boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

 

 

 

MEER AS 5000 ANTI-MISDAADBETOGERS IN JHB
 
Sondag, 30 Nov 2003 15:30 nm.
 
In die grootste anti-misdaadbetoging sedert 1994 het meer as 5000 betogers deur die strate van die Johannesburgse middestad gemarsjeer as deel van die "ALIVE"-veldtog.

Die protesveldtog is geloods deur Lynne Vince-Jillings wie se 20-jarige seun op 22 Junie vanjaar gedood is in tydens 'n motorkaping.

Sy het in 'n brief aan president Thabo Mbeki op 11 November geskryf: "Die doel van hierdie optog is om die desperaatheid van die sy burgers onder die regering se aandag te bring, asook die behoefte om onmiddellik op te tree teen die onaanvaarbaar hoë vlakke van geweldsmisdaad in ons land.

"Suid-Afrikaners wil hul gevoel van magteloosheid opsy stoot en die strate terugneem, tesame met hul reg op 'n veilige lewe soos gewaarborg deur die Grondwet."

Die ANC-regering het egter duidelik nie belang gestel in die optog nie: in weerwil van openbare beloftes, het niemand opgedaag om 'n memorandum in ontvangs te neem nie.

Die staatsbeheerde uitsaaier, SAUK-TV, het selfs die optog probeer voorstel as 'n "pro-doodstraf-veldtog" - ten spyte daarvan dat die organiseerders van ALIVE dit wyd bekend gemaak het dat hulle gekant is teen die herinstelling van die doodstraf.

Die wit-en-blou vlag van Israel was een prominente kenmerk onder die betogers - so ook die oranje-blanje-blou Prinsevlag van PRAAG met hul plakkate wat gelui het: "Plaasmoorde=volksmoord".

Vele optoggangers het foto's van hul geliefdes opgehou wat vermoor is in die wêreld se mees gewelddadige samelewing en emosies het hoog geloop met vele mense wat openlik gehuil het.

Volgens Karin Roodt van PRAAG, "het die ANC se afwesigheid en die feit dat hul leiers nie, soos beloof is, ons memorandum kom afhaal het nie, waarskynlik die temperatuur 'n paar grade laat styg. Ek is ook aangenaam verras deur 'n groep jong Jode, geklee in die jongste modes en met jarmoelkas, wat spontaan onder ons banier kom loop het met ons boodskap oor plaasmoorde."

Die Britse Uitsaaikorporasie (BBC) het die item as hoofnuus van die dag gedra. Die vreedsame betoging het om 11:30 vanaf die Markteater vertrek en het die optoggangers deur Breë-, De Korte- en Berthastrate geneem, oor die Mandelabrug en toe weer terug na die Markteater. http://www.alive-in-sa.com.

Die betogers was nie politieke leiers nie - almal was gewone burgers, waarvan vele slagoffers van misdaad - maar het een ding in gemeen gehad: hulle was sterk gekant teen die misdaadgolf waarin die land gedompel is as gevolg van swak regering deur die ANC.

Die betogers het luidkeels geprotesteer oor die afgewesigheid van die SA Minister van Veiligheid Charles Nqakula en leiers van die Nuwe Nasionale Party - wat in die openbaar belowe het om formeel die betogers se petisie in ontvangs te neem.

Dr. Dan Roodt, wat saam met ander lede van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep aan die betoging deelgeneem het, meen die volgende: "Ek het beslis die gevoel gekry dat sowel die misdadigers as die ANC die onsigbare vyand was waarteen ons gemarsjeer het."

Nog 'n anti-misdaadbetoging word beplan vir 16 Desember op Kerkplein in Pretoria. Volgens dr. Roodt van PRAAG,
"sou dit  'n goeie idee wees om elke paar weke 'n betoging te hou en meer en meer lede van die publiek daarby te betrek sodat elkeen kan weet hy of sy staan nie alleen teen die monster wat ons regeer en wat toelaat dat sy Einsatzgruppen voor die voet moor nie." 30/11/2003