NOTULE
VAN DIE KONFEDERALE AFRIKANERFORUM VERGADERING, GEHOU IN DIE OU RAADSAAL,
PRETORIA, OP SATERDAG 6 SEPTEMBER OM 09:00
1.
Verwelkoming
1.1
Die voorsitter, Ernie Fabel, heet almal welkom by die vierde vergadering
van die Konfederale Afrikanerforum.
2.
Opening
2.1
Chris Jordaan open met skriflesing en gebed.
3.
Kulturele bydrae
3.1
Chris Jordaan lees voor uit ‘n toespraak wat Paul Kruger as president
van die ZAR in die Ou Raadsaal gehou het.
4.
Inleiding
4.1
Dan Roodt vra of mense nog die waagmoed het om Afrikaners te wees.
4.2
Hy verwys na N.P. van Wyk Louw, wat geleef het in ‘n optimistiese tyd,
gekenmerk deur ‘n opbloei in Afrikaner-kultuur. Tans leef ons in ‘n periode
waar mense skaam is om Afrikaners te wees.
4.3
In sy essay, Die Ewige Trek, wat in 1938 gepubliseer is, stel Van
Wyk Louw hom voor dat ‘n tydperk gaan aanbreek wanneer Afrikaans die onderspit
sal delf. Hy noem die opkoms van die Afrikaner “’n waagspel”.
4.4
Volgens Van Wyk Louw was daar drie keerpunte in die Afrikaner se
geskiedenis:
§ Die Groot Trek
§ Die Tweede Vryheidsoorlog
§
Die keuse om
Nederlands met Afrikaans te vervang
4.5
As Afrikaners nie destyds geveg het nie, sou hulle as ‘n volk verdwyn
het. Uit die trots van hierdie stryd is Afrikaner-nasionalisme gebore. By elkeen
van hierdie drie keerpunte was daar ‘n sterk moontlikheid dat die
teenoorgestelde opsies, wat die makliker, redelike uitweg verteenwoordig het,
kon seëvier.
4.6
Van Wyk Louw sou waarskynlik die huidige tydvak as die vierde keerpunt
gesien het.
4.7
Die twee teëstanders uit sy tyd, naamlik die swart bevolking en die
Engelse, is steeds met ons.
4.8
Daar is reeds baie Afrikaners wat die handdoek ingegooi het, omdat die
oormag te groot is.
4.9
Die waagspel is tans groter as ooit van tevore. Die vraag is of die
Afrikaners moet bly voortbestaan en of ons die makliker alternatief moet kies om
deel te word van die Suid-Afrikaanse nasie in wording.
4.10
Afrikaners moet besluit of hulle nog die waagmoed het om met die
Afrikaner-projek voort te gaan.
5.
Verteenwoordigende Afrikanerraad
5.1
Johann Wingard lewer namens die tegniese komitee kommentaar oor vordering
met die instelling van ‘n Verteenwoordigende Afrikanerraad.
5.2
Enorme weerstand is ondervind met die idee om ‘n raad vir Afrikaners te
skep en ons moet verwag dat dit vorentoe steeds gekritiseer gaan word.
5.3
Die tegniese komitee wou eers die legitieme pad loop en het daarom met
die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gesprek gaan voer. Al vier
kommissarisse, onder leiding van Brigalia Bam, het vergader met Johann Wingard,
Piet Kotze en Chris Jordaan.
5.4
Die OVK is bereid om ‘n verkiesing te organiseer ten einde ‘n
Verteenwoordigende Afrikanerraad te verkies.
5.5
Hulle kan egter nie hulp verleen met die opstel van ‘n kieserslys nie.
5.6
Die tegniese komitee het die OVK deur middel van ‘n opvolgbrief versoek
om tydens die algemene verkiesing in 2004 in sekere kiesafdelings ekstra geriewe
te skep sodat Afrikaners hier hulle stem vir ‘n Verteenwoordigende
Afrikanerraad kan uitbring. Dr Bam was egter nie hiervoor te vind nie. Sy
verkies om ‘n spesiale verkiesing vir hierdie doel te organiseer.
5.7
Die Verteenwoordigende Afrikanerraad behoort nie daargestel te word met
die uitsluitlike doel om met die 185-kommissie te skakel nie. Afrikaners moet
‘n struktuur skep wat oor alle aspekte namens hulle kan praat. Dit is verder
belangrik dat dit ‘n verkose liggaam moet wees.
5.8
Die vraag kan nou gevra word of die Konfederale Afrikanerforum moet
voortbestaan as ‘n gespreksforum en of ‘n artikel 21 -maatskappy dalk
opgerig moet word.
5.9
Piet Liebenberg wys daarop dat daar verskillende groeperinge is wat
behoort saam te werk: Dr Willie Marais, die Sameroepersforum en die Sekretariaat
vir Volksbou. Hy stel voor dat verteenwoordigers van hierdie groepe die
geleentheid moet kry om by die volgende vergadering hulle saak te stel.
5.10
Johann Wingard meen dat 50 afgevaardigdes van ‘n Tussentydse
Afrikanerraad moet besluit hoe hulle dinge sal wil struktureer.
5.11
Volgens Chris Jordaan is ons tans in ‘n nuwe bedeling en kan ons nie
die verlede se manier van doen dupliseer nie. Die ou strukture het ‘n
legitimiteitsprobleem. Die nuwe strukture moet oor sowel nasionale as
internasionale legitimiteit beskik.
5.12
Egbert Bosman sien die definisie van wie Afrikaners is - en wie gevolglik
vir die Raad mag stem - as ‘n probleem.
5.13
Johann Wingard meen dat dit
nie sinvol is om nou te praat oor die klassifikasie van Afrikaners nie. Elke
persoon behoort vir homself te besluit
5.14
Piet Uys wens die
tegniese komitee geluk aangesien hulle die moeite gedoen het om die OVK te gaan
sien. Ons moet egter nou oorgaan tot daadwerklike aksie, want niemand anders is
bereid om dit te doen nie. Hy stel voor dat ‘n regspersoon deur die
loodskomitee gekoöpteer word om ‘n grondwet vir die Verteenwoordigende
Afrikanerraad op te stel.
5.15
Pol Doussy meen dat
regeringsinstansies soos die OVK nie gebruik moet word nie. Die
Verteenwoordigende Afrikanerraad moet dadelik tot stand kom en kyk na die behoud
van die Afrikaanse volk & taal, seggenskap oor eie onderwys,
werksverskaffing en veiligheid. Die Raad behoort 100 – 200 lede te hê en moet
alle aspekte van Afrikanerdenke weerspieël. Hy beskik self oor ‘n lys
van 100 persone wat genader kan word.
5.16
Piet Rudolph beklemtoon dat Afrikaners weer bevry moet word. Die sukses
van die stryd gaan hieraan gemeet word.
5.17
Chris Landman stel voor dat
Johann Wingard vir sy inisiatief bedank word en dat die tegniese komitee
bemagtig moet word om aan te gaan met die proses rondom die Verteenwoordigende
Afrikanerraad. Die loodskomitee moet met alle ander instansies, wat hulle ook
vir hierdie saak beywer, gesprek voer. By die volgende vergadering behoort al
hierdie instansies voordragte te lewer. Ons moet verhoed dat een groep
homself as verteenwoordiger van die Afrikaners uitroep.
5.18
Willie Meyer praat oor die algemene verkiesing van 2004 en die noodsaak
om ‘n sterk koalisie teen die regering te vorm.
5.19
Johann Wingard ondersteun Chris Landman se voorstel om met ander
instansies in gesprek te tree. Hy meen dat Pol Doussy se idee van ‘n
Tussentydse Raad by die volgende vergadering bespreek behoort te word. So ‘n
Raad sal oor ‘n sekere status beskik, alhoewel dit nog nie legitiem sal wees
nie.
7.
Werkskepping
7.1
Ben Pieters lewer ‘n voordrag oor werkskepping.
7.2 Faktore wat werkloosheid veroorsaak:
§ Tegnologiese vooruitgang
§
Veranderende vraag na
produkte en dienste
§ Goedkoper produksie in ander lande
§ Ekonomiese afswaai
§ Politieke inmenging
§
Gou-ryk-word-skemas
7.3
Faktore wat werkskepping negatief beïnvloed:
§ Toegang tot werkskapitaal
§ Regulatoriese omgewing
§ Toegang tot bekostigbare fabrieksruimte
§ Toegang tot bekostigbare adviesdienste
§ Toegang tot administratiewe ondersteuning
§ Aankope ondersteuning
§
Bemarkingsondersteuning
7.4 Faktore wat kapitaalvoorsiening beïnvloed:
§ Toegang tot groothandelbefondsing
§ Geografiese verspreiding van leners
§ Orde-grootte van lenings
§ Eenheidskoste van portefeuljebestuur
§ Onsekere kontantvloeipatrone van leners
§ Gebrekkige bestuursdiepte van leners
§ Gebrek aan paaiementinvorderingstelsels
§
Intensiewe nie-finansieringsondersteuning aan leners
7.5 Beskikbare bronne van groothandelfondse:
§ Skenkerfondse van internasionale organisasies
§ Sagte lenings van internasionale organisasies
§ Leningsfondse van SA regeringsdepartmente
§ Leningsfondse van SA instellings
§
Leningsfondse van SA
individue en maatskappye
§
Ekwiteitsfondse van
SA individue en maatskappye
7.6
Moontlike oplossings:
7.6.1
Vestig ‘n met-winsbejag werkskepper/finansierder:
o Geïntegreerde een-stop-diens
o
Voorwaarde: entrepreneurs gesoek
7.6.2 Vestig ‘n beleggingsfonds:
o
Beskikbare
leningskapitaal teen bekostigbare paaiemente
o Korttermyn siklusse
o
Persoonlike invordering
7.6.3 Intensiewe geografiese fokus:
o Byekorf benadering
o
Mikro-fabrieksruimte beskikbaar
7.6.4 Samewerking met plaaslike owerhede:
o Kan grond beskikbaar stel
o
Skenkingskapitaal
7.6.5
Groothandel kapitaalwerwing vir die beleggingsfonds:
o Ekwiteit/lenings werf onder SA individue en maatskappye
o
Skenkingsfondse en sagte lenings werf
7.6.6
Ondersteuningsdienste wat gelewer moet word:
o Administrasie
o Bemarking
o Aankope
o Toonkamers
o
Opleiding
7.7
Andries Lombaard hou die Xodus Visie voor waarin geskets word hoe mense
van hulle skuldlas bevry kan word (aanhangsel A).
7.8
Die volgende persone word deur die vergadering genomineer om op ‘n
komitee vir ekonomiese ontwikkeling en werkskepping te dien en by die volgende
byeenkoms terugvoer te lewer:
Dan
Roodt
Ben
Pieters
Jaap
Kelder
Andries
Lombaard
Leon
Zwarts (nie teenwoordig nie – kan moontlik gekoöpteer word)
7.9
Jaap Kelder lig die
vergadering oor die Balmoral-projek in. ‘n Sweisinstituut is deur hom en ander
persone gevorm om opleiding aan 20 persone te verskaf. Hierdie instituut is met
kontantbydraes gefinansier. Soortgelyke inisiatiewe is nodig.
8.
Misdaadsituasie: analise en moontlike oplossings
8.1
Polisiëring:
8.1.1.
In sekere gedeeltes van die land is die kriminele ekonomie die grootste
komponent van streke se ekonomiese aktiwiteit.
8.1.2
Die belangrikste veranderinge in die misdaadpatroon is soos volg:
§
Toename in georganiseerde misdaad.
§
Toename in vlakke van geweld. Elke derde misdaad in Suid-Afrika is ‘n
geweldsmisdaad.
8.1.3
Hierdie veranderinge vereis deskundige kundigheid binne SAPS-geledere,
ten opsigte van bv forensiese ondersoeke.
8.1.4
Die impak van dwelmverwante misdade moet nie onderskat word nie.
Dwelmgebruikers stimuleer misdaad aangesien fondse vir dwelms bekom moet word.
8.1.5
Die toename in geweldsmisdaad vereis kundigheid ten opsigte van die
hantering van getraumatiseerde slagoffers.
8.1.6
‘n Groot gaping bestaan tussen polisiëring en die regstelsel.
8.1.7
As gevolg van die transformasie in die SAPS en Departement van Justisie
is daar ‘n gebrek aan kundigheid, middele, kontinuïteit, kommunikasie en
motivering van personeel.
8.1.8
Polisiereaksie wissel van ‘n totale gebrek aan optrede tot
oorweldigende reaksie waar die moontlikheid bv bestaan dat ‘n plaaseienaar
‘n misdryf begaan het.
8.1.9
Daar word toenemend van die publiek verwag om na hulle eie veiligheid om
te sien.
8.1.10
Gevolgtrekkings:
§
Die SAPS beskik nie oor die kapasiteit om misdaad tot aanvaarbare vlakke
te onderdruk nie.
§
Mense sal primêre verantwoordelikheid vir hulle eie sekuriteit moet
aanvaar.
8.2
Voorkoms van geweld en waarde van lewe:
8.2.1
Redes vir die geweld is soos volg:
§
Suid-Afrika het ‘n gewelddadige geskiedenis.
§
Doelbewuste wetteloosheid is in die tagtigs aan die swart jeug verkondig.
§
Talle vryheidsvegters is nie in 1994 in die veiligheidstrukture opgeneem
nie en die meeste is tans werkloos.
8.2.2
Suid-Afrika beskik oor die meeste gerapporteerde geweldsmisdade ter wêreld.
‘n Gebrek aan ontsag vir die owerheid en ‘n besef dat vuurwapeneienaars
huiwerig is om hul wapens te gebruik, weens problematiese wetgewing, dra by tot
die toename in hierdie misdaad.
8.2.3
Geweldsmisdade word nie noodwendig met vuurwapens uitgevoer nie. Messe,
kieries, kabels, ens word in sommige van die wreedaardigste gevalle gebruik. Die
wet op die beheer van vuurwapens gaan dus min hieraan verander.
8.2.4
Witboordjiemisdaad is ook aan die toeneem. Mense
sien in die “aanspreeklikheidslose” aspek van die transformasieproses ‘n
geleentheid om uit te buit.
8.2.5
Minder as een uit elke tien sake wat gerapporteer word, loop uit op ‘n
skuldigbevinding.
8.2.6
Bykans 400 000 onwettige vuurwapens is tans in omloop. Die
persepsie bestaan egter dat die regering meer begaan is oor beheer van wettige
eienaars se wapens.
8.2.7
Georganiseerde misdaad strek ver oor internasionale grense heen en
diegene, wat aan die hoof van hierdie netwerke staan, word nie gevang nie.
8.2.8
Die grens tussen misdaad en selfverryking het vervaag.
8.2.9
Die kans op dood is drie maal groter tydens plaasaanvalle as tydens
transitorooftogte. Rassehaat speel ‘n rol in landelike misdaad en dit is
waarskynlik ook een van die dryfkragte in stedelike misdaad.
8.2.10
Gevolgtrekkings:
§
Misdaad is ‘n betalende opsie vir mense met geen ekonomiese heenkome.
§
Die vlak van geweldsmisdaad in landelike gebiede is hoër as in stedelike
gebiede.
§
Die waarde van lewe is irrelevant.
8.3
Voorgestelde oplossings:
8.3.1
Die publiek moet harde teikens word. Dit kan bewerkstellig word deur:
§
Fisies weerbaar te wees.
§
Voorbereid te wees om beserings en skade tydens brand-of ramptoestande te
kan hanteer.
§
Die nodige veiligheidsmaatreëls te implementeer.
§
Vasbeslote te wees om nie aan kriminele druk toe te gee nie.
8.3.2
Die gemeenskap moet georganiseer word deur:
§
Goeie buurmanskap te bevorder.
§
Buurtwagte te vorm.
§
Aktief by polisiëringsforums betrokke te raak.
§
Die SAPS te polisieer.
§
Die kriminele regstelsel te polisieer.
§
Beheer oor woon-en werksgebiede te verkry.
§
Die oë en ore van die polisie te word.
§
Die openbare stem teen misdaad te konsolideer en hoorbaar te maak.
8.4
Johann Wingard meen dat ‘n groter polisiemag nie die antwoord is nie.
Die verdwyning van tradisionele leiers en boere wakker misdaad aan. ‘n Beroep
moet op die president en die kabinet gedoen word om dit duidelik te stel dat die
jagseisoen op mense verby is. Hulle moet hierdie uitspraak so dikwels moontlik
teenoor die bevolking herhaal.
8.5
Wytze de Boer is van mening dat die regering hom nie aan so ‘n beroep
gaan steur nie.
8.6
Kobus Vorster en Louis la
Grange wil weet of daar gestruktureerde denke agter die skerms is wat
verantwoordelik is vir die misdaadvlaag.
8.7
Jaap Kelder wys daarop dat mense huiwerig is om hulleself te verdedig.
8.8
Oelie Oelofse vra of die huidige misdaad ‘n uitvloeisel van Operasie
Vula is. Hy wil ook weet hoe die jonger generasies weerbaar gemaak kan word.
8.9
Kobus Wolvaardt wil weet of daar nie ‘n regsbeginsel is wat verhoed dat
‘n persoon, wat privaateiendom met ‘n wapen betree, op enige regte kan
aanspraak maak nie.
8.10
Volgens Chris van Zyl bestaan georganiseerde misdaad wel. Daar is ‘n
sinistere mag agter die misdaadvlaag, maar dit is onseker of daar bande met die
regering is. Hy kan hom nie uitspreek oor Operasie Vula nie. Verder beklemtoon
hy dat die traagheid om te skiet dikwels toe te skryf is aan mense se
onkundigheid oor die gebrek van vuurwapens. Die meerderheid mense ervaar
magteloosheid, maar daar is tog gebiede waar mense nog in beheer is.
8.11
Pol Doussy meen dat ‘n brief aan die president geen verskil gaan maak nie. Ons sal ons eie veiligheid moet
verseker.
8.12
Jaap Kelder stel voor dat ‘n veiligheidskomitee aangewys word. Die
volgende persone word benoem en sal aan die volgende byeenkoms veslag doen:
§
Chris van Zyl
§
Oelie Oelofse
§
Twee persone, wie se name en besonderhede op ‘n later tydstip deur Dan
Roodt verskaf sal word
8.13
Chris Landman stel voor dat ‘n Afrikaner-veiligheidsmaatskappy geskep
word.
8.14
Daar word besluit dat die veiligheidskomitee later ‘n persverklaring
namens die Konfederale Afrikanerforum sal opstel.
9. Samevatting
9.1
Dan Roodt som die besluite van die vergadering op.
9.2
Hy verwys ook na die regering se besluit om geneeshere te beperk met
betrekking tot die opening van klinieke en praktyke. Hy onderneem om ‘n
persverklaring op te stel om die kwessie aan te spreek.
9.3
Die Forum behoort met sy
werksaamhede aan te gaan. Geen soortgelyke inisiatiewe bestaan tans nie.
9.4
Die vergadering word herinner aan die volgende byeenkoms wat op 4 Oktober
sal plaasvind.
6.4
Henk van der Graaff wil weet hoekom nuwe lewe nou ingeblaas word in ‘n
instansie wat misluk het.
6.5 Johann Wingard verduidelik dat die TAB ‘n interim maatreël is tot tyd
en wyl ‘n demokraties verkose Raad gesertifiseer is.
6.6
Jaap Kelder vra waarom die dokument 18 maande uitspel vir die verkiesing
van ‘n Afrikanerraad.
6.7 Chris Jordaan verduidelik dat die OVK reeds baie besig is met voorbereidings vir die algemene en munisipale verkiesings en dat hulle begrotings klaar bepaal is. ‘n Lang proses van onderhandelinge met die OVK lê ook nog voor.
6.8
Kobus Wolvaardt wil weet of die wet bepaal dat die OVK wel in sulke
gevalle betrokke moet raak.
6.9
Johann Wingard antwoord dat die wet bestudeer is en dat daar geen
beletsel is wat die OVK verhinder om dit wel te reel nie.
6.10
Louis la Grange en Liesl Göttert
wil die uitdrukking Christelike nasionale
voor Afrikanerraad invoeg.
6.11 Chris Landman waarsku teen die verval in verskillende ideologiese rigtings.
6.12
Leendert van Oostrum wys daarop
dat die Afrikanerforum nie ‘n verkose liggaam is nie. Deelnemers kan dus nie
die aard van die liggaam voorskryf nie, maar net die proses.
6.13
Piet Uys is bekommerd dat te veel
hoop op die OVK geplaas word en meen dat daar ‘n plan B ook moet wees.
6.14 Johann Wingard verduidelik dat die juridiese pad eers geloop moet word. As die OVK weier, moet ‘n strategie uitgewerk word.
6.15
Die volgende resolusie word deur
die vergadering aanvaar:
§
Hierdie
vergadering van die Konfederale Afrikanerforum word dus nou versoek om die
volgende strategie te steun en om aan die tegniese komitee opdrag te gee om
sodanige voorstelle uit te voer:
§
Dat
die Sekretariaat van die TAB weer geaktiveer word: hierdie keer nie meer by die
FAK nie, maar deur die Konfederale Afrikanerforum en dat alle Afrikaanse
instansies, insluitend die FAK, genooi word om saam met hierdie Forum te besin
om ‘n tussentydse Afrikanerraad saam te stel totdat ‘n verteenwoordigende
Raad verkies is.
§
Dat
die OVK versoek word om die registrasie van ‘n kieserslys saam te stel van
landsburgers wat hulself as Afrikaners beskou, wat hulle met die vryheidstrewe
van Afrikaners vereenselwig en wat aan ‘n verkiesing vir ‘n demokraties
verkose Afrikanerraad wil deelneem.
§
Dat
die OVK sodanige verkiesing sal help bestuur en dat ‘n Raadsverkiesing, indien
fisies moontlik, binne agtien maande sal geskied.
§
Dat
die Art 185-Kommissie versoek word om geen aansoeke te aanvaar van
kultuurverenigings wat hulle beskikbaar stel as die enigste amptelike
verteenwoordigers van Afrikaners sonder ‘n demokratiese verkiesing waardeur
‘n kandidaatsorganisasie se legitimiteit gevestig is nie.
§
Dat
die Art 185-Kommissie alle aansoekers, wat hulself as verteenwoordigers van die
Afrikaners se kultuur vir amptelike erkenning aan die Kommissie aanbied, sal
versoek om deur middel van ‘n deursigtige proses van onderhandeling ‘n
gesamentlike tussentydse Afrikanerraad te vorm, wat dan as ‘n tussentydse
maatreël deur die Kommissie erken sal word tot tyd en wyl die OVK ‘n nuwe
demokraties verkose Raad sal sertifiseer. Organisasies wat weier om aan so ‘n
proses deel te neem, se aansoeke sal outomaties verval.
6.16
Wytze de Boer spreek sy opposie teen die resolusie uit.
6.17
Johann Wingard stel voor dat die Konfederale Afrikanerforum homself as
‘n verteenwoordiger van die Afrikanergemeenskap aanbied. Dit word deur Chris
Landman verwerp.
6.18 Pol Doussy sê dat die OVK ‘n regeringsinstelling is en dus sal poog om ons strewe te kortwiek. Hy steun die resolusie ten einde eenheid te handhaaf, maar ondersteun Johann Wingard se voorstel dat die Konfederale Afrikanerforum hom as verteenwoordiger van die Afrikanergemeenskap moet aanbied. Hy sal ‘n lys beskikbaar stel van ander Afrikanerorganisasies en individue wat in die toekoms ook vir samewerking genader kan word.
6.19
Dan Roodt spreek die mening uit dat hierdie resolusie ‘n billike
vertrekpunt vorm om ‘n Afrikanerraad te vestig en bevestig dat die resolusie
aan die pers bekendgemaak sal word.
7.
Geleenthede vir Afrikaners binne die konteks van die nuwe landbousituasie
in suider-Afrika
7.1
Skakeling met tradisionele leiers
7.1.1 Jons Terblanche praat oor die landbou as bepalende element in die ekonomiese bemagtiging van Afrikaners.
7.1.2
Hy bespreek die volgende faktore:
§
Die potensiaal van kommersiële
landbou in Suid-Afrika
§
Faktore wat negatief impakteer op
kommersiële landbou
§
Moontlike wyses waarop negatiewe
faktore versag of uitgeskakel kan word
§
Bemagtigingsinisiatiewe wat
oorweeg kan word
7.1.3 Afrikaners moet die dominante rolspeler in kommersiële landbou bly en ekonomiese voordeel daaruit put.
7.1.4
Hulle moet hulself sodanig posisioneer dat die landbou afhanklike sekondêre
nywerhede ook deur hulle beheer word.
7.1.5
Afrikaners behoort tot meerderheidsaandeelhouers binne die kosteketting
van vervoer, insetmiddels en verpakkingsmateriaal te vorder.
7.1.6
Soos in die verlede behoort hulle die nuwe navorsingstelsel te beheer en
tot voordeel van almal aan te wend.
7.1.7
Hulle moet ‘n leiersrol speel in die bestuur en bedryf van
grondhervormingsprojekte.
7.1.8
Bemagtiging is ‘n moeisame multi-dissiplinêre proses wat met oorgawe
gedryf moet word. Daarom sal vordering alleen moontlik wees indien ‘n plan
deur ‘n kundige span uitgewerk en geïmplementeer word.
7.1.9
Dries Bruwer praat oor voorstelle om die Afrikaner ekonomies te bemagtig
deur sy vermoëns in die RSA en suid van die Sahara prakties aan te wend.
7.1.10
Die Afrikaners is die enigste wit inheemse stam in Afrika en weet dus
beter as Westerse nasies hoe om Afrika te hanteer.
7.1.11
Gebruik moet gemaak word van alle beskikbare inligting en organisasies
soos bv NEPAD om in polities stabiele Afrikalande betrokke te raak.
7.1.12
Ekonomiese opheffing begin gewoonlik met kosproduksie – dus landbou.
Hoe kleiner die werkloosheidsyfer, hoe stabieler is ‘n staat op politiese
vlak.
7.1.13
Koloniale grense wat kunsmatig geskep is, is besig om te verdwyn en ‘n
aantal nuwe Afrikastate, wat op etniese gronde gebaseer is, mag met die tyd
ontstaan. Binne so ‘n hergroepering bestaan die moontlikheid van ‘n
Afrikanerstaat wat in konfederale verband met ander state kan saamwerk.
7.1.14
Weens die feit dat meer as 50% Blankes tot 1994 in staats-en
semi-staatsektore werksaam was, het veral die Afrikaner se entrepreneursvermoë
nie tot uiting gekom nie. Die Afrikaner moet homself nou op ander maniere
handhaaf. Indien Afrikaners binne die Afrikakonteks as etniese groep wil
oorleef, moet hulle sorg dat die Afrikaner ‘n sterk ekonomiese faktor word.
7.1.15
Daar moet met tradisionele leiers saamgewerk word om hul grond te benut.
7.1.16
Strukturering volg op strategie. Dus moet ‘n behoorlike strategie vir
elke onderneming ontwikkel word waarna die leierselemente in ‘n struktuur
ingebind word.
7.1.17
‘n Werkskomitee behoort oorweeg te word om die ekonomiese bemagtiging
van die Afrikaner op alle terrreine te beplan.
7.2 Kommersiële landbougeleenthede in die Orania-Atlantiese Oseaan-korridorgebied
7.2.1
Francois Joubert verduidelik die landboumodel soos tans in Orania
toegepas.
7.2.2
Die Afrikaner moet weer beheer oorneem oor sy bestemming.
7.2.3
Die vereistes vir die verkryging van beheer oor sy bestemming:
§
Die verkryging van politieke gesag
§
Beheer van institusionele
raamwerke (landbourade, waterverbruikersverenigings, landboukoöperasies)
§
Beheer oor produksiemiddele
(grond, arbeid, water)
§
Sekuriteit en veiligheid
7.2.4
Bydrae wat die landbou moet lewer in die realisering van die Afrikaner se
lotsbestemming:
§
Moet uitvoergerig wees
§
Moet surplusse genereer
§
Vestiging van mense moet
ondersteun word
7.3
Reddingsdaadfonds
7.3.1
Dan Roodt en Leon Zwarts bespreek ‘n finansiële pakket wat deur
Mercari ontwikkel is.
7.3.2
Daar bestaan ‘n kontantbestuursfasiliteit, korporatiewe tesouriefunksie
en ‘n buitelandse valutafunksie.
7.3.3
Mercari bied ‘n kontantbestuursfasiliteit teen kompeterende daggeld,
kennisgewing en vaste deposito rentekoerse.
7.3.4
Hierdie produk word deur Nedbank gerugsteun.
7.3.5
“Corporate saver” voordele:
§
Keuse van beleggingsrekening
§
Aantreklike geldmarkrentekoerse
§
Bankkostes word tot ‘n minimum
beperk
§
Maandelikse state
§
Toegewysde administrateur sien om
na jou belange
§
Gerieflike administrasie
7.3.6
”Corporate saver” risiko:
§
Institusionele risiko
§
Bankbesonderhede van kliënte word
op stelsel gelaai – geen derdeparty betaling
§
Alle transaksies word deur twee
persone goedgekeur
§
Alle transaksies geskied slegs op
instruksie van die kliënt met die nodige handtekeninge
§
Mercari is ‘n lid van die Raad
op Finansiële Dienste
7.3.7
Korporatiewe tesourie voordele:
§
Mercari bied ‘n korporatiewe
tesouriefunksie waar kompeterende koerse met selektiewe instansies namens die
kliënt onderhandel word
§
Mercari tree slegs as agent op
§
Alle fondse word by betroubare
instansies belê, binne elke kliënt se mandaat
§
Bevestigingsbrief en state van
beleggings
§
Keuse van rekening (daggeld, 1
–12 maande vaste deposito…)
7.3.8
Korporatiewe tesourie risiko:
§
Institusionele risiko
§
Beleggings volgens die kliënt se
mandaat
§
Beleggings altyd in kliënt se
naam
7.3.9
Ander dienste:
§
Buitelandse valutatransaksies
§
Geldmark makelaarsdienste
7.3.10 Reddingsdaadrekening:
§
Rekening wat hoë rente ontvang
§
Minmum van R10 000
§
Nie meer as twee onttrekkings per
maand
§
Vas belê vir een maand
§
Internettoegang vir saldos, ens
7.3.11 Voordele
van so ‘n diens:
§
Kliënt ontvang diens in Afrikaans
§
Ondersteun ‘n etnies-Afrikaanse
besigheid
§
Bou Afrikaanse deposito’s op wat
kan lei tot ‘n Afrikaanse bank
§
Verskaf werk aan huidige
benadeeldes
7.3.12 Johann
Wingard wil weet hoe die Reddingsdaadfonds prakties sal funksioneer.
7.3.13 Dan
Roodt verduidelik dat daar op al hierdie deposito’s ‘n klein marge is. ‘n
Gedeelte gaan aan Mercari en die res aan die Afrikanersaak. Dit kan aanvanklik
deur Praag gekanaliseer word (artikel 21 maatskappy).
7.3.14 Johann
Wingard vra hoe Afrikaners prakties betrokke kan raak by hulp aan tradisionele
leiers.
7.3.15 Coen
Vermaak wys daarop dat die blanke bevolking baie stadig groei en dat die
Afrikaners steeds uitlanders bly.
7.3.16 Dries
Bruwer wys daarop dat swart Afrikane Afrikaners as ‘n wit inheemse stam sien.
Dit is belangrik om die vertroue van tradisionele leiers te verkry. Die
verskillende streke adverteer van tyd tot tyd projekte in koerante. Blankes moet
saam met Swartes werk om maatskappye te stig wat aansoek doen vir hierdie
projekte.
7.3.17 Ockie
van Schalkwyk wil weet of daar enige VN-waarborge vir die boere is wat hulle in
Mosambiek gevestig het.
7.3.18 Dries
Bruwer verduidelik dat Bruboer met die Mosambiekse regering onderhandel het oor
voordele vir boere wat hulle daar wou vestig. Daar is slegs ‘n 50 jaar
huurpagstelsel in Mosambiek. Geen VN gewaarborgde ooreenkomste bestaan nie. Daar
bestaan egter wel bilaterale ooreenkomste tussen Suid-Afrika, Mosambiek en Zambië
om Suid-Afrikaanse beleggings te beskerm.
7.3.19 Volgens
Leendert van Oostrum behoort ons kapitaal oorsee te plaas en dan hier te belê
met staatswaarborge. Volgens Dan is daar na 9/11 probleme rondom geldwassery en
het dit moeilik geword om geld oor te plaas. Belastingwette het ook verander en
oorsese geld moet nou verklaar word. Tradisionele oorde soos die Kanaaleilande
neem deesdae ‘n arrogante houding in en dit het ‘n duur opsie geword.
7.3.20 Johann
Wingard wil weet hoeveel plaaseienaars aangrensend aan die Orania-ongewing
volkseie arbeid gebruik.
7.3.21 Pierre-Henri
Melzarpar vra hoe die Orania-konsep versprei gaan word.
7.3.22 Louis
la Grange wil weet hoe ver daar al met ‘n ruilmiddel in Orania gevorder is.
7.3.23 Volgens
Francois Joubert het min boere nog die volkseie arbeidopsie verkies. Dit is ‘n
lang proses van oorskakeling. ‘n Opvoedingsproses is ook nodig. Daar word tans
gewerk aan die konsep van biosfere, waar groot groepe plase opgekoop sal word,
grense gekonsolideer word en daar met skape geboer sal word. Daar word beplan om
sodoende tot diep in die Karoo uit te brei. ‘n Eiesoortige betaalwyse sal in
werking gestel word. ‘n Persoon sal byvoorbeeld groente by X koop en daarna
iets by die hardewarewinkel gaan koop, wat die geld van X sal verhaal. Die
stelsel word ook vir arm swart woonbuurte beoog om mense aan te moedig om geld
in hul eie areas te spandeer.
8.
Terugvoer
van die volksmoord-en menseregtekomitee
8.1
Dan Roodt wys daarop dat die
komitee reeds vergader het en dat daar baie werk voorlê. Hy stel vir Piet
Kotzé aan die woord.
8.2 Volgens Piet Kotzé besef Afrikaners nie dat hulle ook menseregte het nie. Hulle is traag om hulle op die Grondwet te beroep.
8.2.1
Hy verwys na die uitfassering van
die kommandostelsel en plaasmoorde, wat gruwelike voorbeelde van
menseregteskendings is, asook die verwaarlosing van Afrikaanse aan skole en
universiteite.
8.2.2
Mense behoort inspirasie te put
uit die aksies van die TAC en die Joodse Anti-Defamation League.
8.2.3
Hy beklemtoon die belangrikheid om
‘n fonds te stig om die Pretoria naamsverandering te beveg.
9.
Samevatting
9.1
Dan Roodt wys daarop dat mens die
moeilikheidsgraad van die situasie nie moet onderskat nie. Ons is in ‘n lae
intensiteit etniese konflik gewikkel.
9.2
Ons het reeds spitwerk gedoen vir
die totstandkoming van ‘n Verteenwoordigende Afrikanerraad en het ook gekom
met konkrete ekonomiese voorstelle.
9.3
Daar was nog nooit so ‘n gulde
geleentheid om mense te mobiliseer as nou nie. Ons het egter ‘n
kommunikasieprobleem, weens gebrekkige toegang tot die media en die feit dat
daar net een Afrikaanse koerantgroep is. Wanneer ‘n alternatiewe mondstuk
geskep word, kan ons mense se koppe draai en die huidige toestand van kunsmatige
pessimisme verander.
9.4
Die vergadering word herinner aan
die volgende byeenkoms wat op Saterdag 6 September sal plaasvind.
9.5
Daar
word afgesluit met die sing van Die Lied
van Jong Suid-Afrika.