie laat wegraak nie.  Plaasmoorde en die onstabiele toestand in ons landelike omgewing is ‘n gegewe.

Praat help nie.  Met wie word daar gepraat? 

Onderlinge gesprekke raak net emosioneel gelaai en is kontraproduktief.

Gesprekke met die Landbouleiers en Toerismebedryf lig net uit wat hulle reeds weet.

Afrikaner-politici maak die Owerheid bedag op omstandighede,  maar word aangehoor sonder dat daar geluister word.  Niemand is so doof soos diegene wat nie wil hoor nie.

Die Regering van die Dag ontken dat daar ‘n probleem is en trek ‘n kombers oor die situasie.

Aksie sal daar wel geneem moet word. 

Geweld is nie ‘n opsie nie.  Dit mag later dalk oorweeg word,  maar te veel ander deure moet eers geopen word alvorens ons dit mag oorweeg om ons tot geweld te wend.

Druk moet egter op die Owerheid geplaas word, en ‘n aanvaarbare opsie is passiewe verset.  Om passief verset aan te teken is internasionaal aanvaarbaar en kan met groot welslae toegepas word.  Passiewe verset kan nie net die Owerheid noodsaak om kennis te neem van gebeure nie,  maar dit kan die totale prentjie ook sigbaar maak vir die buiteland,  wat dan weer groter druk op die Regering van die Dag sal plaas.

Hiermee dan ‘n voorstel vanuit die Noordelike Provinsie:

Dat die R.R.B.,  afsonderlik of in samewerking met Georganiseerde Landbou,  ander Afrikaanse Kultuurorganisasies en / of naasbestaandes van Slagoffers van Plaasaanvalle,  by die ingang tot elke plaas waar plaasaanvalle sedert 1994 tot lewensverlies aanleiding gegee het,  ‘n pilaar bou. 

Hierdie pilaar sal landswyd eenvormig moet wees en minstens twee meter hoog, met die sye sowat 50 cm elk,  glad gepleister met ‘n harde sementmengsel wat ‘n langdurige onderhoudsvrye bestaan verseker.  Die gladde sement droog tot ‘n ligte,  amper wit afwerking,  wat eenvormigheid en verbeterde sigbaarheid verseker..

‘n Gedenksteen van swart graniet met die naam van elke gesneuwelde,  asook die datum van die voorval,  sal ‘n halwe meter van die bokant van die pilaar aangebring word sodat dit sigbaar is vanaf die openbare pad.

Indien die pilaar net binne die grensdraad langs die hek of toegangspad tot die eiendom opgerig word,  sal geen toestemming of magtiging van Owerheidsweë nodig wees nie.  Sodanige toestemming mag wel nodig wees om die pilaar binne die padreserwe op te rig.

Sodanige pilare sal sekerlik dramaties impak maak op alle Afrikaners, mede-Suid-Afrikaners, plaaslike asook buitelandse toeriste,  maar dan ook verseker op die Regering van die Dag.  Dit kan as passiewe verset teen die onbeheersde en sinnelose afmaai van ons boeregemeenskap geag word.

Dames en here,  u word versoek om hierdie voorstel ernstig te oorweeg.  Daar is ‘n gedenkmuur wat deur Georganiseerde Landbou opgerig is,  maar dit maak impak slegs waar dit staan.  Gedenkpilare by elke plek waar voorvalle plaasgevind het,  sal die aandag deur die hele land trek.  Dit is so dat sekere aanvalle op afgeleë plekke voorgekom het en dus nie wyd sigbaar sal wees nie,  maar andere is weer op plase gewees wat aangrensend aan Nasionale Paaie was.  Ons wil nie emosie opwek nie,  ons wil verset aanteken.   Ons wil oorleef in ons eie Vaderland.  Daarvoor is elkeen se ondersteuning hier,  en vanuit die buiteland nodig.

Gedenkpilare is ‘n wyse van passiewe protes wat die potensiaal het om groot impak te bewerk.

boontoe

Karin Roodt

9/11 en die definisie van vryheid

Die bekende dramaturg, Harold Pinter, het ná 11 September opgemerk dat wanneer George W. Bush verwys na “freedom-loving people” hy nog iemand moet teëkom wat nie van vryheid hou nie.  By die Aardeberaad het SA se minister van Buitelanse Sake weer haar verbintenis tot menseregte asook vryheid van onderdrukking en armoede bely. Selfs Kader Asmal stel dit onomwonde: vryheid deur menseregte is wat hom betref die hoogste waarde.

Die hele 20ste eeu is gekenmerk deur ‘n diskoers waarin vryheid deurentyd voorgestel is as synde in stryd met die staat.  Hierdie naïewe teorie behandel die gedagte van vryheid asof dit natuurlik voortvloei uit die afbou van ‘n repressiewe staat.  Die geskiedenis van verskriklike repressie in die voormalige Sowjet-Unie het nie ‘n onbenullige rol gespeel in die gewildheid waarmee die idee gepropageer word nie, selfs, ironies genoeg, deur eertydse ondersteuners van die hamer-en-sekel.

Deesdae het ‘n legalistiese soort liberalisme wêreldwyd posgevat en daarmee die geloof dat vryheid gewaarborg kan word deur die toepassing van ‘n sekere stel reëls wat dit onderlê ongeag die staat.  Menseregte word dus gedra deur regsbeginsels wat veronderstel is om oor alle grense heen te strek en deur een en almal as onbetwisbaar universeel geldig aanvaar te word.  Die belangrike besluit om ‘n internasionale liggaam op te rig soos die hof  in Den Haag om menseregte af te dwing, is ‘n goeie voorbeeld hiervan.

Nietemin beweer John Gray, professor van Europese denke aan die London School of Economics, dat politiek nie daaruit bestaan om te kies tussen die soorte vryhede waarvan ons die meeste hou nie, maar eerder uit ‘n stel mededingende begrippe van vryheid.  Die VSA het byvoorbeeld nie veel ag geslaan op wette en regsnuanses i.v.m. menseregte om die daders van die terreuraanslag teen sy land aan te keer nie.  Al was die VSA se reaksie daarop nie altyd in elke opsig oorwoë nie, sou niemand vandag wou beweer dat menseregte ten alle koste moet geld in só ‘n geval nie.  Vandaar die belangrike keuses wat vryhede noodwendig opdwing.

Kwessies waar dit veral ter sprake kom is nie net die probleem rakende terrorisme nie, maar ook dwelmhandel en georganiseerde misdaad.  Martin van Creveld het in 1991in sy gesaghebbende werk, The Transformation of War, uitgebreid geargumenteer oor die fenomeen van nuwe geweldsakteurs, asook oorsake van konflik en onder meer bevind dat die onderskeid tussen soldate en burgerlikes besig was om te vervaag.

Gray beweer dat terrorisme en dwelmhandel gepaardgaan, maar dat niemand wil toegee dat die een meer ingryping in persoonlike vryheid vra (terreur) en die die ander (dwelms) heelwat minder nie.  Dat dwelms dus gewettig behoort te word het vir hom niks te make met die uitleef van persoonlike vryheid à la John Stuart Mill nie, maar met die feit dat dit nie na behore gekontroleer kan word as dit onwettig verhandel word nie.  Die buitensporige pryse van dwelms is volgens Gray direk verwant daaraan dat dit verbode besit is en verklaar die eweneens buitensporige winste wat booswigte daaruit bekom.  Dit is juis hierdie winste wat veroorsaak dat terroristeorganisasies die grootste enkele voordeel uit die onwettige handel in dwelms trek.  Die omvang van omkoopgeld tot hul beskikking veroorsaak daarbenewens dat hulle ‘n bedreiging vir die behoorlike funksionering van die strafregstelsel en polisiemag inhou.

Omdat geweld en konflik toenemend buite die jurisdiksie van state val - al-Qaeda synde die treffendste voorbeeld hiervan – is die behoud van sterk state vir Gray van die allergrootste belang.  Die protagoniste van geweld is vandag politieke organisasies en ander netwerke.  Die ernstige denkfout wat gesaghebbende meningsvormers begaan, is om state of hul leiers steeds as die uitsluitlike oortreders van menseregte te beskou.  Die mees onlangse massamenseslagting - in Rwanda – was nie die werk van ‘n staat soos die Gulag of Holocaust was nie, maar van etniese stryders binne ‘n swak staat.  Die risiko’s wat die verontagsaming van menseregte betref is ook veel groter indien iets soos kernwapens buite die beheer van state aangewend word.  Verswakte state is dus meer van ‘n bedreiging as wat diktators ooit was.

Met die toename in die aantal state in die wêreld was die antwoord van ontwikkelde lande alles behalwe konsekwent met die insette van hulp vir staatsbou en -onderhoud.  Terwyl die meeste gereed staan om voedselhulp te bewillig, bly hulle oorbluf toekyk na wat hulle beskou as eksotiese geskille en obskure verskille, aldus Daniel Moran van die Naval Post Graduate School in Kalifornië.  Hy sien tewens ‘n oplewing van nasionalisme wat state nog meer onder druk gaan plaas.

Vergeet van Locke, Mill en Kant.  Gray gee Thomas Hobbes aan as die mees toepaslike denker oor vryheid.  Vir Hobbes is vryheid nie ‘n normale menslike toestand nie, maar ‘n uitvloeisel van staatsmag.  Om vry te kan wees, moet ‘n mens bowenal eers veilig wees.  En net ‘n sterk staat kan veiligheid waarborg.

boontoe

Ockie van Schalkwyk

Afrika in 'n staat van chaos

Na aanleiding van Prof Vilakazi se standpunte soos verwoord in The African Renaissance en verskeie ander gebeure en bydraes die afgelope paar maande, lewer ek graag die volgende repliek:

Ek het geweldig deernis vir die Afrika-bevolking wat 'n ongelooflik moeilike sprong moes maak vanuit 'n wêreld gekenmerk deur onontwikkelde tegnologie (in vergelyking met die res van die wêreld), bestaansboerdery, en ook animistiese denkparadigma wat elementêre kausaliteitsdenke ondermyn tot in wat ons ken as die wêreld waarin ons leef. Saam met tegnologiese vooruitgang en veranderde lewenswyse het kulture natuurlik ook op die evolusieleer gevorder.  Die Westerse wêreld se kultuur word gekenmerk deur 'n paar dialektiese spanninge, onder andere individuele aanspreeklikheid teenoor vryheid ens. Dit het noodwendig tot gevolg gehad dat individuele prestasie direk eweredig staan teenoor inividuele vergoeding.  Die noodwendige konsekwensie is natuurlik dat geen of swak prestasie sal lei tot ellendige lewensomstandighede.  Die groter sosio-ekonomiese modelle, wat as gevolg van globalisering almal op die planeet raak, steun in 'n groot mate op die beginsel dat indivudele arbeid individueel vergoed word.
 
Hierdie situasie veroorsaak dat Afrika letterlik in 'n staat van chaos verkeer, maar as Afrika wil deel in die voordele van die ontwikkelde wêreld, het sy mense geen ander keuse as om kulturele verskuiwings te maak nie. Dit is nou maar net eenvoudig so dat mense wêreldwyd met mekaar meeding vir markaandeel in alle bedrywe. Afrika het geen opsie as om beter, vinniger en goedkoper produkte en dienste aan die wêreld te lewer as hy markaandeel wil hê nie. As mnr. Mbeki nie hierdie beginsel in NEPAD inbou nie, het dit geen kans om te slaag nie en sal Afrika altyd maar afhanklik wees van 'n skenkersgemeenskap. Dit is ongelooflik tragies, maar is dit nie ironies dat die lande met die grootste hongersnood in ons area langs die groot mere lê nie?

Myns insiens is die enigste manier om die situasie gunstig om te swaai te vinde in 'n kulturele vernuwing.  Mnr. Mbeki en persone in sy dampkring soos prof. Vilakazi is op die verkeerde spoor. Die krampagtige vasklou aan alles wat Afrika is, is besig om die verkeerde seine deur te stuur. Swart jongmense word voortdurend gepeper met tradisie en dit maak hulle noodwendig onkrities teenoor hulle kulturele paradigmas. Afrika word as't ware vanuit die grafte van voorvaders geregeer in plaas van om vorentoe getrek te word deur 'n blinker toekoms. (Amper soos Wolfardt Pannenberg se gerealiseerde eskatologiese paradigma)  Mathata Tsedu se onlangse  skrywes onderstreep hierdie waarneming wanneer hy sê dat landerye die bande tussen swartmense en hulle voorvaders verbreek het. Dit is ondenkbaar dat hulle nie insien dat miljoene mense in 'n beperkte ruimte noodwendig anders sal begin lewe nie. Dink net aan landbou en watervoorsiening. As ons nie damme bou, op groot skaal boer, en riolering en ander infrastruktuur skep nie, is dit nie vir mense moontlik om in groot getalle te bestaan nie. Pes en cholera sal algemeen in die 'wastelands' wees. 

Die westerse kulture het juis gedy omdat hulle kausaliteitsdenke hull eie kon maak en verfyn. Die verhouding tussen verlede, hede en toekoms 'n tipe tydstroom geword. Die verlede word grootliks gesien as 'n groot databasis met gevallestudies. Dit word ontleed en sekere teorieë word daaruit geformuleer wat dan krities getoets kan word. Die toekoms is die bestemming waarheen ons onafwendbaar op pad is. Ons wil egter hê dat die toekoms op 'n bepaalde manier daaruit sien, en op grond van ons toekomsaspirasies en lesse uit die geskiedenis struktureer ons die hede. Dis elementêr, maar dit het letterlik duisende jare geneem om vir die Europese wêreld om so ver te kom. Vandag is dit gepogrammeer in u en my genetiese materiaal. Hierdie bate wat die blanke Afrikane het word natuurlik glad nie ingespan nie. Ons het reeds gewys dat ons in 'n kort tydjie (die ongeveer 80 jaar na die Engelse Oorlog) die vrugbaarheid van Afrika kon inspan om 'n land van melk en heuning te skep waarvoor ander Afrika-regerings hulle voortande sou gee. Die ironie is dat baie van hulle lande meer potensiaal het as Suid-Afrika, neem net Angola as voorbeeld.

Suid-Afrika, en Suider-Afrika kan dit nooit bekostig as ons ook nou sou Afrikaniseer nie. Dit klink pragtig op politiek-korrekte konferensies, maar ons moet nie die realiteite uit die gesig verloor nie. Die enigste faktor wat maak dat Suid-Afrika nie soos die res van Afrika lyk nie, is dat die toekomsgedrewe denkparadigma so 'n paar jaar langer aan bewind was. Ons moet ons vermoëns bly uitbou, die gemeenskap se aandag daarop vestig en bly rigting gee. Afrika het ons nodig.

boontoe

 

Lize de Ridder

Belydenis van ‘n munisipale amptenaar

Na 5 jaar diens as munisipale amptenaar beweeg ek einde April na ‘n loopbaan in die akademie. Noodgedwone noop hierdie omwenteling my na retrospeksie en introspeksie. As stadsbeplanner is daar talle vrae wat beantwoord moet word, veral in die lig daarvan dat ek eersdaags die beplanners van die toekoms gaan help begelei. Wat kon ek beter doen en hoe? As stadsbeplanner binne die munisipale opset is die vereniging van die komponente mens, plek en ekonomie die ruimte waarin funksioneer word. Gevolglik, kon ek as menseregte-aktivis myself laat geld? Het ek as omgewingsaktivis hoegenaamd ‘n verskil gemaak? Was ek suksesvol in my poging om te verseker dat multinasionale liggame nie plaaslike besigheidsontwikkeling stuit nie? Verder het ek myself ook as taalaktivis beskou…

 

Die "Dogme-95 Vow of Chastity" is 10 reëls wat deur Deense filmmakers daargestel is om die Hollywood en Bollywood masjiene teen te staan. Films soos The Celebration, The Idiot en The King is Alive is daarvolgens verfilm. Die filmmakers moet dan onderteken dat hulle die reëls probeer volg het en ‘n belydenis aflê waar hulle die reëls oortree het. Hiervolgens het ek besluit om dan daarvolgens ook ‘n belydenis af te lê as munisipale amptenaar wat probeer het om binne die sektor as taalaktivis te funksioneer. Dit het ten doel om as katarsis te dien by die afsluit in ‘n hoofstuk van my lewe, maar ook om die ware taalaktiviste daarop te dui hoe maklik ons pseudo-taalaktiviste val. Hierdie is my belydenis:

 

Ek het my diensopsegging in Engels ingedien. (Ek was bevrees dat die betrokke afdeling wat dit hanteer dit in lêer-x gaan plaas en einde Mei my op my mobiele foon skakel terwyl ek al in Bloemfontein werk en aandui dat ek afgedank is)

 

Ek geen poging tot enige openbare verset aangewend het omdat alle notules, agendas en korrespondensie in Engels gedoen word nie. (Al is daar geen Engelssprekende raadslede nie en net 3 Engelssprekende amptenare).

 

Ek moet Afrikaanse korrespondensie in Engels beantwoord. (Die Munisipale Bestuurder dring daarop aan, sodat hy weet wat ons standpunt is indien hy dit moet verdedig).

 

Ek het by ‘n vergadering in die oud-Mosambiekse-vlugtelingskamp daarop aangedring dat die deelnemers eerder Shangaan as Portugees praat, alhoewel ek saamstem dat minderheidstale erken moet word.

 

Ek het selfs diep gemor toe ‘n lid van die publiek aangedring het op ‘n Afrikaanse weergawe van ‘n beleid wat ek opgestel het.

 

Ek was valslik trots op die feit dat ek ‘n taalaktivis is en mense toelaat om in hul eie taal (solank dit een van die amptelike tale is) in openbare vergaderings te praat en hul daarin te probeer antwoord; en omdat ek kennisgewings in al vier amptelike plaaslike tale uitstuur; en doelbewus met ander Afrikaanssprekende amptenare Afrikaans praat in vergaderings waar almal verkies om Engels te praat.

 

Ter afsluiting, as selfs iemand wat onder die indruk was dat sy ‘n taalaktivis was so ‘n totale taalsondaar is, hoeveel te meer is daar nie werk vir Praag in Suid-Afrika onder diegene wat die taalstryd teenstaan nie! Miskien ook die opstel van ‘n "Praag-gelofte-van-suiwerheid" waaraan mens jou in elke situasie kan meet, sodat mens nie weer ingedagte in gewoonte verval nie. Gevolglik wil ek as ‘n tipe bekeerde taalaktivis van nou af doelbewus daarop konsentreer om deurentyd Afrikaans te leef en hoop om aktief betrokke te wees by enige projekte binne die taalbeweging.

boontoe

Johann Wingard

Strategiese flaters

In die westerse wêreld word baie gewag gemaak van strategiese beplanning.  Dit vereis  die vindingrykheid en innoverende vermoë om vooruit te kan dink en om planne te orden en organiseer sodat bestuurders slagvaardig sal wees vir alle gebeurlikhede wat moontlik mag opduik .  Enige land wat in ‘n wedywerende wêreld ‘n wenland wil wees moet derhalwe die reëls van wedywering of mededinging ken en meesterlik kan toepas.

 ‘n Flater kan volgens die Groot Tesourus van Afrikaans (L.G. de Stadler 1994) o.a. as ‘n dwaling, mite, versinsel, selfverblinding, dinkfout, oordeelsfout of doodsonde beskryf word.  Dit is dan ‘n uiting van stupiditeit, verwaarlosing, versuim, onverskilligheid of brouwerk.

Wanneer ‘n land dus ‘n strategiese flater maak, begaan die land ‘n byna onherroeplike oordeelsfout wat sy toekoms in ‘n bepaalde rigting stuur en waarvan hy slegs met groot moeite en ‘n gepaardgaande magsrewolusie sal kan ontsnap.  Van die strategiese flaters wat in onlangse jare in Suid-Afrika begaan is, is Mbeki se Afrika inisiatief seker die ergste.

Hoewel ‘n Afrikaland, het Suid-Afrika onder ‘n apartheidsregering, die beeld van ‘n tweede-wêreld-westerse-land, soos Kanada, Australië, Nieu Zeeland, ens. gehad.  Die wesenskenmerke van so ‘n land is dat dit deur ‘n westersgeoriënteerde regering en sakewêreld bestuur word, ‘n regering wat nie net die markgerigte ekonomiese stelsels van die weste aanhang nie, maar wat ook die westerse waardestelsels van oop en skoon regering, demokrasie, onafhanklikheid van die regbank, en die westerse manier van dinge doen te volg deur strategies selfversorgend te wees.  Politieke tradisie is deel van kultuur, en die westerse kultuur was dus ook as deel van Suid-Afrika se politiek waarneembaar.

Tydens die sestiger en sewentigerjare van die vorige eeu, toe apartheid sy hoogtepunte bereik het, het vaste investering deur buitelandse beleggers in Suid-Afrika ook ‘n hoogtepunt bereik.  Die land het die beeld van ‘n moderne, welvarende en mededingende westerse land, met ‘n sterk regering en ‘n innoverende nywerheid gehad wat van Suid-Afrika ‘n beleggersparadys gemaak het. Die sanksieveldtog van die tagtigerjare en die persepsies van ‘n onderdrukkende outokrasie het beleggings laat opdroog en beleggers laat vlug.  Anglo American se Clem Sunter het in sy “High Road vs Low Road” veldtog gepleit vir die dag dat apartheid afgeskaf word om deur ‘n volwaardige demokrasie vervang te word.

Net soos die onderhandelings by Kemptonpark, het Sunter, nes die res van die sakewêreld, geglo dat die invloed van ‘n land se sakewêreld sterker is as die invloed van sy regering op buitelandse persepsies.  Daarvolgens sou Suid-Afrika ‘n westerse land bly.  Vir die sakewêreld was dit ‘n strategiese flater om aan te neem dat ‘n swart regering dieselfde prioriteite en waardestelsels sou hê as wat die land se vorige westerse regerings gehad het; dat Suid-Afrika na ‘n magsoorgawe dieselfde sal wees as daarvoor; dat die Afrikaner-regering die enigste struikelblok na ‘n voorspoedige Suid-Afrika was.

In sy uitstekende essay op die PRAAG webwerf: “Nasionale identiteitsvraagstukke in post-apartheid-Suid-Afrika” skryf Prof. Albert Venter oor die intrinsieke verskille tussen die westerse wyse van optrede en diè van Afrikalande, en ek haal aan:

         “Westerse kultuur is eksperimenteel en innoverend, Afrika is hiërargies en onderdanig;

         “Westerse kultuur is mededingend en strydend, Afrika stel 'n prys op harmonie en konsensus;

         “Die Weste beklemtoon individuele regte, Afrika beklemtoon groepverpligtinge;

         “Die Weste beklemtoon individuele vryheid, Afrika groepsolidariteit;

         “Die Weste glo in die onpartydige toepassing van reëls, Afrika plaas 'n premie op sensitiwiteit vir die persoonlike behoeftes van ander;

         “Die Weste plaas klem op verandering, Afrika op kontinuiteit, tradisie en gesag;

         “Die Weste is toekomsgerig, Afrika is verlede-georienteer;

         “Die Weste bevorder geslagsgelykheid, Afrika is nog partriargaal ingestel;

         “Die Weste bevorder die neem van kanse, van  probeer-en-leer; Afrika verkies die ou maniere van doen.”

Voortvloeiend hieruit kan mens byvoeg dat westerlinge individualisties is met ‘n interne lokus van beheer, waar maatskappye, net soos individue, hul toekoms self wil bepaal en hul heil self wil uitwerk.  Darenteen is die Afrika-psige bekend vir sy eksterne lokus van beheer, ‘n byna fatalistiese aanvaarding van sy lot en onderwerping aan gesag. Hiervan kan mens aflei dat ‘n swart regering nie daarin belangstel om ‘n land mededingend te bestuur nie, maar om eerder solidariteit met die res van Afrika te betoon.  Enige kritiek teenoor enige Afrikaland sal ook onvanpas wees, vandaar die vreemde (vir ons) verhouding tussen Mbeki en Mugabe.

Die uiteenlopende verwysingsrame en kontrasterende verskille in bestuursbenadering en kultuur word hiermee skerp geïllustreer.  Beleggers, vir wie individuele vryheid, onpartydige toepassing van reëls, waagmoed, innovasie en mededingendheid belangrik is, sien letterlik neer op lande waar daardie waardes ontbreek en waar die teenoorgestelde waardes belangriker geag word.

Onder Pres. Nelson Mandela se regering, het Onderpres. Mbeki die verantwoordelikheid vir die administrasie van Suid-Afrika op hom geneem.  Een van die heel eerste staatsdepartemente wat hy ‘getransformeer’ het (eufemisme vir verafrikanisering, verswarting en kulturele reoriëntering) was Buitelandse Sake.  Hy het die fokus vanaf die Weste na Afrika verskuif, want tydens die Nasionale Party-regerings was Buitelandse Sake op die Weste gerig, sodat Suid-Afrika in byna elke Westerse land deur ‘n missie verteenwoordig was.

Hierdie verskuiwing van fokus is deur ‘n Afrika-oriëntering gevolg.  Volgens Mbeki moet Suid-Afrika tot ‘n Afrikaland getransformeer word en homself volledig met Afrika identifiseer.  Hierdie onbekookte emosionele besluit wat Suid-Afrika tot die beeld van ‘n Afrikaland sal verdoem, kan as die grootste strategiese flater vir Suid-Afrika van die afgelope honderd jaar beskou word.

Nadat hul ekonomië totaal ineengestort het, het Afrikalande met die hulp van die Wêreldbank en die IMF van hul mislukte ekonomiese stelsels afgesien en na ‘n vryemarkstelsel oorgeskakel, maar die persepsies het by die weste gevestig gebly. Alhoewel fiskale dissipline en privatisering van staatsbates hoog is op die lys van ‘n byna meganiese toepassing van die IMF se handboek oor ekonomiese dissipline, bly die  toepassing daarvan egter eendimensioneel en paradoksaal, naamlik Afrikalande met Afrikabestuurders wat die nuwe klein westerse ekonomië moet bestuur.

Volgens my siening is dit nog ‘n strategiese flater van die Wêreldbank en die IMF om hul vertolkings van ekonomiese stelsels op Afrikalande af de dwing sonder om die bestuurders ook te verander.  Die ‘creative minorities’, soos Ayn Rand dit noem, het die land reeds lankal verlaat.  Die gevolge is onvermydelik en daardie lande is nou in ‘n afwaartse ekonomiese spiraal.  Hoewel hul jaarlikse groeikoerse 5% tot 8% is, is die basis daarvan so miniskuul klein (kwalik so groot soos ‘n groot dorp in Suid-Afrika s’n) dat die werkloosheidsyfer steeds styg. Wat werklik kortkom, is nie studiestukke, beleidstukke, dokumente en meer papier nie, maar westersgeoriënteerde bestuurders om Afrikalande se nuutgevonde vryemarkekonomië te bestuur.

Zambië is ‘n unieke land in meer as een opsig.  Daar was nooit enige vryheidsoorloë nie.  Desnietenstaande die feit dat hulle uit twee of drie groot stamme bestaan, was daar nooit enige noemenswaardige etniese wrywing nie. Met die hoogste geletterdheidsyfer in Afrika, het Zambië ook een van die hoogste werkloosheidsyfers.  Nieteenstaande die aantreklikste beleggingsomgewing en aansporing in Afrika, die feit dat valutabeheer geheel en al afgeskaf is, van hoogs aantreklike belastingstoegewings en die land se  vredeliewende en hardwerkende werkerskorps, kan die ZIC (Zambian Investment Corporation) onder Margaret Mwanakatwe, weinig of geen belangstelling vanuit die buiteland verwek nie.  Die ZIC doen uitsonderlike goeie promosiewerk en gaan uit hul pad om beleggings vir hul land te werf, maar Margaret het teenoor my erken dat beleggers nie in Zambië (of ander Afrikalande, volgens my)  belangstel nie.  Die enigste noemenswaardige beleggers is wit boere en individue uit Zimbabwe en Suid-Afrika wat daar wil kom boer of hardehout vir uitvoer wil kom afhaal.

Die Zimbabwekrisis is natuurlik nie bevorderlik vir Afrika se beeldbouprogram nie en Zambië het veel meer las daarvan as Suid-Afrika, vandaar hul afsydigheid teenoor Robert Mugabe.  Maar Mugabe bevestig net weer die indruk wat nywerheidslande van Afrika het:  “Dis slegte besigheid om in Afrika te belê. Los die plek vir die donateurs.”

Mbeki se strategiese flaters is dus om Suid-Afrika na ‘n Afrikaland te transformeer, sy Afrika herlewingsprojek wat etniese emosies gaande maak, sy onwerkbare Afrika-Unie, die onnosele Afrika-dollar, projekte wat hy as prioriteit vir Suid-Afrika voorop te stel. Verdere flaters is deur Suid-Afrika van die weste te vervreem met sy omarming van Mugabe, sy kritiek teenoor Amerikaanse optrede in Afghanistan wat vir Amerikaanse en Britse beleggers so ‘n emosionele saak is en deur die media van hom te vervreem.  Deur hierdie flaters vervreem hy die hele land se tradisionele sakevriende en skrik hy voornemende beleggers af.  Bestaande nywerhede, soos die motorbedryf, sal vanweë hul eerstehandse kennis van plaaslike toestande waarskynlik aanhou om hier te belê, maar nuwe beleggers sal skaars bly, want volgens oorsese beleggers met wie ek al gesels het, is Afrikalande se beeld te swak om geld op te waag.  Dit wil ook voorkom dat plaaslike maatskappye, liewer oorsee as plaaslik onder die vaandel van globalisering sal belê as in Suid-Afrika self.  Suid-Afrikaanse supermarkkettings en sateliet kommunikasie bedieners is van die aktiefste natuurlike beleggers in Afrika waar hulle met ‘n minimum belegging en westerse bestuurders geld kan maak in lande waar kommunikasie en voedsel ‘n premium het.

Die enigste manier om Suid-Afrika se beeld weer te herstel is deur ‘n magsrevolusie; een waar die regering of van binne moet verander sodat die land se prioriteite vir ‘n wenland herstel kan word, of waar die regering heeltemal ontsetel word.  Vir beide alternatiewe sal Suid-Afrika se skeppende minderheid ‘n deurslaggewende rol moet speel om te verhoed dat die land binne tien jaar tot ‘n tweede Zimbabwe gedoem word.  Hier het die Afrikaners ‘n konstruktiewe rol om te speel en sal hulle uit hul apatieslaap gewek moet word.

Johann Wingard.

19 Maart 2002.

boontoe

Johann Wingard

Sekelbos, Mbeki en Vigs

Sekelbos is ‘n indringerdoringbos wat veral op onbewerkte ou lande voorkom. Vir dekades was koring- en mielielande tot ‘n diepte van ongeveer ‘n meter bewerk.  Uiteindelik het die grond ‘moeg’ geword; die bolaag is van mikro-elemente ontdaan. 'n Sekelbos se sterk wortelstelsel stel die plant in staat om water en so ook mikrominerale, diep onder die grond te gaan haal waar daardie kosbare minerale nog in oorvloed voorkom.

‘n Vindingryke boer in Thaba Zimbi gaan toe heen en verkry die reg om die boere in die omgewing se lande van sekelbos te bevry. Hy verwyder die bosse met sy bossiekapper en maal die stam, dorings, blare en al in ‘n hamermeule. Die gemaalde veselstof word daarna  met gebreekte mielies, sout en voerkalk gemeng. Met molasse as bindmiddel, verpil hy die mengsel in voerpille wat baie gesog is by wildboere tydens die lang droë winters.

Vir ‘n dekade het ons deeltyds in die Bosveld met volstruise geboer. Gedurende die winter was voeding skaars en duur, en dan het ons oorgeslaan na daardie Thaba Zimbi wildspille wat vesel, energie en mikrominerale verskaf het. Vir proteïne het ons gesteriliseerde hoendermis met die pille gemeng. Hierdie kombinasie het die volstruise in ‘n redelike goeie kondisie gehou en het selfs eierproduksie aangehelp en goeie kwaliteit kuikens verseker. In die somer het ons gemerk dat minerale aanvullings ook by die diere se voer ingemeng moes word, anders het hulle maklik agteruitgegaan, selfs met voldoende groenvoer.

Nou wat het dit met Mbeki en Vigs te doen?

Gerrit Brand en ek het vantevore oor Mbeki se standpunt vasgesit waar die President twyfel of die MIV virus vir Vigs verantwoordelik is. My standpunt toe was dat die virus uitsluitlik daarvoor verantwoordelik was. Mbeki dig Vigs eerder toe aan sosio-ekonomiese en ander maatskaplike vraagstukke as aan ‘n virus. Na my navorsing moet ek nou albei partye in hierdie debat gelyk gee, maar Mbeki se standpunt moet gewysig word om so te lui:

"Ons aanvaar dat die virus vir VIGS verantwoordelik is, maar dis nie die enigste oorsaak vir die verlies aan verworwe immuniteit nie; maatskaplike en sosio-ekonomiese faktore kan net so ‘n groot rol speel as die virus om die bevolking deur vigsverwante siektes af te maai."

Dit is waar die sekelbosstorie inkom.

VIGS, oftewel Verworwe ImmuniteitsGebrek Sindroom en outo-immuunversteurings is die onderwerp van die huidige polemiek. Wanneer ‘n persoon se outo–immuunstelsel ophou om doeltreffend te funksioneer en die vermoë verloor om die indringing van infeksies te bekamp, sterf die persoon uiteindelik bloot omdat sy outo-immuunstelsel die liggaam nie meer soos ‘n skild kan beskerm nie.

‘n Gewas se pitte, soos mielies of koring, kan slegs daardie stowwe lewer wat deur sy wortelstelsel vloei en deur die plant opgeneem word. Wanneer ‘n mielie- of koringland dus uitgeput is, is daar net nie meer spoorelemente beskikbaar aan die gewasse se wortels nie. Kunsmis bevat weinige spoorelemente, maar sal goeie oeste verseker. Algaande word daar egter minder mikro-elemente aan die pitte beskikbaar gestel om aan die verbruiker oor te dra. Ek wil beweer dat meer as 90% van die Suid-Afrika se kommersiële landerye lankal reeds van mikro-elemente ontdaan is en dus produkte lewer wat arm aan spoorelemente is, sodat die verbruikers gewanvoed word.

Slegs enkele dekades gelede was die land se swart bevolking ‘n landelike bevolking, selfs in die tuislande, waar hulle op mikro skaal hul eie kos produseer het en dus selfs met ‘n beperkte diëet van mieliepap altyd van mikro-elemente verseker was. Sodra die lande uitgewerk was, het hulle bloot nuwe landerye ontbos of bewerk, wat goedkoper as kunsmis was. Na die afskaffing van toestromingsmaatreëls het honderde plakkerskampe verrys en het die vigspandemie in felheid toegeneem. Was dit toevallig?

Wetenskaplikes het lankal reeds ontdek dat die volle reeks makro-, mikro- en ultramikro-elemente nodig is om die liggaam se outo-immuunstelsel optimaal te laat funksioneer. Mense wat dit kan bekostig, balanseer hul diëet met vleis, vrugte vars groente en selfs natuurlike byvoegings. Daardeur word hul inname van die spoorelemente verbeter. Die haglike toestande en gebrek wat in honderde plakkerskampe heers en waar die mense se diëet hoofsaaklik brood en mieliepap is, laat my tot die slotsom kom dat daar ‘n massiewe gebrek aan mikrominerale heers, sodat hul outo-immuunstelsels mettertyd afgetakel word.

Op hierdie punt sal dit gewens wees om na die werking van kolloïdale te kyk. Dit is ‘n mikrosopies klein partikel wat sy identiteit behou terwyl dit in ‘n vloeistof in suspensie swewe. Omdat dit so klein is word dit maklik deur die liggaamselle geabsorbeer. Plante skakel metaalminerale oor in kolloïdale vorm wat ‘n natuurlike negatiewe elektriese lading het, die wesenskenmerk van plantafgeleide minerale.
 
Kliniese toetse in die VSA, Duitsland en in die Ukraïne het bevestig dat minerale met ‘n negatiewe elektriese lading twee belangrike voordele het: Eerstens verhoog dit die vervoer en bio-beskikbaarheid van ander voedingstowwe afkomstig van voedsel, vitamine- of kossupplemente. Tweedens versamel dit vanweë hul negatiewe elektriese lading toksienes en swaarmetale wat in die liggaam aanwesig is, om dit uit die liggaam af te skei.

Sodra spoorelemente en minerale in hierdie vorm egter afwesig is, word dit haas onmoontlik vir die liggaam om ‘n gesonde outo-immuunstelsel te handhaaf en die persoon se vermoë om siektes te bestry verminder drasties. Wanneer ‘n persoon se outo-immuunstelsel deur virale inveksies, wanvoeding of dergelike ander oorsake aangeval en afgetakel word ontwikkel daar gevolglik gebreke in die immuniteit wat hy gedurende sy leeftyd verwerf het.

Hoewel dit nog nie ten volle verstaan word nie, aanvaar wetenskaplikes dat die aanwesigheid van mikro-minerale ‘n bydraende faktor is om die kwaliteit van biologiese selle in plante, diere en by die mens te onderskraag. Dit sou dus teoreties moontlik wees om die negatiewe effekte van ‘n outo-immuun gebrek met plant-afgeleide minerale teë te werk.

Gedurende die afgelope twintig jaar het verskeie navorsingsinstansies multi-disiplinêre toetse en studies gedoen op plantaardige minerale wat in vaste vorm in die Ukraine voorkom, soos die: Institute for Bio-colloidal Chemistry, Kiev Medical Academy, Dnepropetrovsky Research Institute for Mineral Resources of Ukraine, The Institute of Soil of the Ukrainian Academy of Agrarian Science, Vinnicky Institute for Animal Feeds. Hierdie toetse het onteenseglik die rol van plant-afgeleide minerale en spoorelemente in mens en dier se outo-immuunstelsels bewys, hoewel nie as geneesmiddel vir Vigs per se nie.

Hierdeur wil ek herhaal dat daar meer as een rede vir VIGS bestaan. Wetenskaplikes aanvaar dat die virus 'n persoon se outo-immuunstelsel aftakel totdat die persoon sterf. Daar bestaan egter ander oorsake vir immuniteitsgebrek en dit wil voorkom of vigstoetse nie onderskei tussen die verskillende oorsake van immuniteitsgebrek nie. As dit is wat President Mbeki wil sê stem ek met hom saam. Dan kan ‘n inklusiewe nasionale strategie ontwikkel word wat die wanvoedingsprobleem, sowel as antiretrovirale middels aanspreek..

boontoe

Dan Roodt

Regstellende aksie is 'n heilige koei

(repliek soos in Rapport gepubliseer op 3 Februarie 2002).  Sien ook "Regstellende aksie is onbillik en onregverdig" in Opstelle vir 'n langer antwoord.

Regstellende aksie is vandag ‘n groter heilige koei as enige aspek van die ou NP-beleid.

Terwyl daar in die VSA ‘n lewendige debat oor regstellende aksie gevoer word, met die intelligente en redelike mense aan die “anti”-kant, word dit in Suid-Afrika as taboe beskou om jou daarteen uit te spreek, in welke geval jy as ‘n rassis en ‘n renegaat gebrandmerk word.  Ten minste kan ons nou ophou voorgee dat daar ‘n nasionale konsensus oor die kwessie bestaan.

Mnr. Kriel beweer dat regstellende aksie by maatskappye neerkom op “‘n normale sakebesluit”.  Indien ondernemings so oortuig was van die wonderlike nuwe sakegeleenthede en –uitdagings wat RA bied, waarom vind die regering dit nodig om dit by wyse van baie streng wetgewing af te dwing?  As die beweging na rassevoorkeure so byna spontaan plaasvind, waarom ag die Departement van Arbeid dit gerade om honderde en selfs duisende amptenare aan te stel om maatskappye te intimideer en te polisieer?

Rassekwotas met die dreigement van boetes perk ons ekonomiese vryheid in en maak van Suid-Afrika ‘n meer totalitêre land as wat dit ooit onder apartheid was.  Toe was daar groepsgebiede, maar geen swart of Indiërsakeman is ooit gedwing om ongekwalifiseerde Afrikaners in sy onderneming aan te stel nie.  Ten minste het die ou NP van die wortel (subsidies) gebruik gemaak om sy grensnywerhede te probeer vestig, en nie die stok (dwangmaatreëls) soos die ANC nie.

Mnr. Landsberg argumenteer dat regstelling nodig is weens die “erfenis van rassediskriminasie”.  Dit val egter plat as mens in gedagte hou dat die fondse wat aan tuislandontwikkeling bestee is onder apartheid, volgens ingeligte bronne meer was as wat al die agentskappe van die Verenigde Nasies op die arm lande wêreldwyd uitgegee het sedert die Tweede Wêreldoorlog.  Dit was reusebedrae, veral in vandag se geld.  Die ontwikkelingskomponent van apartheid was die eerste regstellende aksieprogram, wat nou opgevolg word deur ‘n tweede.

In die vyftigerjare toe Verwoerd Minister van Bantoe-administrasie was, het die aantal swart leerlinge verdubbel van 883 896 in 1953 tot 1 582 395 in 1961, wat ‘n bespotting maak van die eietydse dogma dat blankes opvoeding van swartmense weerhou het.

Volgens mnr. Kriel maak “tradisionele meriete by aanstellings... nie meer sin nie.” Ook nie “tradisionele Eurosentriese” sakebeginsels nie.  Ek veronderstel hy hou van lenings à la mode soos ABSA via Unifer hulle uitdeel aan mense wat dit nie kan of wil terugbetaal nie.  Ook die Permanente Bouvereniging het soos ABSA al aandeelhouersfondse gebruik vir “regstellende finansiering”.

Verdere negatiewe gevolge van regstellende aksie is:

  • ‘n klein groepie swart gekwalifiseerdes wat 30-50% meer as hul blanke eweknieë verdien, en kort-kort van werk verander om ‘n hoër salaris;
  • blankes wat dikwels summier in die pad gesteek word, dog nie sonder om van hulle te verlang dat hulle hul swart plaasvervangers eers moet oplei nie (die Eskom-geval);
  • openbare aankope wat besig is om in ‘n stelsel van geïnstitusionaliseerde korrupsie te ontaard soos wat swart tussengangers miljoene rande op ‘n slag verdien;
  • ‘n kultuur van vinnige geld en plundery, veral van kontantreserwes wat oor jare deur blankes opgebou is by openbare instellings en maatskappye;
  • die ontwikkeling van ‘n regstellende nomenklatoera wat dit as ‘n aangebore reg sien om blanke intellektuele en werklike kapitaal uit te buit vir eie gewin en verryking;
  • onhoudbare kultuurkonflikte waar byna ongeletterde swartmense soms aangestel word in hoë posisies, asook gevalle van twasa of besoeke deur voorouers soos in ‘n Johannesburgse aksepbank waar ‘n man ná twee maande se wegbly opgedaag het met ‘n beesgalblaas om sy kop wat kliënte die skrik op die lyf gejaag het;
  • ‘n algemene verlaging van standaarde in die werkplek en op universiteite waar ‘n opvoedkundige van die Universiteit van Kaapstad sou gesê het dat hy deesdae “Magistergrade toeken aan studente wat voorheen kwalik standerd agt sou gehaal het”;
  • personeelkorpse wat uitgebrei word ter wille van kwotas met ‘n verlaging in produktiwiteit soos by die SA Reserwebank waar dieselfde werk nou deur dubbel soveel mense verrig word as in 1994.

Regstellende aksie is ‘n luukse wat selfs die rykste land op aarde laat steier.  Volgens die tydskrif Forbes kos dit Amerika ongeveer $100 miljard per jaar, ‘n bedrag gelykstaande aan Suid-Afrika se BNP.  Ongeveer vyftig persent van swart Amerikaners ontvang een of ander vorm van staatshulp oftewel welfare.  Vir Suid-Afrika om dieselfde te doen, sou ekonomiese selfmoord beteken.

Mnr. Landsberg het gelyk in sy enigsins anglisistiese opmerking dat die “speelveld nie gelyk is nie”.  Veral jong blankes en Afrikaners moet vandag meeding teen ‘n voorgee omdat anti-wit diskriminasie gedy.  Maar soos Thomas Sowell, ‘n swart Amerikaner en skrywer van Race and culture, opgemerk het, ly diegene wat aandring op regstelling ook aan jaloesie oor ander se sukses en ‘n verborge “vrees vir ‘n onvermoë om mee te ding...” - al is daar gelyke geleenthede.  Vandaar dan die aandrang op “geoormerkte voordele” en posisies wat op ‘n rasse- of etniese basis uitgedeel moet word.

Ns. Sien ook Dirk Hermann se deelname aan die regstellende aksie-debat in vandag se Rapport.  Kliek hier.

boontoe

Johann Wingard

Rassekwotas, regstellende aksie en werkreservering

In sy oorspronklike Amerikaanse gewaad is werkgewers versoek om aktief te verseker dat  gekwalifiseerde swart applikante aansoek sal doen.  Daarna moes hulle in ‘n poel gaan en seleksie is dan op ‘n kleurblinde wyse gedoen.  Byna almal, insluitende die grootste kritici van regstellende aksie, sal waarskynlik daardie konsep vandag ondersteun.  Die model wat deur Suid-Afrika se voorstanders van regstellende aksie oorgeneem is, is egter die erg verdraaide vorm daarvan, soos deur amptenare vir eie gerief vertolk en verwoord is.  ‘n Verdere probleem is dat die bevoordeeldes van regstellende aksie nie minderhede is nie, en ander agendas, soos herverdeling van rykdom, ‘n wesenlike rol speel by die toewysing van kontrakte.

 

Kwotas, statutêre beskerming en werkreservering (soos staatskontrakte) wat op ras gebaseer is, het in Suid-Afrika nou die plek ingeneem van individuele gewete, redelikheid en oorreding.  Deur hierdie weg te volg het Suid-Afrika ‘n land geword waar verskillende mense verskillende wetlike regte het wat suiwer op ras gebaseer is.  Die pendulum het nou ver oorgeswaai  van ‘n pro-benadeelde posisie na ‘n anti-wit posisie.

 

Verdere kritiek is:

·        Buitelanders, soos Malawiërs, Zimbabwiërs, Nigeriërs en Zambiërs kry voorkeurbehandeling bo wit Suid-Afrikaanse burgers. (viz. by die  Ontwikkelingsbank waar ‘n senior man ernstig verklaar “I am an African, not an expatriat, therefore I qualify under the policy”)

·        Die room van buurlande se senior personeel word na die RSA met groter salaris - en skeidingspakkette gelok en die buurlande moet maar sonder hulle sien en kom klaar.

·        Die staat het dosyne voorkeurprogramme wat op ras geskoei is.

·        Beskermde staatskontrakteurs geniet oormatige voorspoed  a.g.v. voorkeurbehandeling en kwotas.

·        Maatskappye wat vantevore op meriete bevorder het, reserveer nou snelbaan-bevorderingsprogramme  vir beskermde groepe.

·        Bestuurders staar sanksies in die gesig as hulle nie hul kwotas bevorderings nakom nie.

·        Die spook van rasseklassifikasie is weer opgewek en veroorsaak verleentheid, bitterheid en verdeling in die werkplek.

·        Kwotas word gemoniteer deur die Dept. van Arbeid onder ‘n stelsel wat nie met die Grondwet bestaanbaar is nie.

boontoe

Rubens Ricupero

Die armes, verloorders in die stryd van globalisering

Onderhoud deur Christian Losson

Rubens Ricupero, 63, ‘n Brasiliaan, is sedert September 1995 Sekretraris-generaal van die Verenigde Nasies se Konferensie oor Handel en Ontwikkeling, VNKHO.  Eertydse professor in Internasionale Betrekkinge, aangestel as minister van Finansies van Brasilië en daarna ambassadeur by die VN in die VSA en Italië,  gee hy sy indrukke oor die ewolusie van globalisering.

Kan die Suide nie baat vind by globalisering nie?

Die teenoorgestelde gebeur.  Die Suide en die armste deel van die bevolkings in ryk lande blyk die groot verloorders van globalisering te wees.  Vir die eerste keer sedert 1998 is die groeikoers van ontwikkelde lande groter as in ontwikkelende lande.  Tien jaar gelede reeds het 20% van die rykstes reeds 50 keer meer verdien as 20% van die heel armstes.  Vandag is dit 150 keer meer!  ‘n Sisteem wat 5 biljoen mense uitsluit verloor sy legitimiteit en sal nie lank oorleef nie.

Hoekom baat ontwikkelende lande nie by ekonomiese integrasie nie?

Die huidige ekonomiese universum is bysiende.  Die liberalisering van die ekonomie wat gekoppel is aan globalisering, vererger die felheid van mededinging en finansiële instabiliteit.  Sektore wat voorheen beskerm (landbou, tekstiel…) was bevind hulself nou in internasionale kompetisie gedompel.  Kapitaal was nog nooit so volatiel nie.  In hierdie spel word wenners beter beskerm, die magtigstes, dié grotes met kennis tot hul beskikking.  Om te kan funksioneer het ‘n spel reëls nodig, ‘n skeidsregter en veral opleiding.  Mededingendheid is iets wat aangeleer moet word.  Ten spyte daarvan bedra tegnologiese bystand slegs 2% van ontwikkelingshulp!  En openbare ontwikkelingshulp is af van 60 miljard doller in 1995 na 49 miljard in 1997…

Sal die veranderende opinie wat om Seattle gebore is, vertaal in verandering?

Die openbare mening is besig om te ontwaak.  Daar is skepsisme oor die “eenderse denke” wat deur die meeste ekonome voorgehou word en wat almal van dieselfde universiteite afkomstig is.  Die dogma, waarop die Wêreld Handelsorganisasie staatmaak, wat lui dat die opheffing van doeanegrense groei in die hand werk en wat op sy beurt weer ontwikkeling stimuleer, het sy beste dae gehad.  As hierdie paradigma, waaruit slegs die sterkstes voordeel trek, enigsinds gegrond was sou daar konvergensie en nie, soos nou die geval, divergensie in groeikoerse gewees het nie.

80% van buitelandse investering bestem vir die Suide gaan na slegs 20 lande.  Afrika kry byvoorbeeld minder as Singapoer.  Hoe verander ‘n mens dit?

Ons berei handleidings oor investering in lande soos Ethiopië en Mali voor.  Ons plaas druk op transnasionale maatskappye om risiko te neem.  In Afrika is die opbrengs op kapitaal 29% sedert 1990.  Wat meer wil ‘n mens hê?  Daar moet absoluut probeer word om vrede in ontwikkelende lande te bewerkstellig.  Oorlog is ‘n konstante in die meeste van die 48 armste lande.

 

Moet hulp met voorwaardes oor demokrasie en die stryd teen korrupsie gekoppel word?

Ek hou nie van die idee van “voorwaardelikheid” nie en ook nie van riglyne van doen nie.  Dis steriel en neo-kolonialisties.  Eerder behoort die werklike wapen: inligting, die sleutel tot sukses vir ontwikkeling, gedeel te word.  Francis Bacon het gesê  Om kennis te hê, is om mag te hê”.  Maar nogtans weerhou ons die Suide daarvan.  Het u geweet dat slegs 7% van investering wêreldwyd gaan vir primêre opvoeding of gesondheid.  Of dat Tanzanië se jaarlikse skuldlas 4 keer meer as sy onderwysbegroting is?

Behoort die Staat meer betrokke te wees in die ekonomie?

Die staat word te veel onder druk geplaas om alle deelname in produksieaktiwiteite te laat vaar en homself slegs te bemoei met makro-ekonomiese stabiliteit en streng begrotingsbeleid.  State behoort liewer toe te sien dat markte reg funksioneer asook dat die laste en winste van groei  gelykop verdeel word…  Ons baat geensins daarby om gereglementeerde openbare monopolieë met gedereglementeerde privaat oligopolieë te vervang nie.

Hoe reguleer ‘n mens die onvoorspelbaarheid van finansiële markte?

Die volatiliteit van kort termyn kapitaal is ‘n groot probleem.  Selfs die voorstanders van die liberalisering van handel sê:  Die Wallstraat- Tesourie kompleks het die militêr-industriële kompleks van Eisenhower se tyd vervang”.  Maar om jouself los te maak van korttermyn kapitaal is ‘n bietjie soos om uit die mafia te bedank per skriftelike kennisgewing: nie maklik nie.  Daar moet valutabeheer oor kapitaal kom wat invloei, soos in Chile.  In ‘n buitengewone krisis, is valutabeheer oor kapitaal-uitvloei moontlik, soos in Maleisië se geval gebeur het.

Watter foute het ontwikkelingsinstellings gemaak?

In Bangkok gaan ons nadink oor ons rol.  Bestek opneem.  In 1964, toe die VNKHO gestig is, het ons van die standpunt uitgegaan dat ontwikkeling net ‘n kwessie was van kapitaal opgaar en produktiwiteit opstoot.  Verkeerd.  Die VNKHO is ‘n dromer kind van die 1968 era: wees realisties en vra die onmoontlike.  Ons wou ‘n formeel onderhandelde nuwe wêreld-orde hê.  Ons het gedink dis heelwat eenvoudiger as wat dit in werklikheid is.  Maar ons gaan nie ophou droom nie.  Ons gaan voortstry vir  meer regverdige globalisering.

“Regverdige globalisering”?  Maar dis wat die deelnemers by Davos vra!

Ons sal nooit na Davos gaan nie. Davos is die fees vir wenners van globalisering.  Ons verteenwoordig dié wat uitgesluit is, die gemarginaliseerdes.

Deel u die gedagte wat by Davos uitgespreek is dat lande in die Suide ‘geïntegreer’ moet word by globalisering?

Dit sal nie help om te vinnig te beweeg nie.  In Brasilië voer ons reeds 350 jaar lank ons suiker en koffie produksies uit en betaal daarvoor ‘n duur prys:  slawerny en latifundisme.  Dit wat ons ekonomies met die res van die wêreld geïntegreer het, het ons maatskaplik gedisintegreer.  Globalisering behoort nie die unifikasie van ‘n mark te beteken nie.  Dit behoort die deel van kennis en inligting veral van die hoogs tegnologiese te beteken en nie voorregte te skep vir die houers van daardie kennis en inligting nie.  Die Internet, dryfkrag agter globalisering, strek dié gedagte tot voordeel.  Dit het ‘n agora geskep wat nie voorheen bestaan het nie.  Die ontwikkelende lande is bewus van die ongelykhede wat hulle in die gesig staar: van nou af aan gaan hulle groter eise stel.  Hulle wil dit positief benader.  Dit gaan nie meer oor inligting wat oorbodig is nie maar om kennis op te eis wat hulle kan aanwend.  Dit gaan dus om die praktiese en nie meer die teoretiese nie.

Sal die konkrete seëvier bó die ideologiese bazaar?

Ja.  Voortaan  sal dit ‘n kundige werk wees, met opleiding, die uitruil van kennis, oordrag van tegnologie wat nie altyd gewild is nie.  Die uitruil van kennis is baie meer doeltreffend as die uitruil van ideologie.  Globalisering  behels politiek sowel as omgewingskwessies.  Dit is die rol van die VNKHO, soos ander internasionale organisasies wat hulself beywer ten bate van ontwikkeling, om hul lede van argumente te voorsien in onderhandeling, hul behoeftes uit te wys en ‘n ‘vakverbond vir arm lande’ te wees.  Globalisering is nie ‘n histories voltooide projek nie.  Dis iets in wording, besig om te gebeur, ‘n ‘opera aperta’ dus.  Die werklike aangesig daarvan sal eers na 15 of 20 jaar vorm aanneem.  Eerder as om dan  te wil aanpas by ‘n onwrikbare en unipolêre sisteem, behoort ons nou ‘n inset te lewer.  Laat ons ons beywer vir ‘n groter menslikheid..

Uit die Frans vertaal deur Karin Bredenkamp

boontoe

Prof. Anthony Melck, Rektor van Unisa, in sy openingsrede Februarie, 2000:

"Regrettably, there are those that persist in presenting Unisa's new multilingual language policy, which has been designed to complement the Constitutional provisions on language, as one surreptitiously aimed at unilingualism. Commentators on SABC radio have recently said that Unisa is phasing out Afrikaans as a medium of instruction. Nothing could be further from the truth. We have bound ourselves to communicating with our publics and to teaching in languages for which there is sufficient demand; and in most courses that is clearly the case with Afrikaans. The fact that we need a commonly understood language of record and, as a matter of courtesy, must use a commonly understood language in meetings and gatherings such as this, is being maliciously misrepresented. I trust that no member of this University will be involved in disseminating such misinformation.”

 

                                       PRAAG sal later hieroor kommentaar lewer.

boontoe

Verlyn Klinkenborg in die New York Times:

Purveying mass culture

 The major problem posed by the AOL-Time Warner deal is neither customer access nor access to customers.  It is the customers’ inveterate habit of treating brands like CNN, Time magazine and Netscape as if they still identified independent companies.

 But there is another, subtler risk in the potential synergy this kind of merger represents.  The residual gravity of such an enormous corporation – its ethos, its habits – will take a toll on creativity, in content or business operations, all the way down the line.  Call it an efficiency tax, the edge that vanishes when everything is tailored for the pipeline, so to speak.  No matter how you spin it, this merger, like other, similar mergers in the past few years, represents a move toward uniformity and away from diversity, toward the globalization of a consumerist, mass culture that is best purveyed by globalized mass corporations.

boontoe

Eberhard Hofmann:

Arroganz der Eliten

Das namibische Grundgesetz garantiert das Recht, "eine Kultur, Sprache, Tradition oder Religion eigener Wahl…zu praktizieren, sich zu ihr zu bekennen, sie zu erhalten und zu fördern im Rahmen der Verfassung"

Demnach sind alle Kulturen und Sprachen in Namibia vor dem Gesetz gleichwertig eingestuft auf Papier wenigstens. 

Die Praxis lehrt jedoch, dass die rund 14 Hauptsprachen Namibias keinen gleichen Status beanspruchen können. Alte, verbreitete Schriftsprachen mit der Tradition von Hunderten von Jahren sowie einheimische Sprachen der politischen Eliten haben es ungemein leichter als die Sprachen von Minderheiten, die buchstäblich am Rande der Gesellschaft existieren. Sollten die Randgruppen ihre eigene Sprache aufgeben,wird niemand da sein, der sie rettet, es sei denn, es blieben ein paar Spuren in der Fachliteratur oder ein paar Tonkonserven zurück. Wir hören, was der UN-Generalsekretär Kofi Annan am 21. Februar 2000 zum ersten "Weltgedenktag der Muttersprachen"gesagt hat: "Angesichts der Gefahr, dass viele der 6 000 Sprachen, dir heute gesprochen werden, in den nächsten 20 Jahren, verschwinden werden, ist es wichtig, dass die internationale Gemeinschaft ihre Bemühungen verstärkt, dieses gemeinsames Erbe der Menschheit zu schützen."

Die englischsprachigen Australier und ihre Verwandten in Kanada haben über 100 Jahre lang die Kinder der Aborigines und der Indianer/Eskimo gewaltsam von ihren Eltern getrennt, um sie von der vermeintlich schädlichen Basis ihrer angestammten Kultur zu trennen, damit sie als englischsprachigen Bürger besser integrierbar würden eine Spielweise australischer und kanadischer Apartheid, nur nannte man dies nicht so. Der Versuch von Jahrzehnten ist missglückt. Die von ihrer angestammten Kultur und Sprache entfremdeten Nachfahren der Ureinwohner können zwar die Sprache ihrer Herkunft nicht mehr sprechen, aber sie sind trotzdem nicht in der idealisierten Gesellschaft aufgegangen, sondern sie fristen in Reservaten ein marginalisiertes Dasein. Sie machen dem arroganten Kulturimperialismus australischer und kanadischer Spielart heute zum Vorwurf, dass sie nun zwar Englisch können, aber für immer den Anschluss an ihre Volksart, ihre Identität verloren haben.

Vor diesem Hintergrund, vor dem Plädoyer Annans, aber vor allem vor der namibischen Verfassung ist es ein Armutszeugnis, dass für die Förderung des Muttersprachenunterrichts unter marginalisierten Gruppen Namibias wie für die Ju/’hoansi ausserhalb der Schulstunden gerade mal eine Privatkraft geduldet wird. Im regulären Unterricht dürfen nur privilegierte Gruppen Namibias ihre Muttersprache erfahren.

-Allgemeine Zeitung, 29 Februar 2000.

boontoe