NOTULE VAN DIE
KONFEDERALE AFRIKANERFORUM VERGADERING, GEHOU IN DIE OU RAADSAAL, PRETORIA, OP
SATERDAG 2 AUGUSTUS OM 09:00
1.
Verwelkoming
1.1
Die voorsitter, Chris Landman,
heet almal welkom by die derde vergadering van die Konfederale Afrikanerforum en
kondig ‘n verandering in volgorde van die besprekingspunte aan. Die
naamsverandering van Pretoria en die Verteenwoordigende Afrikanerraad sal eerste
bespreek word, ten einde die saktye van die media te akkommodeer.
2.
Opening
2.1
Chris Jordaan open met skriflesing en gebed.
3.
Musikale voordrag
3.1
Chris Coetser sing Afrikaners
Landgenote, opgedra aan al die Afrikaners wat hulle tans in die buiteland
bevind.
4.
Inleiding
4.1
Dan Roodt praat oor die begrip meerderheidstirannie en die
verloordersindroom.
4.2 Drie gebeurtenisse van die afgelope week dui op ‘n krisis en sal waarskynlik die Afrikaners uit hulle huidige toestand van apatie wakkerskud:
§ Die wysings aan die grondhervormingswet is deur die kabinet goedgekeur
§ Sanparke beplan om die Krugerstandbeeld by die Krugerwildtuin te verwyder
§ Die Tshwane-metro beplan om die naam van Pretoria na Tshwane te verander
4.3 John Stuart Mill en Alexis de Tocqueville verwys na die begrip meerderheidstirannie. Sodra een groep beheer verkry oor al die instellings en sy waardes op almal begin afdruk, kry mens ‘n erger vorm van despotisme as ‘n gewone diktatuur.
4.4 Daar heers tans ‘n verloordersindroom onder Afrikaners, maar Toynbee wys daarop dat hoe groter die neerlaag, hoe groter die herlewing daarna is. Afrikaners sal weer ‘n opwaartse fase beleef en die besluite en aksies van die meerderheidstirannie gaan die impetus hiervoor verskaf.
4.5 Pretoria het ‘n pragtige naam wat nie deur “Plek van die Aap” vervang behoort te word nie.
4.6 Daar wag baie uitdagings. Afrikaners moet dit aanpak en glo dat hulle gaan oorwin.
5.2
Die voorgestelde verandering kan as ‘n vorm van etniese suiwering
beskou word. Die spore van ons geskiedenis word uitgewis. Pretoria is die
grootste Afrikaanse stad ter wêreld. Elders sou so ‘n stap gelykstaande wees
aan ‘n oorlogsverklaring. Die ANC is tans besig om alle perke van redelikheid
te oorskry.
5.3
Barend Uys, UP-student, lig die vergadering in oor sy aksie onder
manskoshuisstudente op die kampus vroeër die week om 2000 handtekeninge teen
die naamsverandering en verwydering van die Krugerstandbeeld in te samel.
Volgende week gaan hy dagstudente ook teiken en later sal die petisies aan die
Pretoria-stadsraad en Sanparke oorhandig word.
5.4
Chris Jordaan verwys na ‘n SAKP-dokument van 1986 waarin kulturele
verandering in Suid-Afrika uitgespel word ten opsigte van die verandering van
vakansiedae en die inbring van Afrikakultuur binne die Europese kultuur.
Gematigdheid is tans die Afrikaner se grootste gevaar. Afrikaners weet nie hoe
om beswaar aan te teken nie. Ons moet Afrikaners daarop wys dat Pretoria hulle
kulturele hoofstad is. Dit gaan hier nie net om ‘n naamsverandering nie, maar
ook ‘n karakterverandering.
5.5
Koos Reinecke wys daarop dat dit in 1993 deeglik onder die ANC se aandag
gebring is dat Pretoria oor die grootste konsentrasie Afrikaners in die land
beskik. Afrikaners betaal tans 72% van die belasting in die Tshwane-gebied.
Afrikaners moet nou as ‘n teken van protes hul erfbelasting weerhou. Die geld
moet na ‘n alternatiewe fonds gekanaliseer word en daar moet direk met Eskom
onderhandel word.
5.6
Piet Coetsee stel voor dat ‘n
fonds gestig word en dat daar vir R500 000 gemik word. Hy verwys na ‘n
uitspraak van burgemeester Mkhatshwa se segsman in gister se Beeld
waar hy gesê het dat dit net die begin is en dat mense hulle moet regmaak vir
meer veranderinge.
5.7
Leendert van Oostrum meen ‘n
groot geveg lê voor. Hy verwys na die artikel van die direkteur van Sanparke in
Beeld van 2 Augustus waarin die
sogenaamde mites rondom Kruger se rol in die totstandkoming van die wildtuin
uitgelig word.
5.8
Jan Groenewald is bekommerd oor
die gebrek aan strategie. Taktiese optrede is nie genoeg nie.
5.9
Henk van der Graaff meen dat die
protes nie halfhartig moet wees nie. Daar moet mense wees wat bereid sal wees om
byvoorbeeld in die nag die nuwe naam op borde dood te verf, al word hulle dan
vervolg. Dit is uiteindelik ‘n minderheid wat die gang van die geskiedenis
bepaal.
5.10
Volgens Egbert Bosman is
ekonomiese mag die enigste vorm van mag wat ons oor het. Ons moet erfbelasting
weerhou.
5.11
Jaap Kelder wys daarop dat die
Nasionale Belastingbetalersunie reeds ‘n uitgewerkte plan het van hoe
belastingweerhouding prakties geïmplementeer moet word en dat hy gewillig is om
dit met die loodskomitee te deel.
5.12
Johann Wingard meen ons moet die
ANC takel op hulle platform, naamlik op ‘n demokratiese wyse. Die wyke wat
deur die naamsverandering geraak word, behoort ‘n referendum te hou.
5.13
Chris Landman voel dat
opposisieraadslede ook betrek moet word.
5.14
Die volgende resolusie word deur
die Forum aanvaar:
Die
Konfederale Afrikanerforum beskou Pretoria as die kulturele hoofstad van die
Afrikaner en beskou enige optrede daarteen as ‘n direkte aanslag op die
Afrikaner en sy volkskultuur. Ons spreek ons uiterste ontsteltenis uit oor
hierdie voorgenome naamsverandering van Pretoria en doen ‘n beroep om hierdie
ondemokratiese en chauvinistiese optrede op alle moontlike maniere te beveg,
hetsy by wyse van petisies, briewe aan die media, hetsy deur lydelike verset
soos betogings en belastingboikotte. Ons verwerp die naam Tshwane in totaliteit.
Ons verklaar dat, indien die naam en karakter verander word, dit in die toekoms
weer terug verander sal word soos bv Leningrad na St Petersburg.
5.15
Dan Roodt som die gesprek oor die naamsverandering op deur te sê dat ons
vinnig openbare optrede moet beplan, terwyl daar nog belangstelling in die saak
is. Ons behoort die saak te wen, aangesien daar baie teëstand is.
5.16
Daarna behoort die indeling van Tshwane aangepak te word, wat betref die
inlywing van die 5 Noordwesgebiede by Tshwane. Aan die begin van volgende jaar
wil die regering die grense herdefinieer ten einde aan te pas by die munisipale
grense.
6.
Verteenwoordigende Afrikanerraad
6.1
Johann Wingard lê die dokument,
wat deur die tegniese komitee van die Konfederale Afrikanerforum opgestel is,
aan die vergadering voor. Die tegniese komitee bestaan uit die volgende persone:
Johann
Wingard
Chris
Landman
Chris
Jooste
Piet
Liebenberg
6.2
Piet Coetsee vra wie deel gevorm het van die Tussentydse Afrikanerberaad
en of daar nie met die deelnemende organisasies geskakel kan word nie.
6.3
Chris Jordaan verduidelik dat daar besluit is om ‘n beroep te doen om
die TAB te heraktiveer aangesien daar reeds ‘n basis is en mens dus nie van
voor af hoef te begin nie.
6.4
Henk van der Graaff wil weet hoekom nuwe lewe nou ingeblaas word in ‘n
instansie wat misluk het.
6.5
Johann Wingard verduidelik dat die TAB ‘n interim maatreël is tot tyd
en wyl ‘n demokraties verkose Raad gesertifiseer is.
6.6
Jaap Kelder vra waarom die dokument 18 maande uitspel vir die verkiesing
van ‘n Afrikanerraad.
6.7
Chris Jordaan verduidelik dat die OVK reeds baie besig is met voorbereidings vir die algemene en munisipale verkiesings en
dat hulle begrotings klaar bepaal is. ‘n Lang proses van onderhandelinge met
die OVK lê ook nog voor.
6.8
Kobus Wolvaardt wil weet of die wet bepaal dat die OVK wel in sulke
gevalle betrokke moet raak.
6.9
Johann Wingard antwoord dat die wet bestudeer is en dat daar geen
beletsel is wat die OVK verhinder om dit wel te reel nie.
6.10
Louis la Grange en Liesl Göttert
wil die uitdrukking Christelike nasionale
voor Afrikanerraad invoeg.
6.11
Chris Landman waarsku teen die
verval in verskillende ideologiese rigtings.
6.12
Leendert van Oostrum wys daarop
dat die Afrikanerforum nie ‘n verkose liggaam is nie. Deelnemers kan dus nie
die aard van die liggaam voorskryf nie, maar net die proses.
6.13
Piet Uys is bekommerd dat te veel
hoop op die OVK geplaas word en meen dat daar ‘n plan B ook moet wees.
6.14
Johann Wingard verduidelik dat die
juridiese pad eers geloop moet word. As die OVK weier, moet ‘n strategie
uitgewerk word.
6.15
Die volgende resolusie word deur
die vergadering aanvaar:
§
Hierdie
vergadering van die Konfederale Afrikanerforum word dus nou versoek om die
volgende strategie te steun en om aan die tegniese komitee opdrag te gee om
sodanige voorstelle uit te voer:
§
Dat
die Sekretariaat van die TAB weer geaktiveer word: hierdie keer nie meer by die
FAK nie, maar deur die Konfederale Afrikanerforum en dat alle Afrikaanse
instansies, insluitend die FAK, genooi word om saam met hierdie Forum te besin
om ‘n tussentydse Afrikanerraad saam te stel totdat ‘n verteenwoordigende
Raad verkies is.
§
Dat
die OVK versoek word om die registrasie van ‘n kieserslys saam te stel van
landsburgers wat hulself as Afrikaners beskou, wat hulle met die vryheidstrewe
van Afrikaners vereenselwig en wat aan ‘n verkiesing vir ‘n demokraties
verkose Afrikanerraad wil deelneem.
§
Dat
die OVK sodanige verkiesing sal help bestuur en dat ‘n Raadsverkiesing, indien
fisies moontlik, binne agtien maande sal geskied.
§
Dat
die Art 185-Kommissie versoek word om geen aansoeke te aanvaar van
kultuurverenigings wat hulle beskikbaar stel as die enigste amptelike
verteenwoordigers van Afrikaners sonder ‘n demokratiese verkiesing waardeur
‘n kandidaatsorganisasie se legitimiteit gevestig is nie.
§
Dat
die Art 185-Kommissie alle aansoekers, wat hulself as verteenwoordigers van die
Afrikaners se kultuur vir amptelike erkenning aan die Kommissie aanbied, sal
versoek om deur middel van ‘n deursigtige proses van onderhandeling ‘n
gesamentlike tussentydse Afrikanerraad te vorm, wat dan as ‘n tussentydse
maatreël deur die Kommissie erken sal word tot tyd en wyl die OVK ‘n nuwe
demokraties verkose Raad sal sertifiseer. Organisasies wat weier om aan so ‘n
proses deel te neem, se aansoeke sal outomaties verval.
6.16
Wytze de Boer spreek sy opposie teen die resolusie uit.
6.17
Johann Wingard stel voor dat die Konfederale Afrikanerforum homself as
‘n verteenwoordiger van die Afrikanergemeenskap aanbied. Dit word deur Chris
Landman verwerp.
6.18 Pol Doussy sê dat die OVK ‘n regeringsinstelling is en dus sal poog om ons strewe te kortwiek. Hy steun die resolusie ten einde eenheid te handhaaf, maar ondersteun Johann Wingard se voorstel dat die Konfederale Afrikanerforum hom as verteenwoordiger van die Afrikanergemeenskap moet aanbied. Hy sal ‘n lys beskikbaar stel van ander Afrikanerorganisasies en individue wat in die toekoms ook vir samewerking genader kan word.
6.19
Dan Roodt spreek die mening uit dat hierdie resolusie ‘n billike
vertrekpunt vorm om ‘n Afrikanerraad te vestig en bevestig dat die resolusie
aan die pers bekendgemaak sal word.
7.
Geleenthede vir Afrikaners binne die konteks van die nuwe landbousituasie
in suider-Afrika
7.1
Skakeling met tradisionele leiers
7.1.1 Jons Terblanche praat oor die landbou as bepalende element in die ekonomiese bemagtiging van Afrikaners.
7.1.2
Hy bespreek die volgende faktore:
§
Die potensiaal van kommersiële
landbou in Suid-Afrika
§
Faktore wat negatief impakteer op
kommersiële landbou
§
Moontlike wyses waarop negatiewe
faktore versag of uitgeskakel kan word
§
Bemagtigingsinisiatiewe wat
oorweeg kan word
7.1.3 Afrikaners moet die dominante rolspeler in kommersiële landbou bly en ekonomiese voordeel daaruit put.
7.1.4
Hulle moet hulself sodanig posisioneer dat die landbou afhanklike sekondêre
nywerhede ook deur hulle beheer word.
7.1.5
Afrikaners behoort tot meerderheidsaandeelhouers binne die kosteketting
van vervoer, insetmiddels en verpakkingsmateriaal te vorder.
7.1.6
Soos in die verlede behoort hulle die nuwe navorsingstelsel te beheer en
tot voordeel van almal aan te wend.
7.1.7
Hulle moet ‘n leiersrol speel in die bestuur en bedryf van
grondhervormingsprojekte.
7.1.8
Bemagtiging is ‘n moeisame multi-dissiplinêre proses wat met oorgawe
gedryf moet word. Daarom sal vordering alleen moontlik wees indien ‘n plan
deur ‘n kundige span uitgewerk en geïmplementeer word.
7.1.9
Dries Bruwer praat oor voorstelle om die Afrikaner ekonomies te bemagtig
deur sy vermoëns in die RSA en suid van die Sahara prakties aan te wend.
7.1.10
Die Afrikaners is die enigste wit inheemse stam in Afrika en weet dus
beter as Westerse nasies hoe om Afrika te hanteer.
7.1.11
Gebruik moet gemaak word van alle beskikbare inligting en organisasies
soos bv NEPAD om in polities stabiele Afrikalande betrokke te raak.
7.1.12
Ekonomiese opheffing begin gewoonlik met kosproduksie – dus landbou.
Hoe kleiner die werkloosheidsyfer, hoe stabieler is ‘n staat op politiese
vlak.
7.1.13
Koloniale grense wat kunsmatig geskep is, is besig om te verdwyn en ‘n
aantal nuwe Afrikastate, wat op etniese gronde gebaseer is, mag met die tyd
ontstaan. Binne so ‘n hergroepering bestaan die moontlikheid van ‘n
Afrikanerstaat wat in konfederale verband met ander state kan saamwerk.
7.1.14
Weens die feit dat meer as 50% Blankes tot 1994 in staats-en
semi-staatsektore werksaam was, het veral die Afrikaner se entrepreneursvermoë
nie tot uiting gekom nie. Die Afrikaner moet homself nou op ander maniere
handhaaf. Indien Afrikaners binne die Afrikakonteks as etniese groep wil
oorleef, moet hulle sorg dat die Afrikaner ‘n sterk ekonomiese faktor word.
7.1.15
Daar moet met tradisionele leiers saamgewerk word om hul grond te benut.
7.1.16
Strukturering volg op strategie. Dus moet ‘n behoorlike strategie vir
elke onderneming ontwikkel word waarna die leierselemente in ‘n struktuur
ingebind word.
7.1.17
‘n Werkskomitee behoort oorweeg te word om die ekonomiese bemagtiging
van die Afrikaner op alle terrreine te beplan.
7.2 Kommersiële landbougeleenthede in die Orania-Atlantiese Oseaan-korridorgebied
7.2.1
Francois Joubert verduidelik die landboumodel soos tans in Orania
toegepas.
7.2.2
Die Afrikaner moet weer beheer oorneem oor sy bestemming.
7.2.3
Die vereistes vir die verkryging van beheer oor sy bestemming:
§
Die verkryging van politieke gesag
§
Beheer van institusionele
raamwerke (landbourade, waterverbruikersverenigings, landboukoöperasies)
§
Beheer oor produksiemiddele
(grond, arbeid, water)
§
Sekuriteit en veiligheid
7.2.4
Bydrae wat die landbou moet lewer in die realisering van die Afrikaner se
lotsbestemming:
§
Moet uitvoergerig wees
§
Moet surplusse genereer
§
Vestiging van mense moet
ondersteun word
7.3
Reddingsdaadfonds
7.3.1
Dan Roodt en Leon Zwarts bespreek ‘n finansiële pakket wat deur
Mercari ontwikkel is.
7.3.2
Daar bestaan ‘n kontantbestuursfasiliteit, korporatiewe tesouriefunksie
en ‘n buitelandse valutafunksie.
7.3.3
Mercari bied ‘n kontantbestuursfasiliteit teen kompeterende daggeld,
kennisgewing en vaste deposito rentekoerse.
7.3.4
Hierdie produk word deur Nedbank gerugsteun.
7.3.5
“Corporate saver” voordele:
§
Keuse van beleggingsrekening
§
Aantreklike geldmarkrentekoerse
§
Bankkostes word tot ‘n minimum
beperk
§
Maandelikse state
§
Toegewysde administrateur sien om
na jou belange
§
Gerieflike administrasie
7.3.6
”Corporate saver” risiko:
§
Institusionele risiko
§
Bankbesonderhede van kliënte word
op stelsel gelaai – geen derdeparty betaling
§
Alle transaksies word deur twee
persone goedgekeur
§
Alle transaksies geskied slegs op
instruksie van die kliënt met die nodige handtekeninge
§
Mercari is ‘n lid van die Raad
op Finansiële Dienste
7.3.7
Korporatiewe tesourie voordele:
§
Mercari bied ‘n korporatiewe
tesouriefunksie waar kompeterende koerse met selektiewe instansies namens die
kliënt onderhandel word
§
Mercari tree slegs as agent op
§
Alle fondse word by betroubare
instansies belê, binne elke kliënt se mandaat
§
Bevestigingsbrief en state van
beleggings
§
Keuse van rekening (daggeld, 1
–12 maande vaste deposito…)
7.3.8
Korporatiewe tesourie risiko:
§
Institusionele risiko
§
Beleggings volgens die kliënt se
mandaat
§
Beleggings altyd in kliënt se
naam
7.3.9
Ander dienste:
§
Buitelandse valutatransaksies
§
Geldmark makelaarsdienste
7.3.10 Reddingsdaadrekening:
§
Rekening wat hoë rente ontvang
§
Minmum van R10 000
§
Nie meer as twee onttrekkings per
maand
§
Vas belê vir een maand
§
Internettoegang vir saldos, ens
7.3.11 Voordele
van so ‘n diens:
§
Kliënt ontvang diens in Afrikaans
§
Ondersteun ‘n etnies-Afrikaanse
besigheid
§
Bou Afrikaanse deposito’s op wat
kan lei tot ‘n Afrikaanse bank
§
Verskaf werk aan huidige
benadeeldes
7.3.12 Johann
Wingard wil weet hoe die Reddingsdaadfonds prakties sal funksioneer.
7.3.13 Dan
Roodt verduidelik dat daar op al hierdie deposito’s ‘n klein marge is. ‘n
Gedeelte gaan aan Mercari en die res aan die Afrikanersaak. Dit kan aanvanklik
deur Praag gekanaliseer word (artikel 21 maatskappy).
7.3.14 Johann
Wingard vra hoe Afrikaners prakties betrokke kan raak by hulp aan tradisionele
leiers.
7.3.15 Coen
Vermaak wys daarop dat die blanke bevolking baie stadig groei en dat die
Afrikaners steeds uitlanders bly.
7.3.16 Dries
Bruwer wys daarop dat swart Afrikane Afrikaners as ‘n wit inheemse stam sien.
Dit is belangrik om die vertroue van tradisionele leiers te verkry. Die
verskillende streke adverteer van tyd tot tyd projekte in koerante. Blankes moet
saam met Swartes werk om maatskappye te stig wat aansoek doen vir hierdie
projekte.
7.3.17 Ockie
van Schalkwyk wil weet of daar enige VN-waarborge vir die boere is wat hulle in
Mosambiek gevestig het.
7.3.18 Dries
Bruwer verduidelik dat Bruboer met die Mosambiekse regering onderhandel het oor
voordele vir boere wat hulle daar wou vestig. Daar is slegs ‘n 50 jaar
huurpagstelsel in Mosambiek. Geen VN gewaarborgde ooreenkomste bestaan nie. Daar
bestaan egter wel bilaterale ooreenkomste tussen Suid-Afrika, Mosambiek en Zambië
om Suid-Afrikaanse beleggings te beskerm.
7.3.19 Volgens
Leendert van Oostrum behoort ons kapitaal oorsee te plaas en dan hier te belê
met staatswaarborge. Volgens Dan is daar na 9/11 probleme rondom geldwassery en
het dit moeilik geword om geld oor te plaas. Belastingwette het ook verander en
oorsese geld moet nou verklaar word. Tradisionele oorde soos die Kanaaleilande
neem deesdae ‘n arrogante houding in en dit het ‘n duur opsie geword.
7.3.20 Johann
Wingard wil weet hoeveel plaaseienaars aangrensend aan die Orania-ongewing
volkseie arbeid gebruik.
7.3.21 Pierre-Henri
Melzarpar vra hoe die Orania-konsep versprei gaan word.
7.3.22 Louis
la Grange wil weet hoe ver daar al met ‘n ruilmiddel in Orania gevorder is.
7.3.23 Volgens
Francois Joubert het min boere nog die volkseie arbeidopsie verkies. Dit is ‘n
lang proses van oorskakeling. ‘n Opvoedingsproses is ook nodig. Daar word tans
gewerk aan die konsep van biosfere, waar groot groepe plase opgekoop sal word,
grense gekonsolideer word en daar met skape geboer sal word. Daar word beplan om
sodoende tot diep in die Karoo uit te brei. ‘n Eiesoortige betaalwyse sal in
werking gestel word. ‘n Persoon sal byvoorbeeld groente by X koop en daarna
iets by die hardewarewinkel gaan koop, wat die geld van X sal verhaal. Die
stelsel word ook vir arm swart woonbuurte beoog om mense aan te moedig om geld
in hul eie areas te spandeer.
8.
Terugvoer
van die volksmoord-en menseregtekomitee
8.1
Dan Roodt wys daarop dat die
komitee reeds vergader het en dat daar
baie werk voorlê. Hy stel vir Piet Coetsee aan die woord.
8.2
Volgens Piet Coetsee besef
Afrikaners nie dat hulle ook menseregte het nie. Hulle is traag om hulle op die
Grondwet te beroep.
8.2.1
Hy verwys na die uitfassering van
die kommandostelsel en plaasmoorde, wat gruwelike voorbeelde van
menseregteskendings is, asook die verwaarlosing van Afrikaanse aan skole en
universiteite.
8.2.2
Mense behoort inspirasie te put
uit die aksies van die TAC en die Joodse Anti-Defamation League.
8.2.3
Hy beklemtoon die belangrikheid om
‘n fonds te stig om die Pretoria naamsverandering te beveg.
9.
Samevatting
9.1
Dan Roodt wys daarop dat mens die
moeilikheidsgraad van die situasie nie moet onderskat nie. Ons is in ‘n lae
intensiteit etniese konflik gewikkel.
9.2
Ons het reeds spitwerk gedoen vir
die totstandkoming van ‘n Verteenwoordigende Afrikanerraad en het ook gekom
met konkrete ekonomiese voorstelle.
9.3
Daar was nog nooit so ‘n gulde
geleentheid om mense te mobiliseer as nou nie. Ons het egter ‘n
kommunikasieprobleem, weens gebrekkige toegang tot die media en die feit dat
daar net een Afrikaanse koerantgroep is. Wanneer ‘n alternatiewe mondstuk
geskep word, kan ons mense se koppe draai en die huidige toestand van kunsmatige
pessimisme verander.
9.4
Die vergadering word herinner aan
die volgende byeenkoms wat op Saterdag 6 September sal plaasvind.
9.5
Daar
word afgesluit met die sing van Die Lied
van Jong Suid-Afrika.