boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

 

 

 

Anti-misdaadveldtog kom op dreef

'n Verskeidenheid individue, organisasies en aksiegroepe is besig om protesaksies teen misdaad te beplan. Dit kom ná twee familielede van misdaadslagoffers oor die afgelope dae 'n desperate appèl geloods het dat verdere moorde, kapings en rooftogte wat menselewens neem, bekamp moet word.

Mev. Lynne Vince-Jillings wie se seun Ivanne drie maande gelede in doodgeskiet is in 'n motorkapingsinsident het die Alive-veldtog teen misdaad begin en beplan 'n betoging op 30 November in Newtown, Johannesburg.

Op haar beurt is mev. Deidré Meurs ook besig om te organiseer aan protesoptrede. Haar broer, mnr. Albert Papadellis, is in Augustus dood, twee weke ná 'n koeël die meeste van sy organe beskadig het in 'n ander kaping.

Twee ander groepe, STAND en SATMAG, is besig met reëlings vir betogings en soortgelyke aksies.

Intussen het PRAAG sy steun toegesê aan 'n verenigde front teen misdaad met die bedoeling om bestaande inisiatiewe teen misdaad te probeer saamsnoer en gesamentlike optrede te skep. PRAAG is reeds betrokke by samesprekings met die meeste van die partye, asook met die Transvaalse Landbou-unie en ander organisasies wie se lede deur misdaad geraak word of wat reeds maatreëls daarteen geneem het.

Daar word veral gehoop dat buitelandse druk die Suid-Afrikaanse regering se louwarm houding teenoor misdaadbestryding sal laat verander. Die internasionale media volg die toenemende wetteloosheid in Suid-Afrika met belangstelling en daarom behoort die voorgenome betogings en ander aksies wye blootstelling te geniet.

Volgens 'n onlangse berig in die Londense Economist beskik Suid-Afrika oor die hoogste moordsyfer ter wêreld, ongeveer vier keer so hoog soos die volgende land op die lys, Brasilië.

Sien ook PRAAG se persverklaring elders op hierdie webwerf. 27/10/2003 14:30