boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

 

 

 

Sweedse stemming vind steeds plaas

Sewentien jaar na die sluipmoord op Sweedse Eerste Minister Olof Palme  is Anna Lindh, minister belas met Buitelandse Sake, eweneens die slagoffer van 'n sluipmoordaanval helder oordag tydens 'n inkopieuitstappie na die NK-afdelingswinkel in Stockholm.

Die vurige voorstander van Swede se aansluiting by die Euro is in die bors en maag deur haar aanvaller met 'n mes  gewond  en dadelik na die Karolinska Hospitaal in die stad gebring om die inwendige bloeding te keer. Dokters het vanaf 17:00 uur tevergeefs probeer om haar lewe te red met 'n reeks noodoperasies. Sy het om 5:29 aan haar beserings beswyk.

"Dis 11 September vir Swede" het 'n TV-aanbieder gesê. Oral in die land hang vlae halfmas en die veldtog vir 'n referendum om te  bepaal of Swede sal aansluit by die Euro of nie, is afgelas. Die stemming sal nietemin steeds Sondag plaasvind, maar die Eerste Minister het gister om 11:00 vanuit Rosenbad aangekondig dat geen debatte of argumente vir of teen aansluiting toegelaat sal word nie.  "Net feite" het Göran Persson gesê. Alle partye het daarna beaam dat hulle dié besluit sal respekteer.

"Ons weet nie hoe die dood van Anna Lindh die referendum gaan beïnvloed nie. Die ja-stem gaan sekerlik deur simpatie bevoordeel word. Maar die nee-stem het 'n groot voorsprong gehad. My rol in die aanloop tot die referendum sal wees om mense te oortuig om nogtans Sondag te gaan stem om te wys dat ware krag in demokrasie opgesluit lê," het Persson gesê. Daar word vandag optogte regoor Swede beplan.

Hy het ook bygevoeg dat daar geen nuwe inligting in verband met die sluipaanvaller aan die lig gekom het nie. Die polisie glo dat hy homself tans nog in Swede bevind en dat dit 'n voorafbeplande daad was. Volgens ooggetuies is die aanvaller Sweeds, 1,80m lank en met littekens op sy gesig. Die winkel se sekuriteitskamera's kon helaas geen verdere getuienis van die aanval oplewer nie.

Simpatiseerders het blommekranse en rose oral op plakkate en foto's van die ontslape Minister aangebring en by die NK-afdelingswinkel het mense tou gestaan om 'n besoekersboek te teken. 12/09/2003 12:00