| chronologie
menings
opstelle
poësie
satire
aksies
skrywers
abba
skakels
briewe
uit-BEELD
uit-RAPPORT
tuis
|
|
Karin Roodt: 9/11 en
die definisie van vryheid
Johan
Willemse: Gedenkpilare vir plaasmoordslagoffers
Johan
Willemse
Gedenkpilare
vir plaasmoordslagoffers
Gelewer tydens
die Rapportryersberaad te Kimberley, Oktober 2002
Geagte Rapportryers,
raak die landelike veiligheidsituasie ons as ‘n
kultuur-organisasie ? Dit het betrekking op sekuriteit, polisiëring
en wetstoepassing en mag dalk as ‘n landbou aangeleentheid gesien
word. Kultuur is tog
totaal in ‘n ander kategorie, of is dit ?
Kultuur
kan kortliks omskryf word as ‘n Beskawingstoestand. Dit omhels die totale menswees van enige gemeenskap van die
spesie Homo Sapiens. Kultuur
is ‘n mens se verhouding tot sy kultuurgroep, sy taal, godsdiens,
moraliteit, ekonomie, opvoeding sedes en tradisies.
Dit is die mens binne sy Volkereverband.
Derhalwe is die landelike veiligheidsituasie vir ons wel van
belang. Waar die
landelike areas bedreig word, is
dit ‘n bedreiging teen ‘n geselekteerde sektor van ‘n bepaalde
kultuurgemeenskap, te
wete die Afrikanervolk. Uiteraard
is hierdie bedreiging ook tersake ten opsigte van mense in die
landelike omgewing, anders as die Afrikaner.
Boere [landbouers] van ander volke en kultuurgemeenskappe, asook arbeiders, besoekers
en toeriste, staan ook
onder die swaard van anargie in die Landelike Areas.
Die
vraag is, hoe veilig is die landelike areas van Suid-Afrika ? Soek ons amptelike syfers dan loop jy jou vas teen ‘n muur
van rompslomp en disinformasie.
Die SAPD het op navraag verklaar dat geen statistieke
aangaande die landelike veiligheidsituasie of moorde op boere
beskikbaar gestel mag word nie. Gelukkig
is gegewens beskikbaar vanuit die geledere van Georganiseerde
Landbou asook verskeie plekke op die Internet.
Hier is inligting van die VSA se Buro vir Ondersoeke, asook
veral Nederlandse nuusnavorsers se web-bladsye van groot nut.
Kom
ons wees reguit: Die
tendens van moorde op die Suid-Afrikaanse landbousektor is die
hoogste teenoor enige sektor van die bevolking in enige plek op
aarde, wat nie in ‘n
direkte oorlogsituasie betrokke is nie. Tot Desember 2001 is reeds 1288 erkende ongevalle
aangeteken. Hierdie
syfer mag hoër wees indien die SA Polisiediens statistieke
beskikbaar sal stel. Die
frekwensie is 274 ongevalle per 100 000 van die bevolking.
Die sektor in die globale bevolking wat naaste hieraan kom, aldus
INTERPOL se gegewens, is
die SAPD wat sowat ‘n derde van die landelike sektor beloop.
Dames
en here, voormelde in
ag genome is my vraag aan u, is
hierdie nie ‘n Volksmoord
wat plaasvind nie ? Volgens
omskrywings van die Verenigde Volke Organisasie, asook
die Internasionale Geregshof, voldoen
Plaasmoorde in Suid-Afrika onder meer aan die internasionale
kriteria wat ‘n Volksmoord defineer.
Ondersoeke
is gedoen rakende die oorsake en beweerde oorsake van die
Moordveldtog op die Boere.
Een van die mees intensiewe ondersoeke is deur Technikon SA
gevoer waar twee swart nagraadse dames-studente die projek hanteer
het. Direkte vrae is
gevra maar geen indringende gesprekke is gevoer nie; gevangenes kon ook nie onder kruisverhoor geneem word nie.
Waar beskikbaar is hofrekords nagegaan en slegs kontrolevrae
is, nadat die
betrokkenes vooraf oor die ondervraging ingelig is, gestel. Nogtans
het dit duidelik na vore gekom dat jong Swart mans die aanvalle
uitgevoer het. Hulle
het mekaar selde vooraf geken.
Die aanvalle is deeglik beplan en tot vier weke observasie is
gehou alvorens die aanslag uitgevoer is. Geen
erkende politieke opset is vermeld nie. Diefstal
het onlangs eers ‘n element tot die aanvalle geraak en hoofsaaklik
wapens word geroof.
Word
die totale prentjie deeglik ontleed, kan
die volgende vermeld word:
Daar
is verseker ‘n georkestreerde aanslag op die
Afrikaner-boeregemeenskap aan die gang.
Veral bejaardes word geteiken.
Plase
wat nie streng veiligheidsmaatreëls in werking het, en dit deurlopend toepas nie,
staan ‘n groter kans om aangeval te word.
Verkenning
word lank voor die tyd deur die aanvallers gedoen en oplettende
boere kan die tekens gewoonlik vroegtydig waarneem.
Rooftogte
word die laaste tyd verbind met aanvalle maar dit skyn ‘n
rookskerm te wees.
Verkragting en wreedaardige aanrandings vorm gereeld deel van
die aanval.
Die Regering van die Dag ontken enige politieke
aanspreeklikheid
Die gewapende magte tree redelik doeltreffend op, nadat
hulle ingelig is.
Die regstelsel is nie ge-rat vir hierdie tipe en volume van
misdaad nie.
Die
gevolgtrekking waartoe dan gekom word, is
die volgende:
Die
ANC gee klaarblyklik nie self of direk opdrag vir die aanvalle nie.
Daar
is wel ‘n politieke onderstroom;
dit mag AZAPO, die PAC, die SAKP of enige splintergroep van
Umkontwe of die ANC wees.
Dit
kan afgelei word dat verwagtinge by meeste Swart Suid-Afrikaners
geskep is gedurende die 1994-verkiesing, wat
deur die onvermoë, nalatigheid of onbevoegdheid van die ANC nie
uitgevoer kan word nie, of
waaraan weens verskeie wettige en beweerde redes nie aan voldoen is
nie.
Hierdeur
word ‘n frustrasievlak geskep wat uiting vind in “aksie” teen
die “Regering”. In
die onderbewussyn van meeste Swart Suid-Afrikaners is die blanke
egter steeds die regering ; derhalwe
is aanvalle op blankes eintlik aanvalle op die Regering.
Ongeag die oorsaak,
dit is die Grondwetlike plig van die Regering van die Dag om
sy Burgers te beskerm. Plaasaanvalle en die onveilige toestand in die Landelike
Omgewing is direk terugvoerbaar na die Regering. Die ANC moet pa staan vir al die aanvalle en moorde.
Die vraag is nou egter wat
staan ons te doen. Moet
ons dit ignoreer; moet
ons daaroor praat; moet
ons aksie neem, en
indien wel, welke optrede is toepaslik.
Dames en here, deur die probleem te ignoreer sal dit nie laat wegraak nie.
Plaasmoorde en die onstabiele toestand in ons landelike
omgewing is ‘n gegewe.
Praat help nie. Met wie word daar gepraat?
Onderlinge gesprekke raak
net emosioneel gelaai en is kontraproduktief.
Gesprekke met die
Landbouleiers en Toerismebedryf lig net uit wat hulle reeds weet.
Afrikaner-politici maak die
Owerheid bedag op omstandighede,
maar word aangehoor sonder dat daar geluister word.
Niemand is so doof soos diegene wat nie wil hoor nie.
Die Regering van die Dag
ontken dat daar ‘n probleem is en trek ‘n kombers oor die
situasie.
Aksie sal daar wel geneem
moet word.
Geweld is nie ‘n opsie
nie. Dit mag later dalk
oorweeg word, maar te
veel ander deure moet eers geopen word alvorens ons dit mag oorweeg
om ons tot geweld te wend.
Druk moet egter op die
Owerheid geplaas word, en ‘n aanvaarbare opsie is passiewe verset. Om passief verset aan te teken is internasionaal aanvaarbaar
en kan met groot welslae toegepas word.
Passiewe verset kan nie net die Owerheid noodsaak om kennis
te neem van gebeure nie, maar
dit kan die totale prentjie ook sigbaar maak vir die buiteland,
wat dan weer groter druk op die Regering van die Dag sal
plaas.
Hiermee dan ‘n voorstel
vanuit die Noordelike Provinsie:
Dat
die R.R.B., afsonderlik
of in samewerking met Georganiseerde Landbou,
ander Afrikaanse Kultuurorganisasies en / of naasbestaandes
van Slagoffers van Plaasaanvalle,
by die ingang tot elke plaas waar plaasaanvalle sedert 1994
tot lewensverlies aanleiding gegee het,
‘n pilaar bou.
Hierdie
pilaar sal landswyd eenvormig moet wees en minstens twee meter hoog,
met die sye sowat 50 cm elk, glad
gepleister met ‘n harde sementmengsel wat ‘n langdurige
onderhoudsvrye bestaan verseker.
Die gladde sement droog tot ‘n ligte,
amper wit afwerking, wat
eenvormigheid en verbeterde sigbaarheid verseker..
‘n
Gedenksteen van swart graniet met die naam van elke gesneuwelde, asook die datum van die voorval, sal ‘n halwe meter van die bokant van die pilaar aangebring
word sodat dit sigbaar is vanaf die openbare pad.
Indien
die pilaar net binne die grensdraad langs die hek of toegangspad tot
die eiendom opgerig word, sal
geen toestemming of magtiging van Owerheidsweë nodig wees nie.
Sodanige toestemming mag wel nodig wees om die pilaar binne
die padreserwe op te rig.
Sodanige
pilare sal sekerlik dramaties impak maak op alle Afrikaners,
mede-Suid-Afrikaners, plaaslike asook buitelandse toeriste,
maar dan ook verseker op die Regering van die Dag.
Dit kan as passiewe verset teen die onbeheersde en sinnelose
afmaai van ons boeregemeenskap geag word.
Dames
en here, u word versoek
om hierdie voorstel ernstig te oorweeg.
Daar is ‘n gedenkmuur wat deur Georganiseerde Landbou
opgerig is, maar dit
maak impak slegs waar dit staan. Gedenkpilare by elke plek waar voorvalle plaasgevind het, sal
die aandag deur die hele land trek.
Dit is so dat sekere aanvalle op afgeleë plekke voorgekom
het en dus nie wyd sigbaar sal wees nie,
maar andere is weer op plase gewees wat aangrensend aan
Nasionale Paaie was. Ons
wil nie emosie opwek nie, ons
wil verset aanteken. Ons
wil oorleef in ons eie Vaderland.
Daarvoor is elkeen se ondersteuning hier, en vanuit die buiteland nodig.
Gedenkpilare
is ‘n wyse van passiewe
protes wat die potensiaal het om groot impak te bewerk.
boontoe
Karin
Roodt
9/11
en die
definisie van vryheid
Die
bekende dramaturg, Harold Pinter, het ná 11 September opgemerk dat
wanneer George W. Bush verwys na “freedom-loving people” hy nog
iemand moet teëkom wat nie van vryheid hou nie.
By die Aardeberaad het SA se minister van Buitelanse Sake
weer haar verbintenis tot menseregte asook vryheid van onderdrukking
en armoede bely. Selfs Kader Asmal stel dit onomwonde: vryheid deur
menseregte is wat hom betref die hoogste waarde.
Die hele 20ste eeu is gekenmerk deur ‘n
diskoers waarin vryheid deurentyd voorgestel is as synde in stryd
met die staat. Hierdie
naïewe teorie behandel die gedagte van vryheid asof dit natuurlik
voortvloei uit die afbou van ‘n repressiewe staat.
Die geskiedenis van verskriklike repressie in die voormalige
Sowjet-Unie het nie ‘n onbenullige rol gespeel in die gewildheid
waarmee die idee gepropageer word nie, selfs, ironies genoeg, deur
eertydse ondersteuners van die hamer-en-sekel.
Deesdae het ‘n legalistiese soort liberalisme
wêreldwyd posgevat en daarmee die geloof dat vryheid gewaarborg kan
word deur die toepassing van ‘n sekere stel reëls wat dit onderlê
ongeag die staat. Menseregte
word dus gedra deur regsbeginsels wat veronderstel is om oor alle
grense heen te strek en deur een en almal as onbetwisbaar universeel
geldig aanvaar te word. Die
belangrike besluit om ‘n internasionale liggaam op te rig soos die
hof in Den Haag om
menseregte af te dwing, is ‘n goeie voorbeeld hiervan.
Nietemin beweer John Gray, professor van
Europese denke aan die London School of Economics, dat
politiek nie daaruit bestaan om te kies tussen die soorte vryhede
waarvan ons die meeste hou nie, maar eerder uit ‘n stel
mededingende begrippe van vryheid.
Die VSA het byvoorbeeld nie veel ag geslaan op wette en
regsnuanses i.v.m. menseregte om die daders van die terreuraanslag
teen sy land aan te keer nie. Al
was die VSA se reaksie daarop nie altyd in elke opsig oorwoë nie,
sou niemand vandag wou beweer dat menseregte ten alle koste moet
geld in só ‘n geval nie. Vandaar
die belangrike keuses wat vryhede noodwendig opdwing.
Kwessies waar dit veral ter sprake kom is nie
net die probleem rakende terrorisme nie, maar ook dwelmhandel en
georganiseerde misdaad. Martin
van Creveld het in 1991in sy gesaghebbende werk, The
Transformation of War, uitgebreid geargumenteer oor die fenomeen
van nuwe geweldsakteurs, asook oorsake van konflik en onder meer
bevind dat die onderskeid tussen soldate en burgerlikes besig was om
te vervaag.
Gray beweer dat terrorisme en dwelmhandel
gepaardgaan, maar dat niemand wil toegee dat die een meer ingryping
in persoonlike vryheid vra (terreur) en die die ander (dwelms)
heelwat minder nie. Dat
dwelms dus gewettig behoort te word het vir hom niks te make met die
uitleef van persoonlike vryheid à la John Stuart Mill nie, maar met
die feit dat dit nie na behore gekontroleer kan word as dit onwettig
verhandel word nie. Die
buitensporige pryse van dwelms is volgens Gray direk verwant daaraan
dat dit verbode besit is en verklaar die eweneens buitensporige
winste wat booswigte daaruit bekom.
Dit is juis hierdie winste wat veroorsaak dat
terroristeorganisasies die grootste enkele voordeel uit die
onwettige handel in dwelms trek.
Die omvang van omkoopgeld tot hul beskikking veroorsaak
daarbenewens dat hulle ‘n bedreiging vir die behoorlike
funksionering van die strafregstelsel en polisiemag inhou.
Omdat geweld en konflik toenemend buite die
jurisdiksie van state val - al-Qaeda synde die treffendste voorbeeld
hiervan – is die behoud van sterk state vir Gray van die
allergrootste belang. Die
protagoniste van geweld is vandag politieke organisasies en ander
netwerke. Die ernstige
denkfout wat gesaghebbende meningsvormers begaan, is om state of hul
leiers steeds as die uitsluitlike oortreders van menseregte te
beskou. Die mees
onlangse massamenseslagting - in Rwanda – was nie die werk van
‘n staat soos die Gulag of Holocaust was nie, maar van etniese
stryders binne ‘n swak staat.
Die risiko’s wat die verontagsaming van menseregte betref
is ook veel groter indien iets soos kernwapens buite die beheer van
state aangewend word. Verswakte
state is dus meer van ‘n bedreiging as wat diktators ooit was.
Met die toename in die aantal state in die wêreld
was die antwoord van ontwikkelde lande alles behalwe konsekwent met
die insette van hulp vir staatsbou en -onderhoud.
Terwyl die meeste gereed staan om voedselhulp te bewillig,
bly hulle oorbluf toekyk na wat hulle beskou as eksotiese geskille
en obskure verskille, aldus Daniel Moran van die Naval Post
Graduate School in Kalifornië.
Hy sien tewens ‘n oplewing van nasionalisme wat state nog
meer onder druk gaan plaas.
Vergeet van Locke, Mill en Kant.
Gray gee Thomas Hobbes aan as die mees toepaslike denker oor
vryheid. Vir Hobbes is
vryheid nie ‘n normale menslike toestand nie, maar ‘n
uitvloeisel van staatsmag. Om
vry te kan wees, moet ‘n mens bowenal eers veilig wees.
En net ‘n sterk staat kan veiligheid waarborg.
boontoe
Ockie van Schalkwyk
Afrika in 'n staat van chaos
Na aanleiding van Prof Vilakazi se standpunte soos verwoord in
The African Renaissance en verskeie ander gebeure en bydraes die
afgelope paar maande, lewer ek graag die volgende repliek:
Ek het geweldig deernis vir die Afrika-bevolking wat 'n ongelooflik
moeilike sprong moes maak vanuit 'n wêreld gekenmerk deur
onontwikkelde tegnologie (in vergelyking met die res van die wêreld),
bestaansboerdery, en ook animistiese denkparadigma wat elementêre
kausaliteitsdenke ondermyn tot in wat ons ken as die wêreld waarin
ons leef. Saam met tegnologiese vooruitgang en veranderde lewenswyse
het kulture natuurlik ook op die evolusieleer gevorder. Die
Westerse wêreld se kultuur word gekenmerk deur 'n paar dialektiese
spanninge, onder andere individuele aanspreeklikheid teenoor vryheid
ens. Dit het noodwendig tot gevolg gehad dat individuele prestasie
direk eweredig staan teenoor inividuele vergoeding. Die
noodwendige konsekwensie is natuurlik dat geen of swak prestasie sal
lei tot ellendige lewensomstandighede. Die groter
sosio-ekonomiese modelle, wat as gevolg van globalisering almal op
die planeet raak, steun in 'n groot mate op die beginsel dat
indivudele arbeid individueel vergoed word.
Hierdie situasie veroorsaak dat Afrika letterlik in 'n staat van
chaos verkeer, maar as Afrika wil deel in die voordele van die
ontwikkelde wêreld, het sy mense geen ander keuse as om kulturele
verskuiwings te maak nie. Dit is nou maar net eenvoudig so dat mense
wêreldwyd met mekaar meeding vir markaandeel in alle bedrywe.
Afrika het geen opsie as om beter, vinniger en goedkoper produkte en
dienste aan die wêreld te lewer as hy markaandeel wil hê nie. As
mnr. Mbeki nie hierdie beginsel in NEPAD inbou nie, het dit geen
kans om te slaag nie en sal Afrika altyd maar afhanklik wees van 'n
skenkersgemeenskap. Dit is ongelooflik tragies, maar is dit nie
ironies dat die lande met die grootste hongersnood in ons area langs
die groot mere lê nie?
Myns insiens is die enigste manier om die situasie gunstig om te
swaai te vinde in 'n kulturele vernuwing. Mnr. Mbeki en
persone in sy dampkring soos prof. Vilakazi is op die verkeerde
spoor. Die krampagtige vasklou aan alles wat Afrika is, is besig om
die verkeerde seine deur te stuur. Swart jongmense word voortdurend
gepeper met tradisie en dit maak hulle noodwendig onkrities teenoor
hulle kulturele paradigmas. Afrika word as't ware vanuit die grafte
van voorvaders geregeer in plaas van om vorentoe getrek te word deur
'n blinker toekoms. (Amper soos Wolfardt Pannenberg se gerealiseerde
eskatologiese paradigma) Mathata Tsedu se onlangse
skrywes onderstreep hierdie waarneming wanneer hy sê dat landerye
die bande tussen swartmense en hulle voorvaders verbreek het. Dit is
ondenkbaar dat hulle nie insien dat miljoene mense in 'n beperkte
ruimte noodwendig anders sal begin lewe nie. Dink net aan landbou en
watervoorsiening. As ons nie damme bou, op groot skaal boer, en
riolering en ander infrastruktuur skep nie, is dit nie vir mense
moontlik om in groot getalle te bestaan nie. Pes en cholera sal
algemeen in die 'wastelands' wees.
Die westerse kulture het juis gedy omdat hulle kausaliteitsdenke
hull eie kon maak en verfyn. Die verhouding tussen verlede, hede en
toekoms 'n tipe tydstroom geword. Die verlede word grootliks gesien
as 'n groot databasis met gevallestudies. Dit word ontleed en sekere
teorieë word daaruit geformuleer wat dan krities getoets kan word.
Die toekoms is die bestemming waarheen ons onafwendbaar op pad is.
Ons wil egter hê dat die toekoms op 'n bepaalde manier daaruit
sien, en op grond van ons toekomsaspirasies en lesse uit die
geskiedenis struktureer ons die hede. Dis elementêr, maar dit het
letterlik duisende jare geneem om vir die Europese wêreld om so ver
te kom. Vandag is dit gepogrammeer in u en my genetiese materiaal.
Hierdie bate wat die blanke Afrikane het word natuurlik glad nie
ingespan nie. Ons het reeds gewys dat ons in 'n kort tydjie (die
ongeveer 80 jaar na die Engelse Oorlog) die vrugbaarheid van Afrika
kon inspan om 'n land van melk en heuning te skep waarvoor ander
Afrika-regerings hulle voortande sou gee. Die ironie is dat baie van
hulle lande meer potensiaal het as Suid-Afrika, neem net Angola as
voorbeeld.
Suid-Afrika, en Suider-Afrika kan dit nooit bekostig as ons ook nou
sou Afrikaniseer nie. Dit klink pragtig op politiek-korrekte
konferensies, maar ons moet nie die realiteite uit die gesig verloor
nie. Die enigste faktor wat maak dat Suid-Afrika nie soos die res
van Afrika lyk nie, is dat die toekomsgedrewe denkparadigma so 'n
paar jaar langer aan bewind was. Ons moet ons vermoëns bly uitbou,
die gemeenskap se aandag daarop vestig en bly rigting gee. Afrika
het ons nodig.
boontoe
Lize
de Ridder
Belydenis van ‘n
munisipale amptenaar
Na 5 jaar diens as
munisipale amptenaar beweeg ek einde April na ‘n loopbaan in die
akademie. Noodgedwone noop hierdie omwenteling my na retrospeksie en
introspeksie. As stadsbeplanner is daar talle vrae wat beantwoord
moet word, veral in die lig daarvan dat ek eersdaags die beplanners
van die toekoms gaan help begelei. Wat kon ek beter doen en hoe? As
stadsbeplanner binne die munisipale opset is die vereniging van die
komponente mens, plek en ekonomie die ruimte waarin funksioneer
word. Gevolglik, kon ek as menseregte-aktivis myself laat geld? Het
ek as omgewingsaktivis hoegenaamd ‘n verskil gemaak? Was ek
suksesvol in my poging om te verseker dat multinasionale liggame nie
plaaslike besigheidsontwikkeling stuit nie? Verder het ek myself ook
as taalaktivis beskou…
Die "Dogme-95
Vow of Chastity" is 10 reëls wat deur Deense filmmakers
daargestel is om die Hollywood en Bollywood masjiene teen te staan.
Films soos The Celebration, The Idiot en The King is Alive is
daarvolgens verfilm. Die filmmakers moet dan onderteken dat hulle
die reëls probeer volg het en ‘n belydenis aflê waar hulle die
reëls oortree het. Hiervolgens het ek besluit om dan daarvolgens
ook ‘n belydenis af te lê as munisipale amptenaar wat probeer het
om binne die sektor as taalaktivis te funksioneer. Dit het ten doel
om as katarsis te dien by die afsluit in ‘n hoofstuk van my lewe,
maar ook om die ware taalaktiviste daarop te dui hoe maklik ons
pseudo-taalaktiviste val. Hierdie is my belydenis:
Ek het my
diensopsegging in Engels ingedien. (Ek was bevrees dat die
betrokke afdeling wat dit hanteer dit in lêer-x gaan plaas en
einde Mei my op my mobiele foon skakel terwyl ek al in
Bloemfontein werk en aandui dat ek afgedank is)
Ek geen poging
tot enige openbare verset aangewend het omdat alle notules,
agendas en korrespondensie in Engels gedoen word nie. (Al is daar
geen Engelssprekende raadslede nie en net 3 Engelssprekende
amptenare).
Ek moet
Afrikaanse korrespondensie in Engels beantwoord. (Die Munisipale
Bestuurder dring daarop aan, sodat hy weet wat ons standpunt is
indien hy dit moet verdedig).
Ek het by ‘n
vergadering in die oud-Mosambiekse-vlugtelingskamp daarop
aangedring dat die deelnemers eerder Shangaan as Portugees praat,
alhoewel ek saamstem dat minderheidstale erken moet word.
Ek het selfs
diep gemor toe ‘n lid van die publiek aangedring het op ‘n
Afrikaanse weergawe van ‘n beleid wat ek opgestel het.
Ek was valslik
trots op die feit dat ek ‘n taalaktivis is en mense toelaat om
in hul eie taal (solank dit een van die amptelike tale is) in
openbare vergaderings te praat en hul daarin te probeer antwoord;
en omdat ek kennisgewings in al vier amptelike plaaslike tale
uitstuur; en doelbewus met ander Afrikaanssprekende amptenare
Afrikaans praat in vergaderings waar almal verkies om Engels te
praat.
Ter afsluiting, as
selfs iemand wat onder die indruk was dat sy ‘n taalaktivis was so
‘n totale taalsondaar is, hoeveel te meer is daar nie werk vir
Praag in Suid-Afrika onder diegene wat die taalstryd teenstaan nie!
Miskien ook die opstel van ‘n
"Praag-gelofte-van-suiwerheid" waaraan mens jou in elke
situasie kan meet, sodat mens nie weer ingedagte in gewoonte verval
nie. Gevolglik wil ek as ‘n tipe bekeerde taalaktivis van nou af
doelbewus daarop konsentreer om deurentyd Afrikaans te leef en hoop
om aktief betrokke te wees by enige projekte binne die taalbeweging.
boontoe
Johann
Wingard
In
die westerse wêreld word baie gewag gemaak van strategiese
beplanning. Dit vereis
die vindingrykheid en innoverende vermoë om vooruit te kan
dink en om planne te orden en organiseer sodat bestuurders
slagvaardig sal wees vir alle gebeurlikhede wat moontlik mag opduik
. Enige land wat in
‘n wedywerende wêreld ‘n wenland wil wees moet derhalwe die reëls
van wedywering of mededinging ken en meesterlik kan toepas.
‘n
Flater kan volgens die Groot Tesourus van Afrikaans (L.G. de Stadler
1994) o.a. as ‘n dwaling, mite, versinsel, selfverblinding,
dinkfout, oordeelsfout of doodsonde beskryf word.
Dit is dan ‘n uiting van stupiditeit, verwaarlosing,
versuim, onverskilligheid of brouwerk.
Wanneer
‘n land dus ‘n strategiese flater maak, begaan die land ‘n
byna onherroeplike oordeelsfout wat sy toekoms in ‘n bepaalde
rigting stuur en waarvan hy slegs met groot moeite en ‘n
gepaardgaande magsrewolusie sal kan ontsnap.
Van die strategiese flaters wat in onlangse jare in
Suid-Afrika begaan is, is Mbeki se Afrika inisiatief seker die
ergste.
Hoewel
‘n Afrikaland, het Suid-Afrika onder ‘n apartheidsregering, die
beeld van ‘n tweede-wêreld-westerse-land, soos Kanada, Australië,
Nieu Zeeland, ens. gehad. Die
wesenskenmerke van so ‘n land is dat dit deur ‘n westersgeoriënteerde
regering en sakewêreld bestuur word, ‘n regering wat nie net die
markgerigte ekonomiese stelsels van die weste aanhang nie, maar wat
ook die westerse waardestelsels van oop en skoon regering,
demokrasie, onafhanklikheid van die regbank, en die westerse manier
van dinge doen te volg deur strategies selfversorgend te wees.
Politieke tradisie is deel van kultuur, en die westerse
kultuur was dus ook as deel van Suid-Afrika se politiek
waarneembaar.
Tydens
die sestiger en sewentigerjare van die vorige eeu, toe apartheid sy
hoogtepunte bereik het, het vaste investering deur buitelandse
beleggers in Suid-Afrika ook ‘n hoogtepunt bereik.
Die land het die beeld van ‘n moderne, welvarende en
mededingende westerse land, met ‘n sterk regering en ‘n
innoverende nywerheid gehad wat van Suid-Afrika ‘n
beleggersparadys gemaak het. Die sanksieveldtog van die tagtigerjare
en die persepsies van ‘n onderdrukkende outokrasie het beleggings
laat opdroog en beleggers laat vlug.
Anglo American se Clem Sunter het in sy “High Road vs Low
Road” veldtog gepleit vir die dag dat apartheid afgeskaf word om
deur ‘n volwaardige demokrasie vervang te word.
Net
soos die onderhandelings by Kemptonpark, het Sunter, nes die res van
die sakewêreld, geglo dat die invloed van ‘n land se sakewêreld
sterker is as die invloed van sy regering op buitelandse persepsies.
Daarvolgens sou Suid-Afrika ‘n westerse land bly.
Vir die sakewêreld was dit ‘n strategiese flater om aan te
neem dat ‘n swart regering dieselfde prioriteite en waardestelsels
sou hê as wat die land se vorige westerse regerings gehad het; dat
Suid-Afrika na ‘n magsoorgawe dieselfde sal wees as daarvoor; dat
die Afrikaner-regering die enigste struikelblok na ‘n voorspoedige
Suid-Afrika was.
In
sy uitstekende essay op die PRAAG webwerf: “Nasionale
identiteitsvraagstukke in post-apartheid-Suid-Afrika” skryf
Prof. Albert Venter oor die intrinsieke verskille tussen die
westerse wyse van optrede en diè van Afrikalande, en ek haal aan:
“Westerse kultuur is eksperimenteel en innoverend, Afrika
is hiërargies en onderdanig;
“Westerse kultuur is mededingend en strydend, Afrika stel
'n prys op harmonie en konsensus;
“Die Weste beklemtoon individuele regte, Afrika beklemtoon
groepverpligtinge;
“Die Weste beklemtoon individuele vryheid, Afrika
groepsolidariteit;
“Die Weste glo in die onpartydige toepassing van reëls,
Afrika plaas 'n premie op sensitiwiteit vir die persoonlike
behoeftes van ander;
“Die Weste plaas klem op verandering, Afrika op
kontinuiteit, tradisie en gesag;
“Die Weste is toekomsgerig, Afrika is verlede-georienteer;
“Die Weste bevorder geslagsgelykheid, Afrika is nog
partriargaal ingestel;
“Die Weste bevorder die neem van kanse, van
probeer-en-leer; Afrika verkies die ou maniere van doen.”
Voortvloeiend
hieruit kan mens byvoeg dat westerlinge individualisties is met ‘n
interne lokus van beheer, waar maatskappye, net soos individue, hul
toekoms self wil bepaal en hul heil self wil uitwerk.
Darenteen is die Afrika-psige bekend vir sy eksterne lokus
van beheer, ‘n byna fatalistiese aanvaarding van sy lot en
onderwerping aan gesag. Hiervan kan mens aflei dat ‘n swart
regering nie daarin belangstel om ‘n land mededingend te bestuur
nie, maar om eerder solidariteit met die res van Afrika te betoon.
Enige kritiek teenoor enige Afrikaland sal ook onvanpas wees,
vandaar die vreemde (vir ons) verhouding tussen Mbeki en Mugabe.
Die
uiteenlopende verwysingsrame en kontrasterende verskille in
bestuursbenadering en kultuur word hiermee skerp geïllustreer.
Beleggers, vir wie individuele vryheid, onpartydige
toepassing van reëls, waagmoed, innovasie en mededingendheid
belangrik is, sien letterlik neer op lande waar daardie waardes
ontbreek en waar die teenoorgestelde waardes belangriker geag word.
Onder
Pres. Nelson Mandela se regering, het Onderpres. Mbeki die
verantwoordelikheid vir die administrasie van Suid-Afrika op hom
geneem. Een van die
heel eerste staatsdepartemente wat hy ‘getransformeer’ het
(eufemisme vir verafrikanisering, verswarting en kulturele reoriëntering)
was Buitelandse Sake. Hy
het die fokus vanaf die Weste na Afrika verskuif, want tydens die
Nasionale Party-regerings was Buitelandse Sake op die Weste gerig,
sodat Suid-Afrika in byna elke Westerse land deur ‘n missie
verteenwoordig was.
Hierdie
verskuiwing van fokus is deur ‘n Afrika-oriëntering gevolg.
Volgens Mbeki moet Suid-Afrika tot ‘n Afrikaland
getransformeer word en homself volledig met Afrika identifiseer.
Hierdie onbekookte emosionele besluit wat Suid-Afrika tot die
beeld van ‘n Afrikaland sal verdoem, kan as die grootste
strategiese flater vir Suid-Afrika van die afgelope honderd jaar
beskou word.
Nadat
hul ekonomië totaal ineengestort het, het Afrikalande met die hulp
van die Wêreldbank en die IMF van hul mislukte ekonomiese stelsels
afgesien en na ‘n vryemarkstelsel oorgeskakel, maar die persepsies
het by die weste gevestig gebly. Alhoewel fiskale dissipline en
privatisering van staatsbates hoog is op die lys van ‘n byna
meganiese toepassing van die IMF se handboek oor ekonomiese
dissipline, bly die toepassing
daarvan egter eendimensioneel en paradoksaal, naamlik Afrikalande
met Afrikabestuurders wat die nuwe klein westerse ekonomië moet
bestuur.
Volgens
my siening is dit nog ‘n strategiese flater van die Wêreldbank en
die IMF om hul vertolkings van ekonomiese stelsels op Afrikalande af
de dwing sonder om die bestuurders ook te verander.
Die ‘creative minorities’, soos Ayn Rand dit noem, het
die land reeds lankal verlaat.
Die gevolge is onvermydelik en daardie lande is nou in ‘n
afwaartse ekonomiese spiraal. Hoewel
hul jaarlikse groeikoerse 5% tot 8% is, is die basis daarvan so
miniskuul klein (kwalik so groot soos ‘n groot dorp in Suid-Afrika
s’n) dat die werkloosheidsyfer steeds styg. Wat werklik kortkom,
is nie studiestukke, beleidstukke, dokumente en meer papier nie,
maar westersgeoriënteerde bestuurders om Afrikalande se nuutgevonde
vryemarkekonomië te bestuur.
Zambië
is ‘n unieke land in meer as een opsig.
Daar was nooit enige vryheidsoorloë nie.
Desnietenstaande die feit dat hulle uit twee of drie groot
stamme bestaan, was daar nooit enige noemenswaardige etniese wrywing
nie. Met die hoogste geletterdheidsyfer in Afrika, het Zambië ook
een van die hoogste werkloosheidsyfers.
Nieteenstaande die aantreklikste beleggingsomgewing en
aansporing in Afrika, die feit dat valutabeheer geheel en al
afgeskaf is, van hoogs aantreklike belastingstoegewings en die land
se vredeliewende en
hardwerkende werkerskorps, kan die ZIC (Zambian Investment
Corporation) onder Margaret Mwanakatwe, weinig of geen
belangstelling vanuit die buiteland verwek nie.
Die ZIC doen uitsonderlike goeie promosiewerk en gaan uit hul
pad om beleggings vir hul land te werf, maar Margaret het teenoor my
erken dat beleggers nie in Zambië (of ander Afrikalande, volgens
my) belangstel nie.
Die enigste noemenswaardige beleggers is wit boere en
individue uit Zimbabwe en Suid-Afrika wat daar wil kom boer of
hardehout vir uitvoer wil kom afhaal.
Die
Zimbabwekrisis is natuurlik nie bevorderlik vir Afrika se
beeldbouprogram nie en Zambië het veel meer las daarvan as
Suid-Afrika, vandaar hul afsydigheid teenoor Robert Mugabe.
Maar Mugabe bevestig net weer die indruk wat nywerheidslande
van Afrika het: “Dis
slegte besigheid om in Afrika te belê. Los die plek vir die
donateurs.”
Mbeki
se strategiese flaters is dus om Suid-Afrika na ‘n Afrikaland te
transformeer, sy Afrika herlewingsprojek wat etniese emosies gaande
maak, sy onwerkbare Afrika-Unie, die onnosele Afrika-dollar,
projekte wat hy as prioriteit vir Suid-Afrika voorop te stel.
Verdere flaters is deur Suid-Afrika van die weste te vervreem met sy
omarming van Mugabe, sy kritiek teenoor Amerikaanse optrede in
Afghanistan wat vir Amerikaanse en Britse beleggers so ‘n
emosionele saak is en deur die media van hom te vervreem.
Deur hierdie flaters vervreem hy die hele land se
tradisionele sakevriende en skrik hy voornemende beleggers af.
Bestaande nywerhede, soos die motorbedryf, sal vanweë hul
eerstehandse kennis van plaaslike toestande waarskynlik aanhou om
hier te belê, maar nuwe beleggers sal skaars bly, want volgens
oorsese beleggers met wie ek al gesels het, is Afrikalande se beeld
te swak om geld op te waag. Dit
wil ook voorkom dat plaaslike maatskappye, liewer oorsee as plaaslik
onder die vaandel van globalisering sal belê as in Suid-Afrika
self. Suid-Afrikaanse
supermarkkettings en sateliet kommunikasie bedieners is van die
aktiefste natuurlike beleggers in Afrika waar hulle met ‘n minimum
belegging en westerse bestuurders geld kan maak in lande waar
kommunikasie en voedsel ‘n premium het.
Die
enigste manier om Suid-Afrika se beeld weer te herstel is deur ‘n
magsrevolusie; een waar die regering of van binne moet verander
sodat die land se prioriteite vir ‘n wenland herstel kan word, of
waar die regering heeltemal ontsetel word.
Vir beide alternatiewe sal Suid-Afrika se skeppende
minderheid ‘n deurslaggewende rol moet speel om te verhoed dat die
land binne tien jaar tot ‘n tweede Zimbabwe gedoem word.
Hier het die Afrikaners ‘n konstruktiewe rol om te speel en
sal hulle uit hul apatieslaap gewek moet word.
Johann
Wingard.
19
Maart 2002.
boontoe
Johann
Wingard
Sekelbos, Mbeki en Vigs
Sekelbos is ‘n indringerdoringbos wat veral op onbewerkte ou
lande voorkom. Vir dekades was koring- en mielielande tot ‘n
diepte van ongeveer ‘n meter bewerk. Uiteindelik het die
grond ‘moeg’ geword; die bolaag is van mikro-elemente ontdaan.
'n Sekelbos se sterk wortelstelsel stel die plant in staat om
water en so ook mikrominerale, diep onder die grond te gaan haal
waar daardie kosbare minerale nog in oorvloed voorkom.
‘n Vindingryke boer in Thaba Zimbi gaan toe
heen en verkry die reg om die boere in die omgewing se lande van
sekelbos te bevry. Hy verwyder die bosse met sy bossiekapper en
maal die stam, dorings, blare en al in ‘n hamermeule. Die gemaalde
veselstof word daarna met gebreekte mielies, sout en voerkalk
gemeng. Met molasse as bindmiddel, verpil hy die mengsel in voerpille
wat baie gesog is by wildboere tydens die lang droë winters.
Vir ‘n dekade het ons deeltyds in die Bosveld
met volstruise geboer. Gedurende die winter was voeding skaars en
duur, en dan het ons oorgeslaan na daardie Thaba Zimbi wildspille
wat vesel, energie en mikrominerale verskaf het. Vir proteïne het
ons gesteriliseerde hoendermis met die pille gemeng. Hierdie
kombinasie het die volstruise in ‘n redelike goeie kondisie gehou
en het selfs eierproduksie aangehelp en goeie kwaliteit kuikens
verseker. In die somer het ons gemerk dat minerale aanvullings ook by
die diere se voer ingemeng moes word, anders het hulle maklik
agteruitgegaan, selfs met voldoende groenvoer.
Nou wat het dit met Mbeki en Vigs te doen?
Gerrit Brand en ek het vantevore oor Mbeki se
standpunt vasgesit waar die President twyfel of die MIV virus vir
Vigs verantwoordelik is. My standpunt toe was dat die virus
uitsluitlik daarvoor verantwoordelik was. Mbeki dig Vigs eerder toe
aan sosio-ekonomiese en ander maatskaplike vraagstukke as aan ‘n
virus. Na my navorsing moet ek nou albei partye in hierdie
debat gelyk gee, maar Mbeki se standpunt moet gewysig word om
so te lui:
"Ons aanvaar dat die virus vir
VIGS verantwoordelik is, maar dis nie die enigste oorsaak vir die
verlies aan verworwe immuniteit nie; maatskaplike en
sosio-ekonomiese faktore kan net so ‘n groot rol speel as die
virus om die bevolking deur vigsverwante siektes af te maai."
Dit is waar die sekelbosstorie inkom.
VIGS, oftewel Verworwe ImmuniteitsGebrek Sindroom
en outo-immuunversteurings is die onderwerp van die huidige
polemiek. Wanneer ‘n persoon se outo–immuunstelsel ophou om
doeltreffend te funksioneer en die vermoë verloor om die indringing
van infeksies te bekamp, sterf die persoon uiteindelik bloot omdat
sy outo-immuunstelsel die liggaam nie meer soos ‘n skild kan
beskerm nie.
‘n Gewas se pitte, soos mielies of koring, kan
slegs daardie stowwe lewer wat deur sy wortelstelsel vloei en deur
die plant opgeneem word. Wanneer ‘n mielie- of koringland dus
uitgeput is, is daar net nie meer spoorelemente beskikbaar aan die
gewasse se wortels nie. Kunsmis bevat weinige spoorelemente, maar
sal goeie oeste verseker. Algaande word daar egter minder
mikro-elemente aan die pitte beskikbaar gestel om aan die verbruiker
oor te dra. Ek wil beweer dat meer as 90% van die Suid-Afrika se
kommersiële landerye lankal reeds van mikro-elemente ontdaan is en dus
produkte lewer wat arm aan spoorelemente is, sodat die
verbruikers gewanvoed word.
Slegs enkele dekades gelede was die land se swart
bevolking ‘n landelike bevolking, selfs in die tuislande, waar
hulle op mikro skaal hul eie kos produseer het en dus selfs met ‘n
beperkte diëet van mieliepap altyd van mikro-elemente verseker was.
Sodra die lande uitgewerk was, het hulle bloot nuwe landerye ontbos
of bewerk, wat goedkoper as kunsmis was. Na die afskaffing van
toestromingsmaatreëls het honderde plakkerskampe verrys en het die
vigspandemie in felheid toegeneem. Was dit toevallig?
Wetenskaplikes het lankal reeds ontdek dat die
volle reeks makro-, mikro- en ultramikro-elemente nodig is om die
liggaam se outo-immuunstelsel optimaal te laat funksioneer. Mense
wat dit kan bekostig, balanseer hul diëet met vleis, vrugte vars
groente en selfs natuurlike byvoegings. Daardeur word hul inname van
die spoorelemente verbeter. Die haglike toestande en gebrek wat in
honderde plakkerskampe heers en waar die mense se diëet hoofsaaklik
brood en mieliepap is, laat my tot die slotsom kom dat daar ‘n
massiewe gebrek aan mikrominerale heers, sodat hul
outo-immuunstelsels mettertyd afgetakel word.
Op hierdie punt sal dit gewens wees om na die werking van kolloïdale
te kyk. Dit is ‘n mikrosopies klein partikel wat sy identiteit
behou terwyl dit in ‘n vloeistof in suspensie swewe. Omdat dit
so klein is word dit maklik deur die liggaamselle geabsorbeer.
Plante skakel metaalminerale oor in kolloïdale vorm wat ‘n
natuurlike negatiewe elektriese lading het, die wesenskenmerk van
plantafgeleide minerale.
Kliniese toetse in die VSA, Duitsland en in die Ukraïne het
bevestig dat minerale met ‘n negatiewe elektriese lading twee
belangrike voordele het: Eerstens verhoog dit die vervoer en
bio-beskikbaarheid van ander voedingstowwe afkomstig van voedsel,
vitamine- of kossupplemente. Tweedens versamel dit vanweë hul
negatiewe elektriese lading toksienes en swaarmetale wat in die
liggaam aanwesig is, om dit uit die liggaam af te skei.
Sodra spoorelemente en minerale in hierdie
vorm egter afwesig is, word dit haas onmoontlik vir die liggaam om
‘n gesonde outo-immuunstelsel te handhaaf en die persoon se vermoë
om siektes te bestry verminder drasties. Wanneer ‘n persoon se
outo-immuunstelsel deur virale inveksies, wanvoeding of dergelike
ander oorsake aangeval en afgetakel word ontwikkel daar gevolglik
gebreke in die immuniteit wat hy gedurende sy leeftyd verwerf het.
Hoewel dit nog nie ten volle verstaan word nie,
aanvaar wetenskaplikes dat die aanwesigheid van mikro-minerale
‘n bydraende faktor is om die kwaliteit van biologiese selle in
plante, diere en by die mens te onderskraag. Dit sou dus teoreties
moontlik wees om die negatiewe effekte van ‘n outo-immuun gebrek
met plant-afgeleide minerale teë te werk.
Gedurende die afgelope twintig jaar het verskeie
navorsingsinstansies multi-disiplinêre toetse en studies gedoen op
plantaardige minerale wat in vaste vorm in die Ukraine voorkom, soos
die: Institute for Bio-colloidal Chemistry,
Kiev Medical Academy, Dnepropetrovsky Research Institute for Mineral
Resources of Ukraine, The Institute of Soil of the Ukrainian Academy
of Agrarian Science, Vinnicky Institute for Animal Feeds.
Hierdie toetse het onteenseglik die rol van plant-afgeleide
minerale en spoorelemente in mens en dier se outo-immuunstelsels
bewys, hoewel nie as geneesmiddel vir Vigs per se nie.
Hierdeur wil ek herhaal dat daar meer as een rede
vir VIGS bestaan. Wetenskaplikes aanvaar dat die virus 'n
persoon se outo-immuunstelsel aftakel totdat die persoon
sterf. Daar bestaan egter ander oorsake vir immuniteitsgebrek
en dit wil voorkom of vigstoetse nie onderskei tussen die
verskillende oorsake van immuniteitsgebrek nie. As dit is wat
President Mbeki wil sê stem ek met hom saam. Dan kan ‘n
inklusiewe nasionale strategie ontwikkel word wat die
wanvoedingsprobleem, sowel as antiretrovirale middels aanspreek..
boontoe
Dan Roodt
Regstellende
aksie is 'n heilige koei
(repliek soos in Rapport
gepubliseer op 3 Februarie 2002). Sien ook "Regstellende
aksie is onbillik en onregverdig" in Opstelle vir 'n langer
antwoord.
Regstellende aksie is vandag ‘n groter
heilige koei as enige aspek van die ou NP-beleid.
Terwyl daar in die VSA ‘n lewendige debat oor
regstellende aksie gevoer word, met die intelligente en redelike mense
aan die “anti”-kant, word dit in Suid-Afrika as taboe beskou om
jou daarteen uit te spreek, in welke geval jy as ‘n rassis en ‘n
renegaat gebrandmerk word. Ten
minste kan ons nou ophou voorgee dat daar ‘n nasionale konsensus oor
die kwessie bestaan.
Mnr.
Kriel beweer dat regstellende aksie by maatskappye neerkom op “‘n
normale sakebesluit”. Indien
ondernemings so oortuig was van die wonderlike nuwe sakegeleenthede en
–uitdagings wat RA bied, waarom vind die regering dit nodig om dit
by wyse van baie streng wetgewing af te dwing?
As die beweging na rassevoorkeure so byna spontaan plaasvind,
waarom ag die Departement van Arbeid dit gerade om honderde en selfs
duisende amptenare aan te stel om maatskappye te intimideer en te
polisieer?
Rassekwotas
met die dreigement van boetes perk ons ekonomiese vryheid in en maak
van Suid-Afrika ‘n meer totalitêre land as wat dit ooit onder
apartheid was. Toe was
daar groepsgebiede, maar geen swart of Indiërsakeman is ooit gedwing
om ongekwalifiseerde Afrikaners in sy onderneming aan te stel nie.
Ten minste het die ou NP van die wortel (subsidies) gebruik
gemaak om sy grensnywerhede te probeer vestig, en nie die stok
(dwangmaatreëls) soos die ANC nie.
Mnr.
Landsberg argumenteer dat regstelling nodig is weens die “erfenis
van rassediskriminasie”. Dit
val egter plat as mens in gedagte hou dat die fondse wat aan
tuislandontwikkeling bestee is onder apartheid, volgens ingeligte
bronne meer was as wat al die agentskappe van die Verenigde Nasies op
die arm lande wêreldwyd uitgegee het sedert die Tweede Wêreldoorlog.
Dit was reusebedrae, veral in vandag se geld. Die
ontwikkelingskomponent van apartheid was die eerste regstellende
aksieprogram, wat nou opgevolg word deur ‘n tweede.
In
die vyftigerjare toe Verwoerd Minister van Bantoe-administrasie was,
het die aantal swart leerlinge verdubbel van 883 896 in 1953 tot 1 582
395 in 1961, wat ‘n bespotting maak van die eietydse dogma dat
blankes opvoeding van swartmense weerhou het.
Volgens
mnr. Kriel maak “tradisionele meriete by aanstellings... nie meer
sin nie.” Ook nie “tradisionele Eurosentriese” sakebeginsels
nie. Ek veronderstel hy
hou van lenings à la mode soos ABSA via Unifer hulle uitdeel
aan mense wat dit nie kan of wil terugbetaal nie.
Ook die Permanente Bouvereniging het soos ABSA al
aandeelhouersfondse gebruik vir “regstellende finansiering”.
Verdere
negatiewe gevolge van regstellende aksie is:
- ‘n klein
groepie swart gekwalifiseerdes wat 30-50% meer as hul blanke
eweknieë verdien, en kort-kort van werk verander om ‘n hoër
salaris;
- blankes wat
dikwels summier in die pad gesteek word, dog nie sonder om van
hulle te verlang dat hulle hul swart plaasvervangers eers moet
oplei nie (die Eskom-geval);
- openbare
aankope wat besig is om in ‘n stelsel van geïnstitusionaliseerde
korrupsie te ontaard soos wat swart tussengangers miljoene rande
op ‘n slag verdien;
- ‘n kultuur
van vinnige geld en plundery, veral van kontantreserwes wat oor
jare deur blankes opgebou is by openbare instellings en
maatskappye;
- die
ontwikkeling van ‘n regstellende nomenklatoera wat dit as ‘n
aangebore reg sien om blanke intellektuele en werklike kapitaal
uit te buit vir eie gewin en verryking;
- onhoudbare
kultuurkonflikte waar byna ongeletterde swartmense soms aangestel
word in hoë posisies, asook gevalle van twasa of besoeke
deur voorouers soos in ‘n Johannesburgse aksepbank waar ‘n man
ná twee maande se wegbly opgedaag het met ‘n beesgalblaas om sy
kop wat kliënte die skrik op die lyf gejaag het;
- ‘n
algemene verlaging van standaarde in die werkplek en op
universiteite waar ‘n opvoedkundige van die Universiteit van
Kaapstad sou gesê het dat hy deesdae “Magistergrade toeken aan
studente wat voorheen kwalik standerd agt sou gehaal het”;
- personeelkorpse
wat uitgebrei word ter wille van kwotas met ‘n verlaging in
produktiwiteit soos by die SA Reserwebank waar dieselfde werk nou
deur dubbel soveel mense verrig word as in 1994.
Regstellende
aksie is ‘n luukse wat selfs die rykste land op aarde laat steier.
Volgens die tydskrif Forbes kos dit Amerika ongeveer
$100 miljard per jaar, ‘n bedrag gelykstaande aan Suid-Afrika se
BNP. Ongeveer vyftig
persent van swart Amerikaners ontvang een of ander vorm van staatshulp
oftewel welfare. Vir
Suid-Afrika om dieselfde te doen, sou ekonomiese selfmoord beteken.
Mnr.
Landsberg het gelyk in sy enigsins anglisistiese opmerking dat die
“speelveld nie gelyk is nie”.
Veral jong blankes en Afrikaners moet vandag meeding teen ‘n
voorgee omdat anti-wit diskriminasie gedy.
Maar soos Thomas Sowell, ‘n swart Amerikaner en skrywer van Race
and culture, opgemerk het, ly diegene wat aandring op regstelling
ook aan jaloesie oor ander se sukses en ‘n verborge “vrees vir
‘n onvermoë om mee te ding...” - al is daar gelyke geleenthede.
Vandaar dan die aandrang op “geoormerkte voordele” en
posisies wat op ‘n rasse- of etniese basis uitgedeel moet word.
Ns.
Sien ook Dirk Hermann se deelname aan die regstellende aksie-debat in
vandag se Rapport.
Kliek hier.
boontoe
Johann
Wingard
Rassekwotas, regstellende
aksie en werkreservering
In sy oorspronklike Amerikaanse gewaad is
werkgewers versoek om aktief te verseker dat
gekwalifiseerde swart applikante aansoek sal doen.
Daarna moes hulle in ‘n poel gaan en seleksie is dan op ‘n
kleurblinde wyse gedoen. Byna
almal, insluitende die grootste kritici van regstellende aksie, sal
waarskynlik daardie konsep vandag ondersteun.
Die model wat deur Suid-Afrika se voorstanders van regstellende
aksie oorgeneem is, is egter die erg verdraaide vorm daarvan, soos
deur amptenare vir eie gerief vertolk en verwoord is.
‘n Verdere probleem is dat die bevoordeeldes van regstellende
aksie nie minderhede is nie, en ander agendas, soos herverdeling van
rykdom, ‘n wesenlike rol speel by die toewysing van kontrakte.
Kwotas, statutêre beskerming en werkreservering
(soos staatskontrakte) wat op ras gebaseer is, het in Suid-Afrika nou
die plek ingeneem van individuele gewete, redelikheid en oorreding.
Deur hierdie weg te volg het Suid-Afrika ‘n land geword waar
verskillende mense verskillende wetlike regte het wat suiwer op ras
gebaseer is. Die pendulum het nou ver oorgeswaai van ‘n pro-benadeelde posisie na ‘n anti-wit posisie.
Verdere kritiek is:
·
Buitelanders, soos Malawiërs, Zimbabwiërs, Nigeriërs en
Zambiërs kry voorkeurbehandeling bo wit Suid-Afrikaanse burgers.
(viz. by die Ontwikkelingsbank
waar ‘n senior man ernstig verklaar “I am an African, not an
expatriat, therefore I qualify under the policy”)
·
Die room van buurlande se senior personeel word na die RSA met
groter salaris - en skeidingspakkette gelok en die buurlande moet maar
sonder hulle sien en kom klaar.
·
Die staat het dosyne voorkeurprogramme wat op ras geskoei is.
·
Beskermde staatskontrakteurs geniet oormatige voorspoed
a.g.v. voorkeurbehandeling en kwotas.
·
Maatskappye wat vantevore op meriete bevorder het, reserveer
nou snelbaan-bevorderingsprogramme
vir beskermde groepe.
·
Bestuurders staar sanksies in die gesig as hulle nie hul kwotas
bevorderings nakom nie.
·
Die spook van rasseklassifikasie is weer opgewek en veroorsaak
verleentheid, bitterheid en verdeling in die werkplek.
·
Kwotas word gemoniteer deur die Dept. van Arbeid onder ‘n
stelsel wat nie met die Grondwet bestaanbaar is nie.
Die
armes, verloorders in die stryd van globalisering
Onderhoud
deur Christian Losson
Rubens
Ricupero,
63, ‘n Brasiliaan, is sedert September 1995 Sekretraris-generaal
van die Verenigde Nasies se Konferensie oor Handel en Ontwikkeling,
VNKHO. Eertydse
professor in Internasionale Betrekkinge, aangestel as minister van
Finansies van Brasilië en daarna ambassadeur by die VN in die VSA
en Italië, gee hy sy
indrukke oor die ewolusie van globalisering.
Kan die Suide nie baat vind by globalisering nie?
Die teenoorgestelde gebeur.
Die Suide en die armste deel van die bevolkings in ryk lande
blyk die groot verloorders van globalisering te wees.
Vir die eerste keer sedert 1998 is die groeikoers van
ontwikkelde lande groter as in ontwikkelende lande.
Tien jaar gelede reeds het 20% van die rykstes reeds 50 keer
meer verdien as 20% van die heel armstes.
Vandag is dit 150 keer meer!
‘n Sisteem wat 5 biljoen mense uitsluit verloor sy
legitimiteit en sal nie lank oorleef nie.
Hoekom baat ontwikkelende lande nie by ekonomiese
integrasie nie?
Die huidige ekonomiese universum is bysiende.
Die liberalisering van die ekonomie wat gekoppel is aan
globalisering, vererger die felheid van mededinging en finansiële
instabiliteit. Sektore
wat voorheen beskerm (landbou, tekstiel…) was bevind hulself nou
in internasionale kompetisie gedompel.
Kapitaal was nog nooit so volatiel nie.
In hierdie spel word wenners beter beskerm, die magtigstes,
dié grotes met kennis tot hul beskikking.
Om te kan funksioneer het ‘n spel reëls nodig, ‘n
skeidsregter en veral opleiding.
Mededingendheid is iets wat aangeleer moet word.
Ten spyte daarvan bedra tegnologiese bystand slegs 2% van
ontwikkelingshulp! En openbare ontwikkelingshulp is af van 60 miljard doller in
1995 na 49 miljard in 1997…
Sal die veranderende opinie wat om Seattle gebore is,
vertaal in verandering?
Die openbare mening is besig om te ontwaak.
Daar is skepsisme oor die “eenderse denke” wat deur die
meeste ekonome voorgehou word en wat almal van dieselfde
universiteite afkomstig is. Die
dogma, waarop die Wêreld Handelsorganisasie staatmaak, wat lui dat
die opheffing van doeanegrense groei in die hand werk en wat op sy
beurt weer ontwikkeling stimuleer, het sy beste dae gehad.
As hierdie paradigma, waaruit slegs die sterkstes voordeel
trek, enigsinds gegrond was sou daar konvergensie en nie, soos nou
die geval, divergensie in groeikoerse gewees het nie.
80% van buitelandse investering bestem vir die Suide gaan na slegs 20
lande. Afrika kry
byvoorbeeld minder as Singapoer.
Hoe verander ‘n mens dit?
Ons berei handleidings oor investering in lande
soos Ethiopië en Mali voor. Ons
plaas druk op transnasionale maatskappye om risiko te neem. In Afrika is die opbrengs op kapitaal 29% sedert 1990.
Wat meer wil ‘n mens hê?
Daar moet absoluut probeer word om vrede in ontwikkelende
lande te bewerkstellig. Oorlog
is ‘n konstante in die meeste van die 48 armste lande.
Moet hulp met voorwaardes oor demokrasie en die stryd teen
korrupsie gekoppel word?
Ek hou nie van die idee van “voorwaardelikheid”
nie en ook nie van riglyne van doen nie.
Dis steriel en neo-kolonialisties.
Eerder behoort die werklike wapen: inligting, die sleutel tot
sukses vir ontwikkeling, gedeel te word.
Francis Bacon het gesê
“Om kennis te hê, is om mag te hê”.
Maar nogtans weerhou ons die Suide daarvan. Het u geweet dat slegs 7% van investering wêreldwyd gaan vir
primêre opvoeding of gesondheid.
Of dat Tanzanië se jaarlikse skuldlas 4 keer meer as sy
onderwysbegroting is?
Behoort die Staat meer betrokke te wees in die ekonomie?
Die staat word te veel onder druk geplaas om alle
deelname in produksieaktiwiteite te laat vaar en homself slegs te
bemoei met makro-ekonomiese stabiliteit en streng begrotingsbeleid.
State behoort liewer toe te sien dat markte reg funksioneer
asook dat die laste en winste van groei
gelykop verdeel word…
Ons baat geensins daarby om gereglementeerde openbare
monopolieë met gedereglementeerde privaat oligopolieë te vervang
nie.
Hoe reguleer ‘n mens die onvoorspelbaarheid van finansiële
markte?
Die volatiliteit van kort termyn kapitaal is ‘n
groot probleem. Selfs
die voorstanders van die liberalisering van handel sê:
“Die Wallstraat-
Tesourie kompleks het die militêr-industriële kompleks van
Eisenhower se tyd vervang”.
Maar om jouself los te maak van korttermyn kapitaal is ‘n
bietjie soos om uit die mafia te bedank per skriftelike kennisgewing:
nie maklik nie. Daar
moet valutabeheer oor kapitaal kom wat invloei, soos in Chile.
In ‘n buitengewone krisis, is valutabeheer oor
kapitaal-uitvloei moontlik, soos in Maleisië se geval gebeur het.
Watter foute het ontwikkelingsinstellings gemaak?
In Bangkok gaan ons nadink oor ons rol.
Bestek opneem. In 1964, toe die VNKHO gestig is, het ons van die standpunt
uitgegaan dat ontwikkeling net ‘n kwessie was van kapitaal opgaar
en produktiwiteit opstoot. Verkeerd.
Die VNKHO is ‘n dromer kind van die 1968 era: wees
realisties en vra die onmoontlike.
Ons wou ‘n formeel onderhandelde nuwe wêreld-orde hê.
Ons het gedink dis heelwat eenvoudiger as wat dit in
werklikheid is. Maar
ons gaan nie ophou droom nie. Ons
gaan voortstry vir meer
regverdige globalisering.
“Regverdige globalisering”? Maar dis wat die deelnemers by Davos vra!
Ons sal nooit na Davos gaan nie. Davos is die fees
vir wenners van globalisering.
Ons verteenwoordig dié wat uitgesluit is, die
gemarginaliseerdes.
Deel u die gedagte wat by Davos uitgespreek is dat lande in die Suide
‘geïntegreer’ moet word by globalisering?
Dit sal nie help om te vinnig te beweeg nie.
In Brasilië voer ons reeds 350 jaar lank ons suiker en
koffie produksies uit en betaal daarvoor ‘n duur prys:
slawerny en latifundisme. Dit
wat ons ekonomies met die res van die wêreld geïntegreer het,
het ons maatskaplik gedisintegreer.
Globalisering behoort nie die unifikasie van ‘n mark te
beteken nie. Dit
behoort die deel van kennis en inligting veral van die hoogs
tegnologiese te beteken en nie voorregte te skep vir die houers van
daardie kennis en inligting nie.
Die Internet, dryfkrag agter globalisering, strek dié
gedagte tot voordeel. Dit
het ‘n agora geskep wat nie voorheen bestaan het nie. Die ontwikkelende lande is bewus van die ongelykhede wat
hulle in die gesig staar: van nou af aan gaan hulle groter eise stel.
Hulle wil dit positief benader.
Dit gaan nie meer oor inligting wat oorbodig is nie maar om
kennis op te eis wat hulle kan aanwend.
Dit gaan dus om die praktiese en nie meer die teoretiese nie.
Sal die konkrete seëvier bó die ideologiese bazaar?
Ja. Voortaan
sal dit ‘n kundige werk wees, met opleiding, die uitruil
van kennis, oordrag van tegnologie wat nie altyd gewild is nie.
Die uitruil van kennis is baie meer doeltreffend as die
uitruil van ideologie. Globalisering behels
politiek sowel as omgewingskwessies.
Dit is die rol van die VNKHO, soos ander internasionale
organisasies wat hulself beywer ten bate van ontwikkeling, om hul
lede van argumente te voorsien in onderhandeling, hul behoeftes uit
te wys en ‘n ‘vakverbond vir arm lande’ te wees.
Globalisering is nie ‘n histories voltooide projek nie.
Dis iets in wording, besig om te gebeur, ‘n ‘opera
aperta’ dus.
Die werklike aangesig daarvan sal eers na 15 of 20 jaar vorm
aanneem. Eerder as om
dan te wil aanpas by
‘n onwrikbare en unipolêre sisteem, behoort ons nou ‘n inset te
lewer. Laat ons ons beywer vir ‘n groter menslikheid..
Uit
die Frans vertaal deur Karin Bredenkamp
boontoe
Prof.
Anthony Melck, Rektor van Unisa, in sy openingsrede Februarie,
2000:
"Regrettably, there are those that persist
in presenting Unisa's new multilingual language policy, which has been
designed to complement the Constitutional provisions on language, as
one surreptitiously aimed at unilingualism. Commentators on SABC radio
have recently said that Unisa is phasing out Afrikaans as a medium of
instruction. Nothing could be further from the truth. We have bound
ourselves to communicating with our publics and to teaching in
languages for which there is sufficient demand; and in most courses
that is clearly the case with Afrikaans. The fact that we need a
commonly understood language of record and, as a matter of courtesy,
must use a commonly understood language in meetings and gatherings
such as this, is being maliciously misrepresented. I trust that no
member of this University will be involved in disseminating such
misinformation.”
PRAAG sal later hieroor kommentaar lewer.
boontoe
Verlyn
Klinkenborg
in die New York Times:
Purveying mass
culture
The
major problem posed by the AOL-Time Warner deal is neither customer
access nor access to customers.
It is the customers’ inveterate habit of treating brands
like CNN, Time magazine and Netscape as if they still identified
independent companies.
But
there is another, subtler risk in the potential synergy this kind of
merger represents. The
residual gravity of such an enormous corporation – its ethos, its
habits – will take a toll on creativity, in content or business
operations, all the way down the line.
Call it an efficiency tax, the edge that vanishes when
everything is tailored for the pipeline, so to speak.
No matter how you spin it, this merger, like other, similar
mergers in the past few years, represents a move toward uniformity
and away from diversity, toward the globalization of a consumerist,
mass culture that is best purveyed by globalized mass corporations.
boontoe
Eberhard Hofmann:
Arroganz der Eliten
Das namibische Grundgesetz garantiert das Recht, "eine Kultur,
Sprache, Tradition oder Religion eigener Wahl…zu praktizieren, sich zu ihr zu
bekennen, sie zu erhalten und zu fördern im Rahmen der Verfassung"
Demnach sind alle Kulturen und Sprachen in Namibia vor dem Gesetz gleichwertig eingestuft auf Papier
wenigstens.
Die Praxis lehrt jedoch, dass die rund 14 Hauptsprachen Namibias keinen gleichen Status beanspruchen
können. Alte, verbreitete Schriftsprachen mit der Tradition von Hunderten von Jahren sowie einheimische Sprachen der politischen Eliten haben es ungemein leichter als die Sprachen von
Minderheiten, die buchstäblich am Rande der Gesellschaft existieren. Sollten die Randgruppen ihre eigene Sprache aufgeben,wird niemand da
sein, der sie rettet, es sei denn, es blieben ein paar Spuren in der Fachliteratur oder ein paar Tonkonserven
zurück. Wir hören, was der UN-Generalsekretär Kofi Annan am 21. Februar 2000 zum ersten
"Weltgedenktag der Muttersprachen"gesagt hat: "Angesichts der
Gefahr, dass viele der 6 000 Sprachen, dir heute gesprochen werden, in den nächsten 20
Jahren, verschwinden werden, ist es wichtig, dass die internationale Gemeinschaft ihre Bemühungen
verstärkt, dieses gemeinsames Erbe der Menschheit zu schützen."
Die englischsprachigen Australier und ihre Verwandten in Kanada haben über 100 Jahre lang die Kinder der Aborigines und der
Indianer/Eskimo gewaltsam von ihren Eltern getrennt, um sie von der vermeintlich schädlichen Basis ihrer angestammten Kultur zu
trennen, damit sie als englischsprachigen Bürger besser integrierbar würden eine Spielweise australischer und kanadischer Apartheid, nur nannte man dies nicht so. Der Versuch von Jahrzehnten ist
missglückt. Die von ihrer angestammten Kultur und Sprache entfremdeten Nachfahren der Ureinwohner können zwar die Sprache ihrer Herkunft nicht mehr
sprechen, aber sie sind trotzdem nicht in der idealisierten Gesellschaft
aufgegangen, sondern sie fristen in Reservaten ein marginalisiertes
Dasein. Sie machen dem arroganten Kulturimperialismus australischer und kanadischer Spielart heute zum
Vorwurf, dass sie nun zwar Englisch können, aber für immer den Anschluss an ihre
Volksart, ihre Identität verloren haben.
Vor diesem Hintergrund, vor dem Plädoyer Annans, aber vor allem vor der namibischen Verfassung ist es ein
Armutszeugnis, dass für die Förderung des Muttersprachenunterrichts unter marginalisierten Gruppen Namibias wie für die
Ju/’hoansi ausserhalb der Schulstunden gerade mal eine Privatkraft geduldet
wird. Im regulären Unterricht dürfen nur privilegierte Gruppen Namibias ihre Muttersprache
erfahren.
-Allgemeine Zeitung, 29 Februar 2000.
boontoe
|