| boekwinkel |
|
|
|
ANC-jeugliga ontken plaasmoorde
Die Johannesburgse dagblad, The Citizen het gister
'n aanhaling uit 'n verklaring van die ANC se jeugliga bevat wat daarop dui
dat plaasmoorde en die wreedheid wat daarmee gepaardgaan as aanvaarbare
politieke instrument gesien word deur dié organisasie. Dit lui soos volg:
"Die ANC-jeugliga se segsman, Khulekani Ntshangase, het gister die Menseregetekommissie se bevindinge verwelkom en gesê dat die liga lank reeds argumenteer dat plaasmoorde nie rasgedrewe is nie. Die feit dat die meeste eienaars wit is en die daders swart, beteken nie dat die aanvalle rassisties is nie, het ANCYL gesê. Hy het bygevoeg dat swartes nie die kapasiteit het om rassisties te wees nie omdat ekonomiese mag rassisme en facsisme veroorsaak en swartes beskik nie oor ekonomiese mag nie. Per definisie kan hulle dus nie rassisties wees nie. As deel van ons stryd om die demoon van rassisme te beveg sal ons aanhou om boere te ontmoet om die oorblyfsels van rasseonverdraagsaamheid wat in hierdie land bestaan brutaal aan te spreek." Die NNP het die Menseregtekommissie se verslag wat wil ontken dat daar 'n spesifieke misdaad soos plaasmoorde bestaan, verwelkom. 05/09/2003 11:50
|