boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

 

 

 

Jean Raspail vrygespreek van "aanhitsing tot rassehaat"

Die Franse skrywer Jean Raspail is op Vrydag 28 Oktober deur die Paryse strafhof vrygespreek op 'n klag van "aanhitsing tot rassehaat". Dié klag is deur die LICRA (Internasionale Liga teen Rassisme en Anti-semitisme) teen hom aanhangig gemaak ná sy koerantartikel van verlede jaar, Die vaderland deur die republiek verraai.

Die saak is deur die regters uitgegooi om redes wat nog nie bekendgemaak is nie. Indien Raspail skuldig bevind sou gewees het, sou dit 'n ernstige slag vir spraakvryheid in Frankryk gewees het. In sy artikel voorspel Raspail die afgang van die Franse volk wie se land in die een-en-twintigste eeu deur Derde Wêreld-emigrante, veral uit Noord- en Wes-Afrika, oorgeneem gaan word.

Advokaat Pierre-Randolph Dufau, wat vir Raspail en die koerant Le Figaro opgetree het, het die reëlmatigheid van die LICRA se klag teenoor regter Philippe Jean-Draeher van die sewentiende kamer van die Paryse hof bevraagteken.

Raspail het tot dusver nog nie op die bevinding kommentaar gelewer nie. (Ná 'n berig van AFP)